Hoofstuk VII.
Die tweede tog van die broers van Josef.
Waar van af gaan en nie by kom nie, dat wort minder. Soo ook met die koning wat die seuns van Jacob van Egypte gebreng het. Daar was banja monde wat mot oopgehou worde, want die seuns het ook vroue en kinders. En dit duur nie lang nie of die koring was op-a-la!
Toe seh Jakob: ‘Wat kijk julle nou ver mekaar an, in Egypte is mos koring, loop haal weer.’ ‘Ja seh hulle, as Benjamin saam gaan, dan sal ons gaan, maar sonder hem durf ons nie by die heer in Egypte kom nie.’ Toe seh Jacob: ‘Maar waarom het julle dan soo stom gewerk om voor hem te vertel dat julle nog een broer tuis het.’ ‘Hij het ons zoo uitgevra,’ seh hulle, ‘en wie het dan kan dink dat hy sal seh ons mot die broer saam bring?’ Een van die seuns van Jakob, Juda, hou die meeste aan dat Jakob tog maar voor Benjamin mot saam stuur. Hij seh: ‘Pa, ek sal voor hem sorge en as daar iets met hem gebeur neem ek al die skult op mijn. Laat ons tog maar gaan, anders gaat ons almal nog dood van honger.’ Toe Jakob nou sien dat daar niks anders op staan nie, toe seh hy dat Benjamin dan maar mot gaan. Maar hy was bang dat die heer in Egypte sal kwaad wees dat hulle die andermaal hulle geld weer terug gebring het. Daarom seh hy dat syn seuns voor die man een present mot saam neem. Das waar, daar was wel geen koring in Kanaän, maar daar was tog nog vrugte. Daarom seh hij: ‘Neem wat heuning en amandels, ook wat balsem en mirre en specerije (das reukgoed) voor hem saam as een persent. Ook mot julle weer ander geld saam neem buiten die geld wat julle in julle sakke gekry het, om koring te koop.’ Jakob was banja verdrietig toe Benjamin sal weggaan, en hy bid tot God dat syn kinders voorspoedig