Daisy de Jager, mej. Annesu de Vos, mnr. Japie de Villiers, dr. Bertie du Plessis, mnr. Flooi en mev. Doreen du Plessis, mev. Fie du Toit (Schoonees), prof. W.J. du P. Erlank, mevv. Mollie Geldenhuys, Aty Greshoff en Jeanette Grobler (Hanekom), prof. A.P. Grové, mnr. Pieter Harteveld, prof. C.J.D. Harvey, mev. Nakkie Human, mnre. Niel Joubert en Uys Krige, dr. H.E.C. Krüger, mnr. Izak le Roux, mev. Truida Louw, prof. E.J. Marais, mev. Martina Meyer, mnre. George Minnaar en Nico Myburgh, prof. P.J. Nienaber, mev. Ina Noel (Rousseau), prof. Roy Pheiffer, mev. Antoinette Pienaar, mnre. Ben Pienaar en Piet Pienaar, mev. Gertie Pieterse, prof. Edith Raidt, mnre. Leo Rautenbach en Leon Rousseau, mev. Antjie Samuels (Krog), mnr. Jan Scannell, dr. P.J. Schoeman, prof. J. du P. Scholtz, dr. Roswitha Schutte (Geggus), prof. J.P. en mev. Ria Smuts, prof. D.F. Spangenberg, prof. Lina Spies, mnr. Jan Stander, regter Fritz Steyn, mev. Elsa Steytler (Joubert), prof. Leon Strydom, mnr. Jack en mev. Retha Theron, mnre. John van Biljon en Jannie van der Merwe, mev. Bess van der Spuy, prof. Ernst van Heerden, mnre. Danie van Niekerk en Wessel van Niekerk, drs. Helize van Vuuren en Dolf van Zuydam, mnr. Frikkie van Zyl, mev. Gertjie van Zyl (van Rooyen), mnre. Kosie van Zyl en A.F. Vosloo, mev. Letsie Watermeyer, dr. Rialette Wiehahn en mnr. Frans Zwiegers. Enkele persone, soos mnre. P.J. Philander en Wium van Zyl, het navrae van my per brief beantwoord.
Met die voltooiing van die manuskrip gaan my dank uit na mev. Liz Theron wat die deel oor Natal en mev. Marié Opperman wat die hele manuskrip gelees het om die feite te kontroleer. Prof. Ernst Lindenberg en my vrou het albei die manuskrip deurgegaan en waardevolle wenke aan die hand gedoen. Om die uitgawes aan reise, verblyf, fotokopieë en kassette te help bestry, het ek finansiële hulp ontvang uit 'n navorsingstoekenning van die Senaat van die Universiteit van die Witwatersrand, Radio Suid-Afrika se Skrywersfonds en 'n ad hoc-toekenning van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. Teenoor al hierdie instansies betuig ek my hartlike dank. Menings wat in hierdie werk uitgespreek word of gevolgtrekkings waartoe ek gekom het, is my eie en moet nie beskou word as dié van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing nie.
Johannesburg
6 Oktober 1985
J.C. Kannemeyer