Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1
(1984)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 257]
| |
Deel IV
| |
[pagina 259]
| |
Hoofstuk 1
| |
[pagina 260]
| |
slagoffer van 'n ekonomiese depressie. As die toestand plaaslik vererger word deur 'n knellende droogte, dwing dit Hertzog in 1931 om van die goudstandaard af te stap, 'n besluit wat verdere verdeeldheid onder sy aanhangers laat ontstaan. Die onrusbarende ekonomiese toestand tydens die depressiejare en die gevaar van 'n verkiesingsnederlaag het tot gevolg dat Hertzog in 1933 die tyd ryp ag om - nadat die staatkundige onafhanklikheid van Suid-Afrika binne die Gemenebes verseker was - nader na die Engelstalige deel van die bevolking te beweeg en 'n samesmelting met J.C. Smuts se Suid-Afrikaanse Party te soek. Die Verenigde Party wat op dié wyse met Hertzog as premier en Smuts as adjunk tot stand kom, was egter 'n oorwinning vir Smuts se holistiese filosofie, terwyl prinsipiële sake - soos die vraag oor die deelbaarheid van die kroon, die reg van Suid-Afrika om sy neutraliteit te handhaaf en die moontlikheid van toekomstige afskeiding van die Gemenebes en die totstandkoming van 'n republiek - op die agtergrond geskuif is. Teen hierdie kunsmatige eenwording verset D.F. Malan en sy volgelinge hulle deur die stigting van die Herenigde Nasionale Party, wat met 'n klein aantal setels die belangrikste opposisie word. Malan verwerp die smelting as 'n uiterlike samevoeging van onversoenbare ideologieë en bepleit 'n eenwording op grond van gemeenskaplike beginsels. Die jare van die Hertzog-Smuts-koalisie (1933-1939) is gekenmerk deur groot ekonomiese voorspoed, o.m. deur die verdere bekamping van die armblankevraagstuk en deur die beheer oor bemarking, waardeur die prys van landbouprodukte gestabiliseer is. Wetgewing is ingedien ingevolge waarvan die Bantoes op die grondslag van 'n aparte kieserslys deur blankes in die Volksraad verteenwoordig is, terwyl die beskikbaarstelling van bykomende grondgebied vir Bantoebewoning die weg gebaan het vir uiteindelike gebiedskeiding. Hawens is verbeter, die Suid-Afrikaanse Lugdiens opgerig (1934) en die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie in die lewe geroep (1936), terwyl ‘Die stem van Suid-Afrika’ van 1938 af saam met ‘God save the king’ by openbare plegtighede as volkslied gebruik word. Die verkiesing van 1938 lewer dan ook 'n groot oorwinning vir die Verenigde Party. Die uitbouing van die Afrikaner se eie identiteit en sy nasionaliteitsgevoel, wat deur die koalisie 'n terugslag ontvang het, word in hierdie jare egter gestimuleer deur Malan, wat die simpatie van die taal- en kultuurleiers geniet. Daarby kom die simboliese Ossewatrek en die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument (1938), wat die emosionele impuls was vir 'n herbelewing van die grootse historiese verlede en die republikeinse ideaal. Hierdie hernude nasionalisme lei tot die stigting van die Ossewa-Brandwag (1938), wat in sy aanvangsjare 'n kultuurorganisasie was met die doel om die ideale van die verlede lewend te hou, en die Reddingsdaadbond (1939), wat onder leiding van J.D. Kestell die ekonomiese rehabilitasie van die Afrikaner en die verkryging van sy regmatige aandeel in die sakewêreld ten doel gehad het. Vir die hele duur van die koalisie tussen Hertzog en Smuts was daar egter basiese konstitusionele sake waaroor daar verskille bestaan het. As Brittanje in 1939 oorlog teen Duitsland verklaar, kan Hertzog nie daarin slaag om Suid-Afrika se neutraliteit te behou nie. Ná 'n nederlaag in die Volksraad word hy opgevolg deur Smuts, onder wie se leiding die land op 6 September 1939 tot die Tweede Wêreldoorlog toetree. Hertzog gaan, ná mislukte pogings om met Malan tot 'n vergelyk te kom, oor tot die stigting van die Afrikanerparty, wat ná sy dood in 1942 deur N.C. | |
[pagina 261]
| |
Havenga gelei word. Tydens die oorlog is die Suid-Afrikaanse magte onder die leiding van Smuts veral aktief in Oos- en Noord-Afrika en later in Italië, en het hulle 'n belangrike aandeel aan die herowering van Abessinië en die veldslae by Tobroek en El Alamein. Daarby was Suid-Afrika van belang vir die bewaring van die seeroete om die Kaap en geniet die land - ten spyte van irriterende tekorte aan invoerartikels - groot ekonomiese voorspoed deur die oprigting van wapenfabrieke, die herstel van skepe en die verskaffing van voedselvoorrade aan die Geallieerdes. Met sy insig in die wêreldpolitiek dien Smuts as raadgewer vir die Britse regering, geniet hy internasionale aansien as staatsman en word hy met talle buitelandse eerbewyse - o.m. met die rang van veldmaarskalk in die Britse leër - oorlaai. Daarteenoor beskou die Nasionaalgesinde Afrikaners, wat nog altyd isolasionisties gedink het, vir Smuts as iemand wat die belange van Brittanje bo dié van Suid-Afrika stel. Tydens die oorlog lei die anti-Britse gevoelens, wat na die Anglo-Boereoorlog teruggevoer kan word, sommige groepe onder die Afrikaners tot openlike verset teen die regering en toenadering tot Duitsland en die Nasionaal-Sosialistiese ideologie, veral in die Nuwe Orde-party onder leiding van Oswald Pirow en die Ossewa-Brandwag, wat intussen tot 'n politieke organisasie ontwikkel en 'n republiek deur verwerping van die demokratiese stelsel gepropageer het. Hierdie verset teen die oorlog, wat 'n sekere ooreenkoms met die Rebellie van 1914 vertoon en tot enkele gevalle van sabotasie lei, word deur die regering beantwoord met aanhoudings en interneringskampe, terwyl die Ossewa-Brandwag-leiers se openlike minagting vir konstitusionele veranderinge op 'n party-politieke basis in 1941 tot 'n breuk met die Herenigde Nasionale Party lei. Tydens die oorlog is die Afrikaners openlik verdeel deur die aktiwiteit van verskillende splintergroepies en misluk elke poging tot samewerking en eenheid. Die gevolg hiervan is dat Smuts die verkiesing van 1943 met 'n groter meerderheid wen, alhoewel die Herenigde Nasionale Party geringe vordering gemaak het. Die stryd tussen die ‘Smelters’, of ‘Sappe’ en die ‘Malaniete’, of ‘Natte’, word ook weerspieël in die Afrikaanse koerantwese in hierdie periode, al is dit 'n opvallende verskynsel dat die aantal blaaie wat die Nasionale opposisie steun, meer is as die regeringskoerante. Die Volkstem in Pretoria bly die orgaan van die Verenigde Party, maar kry algaande minder ondersteuning, word in 1949 'n weekblad en verdwyn in 1951. In Kaapstad is Die Suiderstem (1936-1950; verbind met die Unie-Volkspers) die enigste Afrikaanse koerant wat die beleid van die Verenigde Party steun; Die Landstem (1950-1969), wat in sy plek kom, is meer populêr en polities veel minder verbonde. Die Vaderland, wat in 1932 in Pretoria gestig is en in 1936 na Johannesburg verskuif, is 'n uitgawe van die Afrikaanse Pers (opgerig 1932) en steun aanvanklik Hertzog, later die Afrikanerparty en daarna die Nasionale Party. Die Johannesburgse koerant Die Transvaler (1937; sedert 1983 in Pretoria), uitgegee deur Voortrekkerpers (opgerig 1937), word onder redaksie van H.F. Verwoerd die belangrikste noordelike orgaan van die Nasionale Party. Van die Kaapstadse Nasionale Pers-uitgawes is Die Burger met - ná D.F. Malan - A.L. Geyer (1924-1945), P.A. Weber (1945-1954), P.J. Cillié (1954-1977) en Wiets Beukes (1977-) as redakteurs die grootste, terwyl Die Volksblad en Die Oasterlig (1937) onderskeidelik in Bloemfontein en Port Elizabeth gevestig is. Die weekblad Die | |
[pagina 262]
| |
Natalse Afrikaner (Durban 1937-1942 en 1945-1951) word opgevolg deur Die Nataller (1955-1973), wat die belange van die Nasionale Party in die oorwegend Engelstalige Natal behartig. | |
II. Die triomf van nasionalisme en die idee van apartheidOnmiddellik ná die Tweede Wêreldoorlog het Smuts te kampe met allerlei probleme. Die tekort aan noodsaaklike lewensmiddele, soos vleis, suiker, botter en seep, lei tot toustanery en rantsoenering, terwyl daar met die terugkerende soldate 'n groot woningnood ontstaan. Tydens die oorlog stroom groot getalle Bantoes na die stede om in die groeiende nywerhede 'n heenkome te vind, maar die regering het nagelaat om die nodige behuising te verskaf. Die gevolg was die totstandkoming van plakkersdorpe in die industriële sentra, 'n gevoel van onrus en stakings aan die Rand en 'n algemene verslegting in die verhouding tussen blank en nie-blank. Daarby het Suid-Afrika hom ná die oorlog in 'n nu we wêreld bevind, waarin die emansipasie van die swartman, die opkoms van die nie-blanke nasionalisme en die anti-kolonialistiese beweging aan die orde van die dag was, in so 'n mate dat die Suid-Afrikaanse rassevraagstuk met die internasionale politiek verbind is en die land se betreklike isolasie iets van die verlede was. Hierdie emansipasie vind sy eerste uiting in die skerp kritiek wat Indië in die nuut gestigte Verenigde Volke-Organisasie (V.V.O.) op Suid-Afrika se tradisionele rassebeleid, meer spesifiek op die veronregting van die Natalse Indiërbevolking, uitoefen. Smuts verdedig Suid-Afrika deur hom te beroep op artikel 2 (7) van die organisasie se Handves, ingevolge waarvan geen lidland hom in die binnelandse beleid van 'n ander lidland mag inmeng nie. Die toenemende kritiek op die rassebeleid en die groot omvang wat die kleurprobleem in die hele wêreld aanneem, lei by die blankes tot onsekerheid oor Suid-Afrika se posisie en toekoms, maar by die Nasionaalgesinde Afrikaners ook tot 'n vaste voorneme om die probleme met erns aan te pak en om deur 'n sistematiese toepassing van die tradisionele rassebeleid die blanke voortbestaan te beskerm en terselfdertyd die maatskappy op 'n nuwe wyse te orden. Hierdie nuwe instelling vind sy uiting in die beleid van apartheid, wat die Herenigde Nasionale Party as program met die oog op die 1948-verkiesing aankondig en wat as doel het om die afsonderlike identiteit van elke groep te verseker en aan die verskillende rasse of gemeenskappe of etniese eenhede bestaansreg te verleen deur aparte politieke, sosiale, kulturele, biologiese, ekonomiese en territoriale moontlikhede vir elke groep in die vooruitsig te stel, al het hierdie beleid in die beginjare basies op die beskerming van die witman en die idee van blanke ‘baasskap’ neergekom. Saam met die knellende en irriterende ekonomiese problerne, die wydverspreide ontevredenheid met die regering se hantering van die na-oorlogse situasie en die wantroue in Smuts, wat volgens Nasionaalgesinde Afrikaners die belange van Brittanje bo dié van sy eie land gestel het, lei die aanvalle op die Suid-Afrikaanse rassevraagstuk en die doelgerigte apartheidsbeleid van Malan en sy volgelinge tot 'n radikale ommeswaai by die kieserskorps. Op 26 Mei 1948 behaal die Herenigde Nasionale Party, wat voor die verkiesing 'n ooreenkoms met die Afrikanerparty van | |
[pagina 263]
| |
Havenga bereik het, 'n verrassende oorwinning met 'n meerderheid van vyf setels in die Volksraad oor die gesamentlike opposisie, al kon die Verenigde Party daarop roem dat hy die grootste getal stemme getrek het. Deur oorwinnings in tussenverkiesings en die instelling van ses verteenwoordigers vir Suidwes-Afrika in die Volksraad verstewig die regering sy posisie, terwyl die Verenigde Party, wat ná die dood van Smuts in 1950 onder die leierskap van J.G.N. Strauss kom, met heelwat interne moeilikhede te make het en verdere veld in die verkiesing van 1953 verloor. Die gebrek aan duidelike leiding in die Verenigde Party het tot gevolg dat 'n hele paar meestal linkse groepe van die amptelike opposisie wegbreek en splinterpartye, soos die Liberale Party en die Unie-Federale Party, tot stand kom, terwyl die Fakkelkommando en later die ‘Black Sash’ georganiseerde vreedsame protes teen die apartheidswetgewing beoog. Daarteenoor groei die regerende partye, wat in 1951 saamsmelt as die Nasionale Party, onder die leiding van Malan en daarna J.G. Strijdom (1954-1958) tot 'n sterk en hegte eenheid. Die verkiesingsuitslag van 1948 beteken die triomf van Afrikanernasionalisme, die verwerping van Smuts se holistiese ideaal ten gunste van Malan se oortuiging om ‘bymekaar (te bring) wat uit innerlike oortuiging bymekaar tuishoort’ en 'n besliste keuse wat die oplossing van die kleurvraagstuk betref. Ná 1948 beleef Suid-Afrika 'n enorme ekonomiese groei deur die ontginning van die Vrystaatse goudmyne, die oprigting van nuwe en groot nywerhede en die instroming van buitelandse kapitaal. Onder die Afrikaanssprekendes was daar 'n gevoel van onderlinge verbondenheid wat deur gemeenskaplike belange en die eenheidskeppende funksie van taal, kultuur en godsdiens versterk is. Deur die inwyding van die Voortrekkermonument (1949) - voorafgegaan deur die landswye rapportryerfeeste - en die driehonderdjarige viering in 1952 word daar inspirasie geput uit die historiese verlede wat die politieke ideale van die Nasionale regering stimuleer. Saam met die opkoms van onafhanklike Afrikastate en die toenemende kritiek op Suid-Afrika in die V.V.O. ontstaan daar 'n gevoel van solidariteit en lotsbestemming onder die Nasionaalgesinde Afrikaners, iets wat tot 'n sekere onverdraagsaamheid teen die binnelandse kritiek op die apartheidsbeleid lei. Met die bewindsoorname van die Nasionale Party is die regte van die Afrikaanse taal in die staatsbestuur in ere herstel en deur 'n hele reeks wetgewings word die
| |
[pagina 264]
| |
konstitusionele onafhanklikheid van Suid-Afrika beklemtoon en die weg na uiteindelike republiekwording aangedui. In 1949 beëindig die regering die dubbele nasionaliteit van die bevolking as burgers van sowel Suid-Afrika as Brittanje, in 1950 word die reg op appèl na die Britse Geheime Raad afgeskaf en in 1953 kom die deelbaarheid van die kroon in werking as die nuwe Britse vorstin tot ‘Elizabeth II, koningin van Suid-Afrika’ gekroon word. Belangriker as hierdie konstitusionele veranderinge is egter die reeks wette om die beleid van apartheid in die praktyk te verwesenlik. In 1949 word alle huwelike tussen blank en nie-blank deur wetgewing verbied, terwyl die wysigingswet op Ontug (1950) die geslagtelike verkeer tussen mense van verskillende rasse onwettig verklaar. Deur die Wette op Groepsgebiede (1950), Aparte Geriewe (1953), Hervestiging van Naturelle (1954) en die Wysigingswet op Stedelike Gebiede vir Naturelle (1955) word die grondslag vir residensiële apartheid en groter selfbestuur vir swartes in die tuislande gelê. Om die onrus onder die nie-blankes te onderdruk en die optrede van blanke agitators strafbaar te maak, word die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme in 1950 aangeneem, wat die Kommunistiese Party verbied en die propagering van Kommunistiese leerstellings tot 'n misdaad verklaar. Hierdie optrede van die regering lei in 1952 tot 'n lydelike versetsbeweging deur georganiseerde oortreding van die apartheidswetgewing, iets wat die regering met drastiese maatreëls - o.m. die Wet op Openbare Veiligheid - beantwoord. In 1955 word 'n ‘Congress of the people’ naby Johannesburg gehou met die doel om die onderdrukking van nie-blankes te beëindig. Dit lei tot 'n aantal arrestasies - o.a. van Albert Luthuli - en 'n verbod op die African National Congress. Van blanke kant kom daar telkens verset teen die uitvoering van die apartheidsbeleid, in die besonder van Engelstalige geestelikes wat die toepassing van segregasie as onchristelik bestempel. Die mees omstrede wetgewing van die regering in die vyftigerjare is dié met betrekking tot die Kleurlingstemreg. In 1951 loods die Nasionale Party 'n wetsontwerp deur die Parlement ingevolge waarvan stemgeregtigde Kleurlinge op 'n aparte kieserslys geplaas word. Namens twee Kleurlingkiesers betwis die Verenigde Party hierdie wetgewing in die hof, en in 1952 verklaar die Appèlhof die wet as ongeldig. Die regering los die konstitusionele krisis wat hierdeur ontstaan, op deur 'n vergroting van die Appèlhof en deur die vereiste twee-derde-meerderheid in die Parlement met 'n uitbreiding van die Senaat vir homself te verseker. Hierdie optrede lei daartoe dat die Kleurlinge in 1956 op 'n aparte kieserslys geplaas word, maar met sy hantering van die hele aangeleentheid ontstaan daar, veral onder die intellektuele, bedenkings oor die eerbaarheid van die regering en sy betroubaarheid ten opsigte van die demokratiese stelsel. | |
III. Maatskaplike toestandeMet die toenemende industrialisasie sedert die twintigerjare ondergaan die demografiese opset van Suid-Afrika 'n radikale verandering en vind daar 'n verstedeliking van die Afrikaner en 'n sametrekking in die industriële sentra plaas. Binne een of twee geslagte behoort die ‘Boervolk van weleer’ tot iets van die verlede en ervaar die Afrikaner die ontworteling, ontwrigting en verwarring wat die uiteenlopende | |
[pagina 265]
| |
eise van 'n verwikkelde lewe aan hom stel. In die stede ontstaan 'n nuwe soort Afrikaner wat hom dikwels van sy kulturele en geestelike bande losmaak, deur ander norme as dié van die tradisie gelei word of selfs sonder enige rigtinggewende waardes van dag tot dag voortlewe. Ná die Tweede Wêreldoorlog word die Afrikaner in toenemende mate betrek by die ekonomiese wêreld deur die nywerheidsontwikkeling en leer hy die geldmag en die verandering in lewenswaardes wat dit meebring, intens ken. Ná 1948 is die Afrikaner polities in die toonaangewende posisie en moet hy leiding aan die hele land gee. In die Afrikanergemeenskap is daar felle teenstellings en innerlike spanninge werksaam; soos dié tussen platteland - stad, boer - fabriekswerker, welgestelde burger - bywoner en intellektueel - massamens. Onder die intellektuele ontwikkel daar al hoe meer 'n kritiese ingesteldheid ten opsigte van allerlei waardes en 'n deurtastende ondersoek na die Afrikaner se verlede en die sin van sy bestaan in hierdie land. Die Afrikaner begin ruimer dink, ontgroei sy geestelike kolonialisme en word beïnvloed deur wysgerige rigtings (Hegel, vitalisme, eksistensialisme), politieke ideologieë (Kommunisme, Nasionaal-Sosialisme, fascisme, liberalisme), internasionale gebeurtenisse (die opkoms van Hitler, Mussolini en Franco, die Tweede Wêreldoorlog, die dekolonialisering van Afrika en die emansipasie van die swartman) en godsdienstige spanninge (die Du Plessis-saak in die twintiger- en vroeë dertigerjare oor die kwessie van die inspirasie van die Bybel en die goddelike outoriteit van Jesus Christus). Soms gaan die intellektueel of indiwidu daartoe oor om hom krities te rig teen bepaalde beleidsrigtings of die ‘kultuurstrewe’ van die Afrikaner, al bly dit meestal 'n ‘lojale verset’ en maak hy hom selde volledig los van die volk waartoe hy behoort. As gevolg van die spanninge wat in die Afrikaner werksaam is, ontstaan daar wesentlike en haas onoorbrugbare verskille tussen die uiteenlopende lae van die bevolking, selfs gevalle waar ouer en kind as gevolg van opleiding, agtergrond en norme nie meer dieselfde taal praat nie. Hierdie verskille gee egter nie aanleiding tot 'n klasseverdeling nie en is sekondêr aan die teenstelling tussen Afrikaans- en Engelssprekendes en tussen blank en nie-blank. Daarby word van die kant van politieke en kerklike leiers 'n beroep gedoen op die Afrikaner om hom as 'n geroepene in hierdie land te sien wat 'n ‘taak’ het ten opsigte van sy ‘volk’ en ‘ras’ en 'n verpligting om die minder ontwikkelde bevolkingsgroepe op te voed. Aanvanklik lei hierdie beroep op 'n reeks oorgelewerde norme en die ‘mite’ van die Afrikanervolk - soos dit tot uiting kom in die volksfeeste van 1938 en 1949 - tot 'n nuwe geesdrif oor die grootse verlede, maar algaande kan die holle retoriek van volksprekers nie daarin slaag om op hierdie basis die Afrikaner werklik te stimuleer nie.
| |
[pagina 266]
| |
IV. Opvoedkundige ontwikkelingsTydens die oorlogsjare is die Smuts-regering bekommerd oor die uitwerking van die kunsmatige skeiding van Afrikaans- en Engelstalige kinders op skool, aangesien dit die gees van nasionale eenheid sou demp. Daarom aanvaar die regering in 1944 wetgewing om die kind in sy moedertaal op te lei, maar om geleidelik die tweede taal as medium in te voer en op dié wyse tweetaligheid te bevorder. Die opposisie staan hierdie stelsel van dubbelmediumonderwys sterk teen, omdat dit volgens hulle Afrikaans as taal sou benadeel deurdat baie Engelstalige onderwysers nie behoorlike onderrig in Afrikaans kon gee nie. Ná die bewindsoorname van die Nasionale Party word verpligte moedertaalonderrig tot standerd VIII ingestel. Met die toenemende verstedeliking van die Afrikaner kom daar al hoe meer Afrikaansmediumskole in die groter sentra tot stand, terwyl verdere tegniese en opleidingskolleges opgerig word. Vyf van die universiteitskolleges kry in hierdie tydvak universitêre status: Pretoria (1930), Natal (1949), Oranje-Vrystaat (1950), Rhodes (1951) en Potchefstroom (1951). Van die bestaande kolleges word die Hugenote-universiteitskollege in Wellington in 1950 gesluit. In 1946 begin die Universiteit van Suid-Afrika deur middel van korrespondensie onderrig gee. |
|