D.J. Opperman
(1986)–J.C. Kannemeyer– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 103]
| |
II Transvaalse intermezzo
| |
[pagina 105]
| |
Hoofstuk 5
| |
[pagina 106]
| |
gekom dat hy nog voor Matriek uit die skool is. Sy broer Maans het vir hom klerklike werk gekry by 'n ingenieursmaatskappy waar hy gou in 'n verantwoordelike posisie was. Hy het egter die lewe van 'n losbol en roekelose persoon gelei. Saam met vriende het hy rinkink en sy nooi, wat hom tot 'n lewe van brassery en oppervlakkige vermaak verlok het, probeer imponeer met duur geskenke. Om die nodige fondse vir dié swierige leefwyse te kry, het hy begin om geld by die werk te verduister. Hy wis egter as die ouditeure die state kontroleer, sou hulle die debiet agterkom. Daarom het hy hom vrywillig aan die polisie oorgegee. Met Dirk en Marié se aankoms op die Johannesburgse stasie ná hulle vertrek uit Pietermaritzburg het Maans hulle ingewag. Maans was 'n persoon wat altyd 'n ding op sy naam genoem en nooit doekies omgedraai het nie. Dirk, vol van idealistiese voornemens vir die nuwe werk by Helpmekaar, was skaars van die trein af of Maans deel hom mee dat Louis geld verduister het en in die tronk sit. Vir Dirk was dit 'n verpletterende slag, want oneerlikheid van watter aard ook al het teen sy hele aard ingedruis en was iets totaal vreemds en onbekends in die Opperman-familie. As die twee oudste broers het Dirk en Maans die inisiatief geneem, Louis op borgtog uitgekry en probeer om sy straf so lig as moontlik te kry. Daar was egter drie en dertig aanklagte van diefstal en ses van vervalsing teen hom. Oor 'n tydperk van een jaar het hy 'n bedrag van £1,258 gesteel. Op 12 Desember 1945 het hy in die Randse Hooggeregshof skuld beken op al die aanklagte. Getuienis is gelewer dat hy ver bokant sy inkomste geleef en geld aan partytjies, juwele vir sy verloofde en 'n motor bestee het.Ga naar eind3 In sy uitspraak het regter Millin gesê dat Louis 'n jong man was met verantwoordelikhede wat hy kennelik nie kon hanteer nie. Verskeie faktore was verantwoordelik vir die betreklik ligte straf van drie jaar waarmee hy gevonnis is, soos die feit dat hy homself vrywillig oorgegee het, die restant van £300 van die gesteelde geld aan die firma oorbetaal het, saam met twee broers vir sy weduwee-moeder gesorg het en geen vorige veroordelings gehad het nie. Vir die uitdiening van sy vonnis is Louis na die Sentrale Gevangenis in Pretoria geneem. Met die besoek van koning George VI in 1947 aan Suid-Afrika is sommige gevangenes egter vrygelaat. Louis Opperman was een van dié wat op 22 Februarie 1947 vrygestel is.Ga naar eind4 Die gebeure wat tot Louis se inhegtenisname, verhoor en vonnis gelei het, sou lank 'n sterk uitwerking op Opperman hê. Uit 'n dagboek wat hy in 1946 hou, blyk telkens sy kwelling en verdriet oor sy broer. Gedigte soos ‘Beskuldigde’ wat hy later in Negester oor Ninevé opneem, spreek reeds van 'n skuldbewussyn, maar dit bereik 'n hoogtepunt in sy groot gedig ‘Ballade van die grysland’. Daarin is die neerdrukkende stadsbestaan van die ek-figuur, sy ontvlugting in die oppervlakkige vermaak wat die stedelike lewe bied, sy neerkrap van ‘valse syfers’ en sy obsessionele vrees vir die koms van die ‘reken- | |
[pagina 107]
| |
meester’ terug te voer na Louis as model. Maar ook die verdriet van sy moeder in hierdie tyd het Opperman diep aangegryp. In 'n terloopse gesprek in die laatsewentigerjare het hy gesê dat hy sy moeder se trane en starende oë nooit sou vergeet nie en dat dit neerslag vind in 'n ongebundelde kwatryn wat in dié jare geskryf is. In dié gedig, wat onder die titel ‘Niobe’ in Standpunte, III: 2, April 1948 gepubliseer word, verwerk Opperman die geskiedenis van die Grieksmitologiese vrou wat na die moord op haar veertien seuns en dogters deur Zeus verander is in 'n rots waaruit vir die hele duur van die somer trane stroom: Met die jare word sy klip...in die verdriet
se eb en vloed langs 'n verlate kusgebied,
en met 'n daelikse strakker staar
van holle oesters uit na die verskiet.
| |
IIOpperman het die pos by die Helpmekaar Hoër Seunskool op 31 Julie 1945 aanvaar. Bedags moes hy per trein van Ontdekkers af stad toe reis, 'n ervaring wat in die eerste strofe van ‘Ballade van die grysland’ neerslag vind as hy praat van die ‘tonnels van die nag’ waaruit hy ‘oor rook en mis’ tuur ‘as ysterspore/(hom) in kringe van die stad instuur’. Soos by die Voortrekkerskool in Pietermaritzburg het Opperman met sy innemende persoonlikheid en pligsgetrouheid dadelik die vertroue van die hoof, mnr. J.G. Brink gewen. Opperman het hom baie maklik in die nuwe werkkring aangepas. Marié Opperman het in hierdie tyd Handelsvakke en Afrikaans aan die Tegniese Kollege by Ontdekkers gedoseer. In Augustus 1945 het sy verwagtend geraak met hulle eersteling. Alhoewel Opperman reeds met vroeëre besoeke aan Johannesburg en Pretoria van die noordelike skrywers en letterkundiges soos C.M. van den Heever en Abel Coetzee ontmoet het, kon hy nou meer van hulle intiem leer ken. M.P.O. Burgers, wat later in Kaapstad radio-uitsendings van Opperman se werk sou behartig, was aan die SAUK verbonde, terwyl Elisabeth Eybers met haar man Albert Wessels in Emmarentia gewoon het. H.A. Mulder was in Pretoria werksaam, maar het juis in hierdie tyd 'n lektoraat aan die Rhodes-Universiteit aanvaar. Fritz Steyn was advokaat en een van die kring jong Afrikaners in die stad. Deur sy bemiddeling het Opperman die eerste keer kennis gemaak met W.E.G. Louw wat toe reeds professor in Grahamstad was, maar gereeld in Johannesburg gekom het. In latere jare kon Steyn Opperman uit hierdie tyd onthou as 'n visioenêre mens wat die begrensings van sy eie land en volk kon deurbreek en op 'n universele vlak kon beweeg, maar wat altyd getrou was aan die Zoeloelandse Boereagtergrond van sy jeug en in gesprekke dikwels na sy | |
[pagina 108]
| |
grootvader en ander voorouers verwys het. Onder die jong skrywers van destyds het hy persoonlik kennis gemaak met Olga Kirsch wie se debuutbundel Die soeklig hy in Die Huisgenoot van 5 Januarie 1945 bespreek het. Alhoewel hy die afwisseling tussen fynheid en forsheid, die bekoorlike naïwiteit en die innige toon in haar poësie gewaardeer het, spreek hy in sy resensie beswaar uit teen die vae hartstogte, jeugdige rym, verkapping van die verse en ‘die noem van emosies in plaas van die wek daarvan’. Tydens sy besoek aan haar ouerhuis het Olga Kirsch se moeder gevra om privaat met Opperman te praat. In 'n hewig emosionele toestand wat die trane vryelik laat vloei het, wou sy weet of haar dogter werklik talent in haar debuutbundel openbaar en of sy nie liewers, in die lig van wat sy as ernstige besware in Opperman se resensie beskou, die poësie geheel en al moet los nie. Dit was Opperman se taak om haar te oortuig dat haar dogter beslis 'n eie stem openbaar en groot moontlikhede vir die toekoms het. Nog voor sy koms na Johannesburg was Opperman reeds bewus van die noord-suid-spanning wat daar in die Afrikaanse literatuur sedert die dertigerjare ontstaan het. In Johannesburg was die literêre bedrywighede met die totstandkoming van die Afrikaanse Skrywerskring onder leiding van C.M. van den Heever en T.J. Haarhoff en die publikasie van 'n Jaarboek meer georganiseerd as in die suide, maar die talent vir 'n werklik bloeiende en stimulerende letterkundige lewe het ontbreek. Die gevolg was giftige aanvalle op veral N.P. van Wyk Louw wat in die Jaarboek van 1938 deur H.A. Mulder as die grootste digterspersoonlikheid in die Afrikaanse letterkunde bestempel is, 'n uitspraak wat in Die Brandwag van 13 Januarie 1939 deur S. Ign. Mocke onder die skuilnaam L.J. Odendaal betwis word. In sy bespreking van Opstelle oor poësie in Die Brandwag van 7 Julie 1939 bevraagteken Abel Coetzee Mulder se uitspraak dat Van Wyk Louw 'n belangriker digter as C.M. van den Heever is. Hierop reageer Mulder in Die Brandwag van 28 Julie, terwyl Elisabeth Eybers in dieselfde uitgawe Coetzee van ‘kliekerige en kleinserige naywer’ beskuldig.Ga naar eind5 In die jare 1941-1944 verskyn in die tweeweeklikse blad Trek 'n reeks ‘skitterende prosa-boutades’ deur die anonieme skrywer Kees Konyn waarmee hy ‘in die Afrikaanse letterkunde 'n kort skrikbewind’Ga naar eind6 voer en waarin veral die lede van die noordelike groep, soos T.J. Haarhoff, P.J. Nienaber, C.M. van den Heever, Abel Coetzee en S. Ign. Mocke, deurloop. In gesprekke is druk bespiegel oor die identiteit van Kees Konyn en om 'n verskeidenheid redes is veral W.E.G. Louw sterk verdink van die outeurskap. Ná die verskyning van Heilige beeste bespreek C.W. Hudson, volgens Mulder (in 'n brief van 30 Oktober 1945 aan Opperman) ‘een van die stompsinnigste aanhangers van die Johannesburgse kliek’, die bundel in Suid-Afrika en wys hy kopskuddend na die gevaarlike gees wat uit die werk blyk. In Die Huisgenoot van 20 Julie 1945 het P. de V. Pienaar besware teen die woordgebruik in W.E.G. Louw se Adam en ander gedigte, iets wat reaksie van Louw in Die HuisgenootGa naar eind7 en later ook in | |
[pagina 109]
| |
Die Vaderland ontlok. Tydens 'n toevallige ontmoeting in 'n Johannesburgse boekwinkel in Augustus 1945 het Opperman met P. de V. Pienaar gestry oor Louw se woordgebruik en het Pienaar uiteindelik toegegee dat ‘spigtige ibis’ goed gekies is. ‘Maar eintlik,’ skryf Opperman in 'n brief van 6 September 1945 aan Ernst van Heerden, ‘hou die mense nie van die Louws nie, veral W.E.G. Louw na die Konynery-episode,Ga naar eind8 en hulle kan ook nie Dekker duld nie! Mens voel dit telkens aan in toespelinge en onderstromings...Eintlik staan hulle, sal ek maar sê, “glimlaggend” teenoor al die jonger digters.’ Veral die kwessie van duisterheid is by herhaling deur die noordelike groep skrywers en kritici teen die tydgenootlike digkuns as beswaar geopper. As Opperman deur die Afrikaanse Skrywerskring uitgenooi word om hulle op 3 September 1945 toe te spreek, kies hy as onderwerp vir sy lesing dan ook ‘Duisterheid in die Afrikaanse vers’. In hierdie lesing - wat, blykbaar as 'n gebaar van welwillendheid teenoor die noordelike outeurs, saam met die gedigte ‘Nagstorm oor die see’, ‘Vrou’ en ‘Mallemeul’Ga naar eind9 in Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring van 1945 verskyn en in 1974 in Naaldekoker opgeneem word - onderskei Opperman verskillende vorme van duisterheid in die poësie. Daar is die ‘skynduisterheid’ wat net veroorsaak word deur die nuwigheid van die bundel, duisterheid wat gebore is uit swakheid van belewing en segging, duisterheid wat ontstaan as die leser nie dieselfde kulturele agtergrond as die digter besit nie en onverstaanbaarheid wat voortspruit uit die verwikkelde emosies van die indiwidualis. Daarna gee hy voorbeelde uit die werk van Toon van den Heever, Ernst van Heerden en N.P. van Wyk Louw en herlei hy die skulpbeeld in die voorlaaste strofe van sy eie ‘Nagedagtenis aan my vader’ na Dante se Inferno. Hy gee toe dat die grootste gevare verbonde is aan die uitbeelding van die verwikkelde emosie, maar pleit ten slotte ‘vir die behoud van menslikheid by ons digters, en vir 'n hoër kulturele peil by ons lesers’.Ga naar eind10 Dat die uitnodiging van die Skrywerskring 'n poging kon gewees het om een van die jong, ‘duister’ digters 'n bietjie aan die tand te voel en miskien selfs aan die kaak te stel, was 'n moontlikheid waarmee Opperman rekening gehou het. Daarom was sy voorbereiding vir die lesing baie deeglik en sy hele betoog stap vir stap uitgewerk. Aanvanklik, toe hy begin praat het, was die atmosfeer ysig, maar later in die aand het dit aangenamer geword. In sy brief van 6 September 1945 aan Ernst van Heerden doen Opperman op geestige wyse verslag van die verloop van die gebeure en van die indrukke van die aand: Die Skrywerskring het my via Abel Coetzee uitgenooi om ‘'n geslote byeenkoms’ toe te spreek oor die jonger Afrikaanse digters. Dat die byeenkoms wel doelbewus ‘geslote’ was, het o.a. die volgende dag geblyk toe Hans Rompel wou weet hoekom hy en die res nie uitgenooi is nie. Die Sanhedrin het bestaan uit: C.M.v.d. Heever, Haarhoff, Abel Coetzee, P.J. Nienaber, Kootjie v.d. Heever, Ign. Mocke, P. de V. Pienaar, Rud. P. Visser, M.P.O. Burgers, Hattingh, X (?). Ek het ‘Duisterheid in die Afrikaanse Vers’ gekies en my op die jongeres toege- | |
[pagina 110]
| |
spits. Die atmosfeer is gekenmerk deur 'n ysigheid; deur 'n houding: ‘Hier het ons nou een van daardie rare kreature wat hulle “'n jongere” noem. Vanaand sal ons nou sien!’ C.M. het in Boeddha-kontemplasie gesit, Abel het sy oë gesluit, Haarhoff het die visier op my gerig, Mocke het die patroonbande in gereedheid gebring, P. de V. het neutraal gesit en luister, M.P.O. was belangstellend, P.J. NienaberGa naar eind11 het verveeld op 'n vuurhoutdosie gesit en krap en kort-kort met sy buurman gesels. Die res het net gestaar. Met 'n droë mond het ek begin maar later op dreef gekom. (Ek dui die atmosfeer met 'n paar grepe aan.) Toe ek ophou, por C.M. vir Haarhoff aan om eerste te praat. | |
[pagina 111]
| |
IIIHoewel Opperman in aangename omstandighede by die Helpmekaar Hoër Seunskool gewerk het, sou hy voorkeur gegee het aan 'n werkkring wat hom verder in sy skeppende werk sou stimuleer. Johannesburg was vir hom met al die verlokkinge en die vaart van die lewe 'n dramatiese stad om in te woon, maar die benepenheid en geestelike beperktheid van die noordelike kliek skrywers het vir hom alle moontlikhede van 'n prikkelende literêre lewe uitgeskakel. In Desember 1945 het Markus Viljoen, redakteur van Die Huisgenoot, Johannesburg besoek om met die noordelike medewerkers aan sy blad te gesels en nuwe kontakte te lê. Hy het ook 'n afspraak met Opperman gereël. Tydens hierdie eerste ontmoeting oor 'n koppie tee wys Opperman vir hom die brief wat hy as skoolseun van hom in 1934 ontvang het waarin ontvangs van die verhaal ‘Die reënoffer’ erken en dit vir publikasie aanvaar word. Viljoen was verras om te hoor dat Opperman se verbintenis met Die Huisgenoot só ver terugstrek. Aangesien daar ook ander gaste tydens hierdie ontmoeting aanwesig was, vra Viljoen vir Opperman of hy hom weer die volgende dag te spreke kan kry. Tydens hierdie tweede byeenkoms sê Viljoen dat daar 'n vakature in die redaksie van Die Huisgenoot is en vra hy of Opperman daarin sou belangstel. Die aanbod was vir Opperman 'n verrassing, want hy was glad nie op 'n moontlike werkverandering so gou na sy aankoms in Johannesburg bedag nie. Met die prikkels wat die tydskrif as publikasie van die Nasionale Pers vir hom kon bied, die moontlikheid van nouer skakeling met die uitgewerye en die aanraking en vriendskap met die groep suidelike skrywers wat 'n verskuiwing na Kaapstad in die vooruitsig gestel het, was hy egter dadelik baie geïnteresseerd. Daarby sou sy salaris ook 'n entjie groter wees. Die gevoel het ook by hom begin posvat dat dit vir hom hoog tyd was om van die onderwys weg te kom. By sy terugkeer in Kaapstad het Viljoen dadelik die aangeleentheid verder gevoer. In 'n brief van 13 Desember 1945 sê hy dat hy gemagtig is om vir Opperman die betrekking aan te bied teen 'n totale aanvangsalaris van £56 per maand. In 'n brief van 17 Desember aanvaar Opperman die betrekking en sê hy dat hy met sy skoolhoof gaan onderhandel ten einde reeds op 1 Januarie 1946 in Kaapstad te begin. Alhoewel mnr. Brink teleurgesteld was dat Opperman so gou na sy aanvaarding van die pos by Helpmekaar 'n verandering wou maak, het hy die oorwegings begryp. Deur sy welwillendheid kon Opperman op 21 Desember 'n brief aan die Direkteur van die Transvaalse Onderwysdepartement rig waarin hy versoek dat sy dienstermyn op 31 Desember as beëindig beskou word. Op 26 Desember skryf hy aan Viljoen dat hy Sondagaand, 30 Desember om 9.30 | |
[pagina 112]
| |
nm. per trein uit Johannesburg vertrek en op Dinsdagmiddag, 1 Januarie om 2.30 nm. in Kaapstad aankom. Hy vra verder of Viljoen en Fred le Roux vir hom voorlopig 'n verblyfplek sal bespreek en hulle oë vir 'n huis of kamer sal oophou. Sy vrou sal by hom aansluit sodra huisvesting gereël is. |
|