ingepak worde. Eindlik gaat die optog langsaam vort. Die ou Jakob en de kleine kinders ry op die waens, party op esels, en party loop te voet. Jakob was soo dankbaar ver God, dat toe hy uit Kanaän gaan, toe bou hy een altaar en offer offerande daarop soo as hy in vroer dae meer gedaan het. In die nag verskyn die Heere aan hem en seh: ‘Jakob, ek ben de God van Isak jou vader en ook jou God wat altyd voor jou gesorge het. Gaat maar gerus na Egypte, want Ek sal ook daar met jou wees om jou te seen. As jy sterwe sal jou liewe seun Josef jou ooe toedruk, en naderhand sal jou kinders en kleinkinders een banja groote volk worde.’ Toe was die ou Jakob vertroos, want nou weet hy dat God nog syn vrind is die met hem sel saam gaan.
Na een voorspoedige en aangename reis kom die heele geselskap eindlik in Egypte. Jakob syn kinders en kleinders was ses-en-sestig, buite nog die vrouwe van syn seuns. Toe hulle nou aangekom het gaan Juda vooruit om voor Josef te seh dat hulle gekom het. Josef laat soo daadlik syn mooi koets inspan om Jakob in die gemoet te ry. Soo as hy by hem kom, spring hij uit syn koets en loop na syn papa, (die ou man was al styf van ouderdom) en hy val om syn nek, en lang huil die twee voor hulle een woord kan praat. Weet myn kinders nog wanneer Josef de laaste keer syn papa gesoen het? Dit was toe hy met syn mooi baatje aan gestuur wort om naar syn broers te gaan kyk, en om te vra hoe hulle vaar. Die eerste wat Jakob kan praat was dit: ‘Josef! nou kan ek getroos gaan sterwe, want ek het jou tog nog weer gesien, myn kind. Og hoe banje verdriet het die arme Jakob nie in die tyd gehad nie, en nou was syn Josef, die hy al soo lang gedink het dat dood was, en waarom hy soo banje keer gehuil het, weer in syn arms.
Toe Josef hulle almal gegroet en verwelkom het, gaat hy om voor koning Faro te seh dat syn papa en famielje gekom het. Toe neem hy vyf van syn broers en breng hulle by die koning. Toe vra Faro: ‘Wat is julle ambag?’ Hulle seh toe: ‘Ons is veeboere wat in Kanaän woon,