[Catharina, die dogter van die advokaat]
'N woordjie vooraf, An myn waarde en seer geagte neef Lokomotief.
Ou Neef!
Van tyd tot tyd het jy gevraag: ‘Waar is Klaas tog? Waarom laat hy syn stof nie sien nie?’ Hier is ik! Toen jy 'n Prysvraag uitgeskrywe het, het ik so maar die plan gemaak om te perbeer of ik nog kan skrywe.
‘So’, seg jy dalk, ‘neef Klaas wil geld verdien, hy wil betaling hê.’
Ne, foei, ou neef! dis nie myn bedoeling nie! Om jou te o'ertuige dat ik nie om jou £5 of £10 geskrywe het nie, maak ik jou bekend, as jy myn storie 'n prys mog toeken, dat ik dit dan persent maak an die Afrikaanse saak; - maar ik denk wel dat daar beter stories as myne op jou Prysvraag uitgekom is. Die moet jy dan eerlik betaal; en as myn storie nie na jou sin is nie, stuur hom dan maar terug. As ik hier of daar 'n, of 'n. uitgelaat het, maak dit dan bietjie reg; ook waar ik eenmaal NIE in plaas van tweemaal geskrywe het.
Beste groetenis an jou vrou en kinders, en verder an al die ooms en tantes, neefs en niggies; wees ook self gegroet von jou steeds andenkende neef,
KLAAS WAARSEGGER.