Hoofstuk IV.
Die skinker en die bakker van koning Faro.
Eens op een tijd, terwijl Josef nog in die tronk is, kom die oërste daar, en breng twee manne en seh dat Josef hulle mot oppas. Die twee manne was dienaars van Faro - soo'n koning het altijd banja dienaars. Een van die manne was de oërste van de skinkers van Faro. Hij was die man wat altijd voor die koning in zijn gouë beker mot wijn skenk as hij wil drink. Die ander was die oërste van die Bakkers. Hij mos zorg voor al die lekker kos van die Koning. Die koning was kwaad op hulle omdat hulle hem vererg het en daarom was hulle in die tronk gegooi. Een oggent vroe, toe Josef by hulle kom, sien hy, dat hulle regte bedroef daaruit sien, en hy vra voor hulle: ‘Waarom is julle dan zoo bedroef?’ En daarop seh hulle: ‘omdat ons van nag soo wonderlik gedroom het, en daar is geen mens wat voor ons die droome kan uitleh nie.’ Toe seh Josef: ‘vertel tog voor myn wat julle gedroom het en ek sal voor julle seh wat die droome beteeken.’ God sou voor Josef leer om die droome uit te leh. Denk myn kinders nog aan die droome wat Josef gedroom het, toe hy nog by zyn huis was? Toe begin die skinker te vertel en seh: ‘Ek het gedroom dat ek een wingerstok sien. Die wingertstok het drie lote wat begin te bot, en daar kom klein druiwe korrels an, en die korrels wort rijp. Toe pluk ek die druiwe af en druk dit uit met myn hand in die beker van Faro en ek gee die beker aan Faro soo as ek gewent was voor dat ek in die tronk gekom het.’
Toe Josef die droom gehoor het seh hy voor die skinker. ‘Jy het drie lote gezien, die drie lote beteeken drie daë, oër drie daë sal die koning jou uit die tronk laat haal en jy sal weer syn skinker wees. Maar as jy uit kom praat tog mooi met die koning, dat ek ook uit die