| |
| |
| |
Hoofstuk 7
Breytenbach in die konteks van tagtig
I
Die vrylating en die reaksie daarop
Reeds rondom sy eerste verhoor was daar buitelandse veldtogte vir Breytenbach se vrylating. Op 24 September 1975 het 'n landwye veldtog van drie weke in Frankryk 'n hoogtepunt bereik toe vyftien verteenwoordigers van 23 antiapartheidsgroepe gepoog het om 'n petisie aan die Suid-Afrikaanse ambassade te oorhandig - die ambassade was egter gesluit vir die dag en die ambassadeur met verlof (Beeld, 25.9.75). Op 11 November 1975 het twee Britse toneelskrywers (Robert Bolt en Edward Bond) en twee Suid-Afrikaanse skrywers (Alex la Guma en Lewis Nkosi) in die Britse Laerhuis byeengekom vir 'n perskonferensie wat bestempel is as die begin van 'n wêreldwye veldtog vir Breytenbach (SW., 10.11.75). 'n Franse en 'n Nederlandse Comité-Breytenbach is in die lewe geroep wat gereeld omsendbriewe met nuwe inligting oor die digter versprei het aan ‘diegene wat belangstelling toon in sy geval’.
Dwarsdeur sy gevangeskap was daar pleidooie vir sy vrylating. Breytenbach self glo dat die uiteindelike besluit om hom vry te laat die resultaat was van ‘an accumulation of approaches made to the authorities and of careful opinions expressed either publicly or in private by influential groups or individuals’ (1984a: 284). Hy self (ibid.) noem die voorbeeld van die Franse regering wat by monde van meneer Plaisant, gesant in Pretoria, gevra het vir sy vrylating (toe dit wel gebeur, is baie klem gelê op dié ‘aandrang van die Franse regering’ - byvoorbeeld in TCT., 6.12.82). Ook PEN-Internasionaal en spesifieke PEN-groepe in verskillende lande het pleidooie gerig (vergelyk PN., 5.4.80 en Breytenbach hieroor in 1983d: 98). Die Afrikaanse Skrywersgilde het deur die jare hom, ten spyte van aanvanklike stilswye rondom die verhoor, blý bemoei met Breytenbach se omstandighede. In 1979 het Charles Malan byvoorbeeld 'n mosie ingedien waarvolgens die Gilde die minister van justisie sou nader met die versoek om Breytenbach ‘in die belang van die Afrikaanse letterkunde’ toe te laat om sy studie in die gevangenis voort te sit en ook om te skilder (Bu., 30.6.79). Tydens die 1980-jaarberaad dien Jan Rabie 'n mosie in waarin die owerheid versoek word om ‘in die belang van beter kommunikasie’ dringend aandag te gee aan die vrylating van daardie politieke gevangenes wat ‘deur hul deelname aan 'n permanente openbare forum 'n bydrae kan lewer tot die vreedsame oplossing van sosio-politieke probleme’ (Vo., 18.4.80). Die mosie is met 6 teenstemme aanvaar. Jan Swanepoel van die Potchefstroomse Universi- | |
| |
teit het gesê dit is nie vir hom duidelik hoe die Gilde sy taak sien nie. Die mosie lê op die ‘politieke vlak’ en hy meen die Gilde moet hom weerhou van so 'n polities
omstrede saak. PJ Haasbroek het gesê die
probleem is watter politieke gevangenes 'n bydrae kán lewer. Die geval Nelson Mandela, oor wie se moontlike vrylating in daardie stadium 'n openbare debat geheers het, is nie bespreek nie, alhoewel die voorsitter (André P Brink) sy naam terloops genoem het (Vo., 18.4.80).
Selfs Afrikaanse koerante het versigtig bewoorde voelers uitgesteek na die moontlikheid van vervroegde vrylating (Breytenbach noem dit ook in 1984a: 283). Die Vaderland (23.12.80) ‘wil geen vergoeiliking soek vir sy aandeel aan sekere bedrywighede en sy verbintenis met sekere organisasies en elemente nie’, maar die koerant meen tog dat daar 'n saak uitgemaak kan word waarom daar weer 'n keer na die geval Breytenbach gekyk moet word: hy is naamlik nie gemaak van die stoffasie van geharde en gevaarlike revolusionêre nie en hy het nie werklik groot skade aangerig as persoon nie. Verder het die ‘blanke openbare mening’ teen hom grootliks verflou. Begenadiging mag dalk ‘beter rehabiliterende resultate’ oplewer as ‘uitvoering van die letter van die vonnis’.
Instansies wat hul volgens Breytenbach nié bemoei het met sy omstandighede of vrylating nie was Amnestie Internasionaal (omdat hy volgens hulle nie voldoen aan hulle definisie van iemand ‘incarcerated for his beliefs and opinions’ nie) en die Franse MRAP (‘Mouvement contre le racisme, l'antisémitisme et pour la paix’) (1984a: 284).
Individue wat in hierdie tyd Breytenbach se belange op die hart dra, sluit - naas sy vrou en familie - invloedryke openbare figure soos die hartchirurg Chris Barnard (EPH, 1.12.80; RDM., 22.12.80), liberale politieke leiers soos Helen Suzman en F van Zyl Slabbert (laasgenoemde vertel in 1985: 93-100 van sy bemoeienis met Breytenbach en dié se vervroegde vrylating) asook skrywersfigure in. Breytenbach glo sekere lede van die Nasionale Party ‘discreetly tried to point out, in inner circles, the possible benefits (of an early release)’ (1984a: 285). Reeds terwyl hy in eensame aanhouding was, het André P Brink in sy gesmokkelde briewe aan Breytenbach beloftes gemaak dat hy via mense met ‘invloed’ by die eerste minister - soos Senghor, Kissinger, Giscard - druk sal probeer uitoefen om die nege jaar te verminder (Viviers, 1978: 106, 166). Etienne Leroux, Nadine Gordimer, Sheila Cussons en Elisabeth Eybers het hulle almal, tydens toesprake by die oorhandiging van literêre pryse en elders, uitgespreek vir Breytenbach se vrylating.
In Februarie 1979 het die sekretaris-generaal van PEN-Internasionaal, Peter Elstob, Suid-Afrika besoek, onder meer om onderhandelinge aan te knoop dat Breytenbach vrygelaat sal word om politieke asiel in Holland te verkry. Die minister van justisie, mnr. Jimmy Kruger, het die versoek geweier (berigte in Tv., 15.2.79; TCT., 15.2.79; Vo., 12.3.79; Star, 12.3.79). 'n Groep Suid-Afrikaanse letterkundiges en skrywers stel 'n versoekskrif saam om aan die minister te stuur; daarin word gevra dat Breytenbach op parool vrygelaat word. Volgens Ampie Coetzee moet die versoekskrif nie aan 'n ‘politieke drukgroep’ gekoppel word nie, maar gesien word as komende van enkelinge (Tv., 28.3.79), wie se
| |
| |
motiewe verskil het (vergelyk briewe van HCT Müller en John Miles in Beeld, 19 en 23.9.80).
In Februarie 1981 kondig die nuwe minister van justisie, mnr. Kobie Coetzee, aan dat amnestie met die Republiekfees van daardie jaar aan talle gevangenes in Suid-Afrikaanse tronke toegestaan gaan word. Uit die persverklaring kan die afleiding gemaak word dat mense wat ingevolge die land se veiligheidswetgewing gevonnis is, waarskynlik nié die voordeel van 'n verkorte vonnis sal geniet nie (Beeld, 8.2.81; Breytenbach verwys ook hierna in 1984a: 282). Vroeg in 1982 word 'n wetswysiging deur die Volksraad gevoer wat onder meer voorsiening maak vir die vervroegde vrylating of vrylating op parool van mense wat skuldig bevind is aan misdrywe teen die veiligheid van die staat.
In Confessions (1984a: 282) beskryf Breytenbach hoe 'n kopie van die minister se verklaring ook aan hom oorhandig is. Hy is deur een van die gevangenispersoneel ingelig dat sy lêer ‘getrek’ is en na Pretoria gestuur is. Hy het hom egter daarvan weerhou om te glo dat iets daarvan sou kom. Tog word hy op 2 Desember 1982 onverwags uit die gevangenis vrygelaat ná sewe jaar tronkstraf (in op.cit.: 286-294 beskryf Breytenbach die aanloop tot die aankondiging van sy vrylating). Hy word in die hande geplaas van sy literêre raadgewer tydens die later deel van sy gevangenskap, Merwe Scholtz. Ná 'n besoek aan sy familie in Grahamstad (vergelyk op.cit.: 299-300) vertrek Breytenbach en Yolande na Parys.
Die SA Gevangenisdiens reik 'n amptelike verklaring uit waarin gewys word op voorwaardes vir vervroegde vrylating. Hiervolgens is Breytenbach vrygelaat nadat hy gekwalifiseer het vir strafvermindering ingevolge verklaarde beleid soos vroeër in die jaar afgekondig:
Besluite van dié aard is die resultaat van die geheelbeeld wat opgebou word van 'n persoon se agtergrond, gedrag, aanpassing, benadering, moontlike toekomstige optrede en die verwagte risiko of bedreiging wat so 'n persoon ná vrylating vir die gemeenskap kan inhou... Geen hoop vir strafvermindering of voorwaardelike vrylating kan gehou word vir enige ander persone wat egter steeds volhard in hul oorspronklike misdadige doelstellings nie. (Rap., 5.12.82)
Die reaksie van die pers op hierdie vervroegde vrylating wissel. Oggendblad (16.12.82) is ‘bly dat (Breytenbach) verkies het om elders te woon en... wil hoop dat hy 'n duur, maar goeie les geleer het: om nie te diep in rewolusionêre politiek betrokke te raak nie. Sy straf is uitgedien en hy het sy prys betaal. Nou is dit belangrik dat hy liefs van die openbare toneel verdwyn. Breyten Breytenbach is geen held nie, al wil sommige mense hom as een sien. Hy is iemand wat 'n misdaad teen ons en ons land gepleeg het.’ Oosterlig (6.12.82) meen Breytenbach se terugkeer na Parys is 'n ‘jammerlike refleksie op Suid-Afrika dat 'n Suid-Afrikaner moet uitwyk na die vreemde omdat hy met 'n Viëtnamese vrou getroud is... Hopelik sal sy digkuns nie vir Suid-Afrika verlore wees nie’. Die Volksblad (6.12.82) hoop die afslag op sy vonnis sal 'n ‘stimulant wees om hom van verdere geknoei teen staatsgesag te weerhou’. Die Burger (6.12.82) spreek die hoop uit dat hy ‘sy ou politieke paaie van ekstremisme sal vermy en dat hy die onbetwisbare talente waaroor hy beskik,
| |
| |
voortaan uitsluitend sal aanwend in die belang van die Afrikaanse taal en letterkunde’. Hoofstad (6.12.82) en Rapport (12.12.82) laat ruimte vir Breytenbach se politieke gedigte. Volgens Hoofstad kan ‘'n woordkunstenaar soos Breyten Breytenbach steeds in sy betrokke skrywery in nuwe perspektief 'n groot en opbouende bydrae lewer tot vreedsame verandering in die land’. Volgens Rapport ‘hoef hy ons nie lofsange toe te voeg nie. Die byt, die sout in die wonde en die twis met jou mense is iets wat ons alleen sterker kan maak.’
In 'n amptelike verklaring sê die voorsitter van die Afrikaanse Skrywersgilde, Jan Rabie, dat die Gilde verheug is dat Breytenbach oplaas vrygelaat is. ‘Ons hoop dat hy nie nou vir altyd vir die Afrikaanse letterkunde verlore gaan wees nie.’ (Volgens 'n berig in Tv., 6.12.82 het die Gilde alreeds in Augustus aanduidings gehad dat sy vrylating oorweeg word, maar hulle het onderneem om geen publisiteit daaraan te gee nie.) André P Brink sê dit was werklik hoog tyd vir sy vrylating. Etienne Leroux voel dit is die ‘beste Kersgeskenk’ vir al Breytenbach se vriende en vir die literêre wêreld. Ernst Lindenberg is bly vir elke dag wat Breytenbach vry is, ‘al is dit jare te laat’. Vir Sheila Cussons is dit ‘vreugdenuus’ waarop ‘'n loflied gesing kan word’ (berigte in Vo., Tv., Va., 6.12.82).
| |
II
Breytenbach oor die ‘Nuwe Bedeling’ en die bevrydingstryd
Breytenbach glo dat die toegewing wat in 1982 gemaak is in die Gevangeniswetgewing om voorsiening te maak vir die heroorweging van die vonnisse van politieke gevangenes, gesien behoort te word binne die wyer politieke konteks van ‘hervorming’:
This ‘humanisation’ arrived at a time when the Whites felt more sure of their own powers (truly draconian) than ever before. One can see that they thought it to their advantage to try to improve their image with the outside world. It furthermore must have become obvious to the more sophisticated among them that releasing a few mangy politicals was not going to bring the Republic crashing down around their ears. (1984a: 284)
Tydens sy verskyning voor die hoof van die Gevangeniswese en ‘The Man himself’ (op.cit.: 286-289) het dit vir Breytenbach duidelik geword dat daar 'n ‘boodskap’ vir hom was en dat sy vrylating deel was van 'n strategie van aanpassing:
If we release you it will only be if we are sure that you will not rally the dissidents (students and intellec-chals) around you; that you will not embarress the government by insisting on staying in the country with your wife... All of the before-going was presented in a carefully wrapped package of political blah-blah: the possibility
| |
| |
of change in the country, the need to strengthen the forces of reform, the resistance to reform from certain quarters, the difficult path to be followed by those in power at the moment because if you want to beat a dog any stick will do and how easy it is to upset the applecart. (op.cit.: 288)
Teenoor Adriaan van Dis van die NCR Handelsblad (11.12.82) stel Breytenbach dit dat sy vrylating gesien moet word teen die agtergrond van die magstryd binne die Afrikaner-establishment. Dit is nie soseer 'n gebaar teenoor die kritiese buitewêreld nie as een van welwillendheid van die kant van die regering in die hoop dat dit enkele van die Afrikaner-intellektuele wat van die Nasionale Party vervreemd geraak het, goedgunstig sal stem.
Die Afrikaanse pers plaas Breytenbach se vervroegde vrylating ook teen die agtergrond van die wyer politieke konteks in die land: ‘(Breytenbach) sal stellig reeds weet dat die Suid-Afrika van vandag nie heeltemal dieselfde een van sewe jaar gelede is nie - behalwe waar 'n sterk owerheid nog steeds die veiligheid van die Staat jaloers bly bewaak. Die Suid-Afrika van 1982 is een wat, onder leiding van 'n dinamiese Eerste Minister, die weg van eerlike en welwillende evolusie ingeslaan het’ (Hoofst., 6.12.82).
Elf maande ná Breytenbach se vervroegde vrylating kon wit stemgeregtigdes ‘ja’ of ‘nee’ gaan stem vir 'n ‘Nuwe Bedeling’. Die pers het nie agterweë gebly om prominensie te verleen aan die menings van Afrikaanse skrywers en literatore nie. Volgens persverklarings het slegs enkele ‘nee’-stemme (vanuit ‘linkse’ hoek) van die literêre establishment uitgegaan teen die voorgestelde nuwe grondwet. André P Brink is oortuig dat die grondwet 'n stap na regs sal wees omdat dit, onder meer, 'n argaïese struktuur van wit oorheersing sal bevestig (ST., 23.10.83). Jakes Gerwel lig die gevaar uit van die opstel van valse teenstellings (deelname aan die regering se grondwet-inisiatiewe enersyds of rewolusie andersyds) terwyl die geloof in die ideaal van die demokratiese staat as iets verwesenlikbaar die afgelope aantal jare weer sterk toegeneem het (Deurbraak, Feb. 1983). Van die 181 akademici wat 'n verklaring onderteken waarin beswaar gemaak word teen die voorgestelde grondwet, is drie Afrikaanse letterkundiges: André P Brink (Universiteit Rhodes), RH Pheiffer (Universiteit van Kaapstad) en Ampie Coetzee (destyds verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand).
Die oorwegende reaksie vanuit die Afrikaanse literêre establishment was egter 'n ‘ja’-reaksie. Vir Etienne Leroux is ‘ja beter as niks’ en dit kan ‘vir die land in die buiteland 'n bres slaan’ (Va., 3.10.83). Vir Chris Barnard het Suid-Afrika nou net twee keuses: ‘revolusie of geleidelike evolusie... (en) 'n ja-stem beteken 'n belangrike tree op die pad van geleidelike evolusie’ (Beeld, 17.10.83). PG du Plessis sien 'n ja-stem as 'n begin om ‘die Afrikapatroon te ontwyk... om iets te doen waar daar te lank onregverdige stilstand was, en om weer 'n slag 'n vriend te wen’ (Va., 21.10.83). Antjie Krog vermoed in ‘onnosele idealisme’ dat 'n ja-stem ‘'n stem vir verandering is’ (Beeld, 29.10.83). In die dertiende NP van Wyk Louw-gedenklesing span Willem de Klerk (toe nog redakteur van Rapport) dié denker in om sy saak te versterk dat 'n ‘ja’ vir
| |
| |
mede-seggenskap sonder prysgawe van blanke groepsbelange, die verantwoordelike houding is (Beeld, 4.10.83).
Breytenbach self meen 'n ja-stem sal rampspoedig vir die swart bevolking van Suid-Afrika wees, want dit sal lei tot 'n wit diktatorskap en diskriminasie verder wettig (PN., 4.11.83). Vroeër dié jaar het hy reeds in 'n lesing voor die Hollandse tak van PEN gesê dat die ‘aanpassings’ onder die Botha-bewind 'n vals front skep waardeur die regering sy beeld na buite probeer verbeter en sodoende sy aansien, en dus verdedigbaarheid, probeer vergroot:
What we witness taking shape down there is in reality a controlled experiment in co-opting a number of non-Black politicians to bolster the present power structures against the Black majority. The real scenaria is a militarist one; the strategy - against the so-called Total Onslaught (of communism) - worked out by non-elected security ‘experts’, the real power already in the hands of the military and of the political police. (1983d: 100)
Vir Breytenbach verteenwoordig die Nuwe Bedeling die strategiese en strukturele veranderinge wat nodig is om die wit minderheid se magsmonopolie te versterk. Deur weg te doen met sommige van die mees opvallende manifestasies van apartheid hoop die magsélite om hul magsbasis uit te brei en só in 'n beter posisie geplaas te word vir die onafwendbare konfrontasie met die ontevrede meerderheid (1984e: 171). Ná 'n ontleding van die kenmerkende eienskappe van die nuwe sisteem (op.cit.: 171-172), besluit Breytenbach dat die werklike stukrag en algemene uitwerking daarvan klinkklaar is. Daar word geen voorsiening gemaak vir die toetrede van swartes tot die parlementêre struktuur en dus vir meerderheidsdeelname nie; daar is geen devolusie van mag nie; die plaaslike administratiewe strukture wat bedoel is om swart politieke aspirasies te ondervang, word deur die massa verwerp. Hierdeur het die blanke - en die Nasionale Party spesifiek - sy eksklusiewe politieke en uitvoerende mag beveilig en verskans deur die verfyning van die strukture van diskriminasie, sy bewegingsruimte vir manipulasie uitgebrei en effektief enige moontlikheid vir die vreedsame vervanging van die party aan bewind uitgeskakel (op.cit.: 172). Breytenbach se siening van nuwe ontwikkelinge kom op hierdie stadium neer op die volgende:
I do not believe that there has been real change - although we witness a lot of manoeuvring and some obfuscation. I think we are assisting at the unfolding of a major strategy for the preservation of privileges and power, which indeed includes some social engineering and a big effort at creating the impression of change. There may be some modifications brought about by interacting interests..., but the end goals - in terms of the type of economic, social and structural environment they wish to establish - remain clear.
I believe there is little chance of the present constitutional and attitudinal modifications generating an uncontrollable momentum for change: we are seeing a very controlled development and the machinery does not allow for alternative growth. (op.cit.: 179)
In 1984/5 voorsien Breytenbach sekere strategieë wat deur die Nasionale Party
| |
| |
aangewend gaan word om sy politieke doelwit te bereik. Volgens hom kan dit verwag word dat Suid-Afrika bepaalde skuiwe gaan maak op die eksterne front. 'n Aggressiewe buitelandse beleid sal gevolg word ‘which is expressed, inter alia, by creating or supporting rebel factions in neighbouring states as means of intervention in their affairs (UNITA in Angola, RENAMO in Mozambique); by direct incursions when they see fit (as in Lesotho, Angola, etc.); by establishing a military presence of sorts elsewhere in Africa, or weaving a tissue of complicity by selling them arms (Somalia, the Comoro Islands, Malawi, probably Zaire too) (1985b: 136). Hierdie posisie of deurbraak ‘will conceivably be consecrated by an impressive visit by PW Botha to several African countries in the near future’; ‘The conflict in Namibia will be used to the hilt to secure concessions and international condonation. But ultimately the takeover by SWAPO does not constitute a threat to their own security. Namibia will remain a satellite state and, as the humiliation and taming of Samora Machel is showing, they can obtain and retain control even via Marxist leaders’ (1984e: 178-180). Aan die binnelandse front kan 'n reeks inisiatiewe die indruk skep van verandering. In dié proses mag ontslae geraak word van, of aanpassings gemaak word, aan sekere heilige/onskendbare simbole van apartheid: die Groepsgebiedewet kan gemodifieer word om voorsiening te maak vir die ontwikkeling van 'n kleurlingen Indiërmiddelklas en vir die groei van ‘grys-areas’; die Wette op Gemengde Huwelike en Ontug sal geskrap word (iets wat inderdaad gebeur in 1985 en bespreek word in hoofstuk 3 V); strukture sal ontwikkel word om aan stedelike swartes 'n mate van sekuriteit en permanensie te verleen in blanke Suid-Afrika; Nelson Mandela sal op die ‘regte oomblik’ vrygelaat word; die ANC - ‘suffering from blocked or
cut-off
pipelines into the country, and very likely going through an intense period of internal upheaval caused by their diplomatic setbacks’ - mag selfs instem tot gesprekke. Al sulke ontwikkelinge ‘will reinforce the power of those now ruling South Africa, and it will be self-indulgent blindness - or scarcely masked collaboration - to pretend otherwise’ (ibid.).
Vir Breytenbach het die Suid-Afrikaanse staat dus geen evolusie ondergaan nie - ‘except for an adjustment to changing circumstances, a refinement of the theoretical matrix underpinning the praxis, the introduction of some flexibility to make it more resilient - all that in terms of overall goals and basic assumptions that have not undergone even an iota of change’ (1985a: 189). Uit die Afrikaner se perspektief het twee verskuiwings plaasgevind: die ‘break-up of Afrikaner tribal orthodoxy, the split between Far Right and Pragmatic Right’ en die toenemende militarisering van die land en die toenemende politieke invloed van die militêre establishment (1985b: 135). Maar van ware ‘hervorming’ het nie veel gekom nie:
Reform, in the present context, consists of the piecemeal deployment of methods of adaptation. The underlying pattern, however, remains one of military containment... The goals and the methods remain constant: sectioning the country according to a military grid that would assure control and allow for a containable level of upheavel and resistance; liberalising some abhorrent and obsolete apartheid fixtures to procure coloured and Asian support and to assuage foreign faint-
| |
| |
heartedness; creating alternative representative structures for blacks to divert their demands... ultimately regrouping (the) mare's nest of institutions and bodies... in the semblance of a participatory confederation that would leave white-run political and economic power intact. (op.cit.: 136)
Ná sy besoek aan Suid-Afrika in 1986 sien hy geen hoop meer in blanke leierskap en die beleid van ‘hervorming’ nie: ‘Geen hervormingsbeleid sal die “wit leierskap” nog kan beredder nie. Dié is byna ontroerend irrelevant, asof daar, by wyse van spreke, oplaas weggedoen word met hutbelasting terwyl die bomme reeds bars... 'n Vorm van totalitarisme (Apartheid), sê iemand vir my, is wanneer gepoog word om die reeds bestaande puntenerig te herskep’ (Rap., 27.4.86).
Die ideologiese grond van apartheid het nie verskuif nie en die Suid-Afrikaanse staat bly ‘totalitêr’. Volgens hom is die voorwaardes van 'n totalitêre sisteem, waaraan die Suid-Afrikaanse sisteem voldoen, die volgende: Wanneer 'n enkele party, soos uitgedruk in 'n magstruktuur wat gewoonlik optree in die belang van 'n soort homogene ideologie, 'n staat op só 'n wyse regeer dat enige ware geldige alternatief uitgesluit of, waarskynliker, onderdruk word. Dissidensie mag in bepaalde omstandighede toegelaat word, ‘opposisie’ geduld word - maar slegs om 'n beeld van verdraagsaamheid voor te hou of tot só 'n mate dat weerstand geïnkorporeer kan word om die onderdrukkende sisteem te versterk deur dit meer buigbaarheid te verleen. Omdat 'n totalitêre sisteem byna altyd in stand gehou word deur 'n minderheid ter wille van hulle eie belange, moet militêre en polisie-metodes gebruik word om die sisteem op die meerderheid af te dwing. Onderdrukking, met sy begeleidende verskynsels van geweld en korrupsie, sal onvermydelik geregverdig word in die naam van ‘staatsveiligheid’. Arbitrêre administratiewe maatreëls kry voorkeur bo verteenwoordigende politiek (1985a: 185-186).
Totalitarisme in Suid-Afrika se ‘claim to fame’ lê in die volgende:
In its constitutional, institutionalized, structural and codified racism colouring (excuses the pun!) all forms of human intercourse and enterprise - politics, economics, religion, social life, culture, sport, sex... It is unique in constituting a living alternative solution to the problems of cultural and economic coexistence, problems of an increasing urgency for all of us living on this planet: the alternative of camps, homelands, border industries, mass removals, classification, repression and crisis control. It is unique in its shaping of new forms of colonialism... It is unique in it s conscious banalization of inhumanity. It is the cutting edge of a new Realpolitik expressed in the callousness to hunger and poverty and death. (op.cit.: 188)
Hierdie staat is volgens hom ‘barbaars’ (soos met voorbeelde uitgewys in 1983d: 101) en as ‘anomalie en 'n anakronisme’ is sy ‘malheid doodsgevaarlik (want) dit beteken ontwrigting vir die buurstate, massamoord vir die meerderheid, vernietiging van hulle - julle - in wie se naam die staatsterreur gepleeg word’ (Rap., 13.4.86).
| |
| |
Wat is die alternatief wat Breytenbach nastreef vir hierdie land waarvan hy hom nie kan losmaak nie (soos uiteengesit word in hoofstuk 7 III)? Hy formuleer dit as vryheid - 'n konsep wat voorop staan in die na-tronkfase van sy intellektuele diskoers (volgens hom was die jare in gevangenskap ‘a laboratory experience of the mechanics of freedom’). Toegepas op die politiek, omskryf hy ‘vryheid’ soos volg:
Daar is vryheid as presiese maatband: om vry te wees van uitbuiting, vry van onderdrukking. Solank die gemeenskap getipeer en gekondisioneer word deur eksploitasie en oppressie kan niemand in daardie gemeenskap vry wees nie; die onderdrukte is nie vry van armoede, verhongering, plakkerstoestande, siekte, bitterheid, vernedering, korrupsie, kollaborasie selfs - die onderdrukker is nie bevry van sy mens-onterende leefwyse, sy ekonomiese en politieke en kulturele en morele korrupsie nie. (Rap. 27.2.88; vergelyk ook Rap. 13.3.83 en 1985g: 226)
In reële terme is die alternatief vir die ‘onwettige’, totalitêre Suid-Afrikaanse staat ‘vryheid’ soos uitgedruk in ‘'n unitêre demokratiese staat met 'n meerderheidsregering’ (Rap., 13.6.86). Die nie-verhandelbare vereistes is: die vreedsame saambestaan van alle Suid-Afrikaners in 'n eenheidstaat; algemene - en dieselfde - burgerskap; geen rassisme nie (1985d: 48). Sy motivering hiervoor is nie verraad nie, maar Suid-Afrikaansheid, regverdigheid, verdraagsaamheid, fatsoenlikheid (1986a: 15). Breytenbach se ideaal bly:
Nasionale bevryding - onvermydelik via die uitskakeling van die huidige magstrukture - wat moet lei tot 'n bewindsoorname van verteenwoordigers van die meerderheid van die landsbevolking in 'n unitêre, geïntegreerde staat, op so 'n wyse dat die pad dan oopgemaak word vir die diepgaande transformasie van die gemeenskap betreffende ekonomiese en uiteindelik persoonlike verhoudings, geskool op sosialistiese patroon... (Rap., 15.5.83)
Net soos in die tyd voor sy gevangenskap beywer Breytenbach hom vir transformasie in teenstelling met ‘hervorming’ van Apartheid/die Suid-Afrikaanse staat. Alhoewel hy nog 'n rol toeken aan die bydrae van die individu en die tradisionele intellektueel om deurslaggewend verandering te weeg te bring (vergelyk hoofstukke 7 III en VII met hoofstuk 5 V), verskuif die klem nou by hom na die rol van die ‘people’ (1985g: 229) en na die ‘struggle’ as sodanig.
Die transformasie gaan nie as gevolg van (druk van) buite kom nie; die oplossing vir die probleme ‘must be found within the country, with the people, all the people’ (1984a: 328; kyk ook 1986c: 10). Vryheid self lê in oorgawe aan die ‘people’:
Maybe we must, very paradoxically, extend our confidence to the people and whatever mass organisations the people may throw up. Ah, but that means that we have to accommodate the very notion that our way, and particularly our goals, may be diluted or changed completely... since we shall be losing control over the evolution that we became part of.
Isn't that what ‘power to the people’ implies?... So, if I may sum up: the struggle itself is a means of political awareness, of cultural awakening, ultimately of
| |
| |
social and economic transformation... The liberating concept is exactly to give over to the people the way a fish gives itself over to the sea; and also, despite, or because of the watery taste of failure in the mouth, to continue struggling. (1984a: 71-72)
Hy is nou gereed om die ANC te erken as dié organisasie wat die saak van die ‘people’ die beste verteenwoordig (op.cit.: 327). In 'n land van kru uiterstes, is die liberale alternatief ‘a non-starter, a non-adaptable transplant from more clement climes, ill-equipped to do battle with nationalism and extremism’; ‘in the final analysis, “liberalism” (the old-fashioned kind, not the present one where “liberal” equals New Right) can but fit a more humane mask over the embittered features of the clowns running the show’ (1985a: 190; kyk ook 1984e: 177). Effektiewe opposisie ‘more and more clearly situates itself in relation to the aims and the practices of the historical avant-garde and mass organisations (and foremost amongst them the African National Congress)’ (ibid.).
Die transformasie en vryheid waarna Breytenbach streef, vind vir hom uitdrukking in twee spesifieke vorms: die ‘struggle for freedom’ en die aanwend van die gedig as instrument van vryheid (in hoofstuk 7 VII word laasgenoemde uitgangspunt toegelig). Die ‘struggle for freedom’ behels mobilisasie:
Die mees eksakte smáák van vryheid is wanneer jy daarom stry. Daardie mobilisering - ongeag die swakhede en insinkings - van die vryheidsliewende en gulle en kameraadskaplike en verdraagsame eienskappe van die mens, deur die politieke daad uitgedruk op ekonomiese of kulturele of sosiale of morele vlakke van die vryheidstryd - dit is 'n besonder kosbare benadering van vryheid. Meer nog: die stryd vir vryheid is reeds 'n daarstelling van vryheid. (Rap., 27.2.83)
Breytenbach postuleer nie dat ‘vryheid’ bestaan as 'n absolute gegewe nie, maar hy glo: ‘We have to go on living towards freedom, we have to extend our liberties’, ons moet daarvoor stry: ‘To live freedom is therefore to be implicated in the struggle’ (1984b: 143). Dáárom identifiseer hy hom openlik met die ‘Liberation Movement’ (1983d: 102).
Hierdie vryheidstryd is egter nie slegs 'n blinde reaksie op die heersende omstandighede nie:
Increasing the rents or trying to enforce the teaching of Afrikaans in Black schools may serve as catalysts for the eruption of discontent - but linking all these incidents there is a political awareness and a tradition of organized struggle for freedom.
Despite the fact that all effective organized political opposition has been banned for more than a generation now in the country, there still prevails the willingness to mobilize and articulate alternative ideas on a national scale. The authorities have not succeeded either in stamping out ideological questioning, the fermentation of idea systems and even - to a limited extent - the dialogue and the testing of strategems among different opposition formations. (1984e: 177)
Breytenbach spreek hom ook uit oor die verskillende strategieë wat in die vryheidstryd aangewend kan word om 'n ‘ware demokrasie’ tot stand te bring.
Een moontlikheid is dié van ondergrondse politieke bedrywighede, 'n strategie
| |
| |
waaroor sy idees tydens sy tronkverblyf geslyp is. Die positiewe aspekte daarvan beskryf hy só: ‘It is true that it is, as near as possible, a clean form of political activity, divested of the more mundane horse-traiding and compromising of everyday politics. There is a certain purity of thinking. There is often a heightened political consciousness because the awareness must be applicable to direct and nearly always immediate translation into action. There is therefor not the gap between theory and practice which so often is a debilitating aspect of political life’ (1984a: 67). Laasgenoemde was sekerlik één van die redes waarom Breytenbach self vroeër die keuse gemaak het vir aktiewe politieke optrede van klandestiene aard: hy kon immers nie ‘wettig’ deelneem aan die strategieë van versetpolitiek binne Suid-Afrika nie en deur só 'n keuse kon hy 'n brug slaan tussen ‘teorie’ en ‘praktyk’ én tussen ‘afstand’ en ‘betrokkenheid’.
Ander positiewe aspekte wat deur hom uitgesonder word, is die strawwe dissipline en intense lojaliteite wat so kenmerkend is van die gemeenskap van ondergrondse aktiviste. Verder versterk sulke bewegings selfvertroue; dit bevry deelnemers van onnodige aangroeisels wat gewoonlik verhoudings met ander mense dwarsboom; dit leer jou om logies te dink, maar om nie jou eie denke te vertrou nie; dit ontwikkel by jou 'n instink vir jou omgewing. Die ondergrondse werk van toegewyde groepe kan sekere areas van denke bevry wat dan weer as voorbeeld en aanmoediging kan dien vir die totstandkoming van ander, soortgelyke sones van vryheid; dit mag selfs toegewyde rewolusionêre smee. Bo en behalwe dit, impliseer die keuse vir sulke optrede gewoonlik dat 'n mens 'n bepaalde afstand daarstel tussen jouself en die tradisionele openlike politieke groeperinge in jou land - jy is dus minder gebind deur die nasionalistiese simptome wat binne hierdie groepe gemanifesteer mag word. Deur dié keuse beweeg jy buite die ‘familie’ van wettige of bogrondse politieke partye; grense word minder belangrik en jy kry 'n begrip van 'n stryd bo en verby grense, groeiende uit soortgelyke toestande in verskeie wêrelddele - 'n internasionalistiese bevrydingstryd gegrond op 'n klasse-analise (1984a: 67-76).
Breytenbach waarsku egter terselfdertyd dat hierdie positiewe waardes van ondergrondse politieke bedrywighede 'n romantisering daarvan kan blyk te wees. Hy bevraagteken dan ook bepaalde strategieë en uitgangspunte ten opsigte van die keuse vir en die aard van sulke bedrywighede:
Has it ever been successful, apart from, in some instances, making it possible for the clandestine activists to come to power? Does the need for such a type of action always correspond to a truly rigorous dissection of the conditions in the area you choose to operate in? Have all the other alternatives been exhausted?... True (in South Africa), all effective political opposition to the Nationalist government has been outlawed, and in answer to that the underground organisations have opted for armed struggle... But again - have we finally found it impossible to bring about change in any other way? Have we veritably thought through all the negative connotations and results of armed struggle, and the dangers to the political ideas, which we cherish, of underground work itself? Isn't it very often just a Boy Scout game? Adults carrying forward the excitement the child has when teasing fire or running round the garden for a game of hide-and-seek? Because it must be
| |
| |
underlined that we have seen over the years the abberations that clandestine activity gave rise to. We've seen... how such groups become a law unto themselves, so infatuated with their own analysis, so turned in upon themselves and so concerned when these analyses prove to be incorrect that the only way out seems to be even more vigorous forms of terrorism... (Also) the need for structuring when involved in underground activity... make of (it) a very undemocratic process and it constitutes a structure which can be a very manoeuverable vehicle for whoever happens to occupy the central nervepoint. Cells, colonies of gravedwellers, are so easily exploitable. (op.cit.: 71)
Behalwe die parallelle wat Breytenbach trek tussen ondergrondse militante selle en spioene (‘spieël en spieëlbeeld’) en vir die bewuswees van korrupsie binne sulke groeperinge (ibid.), is bostaande reflektering op ondergrondse politieke aktiwiteit belangrik omdat dit daarop dui dat Breytenbach nog hoop dat ander alternatiewe as dié van geweld bestaan om verandering in Suid-Afrika te weeg te bring, want ‘no cause can justify the destruction of life’ (op.cit.: 382.)
Eerstens het hy dit teen die gebruik van ‘“acceptable” violence’ soos ingespan deur die Suid-Afrikaanse regering en wat gelei het tot ‘the atmosphere of violence permanently impregnating the South African scene’: ‘The country is a police state... The physical presence of police or army units in camouflage outfits and armed to the teeth, patrolling the townships in their armoured vehicles (the real borders that need to be protected are within), or using dogs and whips to terrorize people - these have become everyday sights hardly commented upon’ (1984e: 173). Een moontlike toekoms-scenaria, die ‘most gruesome alternative’, is dan een van ‘blood and suffering, treachery and bestiality’ (1985a: 191).
Tweedens dink Breytenbach nie meer dat 'n ‘Jericho solution’ (‘the all-encompassing and purifying revolution inexplicably bringing down the fortified walls’) 'n realistiese alternatief bied nie (op.cit.: 192). Daar bestaan nie 'n ‘majority strategy for revolution’ nie (1985b: 136), maar daar is:
(A) depth to the despair and the bitterness and the resolution of the people (and an inner liberation too: a cultural awareness, a political tempering) that expresses itself in the willingness to die for the cause, in the burning of corpses, in the attempts to create autonomous power centres and germinal people's armies. The mourning, the strikes, the marching, the acrid smoke, the breakdown of white-imposed civic structures, the refusal to accept white ‘peace’ - these flash one clear signal: the point of no return has been reached. (ibid.)
Hy verwys daarna dat daar 'n ‘significant willingness’ bestaan ‘to drown the pestilential Apartheid in blood’ (1985c: 205). Tydens sy Rapportprys-toespraak waarsku hy: ‘Moenie maak dat Apartheid net nog in bloed gesmoor kan word nie’ (Rap., 13.4.86).
Die Suid-Afrika van vandag is 'n ‘land of death and regeneration - of death mentality, suicide mentality, border paranoia, revolutionary élan (1985a: 187).
| |
| |
Die uitbarstings van geweld is manifestasies van 'n ‘festering, low-level civil war’ (1984e: 176), van 'n ‘civil war (which) has already started’ (1985b: 136; ook Rap., 13.6.85).
Breytenbach vra homself af of sy visie vir Suid-Afrika apokalipties is:
It seems as if we are all waiting for the Apocalypse down there. I too am frustrated by the monolithic nature of the South African set-up, the fact that nothing seems to have any effect on the smooth surface of repression - at least not anything one may be able to do from here. But although you may not always realize it, some things have happened there. It may take years for an idea to come to fruition. (1983d: 105)
Hy glo dus dat daar stappe gedoen kan word om iets te dóén aan die situasie - 'n mens hoef nie terug te sit en te wag op die finale opgaan in vlamme nie. (In hierdie spesifieke opstel doen hy byvoorbeeld voorstelle aan die hand ten opsigte van wat die Hollandse PEN-tak kan doen om die bevrydingstryd te ondersteun.)
Teenoor die opsie van ‘'n Libanisering, 'n rasse-oorlog wat soos 'n onblusbare vuurwind deur die sub-kontinent gaan woed’ en ‘die afbreek van alle norme en die saai van draketande’, teenoor ‘vernietiging, bloedbad, anargie - en Libanon en Kambodja (wat) wink’ stel hy die ‘redelik geordende oorgang tot 'n demokratiese staat met meerderheidsregering’ (Rap., 16.4.86 en 27.4.86). As ‘program’ sal geld ‘geduldige, maar revolusionêre optimisme’, wat ‘'n dieper denke, 'n breër bewussyn, 'n fyner gewete, die ontplooiing van 'n weerstandsetos’ behels (Rap., 13.6.86). ‘Revolusie’ beteken dan vir hom ‘the transformation of a stultified and fear-frozen society to one of greater social justice’ (1985e: 209).
Oor die bestaan van 'n ‘tussengrond’ van waar dié redelik geordende transformasie gestuur kan word, het hy sy bedenkinge:
There has been an all but total collapse of the ‘middle ground’ where, with mutual goodwill, the future could have been talked into shape. (It is true that borderline contacts with the ANC have been established, but these are as yet too timid to start a process of discussion that would pull the parties into an interdependence and provoke a need to continue talks which in turn could create grounds for negotiation.) The black man no longer pleads for participation. In fact, the white state, as authority and promotor of change, is massively rejected. (1985b: 136)
Hy glo dat 'n politieke tussengrond - ‘not to be mistaken for state occupation, meaning centralized or “legitimized” control over society's essential digestive functions’ - net tot stand kon gekom het as daar teen dié tyd sê twee- of drieduisend blanke politieke gevangenes was, ‘because that fact would have denoted a significant pro-South African minority among the masters and the foremen’ (1985c: 204). Dit het egter nie gebeur nie: ‘And it is why the whites are irrelevant to the revolutionary process - apart from being a minority whose position will have to be accommodated beyond takeover’ (ibid.).
Dít beteken egter nie dat ‘ál die wittes ipso facto uitgeskakel is in die bevrydingstryd nie’ (Rap., 27.4.86). ‘Interne worsteling’ wat uitmond in ‘bevraagtekening’ en die ‘oop gesprek’ is egter nie bruikbare instrumente nie (1986c: 10 en Rap., 27.4.86). Wat heel eerste sal moet gebeur, is dat blankes wat
| |
| |
wil bydra tot die totstandkoming van 'n demokratiese staat ‘die bevrydingsideologie (sal) moet ontleed in al sy samestellende komponente, toepaslik gemaak vir die afsonderlike groepe en rasse’ (1983a: 9).
Breytenbach se eie besinning oor die kragte wat tans werksaam is in Suid-Afrika toon dat hy rekening hou met sowel die pragmatiese aanpassings van die staat self (wat volgens hom gerig is op die versterking van eie mag) en wit linkse opposisie (1984e: 169-177) as met die Stalinistiese neigings in die ANC (vergelyk 1984e: 327) en met die twee hoofstrome van verset - aan die een kant die voorstanders van die Freedom Charter wat 'n nie-rassige sosialistiese gemeenskap gepleit, en aan die ander kant die Swart Bewussynsbeweging wat 'n eksklusiewe swart nasionalisme voorstaan (1984e: 177-178). Al erken hy die ANC as die instansie wat die saak van die ‘people’ die beste verteenwoordig, staan hy ook krities teenoor sekere fasette van dié se bevrydingsideologie:
The African National Congress... will eventually rule the country. What's left of it. Judging from its practices in exile, internal to the organisation and towards other South African political groupings, its alliances and its ideological examples and commitments - it is conceivable that the present totalitarian State will be replaced by one which may be totalitarian in a different way, and intolerant of alternative revolutionary schools of thought, more hegemonous, but minus the racism. (1984a: 327)
Hy erken die bitter kloof tussen die twee hoofstrome van swart verset en aanvaar dat die stryd ‘more diversified, more complex’ sal word (1985a: 192). Vir hom word die stryd nou 'n proses, ‘that will continue way beyond liberation’ (1984e: 178); 'n proses en nie 'n ‘rigid goal or structure’ nie (1984a: 328).
Die blanke sal net as blanke deel kan hê aan hierdie ‘proses van stryd’. Die ‘werk binne eie omgewing’ kan verskillende vorme aanneem. Vir die ‘taalarbeiders’ is dit onder meer ‘'n verruimende bewussyn - eksistensieel én polities - en die realisering van sekere prinsiepe daaruit voortvloeiende, in die werksituasie asook in die affiliasies met ander’ (1983a: 9). Die linkse praktiese politieke werker moet ‘probeer help hervorm en verander met daardie werktuie, daardie strukture wat (hy) tot (sy) beskikking het’ (1985d: 48). Breytenbach sê hy twyfel nie ‘that there are means by which whites, in an organised way, within their professions, within their cultural groupings, within political groupings, can become effectively involved in the transformation process, but to do this they will have to realise that the necessary change is not going to be brought about by the government’ (Star, 26.6.86). (Die rol van die wit Afrikaner-skrywer word in hoofstuk 7 VII bespreek.)
Wat almal betrokke by die stryd moet beveg, is dogmatisme (1984a: 328) en oorvereenvoudiging (1983d: 100; 1985a: 187). En waarna gestreef moet word, is dialoog - volgens die beginsel van eerlike inagneming van verskille in agtergrond en vorme van verset - en die bevordering van verdraagsaamheid (1984a: 328). Hy meen dat die ‘werklike debat’ vandag al hoe meer in die kerke gevoer word; tot 'n mate in die vakbondbeweging, en miskien selfs tussen politieke partye (1985d: 47). Dit is egter nie oor die totstandkoming van 'n eenheidstaat waaroor
| |
| |
onderhandel moet word nie, maar oor die besonderhede daarvan: ‘Moet 'n mens die voorregte of die vrese van die minderhede verskans? Selfs die regstelsel kan miskien beter na gekyk word. Moet 'n mens dink in terme van een handves van menseregte vir alle Suid-Afrikaners? Dit is bygaande sake daardie’ (1985d: 48).
As hierdie oorsig van Breytenbach se ná-tronk-uitsprake saamgelees word met sy uitsprake daarvóór (uiteengesit in hoofstuk 4 III), is dit duidelik dat hy van die begin ‘radikaal’ was in dié sin dat hy nooit gedink het dat apartheid aangepas, mensliker gemaak of hervorm kan word nie. Hervorming - en hervormers - versterk volgens hom die status quo. Die sisteem sal fundamenteel omvergewerp moet word - verkieslik deur dié soort onderhandeling wat lei tot 'n eenheidstaat, want geweld behoort die heel laaste opsie te wees.
Daar word uiteenlopend gereageer op Breytenbach se ná-tronk-uitsprake oor die Suid-Afrikaanse staat en die vryheidstryd. 'n Nederlandse resensent meen, ná die lees van die Hollandse uitgawe van End papers, dat Breytenbach ná sy jare in die tronk nie minder radikaal as vroeër in sy verset teen apartheid is nie, maar wel meer bewus van sy eie teenstrydighede en ‘minder naïef en hoopvol’ oor die vryheidstryd (De Volkskrant, 21.3.86). Volgens die Amerikaanse filosoof Michael Walzer het Breytenbach in die tagtigerjare nie meer 'n duidelike ideologiese posisie nie, maar hy bly toegewyd aan die saak van swart politieke mag (1988: 32). Binnelands verskil intellektuele se resepsie van die ná-tronk-Breytenbach. Lazarus (1986: 180) vergelyk uitsprake uit dié periode met uitgangspunte in Seisoen in die paradys en besluit dat die pragmatieser instelling, kalmte en nuutgevonde volwassenheid van besinning daarop dui dat Breytenbach daarin geslaag het om die vroeëre sentimentaliserende imperatief in sy denke te transendeer: ‘Breytenbach has not relinquished his commitment to South Africa in the slightest... (although) he is unlikely ever again to express his commitment directly as a political actor... it is... as an intellectual... in the service of his community's freedom that Breytenbach will be remembered’ (op.cit.: 181-182). JM Coetzee (1985: 72) is van mening dat Breytenbach se uitsprake in Confessions bewys daarvoor is dat hy nie bloot ‘rebel’ binne Afrikanerkringe is nie, maar 'n ‘revolutionary, in will if not in deed. And he is no longer one of the family’. Jeremy Cronin (1985: 17), daarenteen, het probleme met Breytenbach se ‘skeptiese selfbelang’ en ‘kulturele reaksionisme’ (vergelyk hoofstuk 7 X). Reaksie vanuit Afrikanerkringe varieer na
gelang van ideologiese oriëntasie, soos
duidelik blyk uit die ontvangs van die Rapportprys-toespraak (hoofstuk 7 V) en die kritiek op sy uitsprake vanuit links ‘radikale’ geledere (hoofstuk 7 X).
| |
III
Breytenbach en die diskoers rondom Afrikanerskap
Waar Breytenbach hom in sy voor-tronkfase uit skuldgevoel in 'n ‘ons’-verhouding verbind het met die Afrikaners, deins hy ná sy vrylating terug van
| |
| |
Afrikanerskap. Teenoor Adriaan van Dis stel hy dit só kort na sy aankoms in Parys: Ek is nie meer 'n Afrikaner nie. En dit is nie so uit opstand of uit skaamte nie. Ek voel my net nie meer verbonde aan die konsep nie. Ek is hoogstens nog Suid-Afrikaans (NCR Handselsblad, 11.12.82). In een van sy eerste ‘Intussen, stroom-op...’-bydraes tot Rapport se kunsblad verwys hy na die begrip ‘Afrikaner’ as 'n omstrede definisie: ‘Ek is byvoorbeeld nie 'n Afrikaner nie al het ek by tye 'n witterige vel en al is my harttaal Afrikaans...’ (Rap., 13.3.83; vergelyk ook Rap., 24.7.83). Kort hierna herhaal hy in die openbaar sy distansiëring en, vir die eerste keer, ontken hy ook sy Suid-Afrikanerskap: ‘I do not consider myself an Afrikaner; the definition, whichever way you turn it, has a political interest with which I cannot identify. Even culturally I can't claim to be an Afrikaner. (I'm not particularly concerned about being a South African either, in fact, I'm just a bandiet!)’ (1983d: 102). Hy beskryf homself in hierdie stadium as 'n ‘non-black African exile’ (ibid. en CT., 12.4.83) of as ‘'n man sonder papiere’ wat weer vir hom 'n identiteit sal moet skep (1983a: 8-9).
As sy ‘ek-is-nie-meer-'n-Afrikaner-nie’-uitspraak saamgelees word met sy Confessions word dit duidelik dat sy wedervaringe gedurende die voorafgaande tien jaar Breytenbach daartoe gebring het om heelparty van sy gekoesterde beskouings en strewes te heroorweeg. Sy jare in die tronk het saamgeval met die Soweto-opstand, die hoogbloei van Swart Bewussyn en die dood van Steve Biko asook die opkoms van 'n nuwe, militante vakbondbeweging. Deur sy verwerping van Afrikanerskap reageer Breytenbach op hierdie ontwikkelinge. Die repudiëring word dus 'n aanduiding van die gevoel van futielheid wat hy ervaar ten opsigte van sy vroeëre ideaal, naamlik om hom te beywer vir die transformasie van die Afrikanergemeenskap. Vir Breytenbach het die Afrikaner 'n historiese anomalie geword:
It would seem as if history passed by the Afrikaners, the ultimate settlers from a previous and picaresque epoch. In the folds of darker and more pristine ages they live an archaic contradiction: they are a people with a mission, put there by God with a purpose; they cling to the belief of pre-destination - which accounts for their obstinacy and their fatalism - and yet reject utterly the notion of historical determinism. They are a White African tribe tragically defending a superannuated vision of Western civilisation, thereby dooming themselves and their values to extinction. (1985b: 135)
Ná hy in Desember 1983 'n Franse burger geword het, kwalifiseer Breytenbach die ontkenning van sy Suid-Afrikanerskap só: ‘(I see myself as) a Parisian maybe, or perhaps an African Parisian. But it's difficult to lose every scrap of your past. I have come to terms with the reality that South Africa will always be a sore area living somewhere inside myself for ever. I can't argue it away. I can't write it to death. I accept that it will always be there. I can do nothing about it’ (ST., 8.7.84). Hy aanvaar dat ‘that peculiar South African experience will always be there in my mind, colouring my way of life, colouring my perceptions’ (Star, 25.4.85; PN, 25.4.85). In 'n onderhoud met Van Zyl Slabbert erken hy dat daar 'n agtergrond, wortels, lewe en 'n geskiedenis is wat hy nie met 'n penneveeg ongedaan kan maak nie. Hy leef sy lewe ten volle uit in Parys,
| |
| |
as Franse burger, maar daar is tog 'n dimensie wat vir hom onmiddellik aanwesig bly: die hele Afrika-dimensie (1985d: 48). In die ‘selfportret’ wat hy skryf-skilder in 1986 definieer hy hierdie Afrika-dimensie as sy ‘right position and place’:
I realize that my expectations, my apprehensions, my instinctive recognition of the right position and place (read for this, if you wish, the unquestioned sense of security, of belonging), the means by which I experience space and rhythm and structure or the way of my relationship to the environment and to other people, my notion of breath and/or breathing space which flows from mountains and a cloud very high in the sea-coloured sky, that which reverberates as ‘blue’ in me if you were to utter the sign, as in blue like a coffin - that this substratum which constitutes the mechanism of my being was formed during the tender pre-rational years in Africa. I am an African. (1986f: 126)
Sy visie van Afrika is egter nie 'n geromantiseerde een nie:
I feel at one with Africa, with the African peoples, with the resilience and the absurdity and the fragility and the poverty and the decadence and the inadaptability and the garishness of her cultures. With the swaggering dictator twirling his fly-whisk, the strutting murder-man toting his weapon, the gun-on-hip soldier, the poacher, the goatherd, the marabout, the beggar all heel and elbow. Africa humiliated. Africa in exile. Africa with rotten and greedy rulers, and beggar economies. (1985c: 209)
Het sy sewe jaar verblyf in ‘Niemandsland’ hom heeltemal skoongebrand van alle verbondenheid met die Afrikaner en Suid-Afrika? Hy self sê: ja én nee - ‘It is true that I experience a profound revulsion, shot through with pity, when I think of the Afrikaners, when I even hear Afrikaans! (The pity comes from seeing them foundering apathetically in the mire of their own making - a compassion one senses, for different reasons, for other population groups also. But disgust and pity remain debilitating sentiments.)’ (1985e: 208).
Hy dra nou nie meer gewillig saam aan die skande van sy eie mense nie - hy is gegrief oor hierdie saamdra; uit promosietoesprake vir Confessions blyk dit dat hy glo dat die jare in die tronk hom van die skuld gelouter het. Belangriker nog, hy repudieer alle skuld-bewuste politiek: ‘Guilt and all wishy-washy or breast-beating sentimentalism engendered by guilt - these are out. Leave that to the judges and the preachers...’ (1984a: 328). Maar sy vrykom van skuld en sentiment maak egter nie 'n gedistansieerde en objektiewe kritikus van Breytenbach nie (soos aangedui deur Walzer, 1988: 33-34).
Sy verbondenheid met die land het komplekser geword, ‘my rooting more painful, my involvement deeper, my concern more acute’ (1985e: 208). As fasette van hierdie verskerpte verbintenis sonder hy uit: sy herinnering aan die landskap wat die grondstof van sy wese vorm en die verbondenheid met ál die mense van die land:
But more than the land I have a sense of closeness with the people. Not an exclusive sentiment: I feel I can identify from within with all the poor bastards of that ravaged country - the cocky but obtuse white peasant boy, the insufferable captain
| |
| |
of industry brimming over with charitable comprehension, the snooty city Jew, the tattooed Brown skollie or the prissy coloured intellectual, the Indian coolie or the silly chap in business, the low-profiled Chinaman, the Black tsotsi or the African migrant labourer. Prison has destroyed the barriers and broken the stays. More than any of these I feel an association with the human forces battling for betterment, projecting revolution... (1985e: 208)
In sy toespraak tydens die Rapportprys se oorhandigingseremonie voer Breytenbach aan dat die woorde ‘Afrikaner’ en ‘Boer’ in die buitewêreld én in die land ‘sinoniem geword het met geestelike agterlikheid, etiese verval, wreedheid, mens-ontering, gewapende bobbejaanbendes, die brandmerk van brutale geweld’. Hy self kan hom egter nie volkome losmaak van die Afrikaner in hom nie, en sleep hom soos ‘'n donker boetie’ oral met hom saam. Hy formuleer die rede waarom hy teruggekom het in terme van sy verbondenheid met 'n kontinent en 'n land: ‘Ek het gekom omdat ek my onherroepelik verbind het tot Afrika, omdat ek my vereenselwig met die stryd om bevryding van die Suid-Afrikaners’ (Rap., 13.4.86).
In die konteks van die tagtigerjare is Breytenbach nie meer ‘volkskritikus’ uit skuld en sentiment soos hy dit in 1973 was nie. Hy is kompromisloos toegewy aan die saak van swart politieke mag en meerderheidsregering en erken, soos reeds aangetoon, die ANC as die massa-organisasie wat dié saak die beste verteenwoordig (1984a: 327). Maar selfs as radikale teenstander van apartheid bly hy by die Afrikaner betrokke - en wel in die rol van ‘bewusmaker’ of ‘gewete’ (soos uiteengesit word in hoofstuk 7 VII).
Al voel Breytenbach dat blankes waarskynlik irrelevant geraak het vir die bevrydings- of rewolusionêre proses (soos uiteengesit in hoofstuk 7 II), is hy vasbeslote om op eie terme betrokke te bly by die lot van die blanke Suid-Afrikaner en die Afrikaner spesifiek. Een rede hiervoor is omdat hy glo dat die problematiek van Suid-Afrika 'n impak en 'n omvang het wat wyer as die land self strek: ‘Die soort van oplossing, die gehalte van ons stryd, die gehalte van ons voortbeweeg na daardie oplossing toe, gaan maak dat ons 'n bydrae kan lewer tot die geskiedenis van die hele mensdom’ (1985d: 48). En die Afrikaner hét 'n rol te speel:
Om Afrikaner te wees is nog lank nie somaar of dáárom 'n diskwalifikasie nie. Waarom sou ek anders my hart hier staan en uitpraat? Ek verwerp met al my oortuiging die fatalistiese voortbestemmingsteorie wat van ons eers moordenaars en dan selfmoordenaars maak. Hierdie land se ménse, ál sy mense, gaan - al is dit ook hoe pynlik - die werklikheid omskep. Deur die ekonomie, die politiek te bedryf met 'n verantwoordelikheidsin, sosiale praktyke, kulturele skepping... Die Afrikaner het 'n wonderlike bydrae om te lewer, oplaas tot voordeel van al die Suid-Afrikaners. Maar die tyd is nou... (Rap. 13.4.86; vergelyk ook 1986c: 12).
Die reaksie (uiteengesit in hoofstuk 7 IV, V en X) op Breytenbach se jongste uitsprake (onder meer oor die Afrikanerbeeld in die oë van die wêreld en die rol wat die Afrikaner kan speel in die bevrydingstryd toon die verskuiwing wat daar in die profiel van Afrikanerskap plaasgevind het sedert die sewentigerjare toe
| |
| |
‘verkramp’ en ‘verlig’ die ideologiese spektrum gedek het (met uitsondering van die paar ‘radikales’ van wie albei hierdie groeperings hulle gedistansieer het).
Die stereotipe (en dikwels geromantiseerde) siening van ‘die Afrikaner’ (soos onder andere uitgespel deur Du Preez, 1983 en Brink, 1988) is nie meer van toepassing in die tagtigerjare nie. Onder Afrikaner-intellektuele en progressiewe jong Afrikaners het ander definieses van Afrikanerskap ontwikkel. Onder die ‘respektabele linkse’ Afrikaners tel byvoorbeeld die hervormingsgesinde ‘Vierde Mag’ van die Demokratiese Party - Afrikaners wat tradisioneel die Nasionale Party ondersteun het, maar nou daarmee gebreek het, asook dié wat nog steeds verbonde is aan die party, maar oortuig is dat die NP nie kan deurbreek na ware hervorming nie (kyk hoofstuk 1 I en II). Hierdie Afrikaners beywer hulle vir 'n nie-rassige demokrasie, erkenning van menseregte, algemene stemreg, vrye assosiasie en 'n onafhanklike regbank (dinge waaroor Breytenbach hom al sedert die sestigerjare uitspreek) met dien verstande dat wet, orde en veiligheid asook die beskerming van groepsregte nie in die gedrang kom nie (Mischke, 1989). Hierdie Afrikaner-‘liberaliste’ is bereid om vanweë pragmatiese oorweginge ‘Afrikanerskap te reduseer tot 'n minderheidsmanifestasie van 'n algemene Suid-Afrikanerskap’ maar kies nog vir ‘die magspolitiek van die parlement’ - dit wil sê téén protespolitiek, vír posisionering in die ‘sisteem’ en nie in die ‘stryd’ nie (Willem de Klerk, 1989: 29-30). Afrikanerverset uit dié oorde behels dus nie die soort vereenselwiging met die ‘stryd’ wat Breytenbach voorstaan nie (kyk hoofstuk 7 II). Vanuit regse kringe word egter afwysend gereageer op dié ‘radikale’ geluide wat nou nie van ‘ontstamdes soos Breytenbach en Brink’ kom nie, maar van ‘persone uit die Afrikanerestablishment’ (Afr., 7.11.84).
'n Verskeidenheid van andersdenkende Afrikaners word vandag saamgehark onder die sambreelterm ‘Alternatiewe Afrikaners’ (vergelyk De Kat, Jun. 1988). Highveld Style-joernalis Hilary Prendini Toffoli definieer dié term vaagweg as ‘Afrikaners who go against the stereotyped mainstream’ (1989: 38). Hulle kon só ver weggedryf het dat hulle verengelsde Afrikaners geword het. Of hulle kon so intens betrokke gebly het dat hulle as ‘Afrikaner-patriotte’ beskou kan word - ‘like Breytenbach en Beyers Naudé, willing to sacrifice themselves for the volk and its future, even though they've been ostracised for breaking away’ (ibid.). Hierby word dramaturge soos Ryk Hattingh en Reza de Wet gevoeg wie se werk ‘die kritiese en meedoënlose ondersoek van die wese van die Afrikaner’ behels (DSA., Aug. 1988). Die ‘Boere Rock’-musikante Johannes Kerkorrel, die Gereformeerde Blues Band en André Letoit, wat intens bewus is van die ‘“issues” van die dag’ (Insig, Apr. 1988), vul die lys aan (vergelyk VW. 14.4.89); Letoit byvoorbeeld sien homself as 'n ‘Afrikaffer... (a person) trying to learn to be (a) South African’ (WM., 27.1-2.2.89). En ‘Alternatiewe Afrikaanse’ skrywers publiseer by Taurus en in Stet (Toffoli, 1989) - soos Breytenbach ook doen.
Hierdie Afrikaners het selfs hulle eie koerant, die Vrye Weekblad, al ontken redakteur Max du Preex dat dit 'n ‘alternatiewe’ publikasie is (Louw, 1989: 20). In die eerste uitgawe berig die redakteur dat die koerant ‘geheel en al
| |
| |
onverbonde’ is en geen bande of spesiale lojaliteite het teenoor enige politieke party of belangegroep nie. Die riglyne waarvolgens hulle beriggewing gerig word, is die volgende: ‘Ons glo in 'n oop, nie-rassige demokrasie; die soewereiniteit van die reg; basiese menseregte soos vryheid van spraak en assosiasie; die verwerping van alle vorme van geweld; vrye onderneming sonder uitbuiting; onderhandeling; versoening en nasionale eenheid; en verantwoordelike, effektiewe en skoon regering op alle vlakke’. Die koerant glo in 'n ‘vreedsame, regverdige en aanvaarbare oplossing vir die land se probleme’ - en (soos Breytenbach) dat die Afrikaanssprekende 'n belangrike rol het om te speel op die pad daarheen en in 'n nuwe Suid-Afrika ná apartheid. Dit is ‘onbeskaamd Afrikaans’ en sien geen konflik tussen ‘volwaardig Afrikaans wees en gekant wees teen wit oorheersing nie’. Vrye Weekblad is nie ‘liberalisties’ nie, maar ‘Suid-Afrikaans nasionalisties’ (VW., 4.11.88). Teenoor Chris Louw van Die Suid-Afrikaan (self 'n ‘onafhanklike’ blad) stel Du Preez dit dat die klem in sy koerant van op ‘nasionale versoening’, maar hy wil ook ‘die beweging wat daar die laaste jare in Afrikanerdom is weg van Afrikaner Christelike Nasionalisme en weg van isolasie en rasseskeiding, verder stimuleer’. Die koerant ‘wil help om 'n tuiste te skep vir mense wat wil wegbreek van die apartheidlaer af. Vir mense soos Beyers Naudé en Breyten Breytenbach, wat vroeër weggebreek het, was dit baie moeilik gewees. Dit word al makliker. Ons wil dit nóg makliker maak. Ons wil dit aanvaarbaar maak om links van die regering te staan’ (Du Preez in Louw, 1989: 20).
Breytenbach het hom tot 1988 nie uitgelaat oor die nuwe ‘alternatiewe’ Afrikaner-joernalistiek en ‘aanvaarbare’ alternatiewe Afrikanerskap nie. As 'n mens ná-tronk-uitsprake van hom oor die rol van die Afrikaner-intellektueel (kyk hoofstuk 7 VII) in ag neem, sou verskillende reaksies moontlik wees. Sou hy onlangse ontwikkelinge dalk interpreteer as pogings om ‘saam te werk aan die nodige transformasie na 'n demokratiese staat’ (soos hy tydens die Rapportprys-toespraak bepleit) en as 'n bydrae wat die Afrikaner-intellektueel binne eie kring lewer tot die verandering van gevoelens binne die blanke gemeenskap? Of sou hy dit in die lig van sy kritiek teen die versigtige en oneffektiewe ‘betrokkenheid’ van wit intellektuele (kyk hoofstuk 7 X) sien as net nog 'n maneuver om soepelheid aan die onhervormbare sisteem te verleen?
Die sogenaamde alternatiewe Afrikaanse ‘scene’ word immers reeds vanuit progressiewe kringe self bevraagteken. Steenkamp en Massyn (1988: 2-3) wys byvoorbeeld daarop dat die bestel probeer om die opkoms van 'n progressiewe opsionele diskoers te verhinder onder meer deur die onderskepping daarvan deurdat die heersende orde die ontwikkeling daarvan as 'n gemarginaliseerde subkultuur aanvaar en self aanmoedig. ‘Alternatiewes’ word toegelaat om gesprekke te voer ‘wat net die intellektuele (Europees-georiënteerde) room van die volk kan verstaan’. 'n ‘Geakademiseerde’, klein pretensieuse cocktailparty-atmosfeer heers in dié kringe wat tot die skepping van 'n nuwe verligte establishment bydra wat op die lang duur 'n reaksionêre rol moet speel.
Ook Gerrit Olivier reageer teen die ‘heroïese’ beeld wat van ‘alternatiewe Afrikaners’ voorgehou word in die ‘yuppie’-media. Hy wys daarop dat ‘byna
| |
| |
alle selfrespekterende lede van die (Afrikaner-)groep deesdae alternatief wil doen’:
Waar stedelike Afrikaners vandag byeenkom, word apartheid deur die bank verdoem... Maar die volgende dag gly die land nog 'n entjie verder in die rigting van 'n korrupte tirannie. En ontstaan die vraag: kan die sogenaamde Alternatiewe Afrikaner tot meer in staat geag word as 'n periodieke uitbarstinkie teen die heersende magte?... Ons is in ons selfvertroetelde alternatiwiteit vasgevang... En die Alternatiewe Afrikaner... is 'n wilde groeisel aan dieselfde loot (as ‘die Afrikaner’). (VW., 3.2.89)
Die Afrikaner kán homself volgens Olivier nie vernuwe nie; slegs ‘in samewerking of vereenselwiging met ander mense’ kan die Afrikaner uitkom by 'n ware ‘alternatief’: iets nuuts wat die voorafgaande uitsluit en oorbodig maak (ibid.). Gesien in die lig van Breytenbach se konsekwente verwerping van ‘hervorming’, sou 'n mens kon aflei dat hy met laasgenoemde stelling van Olivier akkoord sou kon gaan.
In 'n era waarin ‘alternatiewe’ Afrikanerskap vinnig besig is om die ‘aanvaarbare’ (‘verantwoordelike’) norm te word, word daar anders gekyk na Breytenbach se ‘Afrikaner-verraad’ (vergelyk uitsprake tydens sy verhoor in hoofstuk 6 II). Breytenbach word wel nie 'n ‘patriot’ genoem soos in die liberale Engelse pers nie (Toffoli, 1989), maar jong, progressiewe Afrikanerdenkers, soos die historikus Albert Grundlingh (1985: 33-34), bring nuwe gesigspunte in die debat rondom ‘verraad’. Met verwysing na 'n uitspraak van eerste minister Vorster (aangehaal in Breytenbach, 1984a: 283) dui Grundlingh aan dat Breytenbach vir Vorster 'n verraaier is omdat hy die land onder valse voorwendsels binnegekom het en van plan was om die oogmerke van ‘ondermynende’ versetbewegings teen die bestaande bestel te bevorder. Sy broer, Jan Breytenbach, daarenteen was as lid van die ‘recce’-kommando, die snypunt van die Suid-Afrikaanse Weermag, 'n held. En dit terwyl die weermag, volgens Grundlingh, ‘intiem gemoeid is met die behoud van die status quo in die land’.
Volgens Grundlingh is verraad 'n komplekse aangeleentheid wat ‘binne die bepaalde historiese konteks beoordeel moet word’ omdat ‘die mate van legitimiteit wat die heersersklas oor 'n breë front op formele sowel as informele vlak by die totale bevolking geniet’ van deurslaggewende aard is (ibid.). Toegepas op die hedendaagse Suid-Afrikaanse situasie is die argumente soos volg. Aan die een kant is daar dié wat reken dat daar met reg gevra kan word of die huidige Suid-Afrikaanse regering soveel steun van die oorgrote meerderheid bevolking in Suid-Afrika geniet dat dit enigsins op formele of informele legitimiteit kan aanspraak maak; strukturele geweld deur die regering dra volgens hierdie waarnemers daartoe by om 'n legitimiteitskrisis vir die staat te skep. Historici in hierdie kategorie redeneer dat daar onder geen omstandighede sprake van 'n legitieme dominante blanke regering in Suid-Afrika kan wees nie, aangesien sy gesag bloot sou berus op die aanpassings en modifikasies van historiese koloniale kapitalistiese strukture waardeur swartes struktureel tot ondergeskiktheid in hulle eie land gedoem is. (Een van die redes waarom Breyten Breytenbach hom teen die regering verset het, was juis - soos in hierdie
| |
| |
kringe geredeneer word - omdat hy voel die staat nie naastenby verteenwoordigend van die bevolking is nie en daarom nie aanspraak kan maak op legitimiteit nie.) Aan die ander kant is daar die waarnemers wat vanuit 'n eng en kliniese regsoogpunt aanvoer dat die Suid-Afrikaanse regering binne die huidige situasie die gevestigde, en derhalwe wettige heerser is, wat meebring dat ondermyning van die staat gelykstaande is aan verraad.
Perspektiewe soos hierdie beklemtoon ‘die komplekse korrelasie tussen legitimiteit en verraad, asook die vae skeidslyn tussen aanvaarbare en onaanvaarbare verset’ (ibid.). Na aanleiding hiervan vra Grundlingh: ‘Kan Breytenbach, en andere soos hy, werklik as verraaiers beskou word omdat hulle die politieke wette van 'n staat met twyfelagtige breë legitimiteit oortree het? Kan ons die verset van die bittereinders teen (legitieme) Britse oorheersing as geregverdig beskou, maar die verset van swartes teen blanke oorheersing en apartheid verdoem? Is Breytenbach ook 'n verraaier in die oë van die oorgrote meerderheid van die Suid-Afrikaanse bevolking?’ (ibid.)
In konserwatiewe Afrikanerkringe word Breytenbach nog steeds as 'n verraaier beskou - ná sy Rapportprys-toespraak word hy 'n ‘joiner’ genoem (vergelyk hoofstuk 7 V). In linkse geledere word hy weer soms verdink van die teenoorgestelde, naamlik dat hy gekoöpteer is of die status quo versterk (soos uiteengesit in hoofstuk 7 X).
| |
IV
Breytenbach en die diskoers rondom Afrikaans
Ná sy vrylating word dit duidelik dat Breytenbach van sy vroeëre beskouings en aspirasies ten opsigte van die Afrikaanse taal en kultuur (soos uiteengesit in hoofstuk 5 I) gewysig het. Waar hy in 1973 nog die hoop gehad het dat Afrikaans verruim of getransformeer kon word, verwerp hy in die vroeë tagtigerjare so 'n ideaal as irrelevant. In 'n onderhoud met Adriaan van Dis van NCR Handelsblad (11.12.82) sê hy dat hy tien jaar tevore geglo het dat daar nog hoop vir Afrikaans kon wees indien dit ook in die verset(-beweging) gepraat word. Maar dit is reeds te laat - dit is 'n miskenning van die werklikheid en veral 'n vernedering vir swart en bruin wat dit nie meer wil hê nie. Hy beskou die pogings om Afrikaans vir swartes aanvaarbaar te maak as pateties. Afrikaans sal waarskynlik nog net 'n rol speel as oorblyfsel in stad-‘slang’: ‘Maar Afrikaans as jongste prins van die Germaanse familie - die prins is vergiftig. Wat oorbly is 'n taal vir grafskrifte.’ (Ampie Coetzee ‘nuanseer’ hierdie uitspraak, onder meer in Vo., 22.4.83.)
In 'n lesing gehou voor die Hollandse tak van PEN, kort ná sy vrylating, distansieer Breytenbach hom van die lot van Afrikaans - dit gaan hom nie aan of die taal bly voortbestaan of verdwyn of verander nie, want dit is 'n ‘besmette
| |
| |
taal’ ten spyte daarvan dat dit 'n bewuswordings- en uitingsmiddel van verbysterende skoonheid is - ‘But people will sing in whatever language they happen to dip their tongues into’ (1983d: 102).
Breytenbach wil hom nou nie meer, soos wat hy vroeër gedoen het, beywer vir die transformasie van die Afrikanergemeenskap en dus van die Afrikaanse taal nie:
In its present sociological context and political impact Afrikaans bears the stigma of being identified with the policeman, the warder, the judge and the White politician. Afrikaans is the language of oppression and of humiliation, of the boer. Official Afrikaans is the tool of the racist. That is why the majority of South Africans mock and nearly instinctively reject the Taal. (1984a: 321)
Selfs die uiterste katastrofe, die potensiële verlies van Afrikaans en die uitwissing van die Afrikanerkultuur, word nou in pragmatieser terme bekyk as vroeër:
To me it is of little importance whether the language dies of shame or is preserved and strengthened by its potentially revolutionary impact. Of course it would be a loss if it were to die: a language is a living organism, not just a reflection of life, but also a precurser and a crucible thereof. (op.cit.: 322)
Al sou die dood van die taal 'n verlies wees, stem hy nie saam met die strategieë wat ingespan word om Afrikaans te verskans nie:
But I most certainly do not agree with the need to wage a struggle for the survival or the imposition of Afrikaans. Those who do so are, to my mind, objectively strengthening the ideology of the White rulers. They justify their power monopoly (and the accompanying oppression of others) in terms of their so separate and so specific cultural identity - which can first of all be indicated only by Afrikaans. (ibid.)
In 'n later stadium kom Breytenbach egter weer met argumente wat 'n rol toeken aan Afrikaans. Hy voer dan aan dat dit nie nódig is om Afrikaans te verskans nie: ‘Hy sal bly voortbestaan juis omdat dit nie die alleenbesit van die wit establishment is nie, maar ook omdat ons daarin gaan slaag - ek is oortuig daarvan - om alternatiewe inhoud aan die taal te gee, en ook ander ideë van belang vir die Suid-Afrikaanse toekoms daarmee te verwoord’ (1985d: 47). Hy skryf dus nie die potensiële krag van die taal finaal af nie, maar stel die taal ondergeskik aan én in diens van die bevrydingstryd. Afrikaans is immers ‘een van die belangrike komponente van 'n Suid-Afrikaanse kulturele identiteit’ (ibid.); hierdie ‘lieflike bastertaal... kan 'n belangrike rol speel... (in die)... transformasie na 'n demokratiese staat’ indien dit bydra tot die ‘dieper denke, 'n breër bewussyn, 'n fyner gewete, die ontplooiing van 'n weerstands-etos’ waarvoor hy hom beywer (Rap., 13.4.86). Die Afrikaans waarvoor Breytenbach nog hoop het, is egter nie establishment-Afrikaans nie: ‘Ai, hoe verpes ek daardie deftige Mercedes- of Fakulteits- of Burokratiese of Germaanserige Aférikhans met sy korsette en tanglippe en Akkademies en Hoofkantore! Gee
| |
| |
my die lekker stink bokkem-en-biltong bruin taal, proletêr en méns!’ (1987: 117).
In die tagtigerjare is daar uiteenlopende gevoelens onder Afrikanerintellektuele oor Breytenbach se uitsprake oor Afrikaans. Aan die een kant is daar Afrikaanse letterkundiges wat dit teen Breytenbach hou dat hy een van die skeppende woordmense is wat nie die ‘private ache oor volk en taal’ deel nie en wat nie ontstemd is oor die ‘potensiële ondergang van die Afrikaner en sy taal’ nie. Met verwysing na uitsprake deur hom (in sy poësie en in openbare toesprake) besluit Réna Pretorius: ‘Geen redelike en denkende mens kan hierdie beledigende, onbeheerste, onwetenskaplike uitsprake ernstig opneem nie!’ Vir haar het sy ‘doemprofesie’ oor die taal egter misgeloop (1984: 62).
Aan die ander kant word Breytenbach se strategieë, daterend uit die jare vóór sy tronkstraf, vandag aan uiteenlopende fronte voorgestaan. Sy siening dat Afrikaans hoop het op voortbestaan indien dit ook in die versetbeweging gepraat word, word tans gedeel deur die meeste Afrikaanse skrywers (soos hy self daarop wys in NRC Handelsblad, 11.12.82). JC Steyn, vader van die ‘Derde Taalbeweging’ loof, uit hoofde van sy pleidooi vir die ‘behoud en bestaan’ van Afrikaans, Breytenbach vir sy ‘bevryding’ van Afrikaans (1980: 281-282). Selfs die Nasionale Party ‘kondoneer’ Breytenbach. FW de Klerk, in 1986 minister van nasionale opvoeding en later hoofleier van die Nasionale Party, verwoord die strategie van ‘hervormingsgesindes’ van die Nuwe Bedeling só: ‘Afrikaans is nie net die taal van die blanke nie, maar verbreed die horisonne van almal wat die taal ken... Die Afrikaanse taal is nie die taal van moedeloosheid of verstarring nie, maar 'n taal van vooruitgang... Dit is ook die taal van 'n Breyten Breytenbach en van die gewese leier van die opposisie, dr. Van Zyl Slabbert...’ (Bu., 11.2.86). ‘Ontnugterde verligtes’, soos Degenaar (1987: 205-209), Willem de Klerk (De Kat, Feb. 1988) en Pakendorf (De Kat, Apr. 1988), betrek Breytenbach se (vroeë) uitsprake oor Afrikaans by hul voorgestelde strategieë vir die bevryding van die taal van die stigma wat daaraan kleef. Breytenbach se omstrede argumente uit die sestiger- en sewentigerjare word dus nou onderskryf en ingespan deur beleidmakers en meningsvormers. Maar ook van links word 'n houding teenoor die taal weerspieël wat kan lyk soos 'n antwoord op Breytenbach se oproep tot die redding van Afrikaans: ‘As Afrikaans die taal van arm, gedomineerde mense is, is dit ook die taal van mense in stryd.
Afrikaans is inderdaad die taal waarmee ons
ons in 'n sosiale, politieke en ekonomiese stryd oproep... Ek skryf in Afrikaans. Ek stry in Afrikaans’ (Willemse, 1985: 228, 229). Dit wil dus lyk of die samelewing sedert die 1973-Somerskool wel só verander het dat daar ruimte gekom het vir Breytenbach se soort ‘afwykende denke’ (vergelyk Degenaar se pleidooi in hoofstuk 5 III).
Dit beteken egter nie dat Afrikaans in die konteks van tagtig ‘gedepolitiseer’ is nie. Afrikaanssprekendes wat deelneem aan die ideologies-verankerde diskoers rondom Afrikaans maak, op grond van die strategieë wat hulle voorstaan, deel uit van algemene politieke groeperinge:
| |
| |
Die ver-regses wil Afrikaans 'n nuwe simbool van ‘witmanskap’ in Suid-Afrika maak (vergelyk Stofberg in TC., 11.2.86).
Die verligtes binne die sogenaamde ‘Derde taalbeweging’-groepering, wie se grootste stimulus kom van die hervormingsbeweging, se taalstrategieë en ‘oopstellingsaksies’ ten opsigte van Afrikaner-kultuurliggame is gerig op ‘regstelling’ met die oog op die voortbestaan en bewaring van die Afrikaanse taal en kultuur. Theo du Plessis (1987: 110-113) onderskei drie temas by hervormingsgesinde taalkundiges soos JGH Combrinck, FF Odendal, MCJ van Rensburg, HGW du Plessis, JH Senekal en KP Prinsloo (vergelyk hulle bydraes tot Prinsloo en Van Rensburg, 1984 en Du Plessis en Du Plessis, 1987): Afrikaans is 'n taal van Afrika vir Afrika; Afrikaans is nie die eksklusiewe besit van die Afrikaner nie, en Afrikaans is nie 'n taal van verstardheid nie. Al drie hierdie temas, wat ook sedert die sewentigerjare herhaaldelik beklemtoon word in die grondwet en referate van die Afrikaanse Skrywersgilde (vergelyk Malan en Smit, 1985) toon raakpunte met (vroeë) uitsprake van Breytenbach.
Segsmanne vir die (Kaapse) beweging vir ‘Alternatiewe Afrikaans’ ‘herideologiseer’ Afrikaans (Insig, Apr. 1988) en span dit doelbewus in vir doelwitte wat anti- (wit)-establishment en anti-Afrikanersentries is en ingaan téén die Afrikaner se kultuurhegemonie. Dié ‘beweging’ kan nie losgemaak word van die konteks van die swart bevrydingstryd in die breë nie (Willemse, Va., 1.10.84; Van der Ross, 1986: 335 en 358; Gerwel, 1984: 4). Terwyl iemand soos André P Brink se politieke bona fides nog nie oral in hierdie kringe aanvaar word nie ‘omdat hy binne 'n literêre konteks wat deur die establishment beheer word, bly beweeg’, is Breytenbach die enigste wit skrywer wat volgens sommige aktiviste aanvaarbaarheid in dié progressiewe beweging het. Dit is so ‘omdat hy eerlik afstand gedoen het van Afrikaans as 'n Afrikaner-ding, en die moontlikhede van die taal binne 'n revolusionêre opset insien’ (Willemse in Louw, 1988: 21). Met sy besoek aan die Universiteit van Wes-Kaap, die spilpunt van die Alternatiewe Beweging, in 1986 het Breytenbach gevoel hy is ‘weer tuis tussen sy mense’ (Rap., 27.4.86); hier immers is ‘tasbare bewyse gelewer van die rigting van die Suid-Afrikaanse stryd’ (Rap., 20.4.86).
Dit is ironies dat die Kaapse Beweging wat (Kaapse) Afrikaans wil bevry van sy beeld van verdruktheid establishment-Afrikaans versterk. Dit is nie net die Afrikaanse pers wat so dink nie (byvoorbeeld Vo., 5.6.85), maar ook meningsvormers binne die Afrikaanse literêre bestel. Die verskyning van digbundels soos Hein Willemse se Angsland (1981), Frank Anthony se robbeneiland my kruis my huis (1983), Patrick Petersen se Amandla ngawethu (1986), asook gedigte van Achmat Dangor, Modikwe Dikobe en ander skrywers in ‘little magazines’ en bundels, verteenwoordig vir Jan Rabie (Bu., 29 en 30.7.83) en André P Brink (Bu., 27.10.83) 'n ‘nuwe groeipunt’ in Afrikaans. Brink sien dit as ‘een van die min waarborge vir oorlewing van Afrikaans’, want waar Afrikaans die laaste paar jaar ‘verwerp is as 'n rassistiese taal, word dit nou ontgin as die taal van rewolusie’. Die beweging om ‘Alternatiewe Afrikaans’ het egter al verder uitgekring as die bedrywighede van ‘bruin’ skrywers; heelparty blankes is vandag segsmanne vir ‘Alternatiewe Afrikaans’ en die ‘bevryding’ van die taal (soos tydens die ‘Taal in die stryd’-konferensie van April 1989).
| |
| |
Beoordeel vanuit linkse perspektief is daar die moontlikheid dat die Kaapse Beweging ‘gekoöpteer’ kan word. En van die kant van die Beweging self is daar skuiwe wat geïnterpreteer word as òf toegewing aan die ‘system’ en die establishment òf as 'n strategie van slim gebruikmaking van bestaande strukture en kanale in 'n tyd dat alternatiewe uitlewingskanale al doeltreffender onderdruk is. In 'n stadium kom daar selfs waarskuwings van segsmanne binne die beweging vir ‘Alternatiewe Afrikaans’. Hein Willemse heg, in politieke konteks, meer waarde aan die relevansie van ‘werkersafrikaans’ as aan die pogings van òf die blanke skrywers (en taalkundiges) òf die eksperimente in ‘alternatiewe’ Afrikaans. (Een van die min voorbeelde van politieke interaksie in die gemeenskap deur medium van ‘werkersafrikaans’ is die Oudtshoornse koerant Saamstaan.) Willemse het sy bedenkinge omdat ‘die mense wat (met “Alternatiewe Afrikaans”) doenig is, nie 'n duidelik genoeg politieke program of historiese bewustheid (het) nie... hulle loop daarmee die gevaar om bloot deel van 'n bestaande literêre tradisie te word en sodoende subtiel deur die establishment “gekaap” te word’ (aangehaal in Louw, 1988: 21).
Soos aangedui is, word argumente wat Breytenbach in die sestiger- en sewentigerjare ter redding van Afrikaans aangevoer het, in die tagtigerjare deel van die Afrikaner-establishment se hervormingsaksies. Die bedenkinge wat Breytenbach oor hierdie hervormingstrategieë het, is ook deur ander waarnemers geopper. Ironies genoeg het Jakes Gerwel sý kritiek tydens Gildebyeenkomste uitgespreek. In 1976 reeds wonder hy of ‘hierdie gemoeidheid met Afrikaans nie 'n stukkie reaksionêre sektarisme is wat strydig is met die progressiewe magte van Afrika nie?’ (1976: 42). In 1982 voer hy aan dat die enge eksklusiwiteit waarop die politiek van weleer gebou is, uitgedien en onfunksioneel raak en dat die diskoers om die de-eksklusivering van Afrikaans in diens staan van die soeke na alliansies met die bruinman (1982: 193). Hy vereenselwig hom met Breytenbach se sienings oor Afrikaans in Confessions (Va., 2.7.84) en noem pogings tot de-eksklusivering en oopstelling ‘koöptering’ (Bu., 3.7.85).
Onder wit Afrikanerskrywers is daar ook, reeds sedert die laat sewentigerjare, tekens van onrus oor hervormingstrategieë ten opsigte van Afrikaans. John Miles (1979: 100) vind 'n ‘groot gedeelte van die besorgdheid oor “ons pêrel van groot waarde” niks anders as 'n sentimentele gesanik na 'n vervloë “paradys” nie’. Ampie Coetzee, wie se (literatuur)opvatting(s) 'n verskuiwing ondergaan het ná die Breytenbachverhore en die polemiek rondom die verskyning van Poësie en politiek (soos aangedui in hoofstuk 6 XI), het hom ook van die reddingsaksie rondom die Afrikaanse taal en letterkunde gedistansieer:
Dit is... skynheilig en ongevoelig om gedurig te praat oor die voortbestaan van Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde wanneer ander se vryhede en ander se lewens ter wille van die Afrikaner se ideologie vernietig word. Ons moet nie van Afrikaans 'n afgod maak nie... Ek weier om getrou te wees aan 'n eksklusiewe Afrikaanse letterkunde, aan ons wit demokrasie, aan Afrikaner-identiteit gehandhaaf met geweld. Ek kan nie meer getrou wees aan die geloof dat die Afrikaner die vermoë besit om 'n staatsvorm te ontwerp wat in die algmeen vir alle mense aanvaarbaar sal wees nie. Ek kan nie getrou wees aan die hoop dat die Afrikaner
| |
| |
‘diskriminasie sal verwyder’ terwyl hy die voedingsbron daarvan, sy huidige beleid, steeds wil handhaaf nie... Ek sal dus lojaal wees aan diegene wat die onreg in hierdie land probeer uitroei; en ek sal in verset bly teen diegene wat die onreg wil voortsit. (1978: 66)
Vandag voel al meer Afrikaner-intellektuele dat daar fundamenteel anders gedink moet word oor die Afrikaanse taal en kultuur; van hulle aanvaar, soos die na-tronkse Breytenbach, dat die debat oor Afrikaans ondergeskik gestel moet word aan die strewe na 'n demokratisering van die Suid-Afrikaanse samelewing.
Die filosoof JJ Degenaar sluit aan by die hoop wat Breytenbach reeds in die vroeë sewentigerjare (1972a: 17) gestel het op die skeiding van Afrikaans en die bewind waarmee dit vereenselwig word. Degenaar voer naamlik aan dat die Afrikaanse taal (en kultuur) in 'n pluralistiese Suid-Afrikaanse opset bewaar kan bly deur die ‘ontkoppeling van dié kultuur en politieke mag’ (1984: 25). Eers as Afrikaans bevry is van sy gebondenheid aan blanke magspolitiek, kan daar gepraat word van ‘Afrikaans as taal van bevryding’. En as dít gebeur, hoef die bekommerde Afrikaner-intellektueel hom nie (soos Breytenbach in sy grafskrif-uitspraak, aangehaal deur Degenaar) te distansieer van Afrikanerskap en van die Afrikaanse taal nie (1987: 208). In taalkundige kringe vra Theo du Plessis of die bekommernis oor die toekoms van Afrikaans nie Afrikaner-sentries is en op 'n ‘versweë nasionalistiese premis’ berus nie (1987: 116); hy glo dat om deel te word ‘van 'n nuwe, demokratiese Suid-Afrika dit juis nodig is dat Afrikaans se naelstring met Afrikanerdom geknip word’ (Vo., 8.3.88). (Sy ‘radikale’ siening lok reaksie uit, vergelyk byvoorbeeld JH Senekal, Vo., 16.3.88.)
Ook binne die literêre bestel word die verhouding tussen Afrikanermag en Afrikaans 'n belangrike gesprekspunt. In 1985 rig Dan Roodt 'n uitdaging aan die progressiewe Afrikaanse skrywer om ‘nee’ te sê vir ‘Afrengels’ ('n ‘koloniaal-akademiese pidgin’) en ‘ja’ vir:
'n Afrikaans wat niks te make het met die bargoens van die SAUK en Naspers, die NP en die Akademie nie, maar met daardie geboorte wat die gevolg is van 'n taalkundige deterritorialisering, 'n dekodifisering van dit wat so onthullend bekend staan as Algemeen-Beskaafde Nederlands, en wat vandag gebroke en verspreid lê in die monde van sekere ‘anderskleuriges’ en in die onderdrukte, gesensureerde tekste van onder andere Breytenbach (en hier bedoel ek veral sy prosa), Miles, Marais se Dwaalstories miskien, Rabie en in sekere resente publikasies waarin veral daardie opstand wat met die vrou te make het, ter sprake is. Mutatis mutandis, wie sou bereid wees om hierdie gewonde taal, wat in Engels slegs en universeel bekend staan as 'n ‘taal, van die onderdrukker’, te verpleeg? Nie deur dit gesond te maak nie, wat juis die siekte sou vererger, maar deur dit verder te misvorm, 'n radikale chirurgie, 'n amputasie wat ons dalk in staat sou stel om te begin met die aftakeling van mag wat orals is... (1985: 37)
Daar is persone wat dit as 'n gegewe feit aanvaar dat 'n meerderheidsregering (en dié se kultuurbelange) die basis sal wees vir 'n toekomstige bedeling. Vir Philip John (1987a: 3) byvoorbeeld, is dit duidelik dat die ‘“Afrikaner”, sy
| |
| |
regering én sy taal nie meer koning kraai oor die mishoop nie’. Die enigste gangbare ideaal tans, en in die toekoms, ‘in teenstelling met die handhawing en troeteling van alles “Afrikaans”, is die skepping van 'n demokratiese gemeenskap in Suid-Afrika... gepaard hiermee is die wete dat “Afrikaans” slegs 'n rol kan (moet) speel as middel tot 'n doel. Wat (in Afrikaans) gedoen word, gebeur nie ter wille van “Afrikaans” nie, maar as bydrae tot die skepping van 'n demokratiese Suid-Afrika’. Gerrit Olivier meen 'n mens kan ‘intuïtief baie simpatie hê’ met die gevoel wat baie Afrikaners vandag het dat 'n algehele breuk met die Afrikaanse kulturele wêreld gewens is omdat die Afrikaanse kultuur verpand geraak het aan 'n verwerplike politiek: ‘As onderdeel van die blanke enklave is ook die Afrikaner verskans agter die barrikades van die Noodtoestand; geïsoleer van die politieke bewegings onder die res van die bevolking; innerlik dood; moeg en beangs’. 'n ‘Totale breuk’ met die verlede is egter, volgens Olivier, 'n illusie - 'n ‘skoon begin’ is nie moontlik nie. Daar kan egter 'n debat kom - 'n debat wat nie net 'n meerderheidsregering as basis vir 'n toekomstige bedeling aanvaar nie, maar wat geskied met verwysing na die swart politiek en ondergeskik gestel word aan die strewe na demokratisering (1987: 10).
In hierdie proses, só word teen 1989 gevoel, moet gewaak word teen 'n verheffing van ‘alternatiewe Afrikaans’ tot ‘iets afsonderliks met 'n afsonderlike program vir sy eie rehabilitasie’:
Taal en kultuur is in hierdie stadium belangrik slegs vir sover dit 'n rol in die bevryding van die land kan speel. Dit sou verkeerd wees om hulle op enige wyse te verselfstandig, selfs al word hulle verselfstandig as sogenaamde alternatiewe Afrikaans of alternatiewe Afrikaanse kultuur. (Van Niekerk, Jansen, Odendaal, 1989: 42)
| |
V
Pryse en sensuur
In 1984, tien jaar ná die SA Akademie by monde van sy segsmanne erken het dat Breytenbach om ideologiese redes nie die Hertzogprys kan ontvang nie (soos uiteengesit in hoofstuk 5 VII), kom hy weer daarvoor in aanmerking. Baie water het intussen in die see geloop.
Aan die een kant is Breytenbach 'n kort rukkie ná die vorige Hertzogpryspolemiek gearresteer en skuldig bevind ingevolge die Wet op Onderdrukking van Terrorisme. Dít het as 't ware 'n seël geplaas op Cloete (en ander) se opvatting dat een man, en 'n digter daarby, sy land en sy mense ‘se voortbestaan kan bedreig’. Verder is Breytenbach se sogenaamde ‘bekering’, waarmee hy talle (voorstander én teenstander) om die bos gelei het, oopgevlek vir wat dit waarlik was: 'n oorlewingstrategie wat gerugsteun is deur die staat se medewerking en -pligtigheid. Na sy vervroegde vrylating uit die tronk
| |
| |
verskyn sy ‘tronkverslag’, The true confessions of an albino terrorist, wat inderdaad geen heilige Afrikanerkoei onaangeraak laat nie.
Aan die ander kant is die Afrikaner uit sy euforie geskok deur gebeure aan die politieke front sedert 1976: die Soweto-onluste en die nasleep daarvan, die Inligtingskandaal en interne skeuring van die Nasionale Party, die implementering van 'n nuwe eerste minister se ‘totale strategie’ teen 'n ‘totale aanslag’. Die eerste treë is gegee op die pad van 'n ‘Nuwe Bedeling’, volgens Breytenbach gerig op die versekering van die oorlewing en voortbestaan van die Afrikaner.
Die jaar 1984 is die jaar waarin die Akademie sy vyf-en-sewentigste verjaardag vier. Daar is besluit dat alle genres oorweeg moet word vir die Hertzogprys; terselfdertyd gee dit ook aan die Letterkundige Kommissie die geleentheid om 'n skrywer te bekroon vir al sy werk. Persberigte wys daarop dat die Akademie by vorige geleenthede daarvan weggeskram het om Breytenbach te bekroon - nie alleen as gevolg van persoonlike vooroordele nie, maar ook omdat hy polities ‘ongewens’ beskou is. Volgens Rapport (8.4.84) het ‘die ontdooiing van die Afrikanerpolitiek die laaste klompie maande (egter) by skrywers die hoop laat opvlam dat politieke oorweging nie 'n rol gaan speel by vanjaar se toekenning nie’. As dit die geval is, is daar volgens dié koerant eintlik nie iemand wat met Breytenbach kan kompeteer nie. Die literêre geskiedskrywer JC Kannemeyer wys daarop dat politieke en morele oorwegings gedurende die sestiger- en sewentigerjare 'n groot rol gespeel het in beslissings oor die Hertzogprys. Hy glo dat die prys gesien moet word in die konteks van die besondere rol wat die Afrikaner-establishment, die Nasionale Party en Broederbond in kultuuraangeleenthede speel. Die Akademie kon nie ontsnap van die invloed van hierdie organisasies nie en was daarom huiwerig om werke te bekroon wat anti-establishment politieke en morele waardes reflekteer het. Maar soos veranderde politieke omstandighede die stigma om skrywers soos Leipoldt en Uys Krige laat verdwyn het sodat hulle vandag ‘nasionaal’ aanvaarbaar is, só glo Kannemeyer dat dit ook eventueel met Breytenbach sal gebeur (Star, 16.4.84).
Soos voorsien is, ken die keurders vir die 1984-prys (Elize Botha - voorsitter - Merwe Scholtz, AP Grové, TT Cloete, Réna Pretorius, FR Gilfillan en Lydia Snyman) wel twee pryse toe: aan Henriette Grové vir haar prosawerk Die kêrel van die Pêrel en aan Breytenbach vir sy poësiebundel (‘yk’). Eersgenoemde vier van hierdie keurders het vroeër gedien op die komitees wat die prys van Breytenbach weerhou het.
Breytenbach bedank in 'n verklaring wat deur sy uitgewer Taurus uitgereik is en in Die Vaderland (7.5.84) gepubliseer word, die beoordelaars vir hul taksering van sy werk. Hy aanvaar dat ‘hulle besluit gelei is deur persoonlike literêre oorwegings’ en hy betwyfel nie die bona fides van die beoordelaars nie - al moes die besluit om hom te bekroon vir sommige keurders moeilik versoenbaar wees met hul eie oortuigings. (Iemand soos Cloete sou 'n onderskeid moes tref tussen wat hy vir die Broederbond of Veiligheidspolisie skryf en sy literêre oorwegings.) Breytenbach plaas sy beroning in die konteks van ‘die vloeibare situasie en van die opbouende druk vir interne aanpassing, miskien selfs
| |
| |
verandering... (en) gisting in Afrikanergeledere’. Hy self sou nie graag deur sy optrede ‘die geringste gaatjie waardeur 'n windjie van verandering wel mag glip, wou obstrueer nie’. Tog kan hy nie anders as om die prys van die hand te wys nie. As rede voer hy aan dat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ‘nog immer dié bolwerk bly van die Afrikaanse establishment’. En vir die meeste Suid-Afrikaners blý die land ‘een van verskrikking en vervreemding en verdriet, in 'n politieke en ekonomiese en kulturele bestel wat gerugsteun word deur die bleek establishment’. Indien hy die bekroning sou aanvaar, glo Breytenbach dat hy nie sou meewerk aan daadwerklike verandering nie, ‘maar 'n illusie van soepelheid help verleen aan strukture en 'n stelsel wat eksklusief bly: minoritêr, diskriminerend, en dáárom verdrukkend’. (Sy verklaring is ook opgeneem in 1984c: 147-149.)
Openbare reaksie op die Akademie se besluit en Breytenbach se bedanking van die prys, gee blyke van eietydse verdelings in Afrikanergeledere. Verligte Afrikaanse koerante beklemtoon in hulle redaksionele kommentaar die verblydende feit dat die Akademie hom deur dié bekroning ‘losgemaak het van enige werklike of verbeelde vooroordeel wat die politieke opvattings van 'n skrywer betref’ (met ander woorde van politieke en ideologiese oorwegings by besluitneming oor pryse) en daarmee dus 'n nuwe tydvak betree waarin hy uit die jonger Afrikaanse geesteslewe nuwe steun en krag sal aanvoel omdat bewys is hoe ‘liberaal’ die vereiste van diens aan die Afrikanersaak werklik geïnterpreteer word (Rap., 29.4.84; Bu., 30.4.84; Va., 1.5.84; Tv., 30.4.84). Wat Breytenbach se motivering vir sy bedanking betref, voel Die Burger (wat volgens sommige waarnemers PW Botha te onkrities ondersteun) dat hy hom laat lei het ‘deur politieke aanklagte wat in vandag se terme 'n argaïese klank gekry het’. Ook Die Volksblad (30.4.84) veroordeel die ‘omstrede’ Breytenbach wat hom ‘vervreem’ het van die Afrikanergemeenskap deur hom te distansieer van 'n erkende Afrikaner-organisasie.
Vanuit skrywersgeledere wissel die reaksie oor die toekenning aan Breytenbach van dankbaarheid dat die Akademie ‘sy rekord skoon gestel het’ tot versigtige skeptisisme. Gerhard Beukes meen die besluit was wys en ‘'n bestendiging van die Akademie se standpunt dat slegs literêre gehalte in sy bekronings 'n rol speel’ (Vo., 2.5.84); Jan Senekal glo dit is goed dat Breytenbach die erkenning vir sy bydrae tot die Afrikaanse kanonletterkunde gekry het (ibid.); ook Dot Serfontein verwelkom dit dat die Akademie die digter se ‘onbetwisbaar goeie werk’ beloon het (ibid.). Al drie hierdie kommentators vind dit egter jammer dat Breytenbach dit om ‘suiwer politiek-ideologiese redes van die hand gewys het’ (Beukes), want dit ‘verpolitiseer die hele ding en roep die dekadelange politieke gevegte’ waarin hy beland het, voor die gees (Senekal) - bowendien is sy politieke redes ‘só ouderwets en uit pas dat 'n mens kan glo hy sit nou maar ook in eensame opsluiting’ (Serfontein). Ander skrywers het op hulle beurt bedenkinge oor die Akademie se optrede. Jan Rabie wonder of die dubbele toekenning ‘nie 'n slenter van die Akademie is om iemand in Pretoria tevrede te stel nie’, want hy glo Breytenbach moes sowel die prosa- as die poësieprys gekry het (Beeld, 28.4.84). André P Brink voel die Akademie diskrediteer die prys vir die soveelste keer deur dit net vir een van
| |
| |
Breytenbach se bundels toe te ken en nie vir sy hele oeuvre nie: ‘Dit is tipies veiligspeel na alle kante toe. Deur ook 'n prys aan Grové te gee, probeer hulle die toekenning balanseer’ (ibid.). Adam Small is die enigste wat stel dat Breytenbach ‘'n betekenisvolle gebaar gemaak’ het deur die prys te weier (Tv., 30.4.84).
In teenstelling met die verligte koerante en ingeligte lesers se opvatting dat politiek hierdie keer nie 'n rol gespeel het in die Akademie se besluit nie, staan dié van waarnemers regser én linkser op die ideologiese glyskaal. Aan die een kant reken Die Afrikaner (9.5.84): ‘Die waarheid is dat die teenoorgestelde politiek van wat altyd 'n rol gespeel het, nou die rol gespeel het - in meer regstreekse terme, die liberale en verlinkse politiek het nou 'n rol gespeel terwyl vroeër die nasionale politiek 'n rol gespeel het’ - en in die ommeswaai het die ‘aktivistiese politiek’ van Breytenbach, wat vroeër verwerplik was in terme van Afrikanerwaardes en Afrikaner-nasionalisme, aanvaarbaar geword.
Aan die ander kant skryf Julian F Smith in 'n artikel oor die Hertzogprys in Stet (1985: 26-28) die feit dat dié prys aan die ‘aartsdissident’ Breytenbach toegeken is, toe aan die ‘nuwe strategie... van repressiewe verdraagsaamheid, wat deel is van die oorlewingstrategieë van die Afrikaner’. Volgens hom fungeer die toekenning van die prestige-Hertzogprys as poging om 'n ‘bydrae te lewer tot 'n nuwe beeld van die Afrikanerhegemonie - 'n beeld wég van die eens totalitêre, onverdraagsame een na 'n beeld van erkenning van regte, konsilisasie, vreedsame naasbestaan, “demokratisering”, ensovoorts’; hierdie repressiewe verdraagsaamheid bly egter nog steeds ‘'n poging van die Afrikaner-groep om in beheer te bly’.
Dit is nie net die toekenning van pryse wat in die lig van ‘repressiewe verdraagsaamheid’ gesien kan word nie, maar ook ‘verligte sensuur’. Hierdie ‘nuwe sensuurbedeling’ raak Breytenbach direk ná die verbod op sy bundel Skryt in 1985 opgehef word (vergelyk hoofstuk 6 I vir die geskiedenis van dié verbod).
Breytenbach se opvatting (soos uiteengesit in hoofstuk 6 I) dat sensuur in Suid-Afrika politieke sensuur is, word vandag oor 'n wye front gedeel. Louise Silver (1979: 126) bevind dat 'n toenemende aantal publikasies tussen 1975 en 1978 op grond van sosiologiese en politieke gronde verbied is. Verdere bewys hiervoor is dat die meeste swart skrywers, wat hul hoofsaaklik bemoei met kritiek op die Suid-Afrikaanse politieke stelsel, teen 1980 nog verbied is/word (Hoofst., 28.9.80). Aan die begin van die tagtigerjare is daar onder ‘linkse’ Afrikaner-letterkundiges (vergelyk hoofstuk 6 XI) 'n bewuswording van literêre sensuur as deel van 'n wyer politieke strategie en van die problematiek van ‘literêre gehalte’ wat in die hande van die sensuurmasjinerie speel (Ampie Coetzee, 1980: 3-5). Sensuur word vanuit hierdie perspektief gesien as ‘politieke wapen, 'n instrument van ideologie’ en dit sal nie help om (soos die Gilde) ‘planne te beraam oor hoe ons bevoorregte vryheid van spraak gaan verskans nie, of om metodes te bedink wat die skrywer 'n sekere mate van vryheid - binne die beleid natuurlik - sal kan gee nie’. Daar sal besluit moet word ‘waar ons staan met betrekking tot die politieke ideologie waaruit hierdie sensuur voortkom, want sensuur is belangriker as bloot 'n wet wat sekere boeke
| |
| |
verbied’ (1978: 65-66). Al vyf die bydraers tot die bundel Censorship (Coggin, 1983) - al skryf hulle vanuit verskillende perspektiewe - deel die siening dat sensuur 'n politieke instrument is, 'n metode waardeur politieke mag gemonopoliseer word deur die kontrole van inligting. Grobler (1986: 25) voer aan dat die staat, deur seksionele belange as ‘universele’ belange en deur bepaalde sosiale verhoudinge as ‘natuurlik’ voor te hou, sy ideologie gebruik om mense se sosiale gedrag te manipuleer.
'n Vergelyking van die aantal verbode publikasies in 1983 met dié in 1982 (646 teenoor 762) (Cornwell, 1986b: 47), en met inagneming van die uitgangspunte van die nuwe Voorsitter van die Appèlraad oor Publikasies (Galloway, 1982: 226) asook die publikasie van bepaalde riglyne ten opsigte van die toepassing van die wet (Cornwell, 1985: 94-95), lyk dit of daar in die vroeë tagtigerjare sprake kan wees van 'n meer liberale/verligte sensuurbedeling. Daar is egter waarnemers wat skepties staan teenoor dié tendensie. Die gebruik daarvan om invloedryke meningsvormers binne- én buitelands te paai deur 'n skyn van toegeeflikheid is, volgens Cornwell (1982: 79-80), alreeds in 1979 geïdentifiseer. André P Brink wys op ‘two dangers lurk(ing) inherent in the new movement of liberalisation... either it may create a false sense of security or it may prompt the numbness of impotence, of being “used” by the state for its own purposes, of being manipulated. And there is no doubt at all: those of us who are today allowed more freedom in publishing than before are indeed being used’ (1983: 53).
Ná sy vrylating is Breytenbach se verwerping van sensuur selfs feller as vroeër. Hy noem dit 'n ‘daad van skaamte’, ‘'n mosie van wantroue in jou medemens en in jouself’ (Rap., 29.5.83). Volgens hom hou sensuur, net soos apartheid, mense ‘apart’, dit bevorder onkunde en dit help om die magsmonopolie te bewaar (Index on Censorship, 15:84).
Sy verwerping van sensuur in die huidige Suid-Afrikaanse bestel vloei uit sy waarneming daarvan as ‘totalitêr’ (soos uiteengesit in hoofstuk 7 II). In só 'n land van ‘ideologiese aarverkalking’ is sensuur, soos inperkings en huisarres, daarop gemik om die staat te beskerm (Rap., 21.8.83). Die afdwinging van 'n ‘arbitrary and rigid space’ op sy burgers lei nie net tot verstarring - en die dood - nie, maar tot korrupsie van sowel die meesters as die onderdruktes. Deur sensuur te ‘verinnerlik’, voltrek laasgenoemde sy eie kastrasie - word hy staatsmens, produk en uitdrukking van die staat; hierdie toestand word veral geïllustreer deur die aanvaarding en hantering van die gemeenplaas sodat die woord 'n muur word en nie meer 'n instrument en middel om te sien nie. Korrupsie vloei aan die een kant voort uit die feit dat selfs 'n middelmatige werk belangrik gemaak kan word deur dit te verbied; só word sensuur tot 'n artistieke waardeoordeel verhef. Aan die ander kant word die onderdrukte gekorrupteer deurdat hy, ter wille van oorlewing, 'n kompromis moet aangaan met die bestaande magte. Só 'n persoon leef in leuens of in die gevaarlike waan dat onderdrukkende strukture van binne ‘versoepel’ kan word, dat totalitarisme deur. 'n ewolusionêre ontwikkeling ‘geliberaliseer’ kan word (1984b: 144). Breytenbach verwerp laasgenoemde moontlikheid geheel en al:
| |
| |
What blindness! And through art, by means of which we were supposed to see clearly! Any opposition from within to totalitarian structures, which does not have as a prerequisite the dismantling of these structures, can only serve to strengthen them. (ibid.)
Hiermee spreek hy ook 'n oordeel uit oor pogings van ‘agente’ om sensuur te versoepel en in 'n ‘nuwe bedeling’ te bring.
Die ‘nuwe bedeling’ ten opsigte van die Afrikaner-establishment se houding teenoor die dissidente Breytenbach vind verdere neerslag in die toekenning van die Rapportprys aan hom. As die besluit om die Hertzogprys (wat 'n reputasie opgebou het dat dit deur ‘buite-literêre opinies’, spesifiek Afrikanernasionalistiese oorwegings, gerig word) aan Breytenbach toe te ken nie dié prys kon ‘ontideologiseer’ nie, bewys die kort geskiedenis van die Rapportprys hoe moeilik haalbaar só 'n ideaal in ieder geval is.
Gedurende 1986 maak die magnaat Louis Luyt bekend dat hy nie meer die literêre prys wat sedert 1978 deur hom geborg is, in stand gaan hou nie. Kort na die bekendmaking kondig die Sondagkoerant Rapport aan dat hy 'n nuwe prys gaan borg wat as 't ware die Luytprys gaan vervang.
Die reglement van die nuwe Rapportprys - wat selfs groter is as sy voorganger, naamlik R15 000 en twee retoerkaartjies na Europa, kom dan ook baie ooreen met dié van die Luytprys. Die prys word ook uitdruklik gekoppel aan literêre meriete deurdat die reglement bepaal dat dit toegeken word aan die ‘beste nuwe Afrikaanse werk’ wat in die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Anders egter as met die Luytprys-reglement, wat bepaal het dat 'n naaswenner wel 'n tweede maar nie 'n derde keer nie in aanmerking mag kom, neem Rapport Breytenbach se (‘yk’) - wat toe reeds twee maal die naaswenner vir die Luytprys was om nie in die voorafgaande kalenderjaar verskyn het nie - in aanmerking vir sy eie eerste toekenning. Die keurderspaneel word volgens Rapport op só 'n wyse saamgestel dat ‘oud en jonk, liberaal en konserwatief’ daarin verteenwoordig word.
Rapport verleen in die maande voor die wenner aangekondig word baie publisiteit aan sy nuwe prys. Dit bereik 'n hoogtepunt die aand van 12 April in die Staatsteater in Pretoria toe by 'n ‘glinsterende geleentheid van voorste skrywers, letterkundiges en talle ander bekende Suid-Afrikaners... (asook) baie plaaslike en buitelandse TV-spanne’ (Rap. 13.4.86) nie net aangekondig word dat Breytenbach die wenner van die eerste Rapportprys is nie, maar die omstrede digter uit die gehoor verskyn om selfs sy prys te ontvang. Hierdie onverwagse verskyning van Breytenbach in Pretoria - ‘drie blokke van die Hooggeregshof op Kerkplein waar hy in 1975 tot nege jaar tronkstraf gevonnis is’ (Beeld, 14.4.86) - besorg sonder twyfel 'n joernalistieke ‘scoop’ aan Rapport, maar die gevolge daarvan vir die koerant was sekerlik nie deur baie mense voorsien nie.
Die beoordelaars vir die prys was Elize Botha, Jakes Gerwel, Wilma Stockenström, Rosa Keet en Etienne van Heerden. Hulle het onafhanklik van mekaar beoordeel en self nie geweet wie die wenner was voor die aankondiging gedoen is nie, te oordeel na die geleentheidsrede gelewer deur Elize Botha. Sy
| |
| |
noem die pryswenner se bydrae net in die verbygaan en lê klem op die verteenwoordigende aard van die werke wat in aanmerking gekom het (sodat dit wat literêre stylverskeidenheid betref ‘byna vyftig jaar Afrikaanse literatuurgeskiedenis bestryk’) en op die bevryding van die letterkundige/leser van die tagtigerjare:
Dertig, veertig jaar gelede het die geloof opgevlam dat die letterkundigheid objektiewe maatstawe kan formuleer waarmee literêre kwaliteit met groot eksaktheid vasgepen kon word... Ons kon aan die wetenskaplikheid ten gronde gaan... maar die letterkundige van die tagtigerjare smaak verwonderlik genoeg die bevryding. Die neerslag van die teorieë het uiteindelik geblyk te wees dat menslikheid en smaak, voorliefdes en drome nog steeds 'n plek het in die reaksie van die leser op sy leeswerk. Daarom kan vanaand se beoordelaars 'n beroep doen nie alleen op u begrip nie, maar op u medemenslike meegevoel. (Rap., 13.4.86)
Breytenbach se bekroning lok 'n soort skisofreniese reaksie uit van die gehoor in hul ‘pêrels en strikdasse’. Die teatrale oploop tot die aankondiging (gedempte ligte en kollig-effek op die digter, ‘gesofistikeerde wêreldburger, gekleed in 'n goue aandbaadjie met 'n blom aan sy bors’ en sy ‘pragtige vrou aan sy sy’) het sekerlik 'n rol gespeel by die feit dat die vooraanstaande, uitgelese Afrikanergehoor die pryswenner staande toegejuig het. Ná sy toespraak was nie almal van die sowat vyfhonderd gaste meer in 'n feestelike stemming nie. Een lid van die gehoor het die feesgangers wat durf hande klap het, woedend aangegluur en sissend toegesnou: ‘Toe, toe, klap vir die blêddie vuilgoed’ (Beeld, 14.4.86). By die onthaal ná die tyd het mense egter weer tougestaan om die digter geluk te wens en om na sy vrou te kyk, dalk aan hulle te mag vat (ibid.). Sy toespraak is druk bespreek deur die gaste - in sommige gevalle met afkeur en soms met instemming (Tv., 14.4.86).
Waarnemers wat sowel Breytenbach se Somerskooltoespraak as sy Staatsteaterkastyding van die Afrikaner meegemaak het, sou kommentaar kon lewer op die verskil in die gehoorreaksie. Die dawerende applous van die Afrikanergehoor in 1973 is destyds toegeskryf aan 'n houdingsverandering by die steeds meer ‘verlig’-wordende Afrikaners wat nie meer ‘base’ wou wees nie, maar ménse en wat Breytenbach as 'n simbool van hul bevryding gesien het (vergelyk hoofstuk 5 II). Die gedempte reaksie vanuit 'n soortgelyke gehoor in 1986 sou, vanuit een perspektief, toegeskryf kon word aan verleentheid by mense wat nie dertien jaar later wou hoor dat hul eintlik nog glad nie gevorder het op die pad na (hulle) ‘bevryding’ nie. Breytenbach het immers weer sy óu aanklagte gebring: dat die Afrikaner 'n onding doen aan sy mede-Suid-Afrikaners; dat die Afrikaner rassisme oprig en ophemel as ideale staat; dat die Afrikaner die wêreldgemeenskap se uitgeskeide waansin is; dat die Afrikanerstaat 'n anomalie en 'n anachronisme is; dat die Afrikanerkerke moreel bankrot is en God ‘rondstoot asof Hy 'n Casspir is’; dat die denkende establishment gelyk aan die staat, apartheid, die Broederbond, die Nasionale Party, die FAK, die Akademie is. Sy voorskrif vir bevryding is onomwonde: Die aftakeling van die Afrikaner se politieke monopolieë omdat dit onwettig en totalitêr is sodat 'n unitêre,
| |
| |
demokratiese staat met 'n meerderheidsregering tot stand kan kom (Rap., 13.4.86).
Die aanhangers van die ‘Nuwe Bedeling’ kon nie uitsprake soos dié dawerend toejuig nie. In die woorde van die teoloog Johan Heyns: die luisteraar is aanstoot gegee deur die gebrek aan ‘sensitiwiteit, genuanseerdheid, erkentlikheid’; hierdie ontbreking van ‘erkentlikheid’ bind adjunk-minister Louis Nel direk aan ‘onkunde oor resente politieke verwikkelinge en sentimente in Suid-Afrika’ (Rap., 20.4.86). Van skrywerskant reageer Lina Spies in die vorm van 'n gedig, ‘Rapport aan Breyten’ (opgeneem in Van sjofar tot sjalom, 1987) - sy verwyt hom dat hy ‘nie die liefde het’ (vir die Afrikaner nie) en daarom het hy 'n ‘anachronisme geword en 'n cliché’.
In teenstelling met Heyns wat meen dat daar ‘'n ander stel norme vir private verkeer as vir openbare verkeer geld’, glo filosoof Willie Esterhuyse egter dat daar nie oor morele en politieke kwessies private en openbare norme bestaan nie; wat Breytenbach gesê het, is eintlik al ou nuus waaroor privaat met passie gesels word, al ontbreek die moed om die pratery openbare lug te gee. Teoloog Jimmy Loader stem saam met Esterhuyse en Antjie Krog stel dit só: ‘Breyten het niks nuuts gesê nie. Dié wat sy werk ken, weet hy sê dit al meer as twintig jaar, maar hy het die kans benut om dit wat hy glo ten einde laaste te sê vir dié wat nie lees nie en dié wat nie dink nie.’ (Rap., 20.4.86.)
Al is daar by ‘linkse’ Afrikaners 'n kritiese bewussyn van die ideologiese inkonsekwenthede van Breytenbach se gedrag, word daar in hierdie stadium nie antwoorde geëis nie. Die aand was 'n ‘sombere narcistiese fees in die binne-kamer van die Afrikaner’ wat beskerming moet bied teen die klippe wat na hom gegooi word; dit is ‘verstaanbaar en logies dat Breytenbach sy slegte nuus - sy óú nuus - in die binnekamer wou kom voordra’, naamlik dat ‘ons die dood in ons ronddra - nie slegs biologies of metafories nie, maar ook polities’ (Olivier, 1986: 126; sien ook Koos Prinsloo, 1986: 7). Uit ander oorde kom daar egter sterk teenkanting. JODAC (Johannesburg Democratic Action Committee) en die ECC (End Conscription Campaign) trek hulle uitnodiging aan hom om saam met 'n paar swart digters gedigte voor te lees met die doel om geld in te samel vir 'n politieke saak, terug omdat hy volgens hulle deelgeneem het aan die ‘system’ (Olivier, 1986 en Rap., 27.4.86).
Vir die Engelse pers reflekteer en simboliseer Breytenbach se odusseia ‘van Staatsgevangenis tot Staatsteater’, en die gehoorreaksie daarop ‘the inner crisis and self-doubt of Afrikanerdom as experienced at the highest levels’. Vir JHP Serfontein (ST., 6.5.86) lê die kern van die verskil in Afrikanerreaksie op sy toesprake van 1973 en 1986 hierin: ‘In 1973 they did not understand the dangers he was talking about. But in 1986 they are feeling the heat of the flames behind, although they still dislike his recipe and what he says.’ Serfontein haal Van Zyl Slabbert aan: ‘The Afrikaner Nationalists are in two minds. Will they die from the flames behind, or from the medicine Breytenbach is prescribing?’
Die verligte Afrikaanse pers is nie soseer gemoeid met die ‘meriete’ van die bekroning van Breytenbach nie. Dit is wat hy tydens die prysseremonie gesê het wat kommentaar uitlok. Die Transvaler (14.4.86 en 15.4.86) verwys na die ‘bitter, bitsige toespraak’ en wonder waarom ‘die vermaerde, gerespekteerde
| |
| |
digter uit so 'n gemaklike posisie sy skreeuwerk doen teen sy broers en susters’. Hierdie dagblad voel: ‘Daar is fout in onse mooi land, Breyten, dit moet almal erken, daarom word gewerk aan verandering. As jy jou werklik onherroeplik aan Afrika verbind het, waarom is jy nie hier nie? Waarom wil jy oorsee sit en wag totdat die verandering plaasgevind het voordat jy besluit of die uitkoms na jou wense was?’ Ander koerante meen ‘'n storm broei’ oor Breytenbach se prys wat aangewend gaan word om die saak van politieke gevangenes te steun (Bu., 14.4.86; Oost., 14.4.86; Beeld, 14.4.86).
Vanuit regse hoek is die persreaksie op Breytenbach se prys en toespraak meer kaalkop. Teenoor die FAK se spreekbuis, Handhaaf (Apr. 1986), wat ‘jammer voel’ oor die wyse waarop die Rapportprys afgeskop het en oor die feit dat ‘die begaafde Breytenbach’ nie die geleentheid gebruik het om ‘'n slag vir Afrikaans te slaan’ nie, staan die direkte verwerping van die digter deur Die Stem en Die Afrikaner. ‘Gawie’ van Die Afrikaner knoop die geruis om die prys aan die kwessie van ‘Afrikanerverraad’ en voer aan dat ‘gedurende 'n naderende rewolusie lede van die gevestigde orde oorloop na die rewolusionêres’. Twee groepe is volgens die koerant identifiseerbaar: akademici, geestelikes en skrywers wat die gevestigde orde verlaat en ‘gemene saak maak met die vyande van die Afrikaner en die Blanke’ - hulle is die ‘joiners’; en dié wat hulle nog binne die establishment bevind, maar 'n heimlike bewondering vir die eerste groep koester en op 'n indirekte wyse meewerk ter verwesenliking van dié se doelwitte - hulle is die ‘hensoppers’. Tydens die Rapportprys-bekroning het Breytenbach uitgestaan as klassieke oorloper: ‘vol haat en venyn vir die volk waaruit hy kom; vervul met smaad en hoon teenoor die samelewing vir wie hy skryf en volledig toegewyd aan die vernietiging van albei’. Rapport self, en die blanke Afrikaner-beoordelaars wat Breytenbach as wenner aangewys het, is die hensoppers.
Die verontwaardiging rondom Breytenbach se toespraak was beslis 'n verleentheid vir Rapport. Die Sondag ná die prystoekenning is Breytenbach op die hande gedra met banieropskrifte, 'n hoofbladberig, talle binnebladberigte en groot foto's wat die ‘triomf van sy terugkeer’ gevier het. Sy toespraak is volledig gepubliseer. In sy redaksionele kommentaar skryf redakteur Willem de Klerk dié Sondag dat ‘die feit dat die eerste toekenning van die Rapportprys verbind kan wees met so 'n voortreflike werk, stel hoë standaarde vir die toekoms.’ Wat Breytenbach se toespraak betref, meen De Klerk dat Breytenbach ons ‘tereg gewys het op die dringendheid van keuses - op die groeiende polarisasie - op die noodsaaklikheid van nou te breek met 'n apartheidsideologie en gesamentlik die demokrasie te vestig’. De Klerk kon nie met alles saamgaan wat Breytenbach gesê het nie (veral die verwyte wat ‘'n eensydige beoordeling van die politieke werklikheid in die land is nie’), maar kry dit reg om 'n lyn deur te trek na en 'n lansie te breek vir die ‘nuwe politiek’ van die dag: ‘Daar is 'n groot groep Suid-Afrikaners wat hulle beywer vir regverdige magsdeling en 'n nuwe toekoms. Die inisiatiewe van die Regering in dié rigting bly positief, en die aandrang om steeds meer fundamenteel 'n nuwe politiek in ons land te skep, is duidelik’ (Rap., 13.4.86).
| |
| |
'n Week ná die Rapportprys-toekenning verskyn die volgende beriggie in swart omraam op die voorblad van Rapport:
BESLUIT
Die voorsitter van die direksie van Rapport, dr. Willem van Heerden, maak bekend dat die direksie besluit het dat, hoewel hy hom nie uitspreek oor die verdienste van die toekenning van die Rapportprys vir Letterkunde aan mnr. Breyten Breytenbach nie, hy ernstige besware het teen aspekte rondom die aangeleentheid.
Die direksie spreek sy misnoeë uit oor mnr. Breytenbach se aanvalle op Afrikaanse kerke, sy onbeheerste taalgebruik in die openbaar by die prysoorhandiging, wat 'n pynlike verleentheid vir baie gaste was, en oor sy politieke gebaar om die prysgeld so aan te wend dat dit reëlreg in stryd is met die beleid van Rapport. (Rap., 20.4.86)
In sy redaksionele kommentaar in dié uitgawe van die koerant, antwoord Willem de Klerk ‘onder vier hoofde’ op die beskuldigings wat na Rapport se kant gekom het:
Dit is onbillik om Rapport van sameswering te beskuldig: sy hantering van bekroningsprosedures was professioneel en daar was geen inmenging by die beslissing van die buitepaneel van letterkundiges nie - die bekroonde is 'n geleentheid gegun om sy sê te sê, maar die koerant het ‘geen aandadigheid’ aan Breytenbach se toespraak nie. Rapport is ook verbaas/ontstem oor die spreker se eensydigheid, vlak begrip van die werklikhede, vooroordeel en onverdraagsaamheid en oor sy venynige en opsetlik beledigende taalgebruik. Tog moet die demokratiese reg van meningsuiting hoog gehou word - Breytenbach verteenwoordig immers 'n definitiewe siening wat al deur ander verwoord is. Daar is selfs sienings waarmee mense ‘met goeie oordeel en eerlikheid’ kon saamstem: die boosheid van apartheidsisteme wat deur die wet gesanksioneer word; die onduldbaarheid van rassisme as onderbou in 'n staat; die gevaar van burokratiese totalitarisme; die malheid van militêre oplossings en bloed; die inspan van God voor die apartheidskarretjie. Met hierdie ‘koringsaad’ in Breytenbach se toespraak kon Rapport saamgaan, die ‘kaf’ strooi hy egter in die wind.
In regse geledere word die kop geskud oor die verligte Rapport se ‘verduidelikings, verskonings, verklarings, distansiërings, pogings tot goedpraat, maars en darems’ (Afr., 30.4.86). Van links word gesê: ‘Rapport het weer sy baadjiepunte reggetrek... sy amptelike gesig opgesit’ (Olivier, 1986: 126).
Rialette Wiehahn (1989: 105) wys daarop dat die Staatsteater-debakel 'n ‘koddige nadraai’ in die Parlement gemaak het: Die voormalige minister van vervoer, Hendrik Schoeman, is deur twee KP-lede getakseer oor die oorsese vliegkaartjies wat Breytenbach van die SAL as deel van sy prys ontvang het. Die ‘ernstige nasleep’ van die omstrede toespraak was die polarisering wat dit meegebring het tussen die Rapport-direksie en Willem de Klerk (ibid.). Alhoewel dit nêrens eksplisiet genoem word as rede nie, kan 'n mens aflei dat die Rapportprys-roeringe van 1986 bygedra het tot die druk wat op dié koerant en sy redakteur toegepas is om hulle tot gehoorsaamheid aan die Nasionale Party te dwing. Op 7 April 1987, 'n jaar na Breytenbach se omstrede toespraak in die Staatsteater, bedank De Klerk (wat hom in die laat sewentigerjare tydens die
| |
| |
Breytenbach-verhore beroep op ‘volksverbondenheid’ en ‘lojale verset’ en binne-die-laer-bly, maar in 1986 as ‘ontnugterde verligte’ simpatie met sekere standpunte van die digter toon) as redakteur van die Afrikaanse Sondagblad. Alhoewel hy glo dat die Nasionale Party 'n kans het om ware hervorming in die land tot stand te bring, staan hy krities teenoor sekere beleidrigtings en teenoor die hervormingstyl van die Party. Dit is juis oor hierdie kritiek dat hy en sy koerant al dikwels hard aangespreek is. In sy verklaring wat in die Sunday Times (8.3.87) gepubliseer is, formuleer hy dit só:
It is clear to me, and I have also been told directly, that many of my political insights, accents, arguments and appeals have aroused resistance among the NP politicians. This also applies to some general political reports and background articles in Rapport... Rapport is so severely reproached for journalistically spelling out and arguing for the renewal (the Independent movement and alliance politics) within the NP, even before the election period, that it becomes impossible to maintain credibility.
Sy bedanking spruit dus, onder meer, uit protes teen die feit dat daar van Afrikaanse politieke joernaliste verwag word om Nasionale Party-spreekbuise te wees (Bu., 4.4.87). Willem de Klerk is nie die enigste wat oor die vingers getik word nie - dit gebeur ook met Harald Pakendorf van Die Vaderland en Dene Smuts van Fair Lady ('n Nasionale Perstydskrif). Selfs die SAUK word gemaan tot voortgesette samewerking deur die afdanking van Riaan Eksteen, die staatsamptenaar ‘getoë in gehoorsaamheid aan die Regering’, wat nie meer gewild was nie ná die aanbieding van eerwaarde Allan Hendrickse se bedanking uit die Kabinet op die agtuur-nuus op TV wat deur die Staatspresident bestempel is as ‘onvolledig en nie na (sy) sin nie’ (Insig, Jun. 1988). Selfs 'n kultuurblad soos Standpunte, ‘wat vir veertig jaar 'n beduidende rol in die Afrikaanse geesteslewe gespeel het’ (Ernst van Heerden, Rap., 31.8.86), word deur die direksie opgeskort ná die nuwe eindredakteur, André P Brink, twee stukke vir publikasie voorgelê het wat vir die uitgewers soveel probleme geskep het dat Nasionale Pers sy ondersteuning, finansieel en andersins, aan die blad onttrek (vergelyk Olivier, 1987: 9).
In 1988 bring die derde toekenning van die Rapportprys weer 'n opskudding in die Afrikaanse literêre wêreld mee. Drie dae voor die bekroningsplegtigheid word 'n kort aankondiging van die Rapport-direksie uitgereik waarin verklaar word dat die prys nie toegeken gaan word nie as gevolg van ‘'n aantal omstandighede, onder meer omdat van die beoordelaars hulle intussen aan die paneel onttrek het’ (Vo., 21.4.88). Die daaropvolgende Sondag (24.4.88) berig Rapport dat die wenner Koos Prinsloo met die bundel Die hemel help ons sou wees.
Die polemiek wat rondom dié nie-toekenning ontstaan, gooi ook sy skadu oor die toekenning van die prys aan Breytenbach. Destyds al het die regse Afrikaanse pers beweer dat die toekenning van die Rapportprys aan Breytenbach 'n ‘politieke propaganda-aksie’ was (waarvan die keurkomitee nie hulle hande kan was nie) en dat Rapport ‘instrumenteel was om 'n nuwe deur te open vir hierdie intellektuele terroris’ (Afr., 30.4.86). Ook binne literêre kringe is, vanuit verskillende ideologiese perspektiewe, gegis oor die gewig van ‘nie- | |
| |
literêre oorweginge’. Eers ná die 1988-prys om politieke oorwegings van Prinsloo weerhou is (vergelyk Malan hieroor in Wiehahn, 1989: 113-115), word die Rapportprys vanweë ideologiese redes in die openbaar onder verdenking geplaas.
Aanvanklik lyk dit of die verskillende groeperinge binne die Afrikaanse literêre bestel, soos vroeër in tye van krisis, 'n verenigde front vorm. Die verligte establishment en (jong, nuwe) linkses beroep hulle almal verontwaardig op die ‘onafhanklikheid’ van die Afrikaanse letterkunde en op 'n onderskeid tussen ‘politieke’ en ‘letterkundige’ oorwegings (vergelyk uitsprake in berigte in Vo., 22.4.88; Beeld, 3 en 4.5.88). Spoedig, egter, begin daar - vanaf verskillende vertrekpunte op die ideologiese glyskaal - verwyte van ingrype na die kant van Rapport kom. Rialette Wiehahn (op. cit.: 102-103) wys in haar verslag oor die ‘geskiedenis’ van die Rapportprys pertinent na die sienings van FIJ van Rensburg en Charles Malan dat die prys gekontamineer is omdat dit, onderskeidelik, van die begin af bedoel was vir ‘kontesterende’ skrywers (dus nie vir almal nie) en omdat die prosedure vir aanwysing van beoordelaars ruimte laat vir ‘manipulasie’ wat 'n bepaalde skrywer kan bevoordeel. Hierdie sienings lok teenreaksie uit van Olivier (1989d: 91) wat aanvoer dat die bewerings ‘dat die Rapportprys van die begin af selektief, gemanipuleer en gepolitiseer’ was, neerkom op verdagmakery waarop 'n bewyslas rus.
Breytenbach glo die mense wat betrokke was by die Rapportprys het heelwaarskynlik hul bes gedoen: ‘Ek moet sê, in my geval en ook in die ander se gevalle was die betrokke beoordelaarspaneel so onafhanklik soos 'n mens seker in Suid-Afrika kan wees. Maar met die gemors wat nou gebeur het, is selfs dit wat hulle gedoen het nie meer moontlik nie. Dis seker maar 'n bietjie onverstandig om te verwag dat 'n establishment-instansie soos Rapport pryse moet gee vir mense wat elk op sy eie manier anti-establishment is.’ (in Pieterse, Bruwer en Van Zyl, 1988: 28)
Die problematiek rondom die haalbaarheid - en selfs wenslikheid - van ‘ongepolitiseerde’ of ‘ideologievrye’ bekronings van tekste staan in die huidige tydvak binne 'n ander teoretiese raamwerk as wat dié diskoers in die sestigeren sewentigerjare gestaan het. Dit sou anachronisties wees om in 'n era van 'n ‘nuwe paradigma’ nog 'n beroep te wil doen op die ‘onafhanklikheid’ van die letterkunde. In regse kringe word al lank reeds aangevoer dat dit nie moontlik is om die lewe in hokkies te verdeel en ‘outonoom’ te verklaar en dus 'n kunswerk net aan estetiese maatstawe te meet nie (vergelyk ‘Teoloog’ se brief in Afr., 30.4.86 na aanleiding van die toekenning van die Rapportprys aan Breytenbach). Daar is literatore wat in die tagtigerjare nog 'n saak daarvoor wil uitmaak dat daar so iets soos ‘suiwer’ literêre oordeel kan bestaan. (Smith (1985: 28) wys daarop dat die Afrikaner nog altyd kon reken op 'n groot korps akademici wat die status quo ‘wetenskaplik’ kon probeer fundeer.) Ander besef dat die fokus in die debat moet verskuif.
Reeds in 1986 het Olivier (1986: 126) gestel dat die toekenning van die Rapportprys aan Breytenbach nie bewys hoe die Afrikaanse letterkunde elke ideologie transendeer, soos sommige waarnemers meen, nie. Drie jaar later glo hy dat die toekenning van literêre pryse ‘nooit iets anders as 'n gepolitiseerde
| |
| |
proses kan wees nie’ (1989: 91). Die beste waarop 'n mens kan hoop ‘is dat die soort onbeskofte politieke ingrype’ wat verhoed het dat dié prys (amptelik) aan Prinsloo toegeken is, ons ‘gespaar sal bly’ (ibid.).
Toe Breytenbach in 1984 die Hertzogprys van die hand gewys het, het hy gewys op die dilemma van beoordeling vir pryse: ‘Enige literêre waardebepaling geïnformeer deur die vergelyking van dit wat nie vergelyk kan word nie (want elke werk is in sy aard uniek) (is) 'n mistroostige gemors - tensy daar gebruik gemaak kan word van eksplisiete literatuurwetenskaplike of ideologiese maatstawe’ (Va., 7.5.84).
| |
VI
Visumweiering en Dakar-sending
Twee maande ná Breytenbach na Suid-Afrika gekom het om sy prys in die Staatsteater te kom haal - en die geleentheid gebruik om ‘sy mense’ te kasty én op te roep tot daadwerklike medewerking aan die ‘transformasie na 'n eenheidstaat’ - kondig die regering 'n tweede noodtoestand af. Daar is waarnemers wat glo dat hierdie stap daarop dui dat die regering toegee dat die vorige noodtoestand, van Julie 1985 tot Maart 1986, misluk het ten opsigte van die onderdrukking van verset teen apartheid: ‘This exposed the contradiction at the heart of the State's much-touted reform policy: the stability necessary for reform is impossible without repression, while repressive measures deepen the crisis to which reform is a response’ (SARS, 1987: xiv). Breytenbach het die landstoestand, wat hy as 'n ‘burgeroorlog’ beskryf, ook as paradoks ervaar:
Die paradoks is dat die ou staat, nou meer repressief as ooit, reeds aan't verbrokkel is. Daar sal groter wanorde kom en selfs nog minder beheer oor die repressiewe magte aan wie daar nog nooit demokratiese kontrole opgelê is nie. Die totalitarisme sal egter nie in stand gehou kan word nie. (Rap., 13.4.86)
Binne in hierdie noodtoestandkonteks word die ou ‘carrot-and-stick-approach’ (Breytenbach, 1971b: 57-58) weer op die dissidente Afrikaner-intellektueel toegepas (vergelyk hoofstuk 4 VII). Toe die ‘wortel’ van vervroegde vrylating en literêre pryse Breytenbach nie hokslaan nie, word die afweermeganisme van visumweiering ingespan. Daardeur word hy immers van die geleentheid ontneem om, in die huidige tydvak van algemene en toenemende onrus onder teenstanders van die apartheidsisteem, gemoedere te kom opsweep vanaf 'n literêre ‘podium’.
Op 30 Maart 1987 berig Pretoria News dat Breytenbach ‘has been refused permission by the government on security grounds to visit his sick father’. Die volgende dag verwys berigte in Die Burger, Die Volksblad en Die Vaderland na Stoffel Botha, minister van binnelandse sake, se verklaring waarin ‘verduide- | |
| |
lik’ word waarom die versoek afgewys is. Visums aan hom en sy vrou is naamlik geweier weens Breytenbach se gesindheid en optrede jeens die land en sy mense ('n verwysing na sy Rapportprys-toespraak) asook ‘ander veiligheidsoorwegings’. Minister Botha voer verder aan dat Breytenbach se vader, wat die afgelope tien jaar ná 'n beroerte-aanval in die hospitaal versorg word, se gesondheidstoestand stabiel is en sonder onlangse agteruitgang. In ‘gewone omstandighede’ sou die minister ‘om menslikheidsredes die visums wou magtig’, maar ná ‘sorgvuldige ondersoek en oorweging’ het hy besluit om die aansoek te weier. Al wyk min. Stoffel Botha af van die normale prosedure om nie verklarings oor visumweierings uit te reik nie (vergelyk PN., 30.3.87), bly die redes wat aangevoer word vaag: ‘gesindheid’, ‘optrede’, ‘houding’, ‘ander veiligheidsoorwegings’ en ‘gewone omstandighede’ is begrippe wat nie gespesifiseer word nie en verskillend geïnterpreteer kan word.
Die Afrikaanse pers lê nie in sy reaksie op die visumweiering 'n verband met die noodtoestand nie. 'n Hoofberig in The Argus (1.4.87), wat om humanitêre redes krities staan teenoor die regeringsbesluit, ‘beroep’ hom egter as 't ware op die bestaan daarvan: ‘With the huge range of emergency laws and security agencies at its disposal the government could easily ensure that Breyten Breytenbach came to South Africa to do what he says he wants to do - simply see his father and no more’.
Die visumweiering aan die omstrede Breytenbach was moontlik, soos Abraham H de Vries as voorsitter van die Afrikaanse Skrywersgilde aanvoer (Bu., 31.3.87), 'n (weliswaar klein) pionstoot in die verkiesingspropaganda-skaakspel wat op daardie tydstip die amptelike politieke diskoers bepaal het. Die hantering van die Breytenbach-visumaansoek was 'n handige illustrasiegeleentheid vir die Nasionale Party om te wys dat hy dit erns het met sy verkiesingsbelofte insake ‘landsveiligheid’.
'n Paar maande later sou Breytenbach weer die voorblaaie van die Afrikaanse pers haal met sy aandeel aan die Dakar-samesprekings met die ANC. Dit is moontlik dat sy ‘optrede jeens die land’ en die ‘ander veiligheidsoorwegings’ wat 'n paar maande tevore aangevoer is om hom uit die land te hou, te doen het met insae wat die regering reeds in daardie stadium in die organisasie ten opsigte van dié samesprekings gehad het.
Slegs twee dagblaaie uit die Nasionale Pers-stal en een uit dié van Perskor spreek hulle redaksioneel uit oor die visumweiering. Sowel Die Volksblad (31.3.87) as Beeld (1.4.87) se kritiek op die besluit hou verband met die feit dat dié optrede negatiewe kritiek vanuit die buiteland op Suid-Afrika en die Nasionale regering gaan ontlok. Die Transvaler (1.4.87) maak in sý hoofberig ook melding van die ‘georkestreerde verwyte’ wat oor die visumweiering sal val, maar steun tog die minister se besluit: ‘Die minister tree hier korrek op gesien die politieke toestand in die land en geweeg teen Breytenbach se gesindheid teenoor die bestel in Suid-Afrika’. Die omstrede skrywer het immers sedert sy aanstootlike Rapportprys-toespraak ‘nog nie bewys gelewer dat sy gesindheid verander het nie’. 'n Berig in dieselfde gees as dié van Die Transvaler verskyn in die lyfblad van die regsgesindes, Die Afrikaner (15.4.87). Hierin word 'n woord van gelukwense aan min. Stoffel Botha uitgespreek. Breytenbach het waarlik
| |
| |
herhaaldelik getoon dat hy nie in Suid-Afrika toegelaat behoort te word nie: ‘Ander besef dit al lankal, maar die Regering het dit skynbaar eers agtergekom toe Breytenbach verlede jaar 'n tirade teen die Blanke in die Staatsteater in Pretoria gelewer het’.
Volgens Die Volksblad praat talle Suid-Afrikaners gereeld baie onvleiend van Suid-Afrika op internasionale verhoë, maar ‘juis omdat hulle vry is om dit te doen, dra hulle uitlatings al hoe minder gewig’. Die visumweiering aan Breytenbach ‘maak van hom 'n martelaar en gee aan sy uitlatings oormatige gewig. Die moontlike nadelige gevolge van 'n besoek kan oorskadu word deur die kritiek wat Suid-Afrika nou weer kan verwag’. Ook Beeld voel dat ‘as die doel met die weiering van die visum was om Breytenbach 'n propagandageleentheid te ontneem, dan is net die teenoorgestelde daarmee bereik’. Die skrywer het wel nog van elke besoek aan Suid-Afrika misbruik gemaak, ‘maar die feit is dat dit vir hom meer kwaad gedoen het as vir Suid-Afrika’. Die tradisioneel verligte Nasionale Pers-dagblad, Die Burger, lewer geen redaksionele kommentaar op die visumweiering nie. Dít is 'n strategie wat Die Burger telkemale in die verlede teenoor Breytenbach gevolg het.
Ook Nasionale Pers en Perskor se gesamentlike Sondagblad, Rapport, wat in die spervuur gestaan het ná Breytenbach se toespraak tydens die oorhandiging van die eerste Rapportprys, swyg redaksioneel oor die visumaangeleentheid. In 'n berig op die kunsbladsy (5.4.87) berig Coenie Slabber egter uitvoerig oor 'n telefoniese onderhoud met Breytenbach en 'n verklaring van die Afrikaanse Letterkundevereniging, terwyl daar ook 'n verwysing voorkom na Beeld se hoofartikel wat ‘die Regering dit verkwalik dat hy die visums aan die egpaar Breytenbach geweier het’. Aanhalings uit die onderhoud met Breytenbach lê klem op sy verslaenheid en teleurstelling oor die regering se besluit en dit ná hy geen twyfel gelaat het oor die doel van sy besoek nie, naamlik om sy siek vader en sy familie en vriende te besoek. Hy was selfs bereid om hom skriftelik daartoe te verbind dat hy geen onderhoud sou toestaan nie, nie in die openbaar sou optree nie en geen byeenkoms sou toespreek nie. Wat betref sy ‘gesindheid’ jeens die land word dit beklemtoon dat Breytenbach, soos die oorgrote meerderheid van die mense van Suid-Afrika, teen apartheid is, maar nié teen Suid-Afrika nie. Ten opsigte van ‘optrede’ teen die land word gestel dat Breytenbach sê dat hy jare reeds by geen ‘subversiewe aktiwiteit of organisasie’ betrokke is nie; dat ‘linkse ekstremiste’ hom sy vorige besoek aan Suid-Afrika verkwalik; dat hy nooit uit sy plek of namens iemand oor Suid-Afrika praat of die voortou by anti-Suid-Afrikaanse situasies neem nie. Die feit dat hy sy Suid-Afrikaanse burgerskap opgegee het en 'n Franse burger geword het, word veral toegeskryf aan praktiese redes soos verblyfreg in Frankryk en omdat dit huidig onmoontlik is om vryelik met 'n Suid-Afrikaanse paspoort in Wes-Europa rond te reis - iets wat Breytenbach se werk (as skilder en skrywer) van hom vereis.
Redaksionele kommentaar in liberale Engelse koerante is ook gerig op die menslike implikasies van die besluit - dit word byvoorbeeld gesien as ‘excessively cruel’ in die besondere omstandighede (TA., 1.4.87) en as ‘unjustified and distasteful’ (Star., 5.4.87).
| |
| |
In teenstelling met wat gebeur het toe 'n visum in 1965 aan Yolande Breytenbach geweier is, lok die visumonthouding aan Breytenbach self geen openbare reaksie van sy medeskrywers en vriende as individue uit nie. Ook in 1988 is daar geen openbare reaksie uit hierdie oorde nie toe Breytenbach 'n visum geweier word om 'n ere-doktersgraad aan die Universiteit van Wes-Kaapland te kom ontvang.
Breytenbach se radikale politieke uitsprake en optrede het sy (eertydse) skrywersvriende van vroeg af reeds in 'n verleentheid gestel - onder meer ook omdat dit 'n agterdog jeens húlle ontlok het. Vroeër kon hulle nog hul lojaliteit teenoor hom as mede-Afrikanerskrywer handhaaf aan die hand van 'n literatuuropvatting wat voorsiening gemaak het vir 'n onderskeid tussen sy ideologie (menswees) en sy skryfwerk. Verskuiwende literatuuropvattings in die tagtigerjare maak egter só 'n skeiding (en selfverskansing) moeilik ‘wetenskaplik’ verantwoordbaar.
Alhoewel individuele (ouer en jonger) skrywers en literatore hulle nie in die openbaar uitlaat oor die 1987-visumweiering aan Breytenbach nie, word openbare verklarings deur organisasies wat verteenwoordigend is van Afrikaanse skrywers en letterkundiges gedoen.
Die eerste verklaring kom van die voorsitter van die Afrikaanse Skrywersgilde, Abraham H de Vries, wat hom in 1965 op humanitêre gronde en die belange van die Afrikaanse letterkunde beroep het in sy reaksie op die destydse visumweiering aan Yolande Breytenbach. Sy verklaring in 1987 lui soos volg:
Om een van die grootste lewende Afrikaanse digters toegang tot sy vaderland te ontsê, terwyl die geskiedenis bewys het dat hy in sy stryd teen apartheid en die Wet op die Verbod van Gemengde Huwelike selfs deur die Regering gelyk gegee is, is só sinies en kortsigtig dat dit 'n mens woordeloos laat.
Dit lyk asof die geskiedenis homself gaan herhaal.
Min. Stoffel Botha se redes vir die weiering van visums aan Breyten Breytenbach en sy vrou, Yolande, is onoortuigend en klink eerder na eleksiepropaganda as na besinning oor 'n saak wat, reeds as gevolg van verkeerde besluite, Suid-Afrika onnoembaar veel skade berokken het. (Bu., 31.3.87)
De Vries stel weer eens Breytenbach se gekanoniseerde posisie binne die Afrikaanse letterkunde voorop en hy is ook, soos die redaksies van Afrikaanse koerante, bekommerd oor die skade wat die propaganda rondom die besluit aan Suid-Afrika kan berokken.
Ook die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV) reik 'n verklaring uit. Dié Vereniging is in 1984 gestig om die studie en belange van die Afrikaanse letterkunde te bevorder. Ten tye van die uitreik van die verklaring was die voorsitter, Elize Botha, oorsee en het die ondervoorsitter, Charles Malan, dit hanteer. Die verklaring aan Rapport, wat 'n verwysing bevat na die telegram wat aan min. Stoffel Botha gestuur is, lui só:
Dit het verreikende implikasies dat 'n digter wat hier aan alle onderwysinrigtings bestudeer word, nie toegelaat word in die land waaroor hy skryf nie. Voortgesette kontak is uiteraard vir hom en sy vrou en sy familie van groot belang.
Die ALV het mnr. Botha gevolglik dringend versoek om sy besluit in belang van
| |
| |
die letterkunde en die Breytenbach-familie te herroep. Ons glo dat Breytenbach, as intellektueel, se deelname aan 'n gesprek rondom politieke, literêre, en ander sake 'n belangrike doel dien, hoeseer daar ook al met hom verskil word. (Rap., 5.4.87)
Die ALV se beroep op die regering om sy besluit te herroep, berus op humanitêre gronde én die belang en funksie van Breytenbach binne die Afrikaanse literêre bestel - hy is immers 'n gekanoniseerde skrywer wat ‘aan alle onderwysinrigtings bestudeer word’. Ook Breytenbach se politieke betekenis word te berde gebring, soos in die Gilde-verklaring. Die evaluering van Breytenbach se rol binne die wyer intellektuele diskoers roep die gebeure tien jaar tevore tydens die ‘betrokkenheidsdebat’ op. Hiertydens het ‘betrokke verligtes’ én ‘ewewigtige verligtes’ hulle álmal beroep op die ‘oop gesprek’ (en ‘lojale verset’). In 1987 gebeur dit nog dat deelnemers met verskillende ideologiese oriëntasies dit doen. Die ALV, wat die indruk wek van ‘linkser’ oriëntasie, doen dit - maar só ook Spits (Jul. 1987), lyfblad van die konserwatiewe Afrikaanse departement van die RAU, wat dit as sy taak sien om ‘ten spyte van die versplintering en die radikalisering van beskouings en persepsies, ten spyte ook van weiering om “saam” en “met mekaar” te praat, die moontlikheid van “gesprek”, van die “oop” gesprek, oop te hou.’ Daar is vandag waarnemers wat krities teenoor die opvatting staan dat die literatuur (en literêre bestel) aanspraak daarop maak om die domein van ‘vrye spraak’ en ‘private mening’ te wees terwyl daar nié so iets soos individuele vryheid bestaan nie (vergelyk De Jong, 1988: 9).
Die visumweiering aan Breytenbach weer hom nie uit die (literêr-)politieke diskoers nie. Vroeg in Julie berig koerante (die eerste was TC., 3.7.87) dat F van Zyl Slabbert van die Institute for a Democratic Alternative for South Africa (IDASA) en die skrywer Breyten Breytenbach etlike maande tevore al ‘saamgespan het om 'n hoogs geheime ontmoeting te reël tussen die ANC en 'n Suid-Afrikaanse groep, onder wie verskeie Afrikaner-sakemanne, -skrywers en -akademici’ (Rap., 5.7.87). Die ontmoeting sal binne enkele dae in Dakar in die Wes-Afrikaanse staat Senegal plaasvind. Daar word druk bespiegel oor hoe die regering, wat gesprekvoering met die ANC ontmoedig, hierop gaan reageer. Op 7 Julie maak Beeld die name van die Suid-Afrikaanse beraadgangers bekend. Onder hulle is, naas 'n ‘omstrede’ persoonlikheid soos Beyers Naudé (vorige hoofsekretaris van die SARK), heelparty bekende voorstanders van ‘onderhandeling’ vanuit historiese, joernalistieke en kultuurkringe - onder andere André du Toit, Hermann Giliomee, André Odendaal, Heribert Adam; Franklin Sonn en Randall van den Heever; Riaan de Villiers, Hennie Serfontein, Chris Louw; Manie van Rensburg, Revel Fox, Grethe Fox, Hardy Botha en die literatore Ampie Coetzee en Jakes Gerwel (as lid van IDASA se raad van trustees) asook literator-skrywer André P Brink.
Rapport verwys na gerugte dat Breytenbach hom al geruime tyd beywer om 'n ‘regering-in-ballingskap’ in die buiteland te help instel. Lede van die toergeselskap sê egter die gerugte is bedoel om die groep onder verdenking te plaas. In ander koerante word Breytenbach uitgelig as die ‘behind-the-scenes mastermind of the black-white get together’ (PN., 4.8.87), of as ‘key figure,
| |
| |
with the wife of France's Socialist president’ in die reëlings vir die beraad (TSS., 5.7.87). Die inisiatief het nie van Breytenbach uitgegaan nie, maar hy, wat persoonlik bevriend is met mev. Mitterand, het as skakel tussen IDASA en die Danielle Mitterand Foundation (Die Franse Vryheidstigting) opgetree - 'n organisasie wat hom beywer vir menseregte en anti-rassisme en wat gehelp het met die reël van visums na Wes-Afrika. Volgens Breytenbach is dit sy ‘verterende liefde vir Suid-Afrika en (sy) geloof in die land en sy mense wat (hom) gedryf het om 'n ontmoeting tussen Suid-Afrikaners en die ANC te (help) reël’. Volgens die telefoniese onderhoud wat Beeld met hom gehad het (8.7.87), is hy opgewonde en baie gelukkig oor die Afrikaner-verteenwoordiging uit byna elke deel van die samelewing wat bereid is om met die ANC te praat. Hy het gesê dat solank as mense praat, daar nie tyd vir skiet is nie.
Chris Louw (1987:28) wys daarop dat die vroeë nuusdekking oor die beraad bestaan uit begeleide en ingeklede beriggewing. Groot aandag is bestee aan die betekenis van allerlei insidentele gebeure rondom die Dakar-gesprek, maar daar is weinig geleentheid gebied aan beraadgangers om self te verduidelik waarom dit gaan. Hy noem as die ‘blatantste voorbeeld van tendensieuse beriggewing’ die berig in Beeld van 14 Julie onder die opskrif ‘ANC se geslepe plan met Dakar’ en kleiner bo-opskrif ‘Regering in ballingskap vir SA terro's se doel’.
Louw (op.cit.:26-29) glo die Dakar-beraad het soveel aandag in die regeringsgesinde pers gekry omdat dit tot elke prys afgeskiet en verdag gemaak moes word, want dit kon 'n verleentheid vir sowel die regering as die parlementêre bestel in Suid-Afrika skep.
Op 12 Julie reik die afvaardiging van 17 ANC-lede en 59 Suid-Afrikaners wat in hul persoonlike hoedanigheid die konferensie bygewoon het, 'n gesamentlike communiqué uit (twee Suid-Afrikaners wat in hul amptelike hoedanigheid daar was, onderskryf dit nie). Volgens hierdie verklaring het die deelnemers uit Suid-Afrika die gemene verbintenis gehad dat hulle reeds sowel die ideologie as die beoefening van die stelsel van apartheid verwerp het en hulle beywer vir die skepping van 'n verenigde, demokratiese en nie-rassige Suid-Afrika. Hulle was bewus daarvan dat sommige aanhangers van apartheid hulle optrede as verraad beskou - teenoor die apartheidstaat én die Afrikanerdom.
Die samesprekings is volgens hierdie communiqué rondom vier sleutelonderwerpe gehou: strategieë om fundamentele verandering in Suid-Afrika te weeg te bring; die bou van nasionale eenheid; gesigspunte oor die strukture van die regering van 'n vrye Suid-Afrika en van die ekonomie van 'n bevryde Suid-Afrika. Die grootste bron van kommer, al is die gewapende stryd as historiese werklikheid aanvaar, was die ANC se voorneme om dit voort te sit en te intensifeer. Erkenning is egter daaraan verleen dat geweld in Suid-Afrika daaruit voortspruit dat die aanwending van geweld grondliggend aan die bestaan en praktyk van rasse-oorheersing is. Die konferensie het sy eenparige voorkeur vir 'n onderhandelde oplossing uitgespreek, alhoewel die houding van die huidige maghebbers die vernaamste struikelblok in die weg van vooruitgang in hierdie verband is. Daar is aanvaar dat die onvoorwaardelike vrylating van alle politieke leiers in gevangenskap en die opheffing van die verbod op organisasies, fundamentele voorvereistes vir sodanige onderhandeling sou wees.
| |
| |
Om die doelwit van 'n nie-rassige demokrasie te bereik, sal egter verskillende strategieë in ooreenstemming met die moontlikhede wat beskikbaar is aan die onderskeie anti-apartheidskragte, gebruik moet word. (Die Dakar-verklaring is opgeneem in DSA, Sept. 1987.)
Die meeste briewe van koerantlesers wat in Afrikaanse dagblaaie reageer op die Dakar-samesprekings staan krities daarteenoor, veral in die lig van die bomontploffing by die Hoofkwartier van die Kommandement Witwatersrand in hierdie tyd. Klem word gelê op die makaberheid van die ‘Dakar-safari’ wat geweld wil goedpraat - die ANC is immers ‘'n organisasie rampokkers’ en ‘'n ateïstiese groep maniakke met geen respek vir menselewens’ (PJ Heyns, PA Jacobs, DP Dippenaar en CF Erasmus in Beeld, 30.7.87); die beraadgangers se siening van demokrasie - ‘menslikheid en die toekenning van menseregte moet (immers) aan sekere standaarde gemeet word’ (MC Martin, Beeld, 31.7.87) en hulle geloof in dialoog - 'n liberalistiese uitgangspunt wat net van toepassing gemaak word op mede-liberale en Marxiste - en ‘internasionalisme’, wat maar net daarop neerkom dat hulle pionne is van Groot Geldbelange (AD Pont, SA Observer, Aug. 1987). Enkele briewe verskyn wat simpatiek staan teenoor die samesprekings. MC Dippenaar (Beeld, 30.7.87) kan uit 'n teologiese oogpunt niks verkeerd sien met 'n gesprek tussen Christen-Afrikaners en die ANC ‘oor versoening en vrede in ons land nie’; hy glo trouens dat so 'n gesprek ons ‘Christelike plig en roeping is’. Lionel R Louw (DSA., Des. 1987) sou wou sien dat die Dakar-groep nou ‘by betekenisvolle bevrydingsgebeure’ hier plaaslik betrokke raak. Hy wonder of die samesprekings tot ander insigte ten opsigte van die onvermydelike - 'n swart meerderheidsregering - gelei het en, indien wel, hoe hierdie insigte weerspieël gaan word in die verloop van hul alledaagse bedrywighede.
Die aanvaarding van die Afrikaanse Skrywersgilde se mosie vir die ondersteuning van die Dakar-inisiatief was nie sonder teenkanting nie. Ronnie Belcher het daarteen gestem (Rap., 26.7.87); Anna M Louw distansieer haar in die openbaar van die mosie (Bu., 16.7.87) en FA Venter bedank as lid (Bu., 22.7.86); PG du Plessis (Va., 23.7.87) sê hy sou teen die mosie gestem het indien hy by die beraad was.
Tydens en net ná die konferensie het die klem in beriggewing in die amptelike pers verskuif na ontwikkelinge en verskille tussen beraadgangers wat kon help bewys dat die beraad 'n algehele mislukking was (Louw, 1987:29). Dit word veroordeel as poging tot ‘onderhandeling’ met die ANC namens die Afrikaners (Bu., 7.7.87; TC, 8.7.87). Louw glo dat hier ‘op selfopgesette teikens geskiet word’ en daardeur ‘onbewustelik 'n subtiele erkenning gemaak word dat onderhandeling met die ANC wel deeglik op “die Afrikaners” se politieke agenda is’ maar dat ‘die verkeerde mense gaan praat het’ (soos blyk uit die Staatspresident se amptelike reaksie op die beraad, SA Digest, 21.8.87) en dat hulle bloot gaan praat het en nie werklik onderhandel het nie.
Vir 'n alternatiewe publikasie soos Weekly Mail (17-23.7.87) lê die belang van die beraad bloot in die demonstrasie van ‘how far intellectual rebellion has gone in Afrikanerdom’ en, meer nog en met verwysing na bepaalde insidente, ‘in the revealed ignorance of the intellectuals rather than in the learning one
| |
| |
might have expected’. Daarenteen word dit duidelik uit uitlatings van beraadgangers by hulle terugkeer dat húlle beïndruk was vir sover dit die ‘geartikuleerdheid, redenasievermoë, akademiese deskundigheid, politieke insig, kennis van Suid-Afrikaanse omstandighede, leierskap en diplomasie’ van die ANC-afgevaardigdes betref (Johan van der Westhuizen, toespraak voor Pretoria Persklub, 24.7.87; Ampie Coetzee sluit hierby aan in Beeld, 30.7.87).
Wat was die indrukke van die literatore onder die beraadgangers? André P Brink glo baie Afrikaner-akademici word nog gekortwiek deur hul vaste denkpatrone; hulle vind dit moeilik om ontslae te raak van idees soos die onderskeid tussen geweld en nie-geweld, die oorvereenvoudiging van ‘kommunisme’ en die opvatting dat Afrikaner-nasionalisme 'n soortgelyke swart nasionalisme uitlok. Hyself glo nie dat dit in PW Botha se tyd moontlik sal wees om ware ‘onderhandeling’ met die ANC aan te knoop nie - nie solank daar aangedring word op die afswering van geweld nie. Die taak vir dié wittes wat 'n oop, demokratiese en nie-rassige samelewing voorstaan, lê in ‘trying to make sure that the armed component of the struggle lasts for as short a time as possible (and) this can be done through spreading awareness and prodding the conscience of whites’. Dit sal egter 'n moeilike taak wees gesien die beeld wat deur die media van die ANC voorgehou word (EPH., 23.7.87).
Ampie Coetzee gee in reaksie op die Beeld-beriggewing van die beraad sý persepsies weer in 'n brief waarin hy die ANC as buffer teen die radikale elemente in die Suid-Afrikaanse samelewing sien (Beeld, 30.7.87). Hy wys daarop dat die ANC nie 'n nasionalistiese organisasie en politieke party is nie, maar 'n ‘gewilde, nie-etniese volksbeweging wat inherent deel geword het van die kultuur van die meerderheid mense in Suid-Afrika’. Die ANC verwerp nie die blanke nie en sluit nie die Afrikaner, sy taal en kultuur uit nie en dit is daarom nóú die tyd ‘om ernstig te praat oor onderhandelinge’, vóór die ‘opkomende, stuwende, radikale, onrustige jonger geslag, die jeug van die “townships”’ die oorhand kry met hulle weldeurdagte, nugtere argumente. Tussen die ‘Libiese opsie’ en ‘ons’ staan dus die ANC wat ‘onderskei tussen geweld en die gewapende stryd’, wat probleme het met ‘onbeheerde geweld en chaos’ en wat nié in die mag van Moskou is nie.
Jakes Gerwel het nie illusies oor die politieke konsekwensies van die Dakar-ontmoeting nie. Die waarde van die samesprekings is volgens hom eerder simbolies in die sin dat die ANC weer as 'n besprekingspunt op die nasionale agenda geplaas is en wel as 'n belangrike, indien nie dié belangrikste nie, deelnemer aan die politieke proses in die land. Hy self het deurgaans gevoel hy deel meer met die ANC as met die binnelandse afvaardiging wat bestaan het uit weggebreekte Nasionaliste van wie min na aan die buite-parlementêre demokratiese beweging staan. Vir hom was dit opvallend dat dié groep nie genoegsaam onderlê is deur 'n historiese begrip nie en dat daar gewoon nie genoeg kennis was van die geskiedenis van 'n breër Suid-Afrika nie. En al was daar 'n ‘verskuiwing in persepsie’ by die binnelandse afvaardiging, weet hy nie van politieke ‘bekering’ nie (DSA., Sept. 1987).
Breytenbach se deelname aan die samesprekings kan beskou word as deel van sy strategie om binne sy eie groep te bly werk, vastrapplek te behou (kyk
| |
| |
hoofstuk 7 VII) en by te dra tot die opsie van die tipe ‘onderhandeling’ wat hy onderskryf (kyk hoofstuk 7 II). Sy reflektering oor die ANC (1988a: 23-24) dui sowel op bedenkinge teenoor sekere praktyke (veral oor 'n valse gevoel van ‘bondgenootskap’ wat geskep kon gewees het en oor die gladde praatjies van ‘liberatory intolerance’), as op 'n aanvaarding van die organisasie se bona fides. Terselfdertyd staan hy ook krities teenoor ‘verligte nasionalistiese Afrikanerskap’ wat tot uitdrukking kom rondom die beraad (met spesifieke verwysing na die reaksie van Giliomee, 1988: 22-23).
Anders as sommige lede van die blanke afvaardiging glo Breytenbach (1988a: 23-24) dat die konflik in die land nie 'n neutrale, a-historiese gegewe is nie; volgens hom lê die begin van die spiraal van geweld, die verantwóórdelikheid daarvoor by die stelsel wat ‘konstitusioneel en met opset en toepassing gewelddadig, repressief, uitbuitend, totalitêr, met diep fascistiese wortels, en illegaal’ is. Hy vind Giliomee se siening dat die konflik een ‘tussen twee strydende nasionalismes is’, ‘heeltemal verwerplik en selfs gevaarlik omdat dit misleidend is’ in die bewering dat die ANC hom as nie-rassig voordoen terwyl die eintlike dryfkrag swart nasionalisme sou wees. Al is daar sterk strominge daarvan in die ANC, beantwoord hulle juis nié aan die aspirasies van baie swart Suid-Afrikaners nie (soos bewys deur die bestaan van Swart Bewussynorganisasies) al sou dit, op die kort termyn, meer lonend vir hulle gewees het om op grond van swart nasionalisme te mobiliseer. Breytenbach aanvaar die ‘nagmerrievrese wat Afrikaners, veral dié in die laer inkomstegroepe, oor 'n swart bewind koester’ as werklik, hoewel gegrond op ‘doelbewuste misleidende propaganda van geslagte al’. Dit is ‘óns plig om die teendeel te bewýs deur informasie, blootstelling, konfrontasie’. Ten opsigte van die problematiek van die versekering van die ‘voortbestaan van die groep’ glo Breytenbach nie dat die pad na nasiebou loop deur enige vorm van verskansing van ‘groepsregte’ of ‘blokke’ nie - dit sou neerkom op ‘apartheid uit die kanker haal om die kanker te kan behou’, dit wil sê op die behoud van die magspolis. Nasiebou kom vir hom juis neer op ‘die saamsnoer in wisselwerking van heterogene elemente (... nie volk nie), pluralisties in sy uitdrukkingsvorme en selfs leefwyses, maar met 'n
demokratiese bestel’.
Ten spyte van die bedenkinge wat Breytenbach het oor liberale opposisie (kyk hoofstuk 7 IX), neem hy weer deel aan die onderhandelingsinisiatiewe wat sedert Dakar momentum begin kry - in Oktober 1988 byvoorbeeld, woon hy samesprekings in Leverkussen, Duitsland, by saam met 22 blanke Suid-Afrikaners, afgevaardigdes van die Sowjet-Unie, ampsdraers van die ANC en Duitse Afrika-kenners (VW., 4.11.88).
| |
VII
Breytenbach oor die rol van die (wit, Afrikaanse) skrywer en die aard van die letterkunde
Uit 'n onderhoud met Stet (1983a: 7-9), kort ná sy vrylating, word dit duidelik
| |
| |
dat Breytenbach homself nie (meer) as 'n ‘kruisvaarder’ sien nie - alhoewel hy, indien hy nog iets daarvan in hom had, dit sou gebruik om ‘'n veldtog te loods, wêreldwyd, vir die bestryding en uitwissing van alle geheime dienste, veiligheidspolisie, netwerke, broederbonde... en hulle eweknieë op kulturele en selfs suiwer literêre gebied’ omdat hulle 'n ‘monsteragtige magsnexus’ daarstel. (Tydens die Rotterdamse Poësiefees van 1983 stel hy die stigting van 'n wêreldwye organisasie, wat uit die bevolkings self moet groei, voor om juis dít te doen - volgens hom sal dit wel 'n manier wees om jouself voëlvry verklaar te kry, ‘maar dit het beslis ook alles te doen met poësie’, Rap., 24.7.83.)
In 'n toespraak in 1983 voor die Hollandse tak van PEN, oor die skrywer en sy verantwoordelikheid binne 'n spesifieke sosiale en kulturele konteks, kies Breytenbach téén ondergrondse politiek en vír die uitlewing van sy aktivisme deur sy kuns:
I subscribe to the cause of liberation and of majority rule in South Africa. At this juncture I believe I can best support that cause through my writing - and in not attempting to pull the wool over anyone's eyes. This is not an abstract idea I pursue (although I am committed ideologically to the transformation of the South African society) but the total sense of my life. (1983d: 102)
Die vereenselwiging met die ‘struggle’, wat vir hom basies die ‘endless struggle for greater justice and more liberty’ (op.cit.: 99) is, het vir hom direkte implikasies vir skrywerskap:
The struggle in South Africa is finally and fundamentally also that of projecting conflicting readings. It is true that we, as whites, must become conscious of our lack of relevance, and know that such a consciousness leads to pessimism if not negativism. Which, among other reasons, is why the appreciation of the struggle, or the image if you wish, is so important. Yes, if we are impassioned and detached enough a case can be made for a historically justified positive interpretation of present events. And that, surely, is also what we ought to be bending our penpecked minds to. (1985c: 206)
Breytenbach glo egter dat die ‘struggle’/die bevrydingsideologie ‘ontleed moet word in al sy samestellende komponente (en) toepaslik gemaak word vir die afsonderlike groepe en klasse - die vorm wat dit vir die wit intellektueel aanneem sal dus anders wees as vir die jong swartman in Soweto’ (1983a: 9). Hy glo dat ‘suiwer op 'n streng klassieke klasse-analise gegrond’ daar ‘'n veelvuldigheid van funksies, skynbaar uiteenlopende maar tog aanvullende areas van aksie’ is - die ‘etiek van weerstand’ moet duidelik omlyn word (Rap., 15.5.83).
Hy het tans sy bedenkinge oor die waarde van die rol van die intellektueel as sodanig: ‘Responsibility implies the freedom to be critical. Few positions are as demanding as that of the “fellow-traveller”: Too often the intellectual is a sheep, one of the bourgeoisie who, as Lenin pointed out, will make the revolution for us. All too often also the intellectual, ill at ease because of the contradictions of his condition, is hood-winked by the promise of “playing an important role”’ (1983d: 104). Die klem wat Breytenbach plaas op die rol van die ‘people’ en van massa-organisasies soos die ANC binne die ‘struggle’ (kyk hoofstuk 7 II),
| |
| |
kom daarop neer dat hy betoog dat intellektuele nie op die teenstand tot apartheid moet beslag lê nie; hulle moet 'n bydrae maak tot die ontwikkeling van dié teenstand, hulle standpunt stel en hulle nie daaroor bekommer dat hulle beheer mag verloor nie (Walzer, 1988: 32).
Watter funksie, area van aksie, sonder hy uit vir die skrywer binne die bevrydingstryd? ‘In dié stryd en proses (wat moet lei tot 'n bewindsoorname van verteenwoordigers van die meerderheid van die landsbevolking in 'n unitêre, geïntegreerde staat) moet 'n menswaardige Suid-Afrikaanse kulturele identiteit gesmee word. Dis hier waar die skrywer te berde kom’ (Rap., 15.5.83). Breytenbach aanvaar nou dat die transformasie na die ‘Suid-Afrikaanse kulturele identiteit’ wat hy al so lank bepleit (vergelyk hoofstuk 4 I) slegs binne en deur die stryd wat hom in die land afspeel, sal kan geskied:
So what do you do... as a writer...? The implications of the unfolding drama are too momentous for you to afford the luxury of ‘tactics’. Holding back, hiding your game, is a form of paternalism and disdain for your fellow South Africans. You have to try by all means to see justly and clearly. You have to speak your mind directly. Fight your own fear: ‘they’ handicap you by the fear they instil in you. Guild and all wishy-washy or breast-beating sentimentalism engendered by guilt - these are out... You are an African. Assume that fully. Solutions must be found within the country, with the people, all the people... Strive for the growing realisation, through heritage and through struggle, of one South African cultural identity composed of an incredibly rich variety of sources and expressions. (1984a: 327-328)
In 'n onderhoud met Van Zyl Slabbert spel Breytenbach weer hierdie opvatting van hom uit: ‘Wat 'n skrywer kan doen, is om absoluut eg en presies te wees omtrent die situasie binne Suid-Afrika self, en om dit so goed moontlik te probeer beskryf’ om sodoende mee te werk aan ‘die langsame en baie pynlike skepping en ontwikkeling van 'n Suid-Afrikaanse kulturele identiteit’ (1985d: 47).
Dit is egter vir Breytenbach duidelik dat die Afrikaanse skrywer tans in Suid-Afrika ‘veel minder van 'n rol het om te speel; veel meer van 'n randgeval geword het as wat die geval was in die sestigerjare en ietsie daarvóór... Die een (rede) is dat ons begin besef dat die deurslaggewende verandering in Suid-Afrika nie noodwendig gaan kom met 'n verandering van gevoelens in die Afrikaanse gemeenskap nie. Dit gaan sekerlik veel meer 'n kwessie wees van druk wat uitgeoefen gaan word deur die ander Suid-Afrikaners op die blanke gemeenskap’ (ibid.). Tog kan die Afrikaanse skrywers kies vir sáámwerk aan die nodige transformasie na 'n demokratiese staat, anders gaan hulle ‘irrelevant wees: 'n staatkuddetjie slagvee’ (Rap., 13.4.86).
Omdat hy tans aanvaar dat swart en wit skrywers se ‘commitments’ ten opsigte van die proses wat in die land aan die gang is, uit verskillende gronde ontspring, eis Breytenbach nie meer soos vroeër (kyk hoofstuk 5 IV) dat die wit intellektueel/skrywer hom moet lósmaak van die klas of groep waartoe hy tradisioneel behoort om die saak van die gedomineerde groep te steun nie. Oor homself sê hy: ‘I cannot act differently from what I am’ (1985c: 205). Maar hy sal ook nie toelaat dat sy soort betrokkenheid bepaal word deur ‘the acceptance
| |
| |
or the rejection, the appreciation or the disregard, of my Black compatriots’ nie (ibid.). Hy verwerp egter die idee dat hy as blanke (of die ‘witterige Suid-Afrikaner’ as sodanig) nie mag saampraat oor wat daar moet gebeur in Suid-Afrika nie: ‘Ek aanvaar wel die kwalifikasie dat die blanke Suid-Afrikaner 'n spesifieke bydrae het om te lewer, gesien sy besondere omstandighede en spruitende uit sy eie agtergrond. Met ander woorde, ek beweeg binne 'n besondere gemeenskap; ek maak gebruik van 'n sekere taal; ek het toegang tot 'n bepaalde publiek wat 'n swart skrywer nie het nie, en ek is bevoorreg - natuurlik - om dit te kan doen’ (1985d: 47). Dit is in daardie stadium vir Breytenbach duidelik dat daar geen manier is waarop 'n mens as blanke in Suid-Afrika polities betrokke kan raak nie, behalwe juis by die blanke politiek: ‘Laat ons nie 'n fout maak daar nie. Dit is nie moontlik vir die witman om uit te stap uit sy omgewing, en nog te hoop dat hy aanvaar gaan word in 'n alternatiewe politieke omgewing nie. Dit is 'n soort paternalisme wat die swarten bruinman lankal nie meer aanvaar nie’ (op.cit.: 48).
As voorbeeld hiervan verwys Breytenbach na die ontbinding van die Johannesburg-tak van PEN in 1981 - ‘because it was felt that the “non-racial character of PEN had proven more of an impediment than an impetus to the cultural struggle which most of its members sought to further”’ (1985c: 201). Hy glo dat dít (naas ‘public play by Blacks slapping away the white hands’) ook 'n manier was om te sê dat paternalisme nie meer aanvaarbaar is nie: ‘That the sitting together cannot quench the fires of rage and humiliation ignited by the Soweto events; that a multi-ethnic (or anti-racist) superstructure such as PEN reflects do-goody idealism - corresponding neither to the reality of polarization nor to the consciousness of the people’ (ibid.).
'n Ontleding van die literêre toneel in Suid-Afrika in die tagtigerjare (1985c: 203) bring Breytenbach tot die gevolgtrekking: ‘As also the spheres of political, labour, and religious activity - the literary world is shot through with often unrecognized rifts... Writers' solidarity is only page-deep...’ (ibid.). Gesien vanuit sý perspektief as blanke skrywer het daar nie 'n kulturele tussengrond tot stand gekom wat as ‘skokbreker’ kan dien vir politieke gruwels nie: ‘(It) could have been hammered out - had the white writers the foresight to break with their own tribal authorities, forcefully so, along lines of absolute solidarity with their Black colleagues, even without any recognition from the latter. This did not happen. We were/are too thoroughly depoliticized’ (op.cit.: 204) - net soos die res van die blanke gemeenskap (1985d: 47).
Sý taak as skrywer en radikale teenstander van apartheid is om te soek na ‘the rifts and the cracks through which a shift in awareness can be promoted’ en na metodes waardeur hierdie verskuiwings ingespan kan word vir die bewerkstelliging van transformasie (1985c: 204). Maar met die wete dat hy binne sy eie groep moet arbei:
As a wordsmith aware of the political implications of writing (‘there can be no dichotomy between writing and politics: writing is political’) I could argue - well, yes, I must blow them out of the bathtub, see, I'm trying to yeast Afrikaner sensibilities from within and therefor I start with the bread we break together, even
| |
| |
if only via the basic complicity of a common mumbo-jumbo, I mean language, I mean taal. How else could I have a say so? (op.cit.: 205)
Sy pogings om 'n spreekbeurt te kry (om vastrapplek te behou in sy land van herkoms) sluit volgens Walzer (1988: 34) in: die publikasie van sy tekste daar, sy gebruik van Afrikaans en selfs die feit dat hy nie net krities staan teenoor blanke hervormers nie, maar ook teenoor sekere swart rewolusionêre strategieë. 'n Mens sou hierby kon voeg die medewerking aan Rapport se kunsblad en die aanvaarding van 'n prys in die Staatsteater.
Oor eersgenoemde sê Breytenbach dat hy ‘die gap vat waar (hy) kan op voorwaarde dat (hy) beheer kan behou oor die inhoud’ (al wonder hy self of ‘die lepelsteel werklik lank genoeg’ is) (Rap., 24.7.83). Oor sy optrede in die Staatsteater sê hy dat hy móés terugkom om hiér sy sê te kom sê, met die gedagte: ‘Laat hulle my uitspoeg, laat hulle beweer ek kom speel doemprofeet, of dat ek sout in die wonde kom vryf’ (Rap., 13.4.86). Hy bring sy ou (‘eensydige’, in sy eie woorde) boodskap omdat, alhoewel die Afrikaner ‘krimineel aandadig’ is aan die stand van sake in die land (ibid.), hy glo die ‘sense of unease among many whites’, ‘the sense of aimlessness among many of the Afrikaners, particularly’ moet benut word vir bewusmaking:
There has been a careful cultivation of apoliticism, taking politics away from the whites... and they no longer know where to turn. So, within the state of general malaise, I think the time is ripe to bring across a certain number of uncomfortable reflections: nothing new, nothing at all that hasn't been said before, but saying it at this moment, saying it to them in Afrikaans...
So, if there's something I can do from within and for their own good, I feel that coming at this moment and talking to them and even accepting the risks of doing it within the precincts of their own temple, the State Theatre, it will have been worth it.
My coming has provoked debate and criticism, but it may be of some little help in achieving what I am trying to achieve here, what needs to be achieved, what has to happen... (Star, 26.4.86)
By sy vertrek verduidelik hy die bedoeling van sy Staatsteater-optrede só:
(Dit) was nie om as pierewaaier op 'n podium in Pretoria te kom pavaan met vanselfsprekendhede nie. Nòg om, megalomanies, 'n ‘dialoog’ aan die gang te kry. Die Afrikaners verkeer in 'n diep katatoniese toestand. Onder druk van omstandighede... verbrokkel die Afrikaner-hegemonie. Die loskom het as gevolg dat die krake dieper loop, dat angs en skisofrenie en geweld skerper vloei, maar ook dat selfs 'n witterige Afrikaanstalige Suid-Afrikaanse Afrikaan met Franse burgerskap (soos die uwe) voorlopig 'n sê in kan kry. As ek van nut is, is dit om dalk plek-plek katalisator te kan wees. Of bloot omkrapper. Die idee is om die duif onder die katte los te laat met die hoop dat ten spyte van die gekattemaai 'n paar koppe tóg oop kan gaan. (Rap., 27.4.86)
In sy inleiding tot End papers beklemtoon hy weer hierdie oortuiging:
I must keep hold of Ariadne's thin inky thread, even with the tongue- taste of defeat
| |
| |
in the mouth, because every little effort may just contribute towards destroying the old labyrinth. I must hang in there, hoping to help set off some alarms somewhere, and at least to add to the quality of the reflection, to keep some options open by keeping the cells alive. (1986a: 32)
Volgens Breytenbach het die skrywer twee take (naas die basiese toewyding aan die integriteit van sy eie werk, omdat morele of politieke evaluasies nie gebruik kan word as literêre kriteria nie) wat soms oorvleuel:
He is the questioner and the implacable critic of the mores and attitudes and myths of his society, but he is also the exponent of the aspirations of his people... From these contradictory responsibilities come the dichotomies of the writer's existence giving rise to so much tension and ambiguity. (1983d: 99)
Hierdie formulering is ook 'n samevatting van die dubbelslagtigheid van Breytenbach se eie sosiale kritiek wat wentel tussen die pole van kritiese afstand en kritiese betrokkenheid. Walzer (1988: 34) meen dat Breytenbach dit ‘tien jaar tevore, toe hy 'n Seisoen in die paradys geskryf het... dit reggekry het om albei hierdie take te verrig - gewis nie sonder moeite nie, en ook nie sonder drastiese wisseling in nadruk en stemtoon nie, maar sonder dat hy homself ooglopend weerspreek het’ (vergelyk hoofstuk 5 IV). Vandag bestaan die taak wat Breytenbach tóé vir homself as skrywer gesien het, naamlik die herwin van 'n soort vóór-nasionalistiese humanisme in sy volk, nog - maar, volgens Walzer (ibid.) is dit onduidelik of daar nog tyd oor is: ‘Wie is dit, per slot van rekening, wat apartheid ondersteun? Wie se belange word deur die ideologie van skeiding gedien? As jy klaar is met 'n kritiek van Afrikaanse “houdinge”, is daar enigiets in Afrikaners se “aspirasies” waaruit enige hoop geput kan word?’
Teen die middel van die tagtigerjare omskryf Breytenbach die taak van die skrywer ten opsigte van sy plek in die gemeenskap só:
To be a witness, to be a revolutionary or a subversive or a heretic or a sceptic, to be a spokesman or a dreamer or an interpreter: any or several of these roles may be incumbent upon the writer - essential at a given moment, marginal or optional at another, depending of course on the history and the conditions of the society he is part of. At all times, however, the writer is a communicator; he always interacts with society. (1985a: 185)
Die skrywer het volgens hom bepaalde verantwoordelikhede, omdat die lewe ‘a sensitizing trip’ is, omdat hy in 'n bepaalde verhouding staan tot die groter geheel waarin hy hom bevind, omdat hy die beliggaming is van die universele behoefte of genetiese drang van die mens om sy leefruimte te definieer en daaraan uitdrukking te gee:
One, it is absolutely essential (for the writer) to continue suggesting questions in order not to be blasted by a final answer; two, it is all-important to walk on, especially when you have given up the mirages of goal and destination: that's when walking becomes a discovery; three, the artist is a tool with which awareness and conscience can be made real. (Well, as ‘real’ as ‘real’ ever can be.) (1984b: 143)
| |
| |
Hieruit vloei dit vir Breytenbach dat die skrywer se denke en woorddenke op 'n bepaalde wyse geformuleer moet word: as vrae of hipoteses, omdat kuns uit sy aard ambivalent is. Hierdie opvatting, wat verskil van dié uit sy voor-tronkfase toe hy 'n ander houding ten opsigte van die ‘boodskap’- of ‘propaganda’-aspek van die kunswerk geopenbaar het (soos uiteengesit in hoofstuk 5 IV), is 'n afwysing van die opvatting dat die kunswerk propagandisties van aard moet wees:
Propaganda - precisely this effort at formulating certainties - kills the alternatives, that is, scepticism and irony and doubt and questions. Propaganda more often than not is the enunciation of hierarchial power. No, I think it is more true of the artist to be taking part in the creation, by recognition, of a mutual space concerning us all, ever reformed, than to be wanting to lay his visions or his principles upon us, however noble and high-falutin these may be. (1984b: 143)
Die wesensaard van dié kunswerk (wat skepsis, ironie, twyfel en vrae as kenmerke in hom dra) is een van verset en stryd. Die verset is ook teen die opdringing van cliché's en leuens aan die gemeenskap; die stryd is ook vir die verfyning van uitdrukkingsmiddele, vir die bewaring van die integriteit van die woord en vir die reg om ‘technician of the conscience - not in a moralistic way, but to the extent that the only “sin” is that of ignorance’ - te wees (op.cit.: 145). As 'n moralistiese dimensie egter vereis sou word van die kuns, ‘it would be in the formulation and the expression of the ethics and the aesthetics of resistance’ (ibid.).
Breytenbach is daarvan oortuig dat vryheid langs hierdie weg gekonkretiseer moet word. ‘Vryheid’ gaan om stryd en mobilisering (waarmee hy hom identifiseer, soos uiteengesit in hoofstuk 7 II), maar ook om die kunswerk self as uitdrukking van vryheid:
Die gedig is ook 'n uitdrukkingsvorm én 'n instrument van vryheid. Ek weet dat die gedig velerlei gesigte het - tegelyk raaisel en labirint, illusie én realiteit. Vir my bestaan die teenstelling aksie/ droom nie meer nie. Woord is daad. (En daad, in sy daadwerklikheid is ook woord.) (Rap., 27.2.83)
Hierdie siening verskil van Breytenbach se vroeëre houding, toe hy gevoel het die woord is nie daadwerklik genoeg nie en hom daarom gewend het na ‘aanvulling’ deur deelname aan ondergrondse politieke aktivisme. Vandag glo hy ‘there is no irreconcilable contradiction’ tussen ‘aesthetics... and political or ethical commitment’ nie - ‘rather they are as two tensions of the same striving. Aesthetics flow into ethics which leads to action. An act of beauty is a political statement’ (1986f: 132).
Vryheid is 'n konsep/waarde waarna Breytenbach telkens terugkeer in sy ná-tronkgeskrifte. In die sin dat hy nie meer in die gevangenis is nie, is hy vry; in die sin van 'n ideaal is hy dit nié:
Mens koester vryheid as ideaal, jy leef daarmee as verwysingspunt. Byvoorbeeld vryheid van denke, vryheid van onderdrukking, vryheid van assosiasie, vryheid van
| |
| |
ontwikkeling, één vryheid - kortom, die vryheid van die individu binne 'n moderne staat.
Ja, dit is godverdomme utopies, want dié vryheid word nooit verwesenlik nie; maar dit bly uiters belangrik as strewe, byna as allesverterende obsessie. Ek is nie vry nie. (Rap., 27.2.83)
Breytenbach glo die mensdom verlang na ‘'n groter regverdigheid, werklike menswaardigheid, die voorreg om te mag deelneem aan die uitbou van ons lewens, 'n dieper verantwoordelikheid en - hoekom nie? - 'n meer konkrete vryheid’ (Rap., 13.3.83). Hy self skryf oor ‘vryheid eintlik’, die ‘tema bly tog die spasies en die tussenruimtes van vryheid’ (Rap., 10.4.83). Die twee bestaanspole is ‘vryheid en beperking’ (Rap., 28.5.83). ‘You ought to push the self over the lip into void, if you bank on finding gaps of survival and freedom, that is’; die digter is immers daar ‘to attempt formulating the interstices of freedom’ (1984b: 145). Hy sal selfs veg vir die vryheid om 'n mislukking, 'n ketter te wees (1986f: 131).
Vryheid staan in verhouding tot kommunikasie, net soos die gedig daartoe staan:
Niks ontstaan in 'n lugleegte nie en niks het in 'n lugleegte of leefleegte bestaan nie. Ons gevoelens, ons idees, is konstruksies gedeeltelik bepaal deur ons gemeenskaplike verlede - nie net die eie nie - en vir die res deur wat ons probeer bereik ten opsigte van ander. Dit (die gedig) is 'n uitreik na ander mense, waarmee ons iets wil boetseer, wil bou - en dit word deur ander mense se gevoelens, reaksies, ensovoorts beïnvloed, gevorm selfs. Ons is almal deel van daardie gesamentlike kragveld en onderling afhanklik daarvan. So kom die verlede ooreen met determinisme; die toekoms met die oopgaan van nuwe moontlikhede, dus met vryheid. (1987: 86)
Poësie ís kommunikasie - ‘a complex transmission of meanings, of which “meaning” is only one element’ (1984d: 152). Met wie of wat kommunikeer die gedig? ‘I know... that the poem, to exist, needs a listener, a reader, a participant, otherwise it is a dead letter. All the poet really does is to trigger the reaction in the receiver that will provoke that impossible feeling or process that we describe as poem’ (ibid.). Wat kommunikeer die gedig? ‘Often the sadness or just the bloody-mindedness or peevishness of living. The harsh struggle for death. The painful efforts of honesty. The breath worn thin. Perhaps also the “positive” statement (or existential conditioning?) that there is a purpose to communicating’ (op.cit.: 153).
Kommunikasie, die handeling van sigbaar maak, ‘behels altyd 'n transformasie van die oorspronklike gegewens: Dit ís die aard van kommunikeer, dit is inherent aan die kommunikasiemiddel’. Kommunikasie is dus onvermydelik transformasie, metamorfose (1987: 160). Transformasie/metamorfose is vryheid (Rap., 27.2.83) én 'n ondermynende aksie:
Part of the civic poet's responsibility is to recognize the interstices, to be the thin wedge that could split the cracks, to seize the distaff elements and the moments of disequilibrium. He must be able to exploit the dynamic dialectical relationship of illusion, or appearance, with reality - knowing intimately the myriad ways in which
| |
| |
the one becomes the other. The poet must be subversive. By word and by deed and by word-deed he continues to detonate the responsible certainties - in an ongoing attempt to break into the apparent/void. (1986f: 133)
Die vryheid waarna die digter streef (en wat verbonde is aan kommunikasie en transformasie) kom vir Breytenbach slegs tot uiting in struktuur; struktuur word vir hom 'n ‘vergestalting van vryheid’:
Maar dis 'n werk-waarheid, 'n organisasie of organisatoriese wet. Metamorfose geskied van vorm tot vorm. Dit het niks te doen met repressie nie. (Die strukture wat ek in gedagte het, gaan om ritme en patroon en repetisie en rede en ruimte, randjies om die stilte, tekens van en na betekenis, die speling tussen matrys en moer, wat teks is, en daaruit spruitende al die verhoudings...). (Rap., 29.5.83)
Die digter se werk is dikwels fragmentaries van aard, maar hy strewe ‘hardnekkig na die samevatting, die daarstelling van 'n geheel... Dit is 'n stryd om die allesomvattende struktuur’ (1987: 101). Skryf self is vir hom:
Die strewe na struktuur, die daarstelling van struktuur soms, die lewe in terme van en verhouding tot struktuur; en die onstuimigheid kort-kort van opwellings of uitweidings of ontvlugtings wat van struktuur niks wil weet nie. Daarbenewens die besef, ook altyd iewers op tafel, dat struktuur nie 'n vermoë of 'n ideaal is nie, dalk maar net 'n pis aller, 'n faute de mieux, wel 'n estetiese en miskien ook... etiese norm - maar dat volvoering daarvan, afronding, 'n doodsit van groeimoontlikhede beteken. Dit is die soeke daarna, die uitreik van betekenis wat tel, veral wanneer jy weet dat die bereiking daarvan onbevredigend sal wees. (Nietemin, in die gedig, is hierdie drie beslis van veel gewig: struktuur, postuur, tekstuur.) (op.cit.: 103)
Hierdie uitspraak, alhoewel eers gepubliseer in Boek (deel een) wat in 1987 verskyn, dateer uit die tydperk 1975-1977, die ontstaansperiode van dié teks. In 1984 onderskryf hy egter weer dié opvatting wanneer hy verwys na ‘posture, structure and texture’ as belangrike hulpmiddele in die kommunikasieproses van die gedig: ‘Individually it is the posture of receptiveness (I'd even say “availability”) that makes it possible to discern the structure partially defined by the texture of images and sounds and rhythms and silences’ (1984d: 152). Hierdie uitspraak moet sáámgelees word met Breytenbach se belydenis dat hy ‘space and rhythm and structure’ en sy ‘relationship to the environment and to other people’ in terme van sy Afrikaan-skap ervaar (1986f: 126, soos aangehaal in hoofstuk 7 III).
Binne hierdie ‘struktuur’ plaas Breytenbach klem op verhoudinge, dialektiek. Dit is immers 'n ‘geheel waarbinne teenoorgesteldes bly voortbestaan sonder dat dit die simbiose van stryk... bring’ (1987: 170). Hy definieer hierdie verhoudinge as dié ‘tussen elemente in die gedig onderling, tussen binne-gedig en om-gedig of buite-gedig’ wat 'n ‘spanning, 'n kragveld’ soos by elektrisiteit impliseer: ‘Omdat al die onsekerhede van die geheel 'n lewende organisme of meganisme maak, is daar gedurig 'n wedersydse invloed en modifikasie’ (op.cit.: 170). Die ‘eintlike onderwerp of tema van 'n gedig’ is dan die verhoudings: ‘Verhoudings tussen gedig en anti-gedig, verhouding tussen belewing en
| |
| |
vertaling via die skema, verhouding tussen die woord en die stilte via die sin, tussen die sê en die onsêbare via die verband, verhouding tussen die Werklikheid en 'n werklikheid’ (op.cit.: 25).
Verhoudings wat in Breytenbach se eie skrywerskap vir hom die dwingendste bly, kan afgelees word uit sy ‘selfportret’ in Judas eye: ‘I/Other; Black/White; African/European; Interior/Exile; Clarity/Consciousness; Responsible/Subversive; To Be/or Not To Be en Free/Unfree (1986f: 123-134). Sy ‘bannelingskap’, word - ten spyte van al die trauma wat dit inhou (‘Your relationship with the world around you is that of the foreign observer. Or you turn in upon yourself, turn yourself over, observe the albino insects scurrying away from the light. And you taste a distaste, bloated as the tongue in its orifice of saying’ - 1985e: 211) - ook 'n ‘blessing in disguise’: ‘Freedom, because that is where you're at, is a nasty taskmaster. You have so much more to learn. You are conscious of the étrangeté of life, and your senses are sharpened to needles with which you skewer the grey flesh of dull daily acceptances. Your head too is crammed with clichés and stereotypes, but at least you recognize them for what they are - in several languages! For better or for worse you are an outsider’ (ibid.).
Die strewe na vryheid waarmee Breytenbach so 'n obsessie het, lê egter verpligtinge op die skrywer:
But the quest for freedom, acting as if you were free, imposes upon you the bind of having to make decisions all the time, from nought to nuclear. It is very tiring, alienating. (What is is; what was was.) The civic poet owes it to the community to be a thorn in the flesh, but also owes it to his fellow travellers to keep on tripping himself up - for the sake of his integrity which is not an attribute but a method, a tool for scraping the crap from his perceptions. (1986f: 132)
Al die temas wat tot nou toe genoem is ten opsigte van Breytenbach se opvatting oor die rol van die skrywer, kom voor in sy opsomming van die ‘take’ wat wag op die blanke skrywer in die ‘totalitêre staat’ wat Suid-Afrika vandag is:
To keep the word alive. Or uncontaminated. Or at least to allow it to have a meaning. To be a conduit of awareness.
To remember that writing imposes an obligation of dignity, even if idiotically so (in the Dostoevskian sense...). To try to see that one shouldn't confuse writing with politics, given the fact that writing is politics.
To keep up the noise level. To create confusion at least. To be an underminer campaigning for alternatives; that is, for thinking (even if it has to be through word thinking), that is, against the laming of the palate.
To keep an uncivil tongue in the head. To write against that fate worse than death: the wooden tongue clacking away in the wooden orifice in order to produce the wooden sing-song praises to the big bang-bang and the fluttering flag!
Not to knuckle down to oversimplification. (Which need not imply that one drowns every sausage of words with globs of Joyce either!)
To keep tending to freedom. Which means possibility. Which means means. Which means responsibility.
To write like a bat out of hell always screeching for the line of truth. Writing as the expression of revolt, not the sublimation of it....
| |
| |
For the White writer, it also means avoiding the twin paternalist pitfalls of either trying to speak in the place of the oppressed Blacks, or indulging in special pleading when it comes to their work. It means, at all costs, avoiding having his work or himself be tainted by ‘martyrdom’ or ‘courageous actions’.
Above all, it means to project the feel of feeling, the feel of thinking, the feel of what it is like, the horror and the joy, to be balancing on the twin legs of birth and death. That is to my mind what revolution, which is resistance, is about. In terms of writing. (1985a: 193-194)
Die kodes ‘ondermyning’, ‘vryheidsvegter’, ‘rewolusie’ en ‘opstand’ keer telkemale terug in Breytenbach se uitsprake oor die rol van die skrywer. Net so gereeld egter gee hy ook uitdrukking aan sy verwerping van alle vorme van dogma.
Sy walging aan totalitarisme kry eerstens uitdrukking in die verwerping van die Suid-Afrikaanse staat (soos uiteengesit in hoofstuk 7 II) - maar hy is akuut bewus daarvan dat dit nie tot dié land beperk is nie: ‘Die gees van totalitarisme is nie dood nie, bly steek sy aaklige kop (met helm) uit, floreer byvoorbeeld, in “demokratiese” Chili en Suid-Afrika net soos in sommige sogenaamde kommunistiese lande’ (Rap., 28.5.83). Omdat ‘om die stilte te verbreek’ die eenvoudigste manier is om totalitarisme (en die verrekenarisering van die mensdom) te beveg, is dié lande ook die lande van inperkings, sensuur, tronke (Rap., 21.8.83). Hy aanvaar dat ‘many roads lead to totalitarianism, the power malady’ (1986f: 125). ‘Powermongers’ erken mekaar altyd:
There is something universal in the relationship between rulers and subjects, in the acceptance of certain methods to maintain rule, which is far stronger and more ancient than the differences that may emerge from opposed ideologies like socialism and liberalism, or democracy and totalitarianism. Botha, being a politician in power, ultimately belongs to the same species as Reagan, Thatcher, Lubbers, Mitterand, Gorbachev, Nakasone, Alfonsín, Kohl, Mengistu, Bongo, Machel...*
The killers of South Africa's DNS, the CIA, the KGB, Mossad and all the other spooks and moral cripples of the world are birds of a feather.
(Note: Of course I'm not suggesting that all those in power are oppressors. Botha is the pinnacle of a dictatorial regime whereas Mitterand, Alfonsín and others represent, after democratic elections, the majority of their people.) (1986a: 15)
Breytenbach glo in die vroeë tagtigerjare (kyk hoofstuk 7 II) dat wanneer die ANC eendag die ‘huidige totalitêre staat’ vervang, dit sal wees met een wat net so totalitêr is as gevolg van die Stalinistiese invloed daarop, die vassit aan ‘Moskou se voorskootbande’ (soos hy in Rap., 24.7.83 dié soort invloed beskryf):
As things stand now the External Mission, in the grip of the dogmatists, will be stronger than the ANC inside the country, and probably they will shut them out in any ensuing power struggle. This is my personal view.
... And I don't believe there's any chance of the ANC transforming itself into a free democratic organisation. (It is ‘free’ and ‘democratic’ now in the double-
| |
| |
speak Orwellian sense.) It is the victim of its friends, its history, and the conditions imposed on it by the struggle for freedom in an arena controlled by a cruel and criminally irresponsible adversary. (1984a: 327)
Tog aanvaar hy dat daar geen ander pad is om te loop nie: ‘How can we advance unless we destroy racism?’ (ibid.) - die uiterste dogma - want 'n houdingsverandering by genoeg blankes, wat die uitgerekte burgeroorlog kan stop, is onwaarskynlik: ‘Racism and corruption have alienated them too profoundly’ (ibid.).
Die totalitêre aard van die Suid-Afrikaanse staat het dus aanleiding gegee tot die ontstaan van nuwe dogmas: ‘Talking of South Africa as a reality... one could say:...that it is a depoliticized waste land where the mind is stultified by imported dogmas ill-equipped to provide solutions to local discrepansies - neo-Nazism, Stalinism, to name but two... (1985a: 187). Daar is ‘fascistiese denkstrukture en uitingwyses wat nie as sodanig herken word nie omdat dit in die monde leef van mense wat hulself as “links” sien. Wanneer jy bietjie skewer luister, dan hoor jy die machismo, die onverdraagsaamheid, al die verwysings na “bloed” en “vuur”’ (Rap., 24.7.83). Dikwels vloei die veroordeling van apartheid uit oorvereenvoudiging en word absolutisme vervang met absolutisme (1983d: 100).
Breytenbach glo dat die teenstrydige take van die skrywer (om as vraesteller en kritikus van die sedes en houdings en mites van sy samelewing én as eksponent van die aspirasies van sy mense op te tree) wat tot soveel spanning en dubbelslagtigheid aanleiding gee, die rede is waarom dit vir die skrywer onmoontlik is om heeltemal in te pas by enige ortodoksie:
Sooner or later he is going to be in disaccord with the politicians. He can be at times the expression of politics, even directly so, but the demands of his freedom and integrity may isolate him at other moments, may make him marginal. (1983d: 99)
Self weier hy ‘to be squeezed or boxed in by whatever orthodoxy or combination and concoction of activists’ (1983e: 109). Hy vind dit totaal onaanvaarbaar ‘that any organization, however representative it may be, should decide what writing is to be allowed and diffused and what not’ (1983d: 104). Uiteindelik is hy ‘resolutely against any and all forms of discrimination. Which must mean the same chances and the same responsibilities and the same laws for everybody. And it must lead to the liberation of people's creative energies, to a devolution of power, to real democracy, which surely must imply decentralization and people's power’ (1985g: 226).
Sy afkeer van enige dogma of ortodoksie vloei uit die wete dat daar geen absolute ‘waarheid’ bestaan nie: ‘There is in fact no Truth. We are too fragile and volatile for that; we work with too many uncertainties. There is rather the continual shaping of something resembling, poorly, provisionally, “truth”’ (1983d: 100). Die skrywer probeer nie die ‘waarheid’ kommunikeer nie: ‘Truth sank with the Titanic. Though some people are still trying to salvage it’ (1984d: 153). ‘Verdraagsaamheid’ moet 'n riglyn bly (Rap., 29.5.83).
Breytenbach glo dat die situasie in Suid-Afrika nie vereenvoudig kan word tot
| |
| |
‘suiwer’ teenstellings nie. Ook die literêre bestel is vol weersprekings - en dít geld vir sowel wit as swart skrywers. Wit skrywers ervaar dikwels die gevoel dat swart skrywers in die openbaar teen hulle diskrimineer as gevolg van hulle witheid (soos tydens die ontbinding van PEN gebeur het), terwyl hulle, paradoksaal, in hulle private hoedanigheid egte uitings van waardering en gedeelde bekommernisse teëkom. Feit is dat hulle weet dat hulle as ‘token whites’ verdra word wanneer hulle in swart geledere verskyn, as ‘oom Jannies’, en tog sal hulle nooit hierdie vernedering erken nie (1985c: 202). Die swart skrywer weer sal op ‘neutrale grond’ (oorsee, buite hoorafstand van 'n gehoor, bevry dus van die verpligte, opgeblaasde ‘rewolusionêre’ retoriek) toegee dat hy vasgevang sit in kontradiksies: ‘Insisting upon a cultural boycott (that is, recognizing the cultural identity dimension of the liberation struggle, the need for “decolonization” and self-sufficiency) and yet yearning to be let out of the ghetto. He rejects the imposition of “bourgeois” values, but his own, unacknowledged, criteria are apt to be Western and orientated towards accepted “universal” norms of literary quality. He will be a Black nationalist (often an euphemism for being anti-White) and still hold up foreign white revolutionaries as paragons... Worst of all - he may still be in a position of humiliating dependence on the White for literary breakthrough and survival...’ (ibid.). Op die ou einde is álle skrywers gekontamineer deur apartheid:
The Afrikaners do not trust the English. The English libs tolerate the Afrikaner libs only in so far as they don't compete for the same commiseration... And Afrikaners... remain stained by their Afrikanerness. Whites more often than not still reflect the old insensitivities of the ‘baas’ to the Blacks, or else they attempt to communicate from the dock of the accused in which they sense themselves to be. Blacks look upon whites with a rage and a distaste so overpowering that they have become inarticulate emotions. Blacks by and large regard the ‘Coloureds’ - and their strained attempts at identification with Black - with scorn. At best with distrust. The whites consider the ‘Coloureds’ their poor and untrustworthy cousins. The ‘Coloureds’ are engaged in an old family feud with the whites: they are the half- brothers banned from the dining room to the kitchen. They are caught in the cleft stick of pleading and threatening. (1985c: 203)
Vir Breytenbach is hierdie simptome - die ‘revolutionary racket’ en die ‘conceptual doublevision’ - normaal in 'n situasie waar die ou orde hewig verwerp word en die nuwe, alreeds tot 'n groot mate gevorm, nog nie verrys het of homself opdring nie (ibid.). Beteken dit dat wit en swart skrywers gedoem is tot ‘cuckolds and cuckoos’ wat dit nóóit met mekaar kan uitpraat nie? (op.cit.: 202). Breytenbach glo dat, alhoewel swart en wit skrywers se ‘commitments’ uit verskillende beweegredes ontspruit die een s'n nie as ‘beter’ of ‘suiwerder’ as die ander s'n gesien hoef te word nie - selfs nie eers as meer essensieel nie:
In fact, we share many of the motivations. We all need to purge, break down, come to clarity, cultivate responsibility, rebuild. We have to realize that we are fuckups, with treacherous failings, and we have to show some compassion - even where we don't understand or sympathize. It is possible to come to the acceptance of tactical
| |
| |
alliances. It is above all primordial to realize that we are scaffolding convergent strategies...
What we are experiencing is also a cultural revolution in action: a mixture of good intentions and distrust and manipulation and peacocking and politicking; ‘more revolutionary than thou’ putdowns; anti-‘bourgeois’ rhetoric; but at the same time a coming to grips with the complexity of the situation, with the shattered vision, with the unthinkableness of the options, with the horrors of our history, which, like it or not, we made together murder by murder. (op.cit.: 205)
Naas taktiese alliansies aanvaar Breytenbach dat selfs kompromieë oorweeg moet word, soos om hoe ook al, tot elke prys te publiseer (al moet dit deur samizdat wees) of deur ‘beating the breast and gnashing the teeth if you're that way inclined’ (1985a: 194); ‘the writer, if he really wants to write, if he wants to hone his craft, must face the splitting of the mind, the supping with the Devil, the writing in dribbles from the corner of the mouth’ (op.cit.: 192). As dit moet: ‘Be pliant and weak... Cry if you must. Try not to go to prison; it's never worth it’ (1984a: 328). Daar bestaan 'n intieme interaksie tussen die vryheid van die skrywer en effektiwiteit in ‘the field of keeping the options open’ (1986f: 131). Waar Breytenbach vroeër die skrywer as harpspeler in die voorkamer van bankiers, van fabrieksbase, van ministers, van die geestelike owerheid met minagting bejeën het (1974a: 27; vergelyk hoofstuk 5 IV) glo hy nou: ‘It is not necessarily shameful to be living at the table of the political lord or that of the patron of the arts, be it as fool or entertainer. The wine is often good there. Nor is it intrinsically wrong to be a kept woman or a gigolo’ (1986f: 131).
Die taktiese alliansies en die kompromieë is nodig omdat die ander keuse ondenkbaar is: ‘What else, propagating violence? Condoning mayhem? Penning praise poems to some home-grown Stalin?’ (1985a: 194). Dit is ook nodig vir oorlewing (ibid.). Maar daar is voorwaardes daaraan verbonde. Die oorlewing moet in diens staan van die stryd (‘survive, so as to continue to struggle’ (1984a: 328)) en die alliansies en kompromieë moet plaasvind ter wille van transformasie:
But one should do so as the chameleon; one must not be a master of disguises only, patiently stalking the fly and rotating the eyes in different directions simultaneously, but willing, furthermore, to act as the transformer of situations and relationships. In Africa the chameleon (or ‘walk-softly’) is the agent of transformation, the bearer of tidings that there will always be life, from one digestion to the next, and thus immortality - but it must be noted that he can also be used as the main ingredient of a very potent poison. (1986f: 131)
Breytenbach is ten volle bewus van sy eie teenstellings, van die kompromieë wat hy aangaan én die prys wat hy daarvoor moet betaal. Hy word aan die teenstellings herinner in 'n ‘oop gesprek’ met drie bruin landgenote tydens die Poësiefees in Rotterdam: Hy is die ‘Whitey’ alhoewel hy homself nie as 'n Afrikaner beskou nie en nie heeltemal seker is of hy 'n Suid-Afrikaner is nie, maar ook nie wil verval in die misrabelheid van ‘uitgewekene’ wees nie (Rap., 24.7.83). Hy weet self dat sy pogings om vastrapplek in sy land van herkoms te
| |
| |
behou (veral deur die gebruik van ‘die taal’) hom kompromitteer: ‘Ah, but how do I avoid the twisting and the bending, the kneeling and the backstabbing, the compromises, the ethical corruption, in my attempts to “hang in there”?’ (1985c: 205). Toe hy die Rapportprys kom ontvang, doen hy dit met die wete van sy ‘eie fokops en voos kolle’ en dat dit gesien kan word as ‘vreet aan die bitter vrugte van apartheid’ (Rap., 13.4.86). In 'n konfrontasie met Don E (sy alter ego) word sy ‘verwondbare plekke’ uitgespel:
I know you have pointed out before the insidious mixture of private and public. You have accused me of avoiding the sensitive issues by pre-empting them, by going whistling in the dark like a courageous freedom fighter, to scout for them over the hill... You say I have succumbed to the temptations of the minor prophet, belabouring the obvious and counter-attacking viciously when results don't square with my predictions, my wall-eyed schemes; that I'm so imbued with my own ‘insights’ that I cannot hear or see or translate ‘reality’ on the other side of the hill... Worse, that so much of my criticism is just thinly disguised anti-Communism. Or that it is motivated by jealousy of the authentic freedom fighters, that I try to camouflage the dissipating frustration of not ‘belonging’, that there is no way in which I can backtrack to Paradise, that I show the typical feeble-mindedness of the self-taught technician of morals, that I can't stand not being Black... Guilt complex? You say that my idealism, like all idealism, is more posturing than practice. I plead for a cultural embargo, you say (spluttering from the sidelines), and I don't wish to admit that it is a form of censorship. I lend myself to propaganda. You say I imagine that I know the Blacks (note, that they can be known as a group, a race), and why won't the Blacks drive the Whites into the sea? Why do I support a movement, you ask, knowing that if it succeeds it will try and install a Stalinist control over the country? Then to throw my hands up in aggrieved naïvete? Where are my African friends, you ask. How gratifying to prance on the world stage! You say that people like me are the true bastards - adroitly courting acceptance by claiming to be ‘bastards’ - because we do not really think things through. We are the real demagogues. Finally we wash our hands of the responsibility for violence and dislocation and
death: aren't we just
the ‘writers’ and not predicators of the climate that will make violence inevitable?... (1986a: 33)
Die ná-tronkse Breytenbach lok inderdaad kritiek uit op die teenstrydighede in sy uitsprake en optrede (vergelyk hieroor Vorster, 1988) wat vloei uit sy pogings om vastrapplek in die land te behou, asook op ander uitgangspunte ten opsigte van sy sienings van verset/die stryd.
Gedurende 1983 is daar reaksie op sy ‘Intussen stroom-op’-rubriek in Rapport. As voorbeeld van een só 'n reaksie, haal hy juis in Rapport die onderstaande verwytende brief aan:
WC Weitling [BB] has his regular column today. About who and what he is writing for. And about what - freedom it seems. It's not bad, but what happened to his teeth?... The situation is such that ideological discussion is bursting forth from all over the show. Ek is nou nie skrywer nie, ook nie prefaster nie, maar kan hy nou nie bietjie inmeng nie? He asks, for instance, how many Afrikaners think Azania? Sounds punchy maybe, but it isn't. Not because nobody thinks, but because what is this Azania he thinks of? He comes across as if he thinks his readers are resistent to any new thought. That certainly is not so at this point in time and it would be
| |
| |
appreciated if he would enter the fray thoroughly rather than standing on the side and throwing around the odd comment here and there without his guts into it. Or is that the writer's privilege? (Rap., 15.5.83)
Met die verskyning van Confessions het Jeremy Cronin, 'n digter wat ook jare in die tronk deurgebring het ingevolge die veiligheidswetgewing, probleme met wat hy noem Breytenbach se ‘skeptiese selfbelang’, sy sinisme en ‘oedipale verset’ - ‘that needs the Voortrekker Monument to kick at... and the fathers to revolt against’. Vir Cronin is dié skrywer en sosiale kritikus se teks ‘full of contradictions, of positive enabling indications, and of many cul de sacs. The new generation of progressive white Afrikaans writers... is going to have to sort out the positive from the negative, the self-indulgent, selfexculpatory, the mystificatory’. Volgens Cronin is Breytenbach se kulturele verset ‘reaktief’ (1985: 17).
Die teenstrydighede in Breytenbach se besoek aan Suid-Afrika gedurende 1986 - en in sy openbare optrede en uitsprake daartydens - lok reaksie uit, nie slegs van die puriteine van die ECC, UDF en JODAC nie, maar ook van binne die Afrikaanse literêre bestel (kyk hoofstuk 7 V). Ander ‘verligte’ Afrikaners stel ook vrae oor uitsprake wat Breytenbach maak. Riaan de Villiers, byvoorbeeld, wys op Breytenbach se uitlatings oor die ‘gedepolitiseerdheid’ van die Afrikaner-jeug (byvoorbeeld tydens 'n toespraak voor 'n Stellenbosse gehoor, 1986c: 10-12). Terwyl Breytenbach in die tronk was, was dié jong mense op die grens en in swart woonbuurte: ‘Is hulle werklik apaties - of is hulle net besig om hul in só 'n mate aan die sterwende orde te onttrek en op 'n nuwe te probeer voorberei dat hulle vir ouer mense heeltemal ontoeganklik geword het? Besin hulle hoegenaamd oor Afrikanerskap en Afrikanermoraliteit? Is Breyten nie dalk op sy beurt vir hulle net nog 'n voorbeeld van 'n irrelevante soort “interne worsteling” wat hy (self) so skerp afgewys het nie?’ (1986: 9-10).
In die tweede helfte van die tagtigerjare word daar binne (linkse) literêre kringe vrae gevra oor die diskrepansie tussen Breytenbach se ‘individualistiese estetika’ (gekoppel aan bourgeois modernisme) en sy radikale politieke filosofie (Pakendorf, Bu., 24.9.87). Sommige van sy opvattings ten opsigte van die rol van die skrywer en betrokkenheid by die ‘stryd’ word vanuit ideologiekritiese hoek bevraagteken (soos uiteengesit word in hoofstuk 7 X).
Breytenbach se reaksie op die kritiek uit ‘linkse’ oriëntasie is voorspelbaar, gesien sy verwerping van enige vorm van ‘dogma’ of ‘ortodoksie’. In Maart 1983 reageer hy reeds geïrriteerd op 'n brief van 'n ‘waardeerde jong Afrikaanstalige Suid-Afrikaanse skrywer’ wat hom uitvra oor sy skryfaktiwiteite vanuit Parys (Rap., 13.3.83). In Mei van dié jaar sug hy ‘ag, haai siestog, sussie... terwyl hy sy kop betas vir woordknoppe en met die tong na sy tande soek’ na die verwyt teen ‘WC Weitling’: ‘Die verwyt het bekend geklink, al sy dit geregverdig. Die manier van te werk gaan: 'n tipiese agent provocateur-situasie. Sekere speletjies is reeds gespeel. Daar is tyd vir bomme en daar is 'n tyd vir briewe’ (Rap., 15.5.83). Tydens die 1983-Poësiefees te Rotterdam verweer hy hom teen verwyte van bruin landgenote dat hy nie Nelson Mandela is nie: ‘Tog, die enigste verskil tussen ons twee is juis dat ek nié Nelson Mandela is nie. Het
| |
| |
ek dan nie bewys dat ek polities 'n stommeling is nie? En anyhow, seg ek, ek sou nie 'n tou om my nek gaan bind net om te voldoen aan die verwagtinge van julle wat hier buite op julle gatte sit nie’ (Rap., 24.7.83).
Tydens sy besoek aan Suid-Afrika in 1986, sê hy dat hy agtergekom het ‘die opposisie... is 'n klein verhoog met 'n dingese klomp actors wat mekaar pomp met die elmboë vir 'n leeue-aandeel in die kalklig. Wat hul siening van my betref, kan dit wees dat hulle reken die streep boer loop nog te dik deur my’ (1986c: 12). Hy is bewus daarvan dat hy met sy ‘gewei met die Boere’ sy ‘geet toegestak het by die puriste’ (Rap., 27.4.86). Die feit dat die ECC en JODAC hulle uitnodiging aan hom teruggetrek het, skryf hy toe aan die volgende: ‘Blykbaar stink ek nog te veel na dassie, of miskien is dit omdat ek myselwers nie tot hang kon bring in die alcatroz nie, of dalk is my rekord nie rooi genoeg nie. Is dit omdat hulle 'n more Stalinist than thou-houding moet handhaaf, of een van blacker than thee? Hoe dit ook sy, die wit ouentjies het duidelik benoude boude’ (Rap., 27.4.86).
Hy voer aan dat sý soort betrokkenheid (of ‘non-involvement’) nie in die guns val van ‘the maggots who live on the morally revulsed body of anti-Apartheid the same way other - cigar-chomping vultures and stripe-suited hyenas too - continue feasting off the beastliness itself. It is no use me saying I'm not an exile: people would insist on having their need for outrage and public evisceration and catharsis satisfied’ (1986f: 130).
Waar plaas Breytenbach homself ideologies? Hy beklemtoon dit dat hy geen groep of denkskool ‘verteenwoordig’ nie: ‘I'm sure a few writers in South Africa... agree with some of my statements while fiercely disagreeing with others’ (1983d:99). Die druk om te konformeer, van die kant van vriend én vyand, is egter geweldig en voortdurend (1986f: 131). Hy glo ‘the highest and most difficult state of the writer is to be totally aware and self-questioning while contributing to the endless struggle for greater justice and more liberty’; 'n skrywer moet dus 'n ketter wees (1983d: 99). Hy self betwis ‘the right of any orthodoxy or pressure group to tell me what and how I must write. My loyalty can be true only in my freedom to remain an agnostic’ (op.cit.: 102) - die tronk het immers sy oë oopgemaak, hom geleer om hom ‘aan niks te bind nie’ (1983a: 8). Hy is egter nog altyd ‘links’ - selfs onder 'n sosialistiese regering in Frankryk - omdat ‘the intellectual always sees himself in opposition’ (1985g: 226). Hy noem homself ‘an undogmatic leftist anarchist’ (op.cit.: 228), iemand wat as ‘terroris’ sou kon deurgaan in baie lande (ibid.).
Hy is statutêr 'n veroordeelde terroris, iets waarop hy baie trots is - ‘although I realize how easy it is to become one in the perverted context of South Africa - where after all we find a population of 5 million albinos and 25 million actual or would-be terrorists. Our exclusiveness has been vulgarized, our mythological nature ridiculed! We are becoming as common as garden tourists!’ (1986f: 130). Ten spyte van hierdie ‘gemeengoedmaking’, glo Breytenbach dat hy 'n ‘disruptive force’ moet wees (op.cit: 133): Hy staan in 'n ‘critical relationship to the Left’ -
Where to be of the Left means to subscribe to and to participate in the struggle for
| |
| |
generosity and tolerance and international solidarity with those deprived of their freedom and their human rights; when it means the willingness to keep working for greater democracy and better justice and more power to the people; where freedom is defined as a continuous battle, and one is made to think oneself into being and to comprehend the origins and the mechanisms of social organisms; where elitism is refused and the bringing about of some new orthodoxy, some school of cultural terrorism and atrophy, another power monopoly - be it hypocritically claimed to in the name of the tongueless proletariat - are rejected for ever.
And then to translate all the above into a praxis. (ibid.)
Breytenbach ken dus 'n plek toe aan praxis, 'n uitgangspunt wat in die middelpunt staan van die debat oor literatuuropvattings binne die Afrikaanse literêre bestel op die vooraand van 'n nuwe dekade (soos uiteengesit in hoofstuk 7 X).
| |
VIII
'n ‘Suid-Afrikaanse kulturele identiteit’?
Binne die kultuurkonteks van tagtig is uiteenlopende kragte werksaam: aan die een kant die inisiatiewe van die regering en Afrikaner-establishment, gerig op die hervorming van apartheid en die Afrikanerkultuur en aan die ander kant die demokratiseringsinisiatiewe van uiteenlopende buite-parlementêre en/of antiestablishment groepe. Terwyl ‘alternatiewe’ kunsuitinge en 'n swaai na ‘performance’ die grense van die Afrikaanse kultuurkonteks verskuif (al is dit dan beperk tot 'n intellektuele/kulturele elite), staan die demokratisering van swart kultuur sterk onder die invloed van die werkersklas en die vakbondbedeling (vergelyk hieroor Sole, 1987). Oor hoe die verskeidenheid ‘kultuurbelange’ die beste gedien kan word, bestaan verskillende menings - en word verskillende strategieë aangewend.
Aan die een kant trek die (Afrikaner-)kultuur-establishment saam om te besin oor die vorm van staatsondersteuning en oor strategieë vir kultuurbewaring - byvoorbeeld tydens die Stellenbosse Kunsteberaad en die konferensie ‘Kultuurbewaring: Veranderende konteks en uitdaging’ in 1988 (vergelyk Martin, 1988b: 82-85 en Vergunst, 1988: 36-37). Aan die ander kant verfyn die ANC sy kultuurbeleid (WM., 11-17.12.87 en 15-21.12.87) en word georganiseer rondom die ‘alternatiewe, demokratiese kultuur’ soos blyk uit die stigting van COSATU se National Cultural Unit (NN., 16.7.87) en die UDF se ‘Kulturele Sekretariaat’ (WM., 20- 26.11.87), die aanbieding deur die ANC van 'n internasionale fees (CASA) oor Suid-Afrikaanse kultuur in Amsterdam (waarby Breytenbach tydens die aand van poësievoorlesing ‘half-welcomed, half-shunned’ word, WM., 11-17.12.87 en 15-21.12.87) en die loodsing van die Congress of South African Writers (COSAW) (NN., 16.7.87).
| |
| |
Binne die (blanke) kultuur-establishment word besin en/of gemobiliseer rondom kultuur- en/of groepregte. Vanuit gematigde kringe word gepleit vir die ‘vrymaking van... elke bestaande kultuur in die land - om sy rol in die samelewing ongehinderd te vervul’, want slegs 'n ‘werklik vrye kultuur waarin alle stemme gehoor kan word... kan verhoed dat Afrikaanswees (die Afrikaanse kultuur) met net die “stemme” van 'n bepaalde groep... geassosieer word’ (Johl, 1987c: 43-45). Vanuit die ‘hervormingsbeweging’ word gemobiliseer rondom taalgroepe en die instelling van 'n liggaam wat 'n ‘Taalplan’ daar kan stel (Prinsloo en Van Rensburg, 1984: 148) - wat as teenwig kan dien vir die taalbeplanning van rewolusionêres - en rondom die instelling van 'n Kunsteraad (Kommissie van Ondersoek na die Skeppende Kunste, 1984). Op politieke terrein is dit nie net die Nasionale Party wat kultuurstrategieë hoog aanslaan nie (vergelyk Viljoen in Prinsloo en Van Rensburg, 1984: 154-162); binne die ‘linkse’ Demokratiese Party is daar meningsvormers vir wie ‘kultuurregte’ die hoeksteen van die nuwe politiek is. Willem de Klerk veral het tydens sy verbintenis met dié Party gedink in terme van moontlikhede ‘such as a clause in a constitution which will entrench group rights, a constitutional court which will adjudicate on the constitution, and a structure of cultural boards and state institutions which will rule on cultural matters’ (Star, 1.2.89). Die voorstelle vir 'n Menseregtehandves ondervang ook die probleem van die beskerming van minderhede se kultuurregte deurdat belange ten opsigte van taal, kultuur en godsdiens nie as ‘groepregte’ nie, maar as individuele regte beskerm sal word (VW., 17.3.89).
Maar ook binne die demokratiese beweging word kultuurregte aangespreek. Tydens die opstel van ‘Riglyne vir 'n post-apartheid Suid-Afrika’ word klem gelê op die staat se plig ‘to promote the growth of a single national identity and loyalty binding on all South Africans’; terselfdertyd egter sal die staat ‘the linguistic and cultural diversity of the people’ erken en voorsiening maak vir ‘free linguistic and cultural development’ (FL., Aug. 1988; WIP., Apr./Mei 1988). Die riglyne verwerp egter die konsep van ‘groep’- of etniese regte en ‘offer instead a Bill of Rights which will entrench individual rights’; dit voorsien ‘a complete ban on institutions structured or organizing on racial lines’ (FL., Jul. 1988).
Breytenbach sien die geskakeerdheid van die land se kulturele konteks as 'n rykdom (1983d: 102 en 1984a: 328). Hy het reeds van die sestigerjare af heftig gereageer op die wyse waarop Afrikaner-hegemonie die kultuuruitinge van ander groepe tot volksoorleweringe/folklore gereduseer het (soos uiteengesit in hoofstuk 5 I). Oor die blanke se vrees vir die aantasting van sy (kultuur-)regte in 'n post-apartheid samelewing laat hy hom só uit:
Ons blankes is tog nie die enigste minderheid nie. Daar is tog ander minderhede; ook politieke minderhede onder die swartes self. Ons gaan tog nie een soliede unitêre soort swart meerderheid hê nie, maar een bestaande uit verskillende groeperinge. Deur onderhandeling behoort ons tot 'n vergelyk te kan kom, waar ons ten minste hierdie tirannie van 'n absolute meerderheid en die uitskakeling of die onderdrukking van minderhede en van hulle kulturele regte, veral, behoort te kan ontwyk....
| |
| |
Ek glo (egter) nie dat die kieser hoef te paap by die idee van 'n meerderheidsregering nie. Ek dink 'n ou moet homself maar laat dra deur die swart ‘nanny’, ek dink nie jy hoef bang te wees dat sy vir jou gaan ‘drop’ nie... (1985d: 48)
Hy glo die Suid-Afrikaanse problematiek - onder meer van mense van verskillende kulturele agtergronde wat moet saamlewe - en die oplossing daarvoor wat in die stryd self gevind sal moet word (‘die pynlike skepping en ontwikkeling van 'n Suid-Afrikaanse kulturele identiteit’ - op.cit.: 47) is ‘van deurslaggewende belang vir die hele wêreld in die nabye toekoms’ (op.cit.: 48). Maar in hierdie proses van nasiebou moet groepregte nie verskans word ter wille van magsbehoud nie (1988a: 23-24); daar moet geen ‘special pleading’ na enige kant toe wees nie (1985c: 204). Die toekomstige bedeling in Suid-Afrika mag net so min op rassisme en uitbuiting gebaseer wees as op die veronderstelde superioriteit van Westerse kulturele waardes.
Die bevoorregte posisie wat toegeken word aan die Judaïes-Griekse erfenis wanneer oor ‘beskawing’ gepraat word, is volgens Breytenbach niks anders as die bevooroordeelde, eensydige en foutiewe interpretasie van manipuleerders nie; ‘Westerse waardes’ - die mantel van ekspansie-politiek - het alternatiewe bronne soos dié van Afrika verberg; die definisie van ‘vooruitgang’ is tendensieus en die toepassing daarvan behels die keuse vir 'n verskriklike magsmeganisme. Afrika, daarenteen, vergestalt vir hom die waardes waarin hy (nog) geloof behou het, byvoorbeeld metamorfose, transformasie, dialektiek, humor en humanisme (alhoewel hy baie nugter daaroor is dat die ‘percentage of rottenness’ oorheersend is in die mens, 1985e: 209):
Africa, the continent where the reality of metamorphosis is paramount, where you have the chance of seeing the simplest object transformed into a votive symbol or a still point of magic; where there is a humbleness traversed by flashes of extravagant glory like flowers suddenly bursting upon an arid landscape, and the innate knack to live on the zero horizon of survival; where people don't have either/or minds but nonetheless an effortless mastery of dialectics to make of it a joyful game of trictrac; where bourgeois values are nearly totally absent, or at least those power relationships based on possessions or exploitation, or at least that materialism linked to the profit motive only, incarnating - as in the West - a pathological need to dominate and to recover lost and innocent certainties; a continent allowing for other readings of art, its functions and that of the artist (often hereditary), for humour; where there is still such an infrastructure of humanism that Africa even now cannot really work up the necessary revulsion to spit out the abject South African whites. Africa, where the whores are not outcasts. Africa, as I said, where your worth is not painted by what you have - though a watch plated gold and a ghetto blaster could be things of awe and mirth - but by how you are. By what you do to and for others. (1986f: 128-129)
As sosiaal-politieke én kulturele laboratorium, smeltkroes van die geskiedenis, sal Suid-Afrika die oplossing vir sy probleme moet vind binne 'n verwysingskader wat die belange van die meerderheid weerspieël (1985d: 48).
Uitgaande van die standpunt dat die Afrikaner hom sal moet onderwerp aan die proses wat in die land aan die gang is, meen Breytenbach dat 'n Afrikaanse
| |
| |
kultuurorganisasie soos die Afrikaanse Skrywersgilde alleen bevry kan word van sy selfperpetuerende (en selftevrede) aard deur die Suid-Afrikaanse Skrywersgilde te word en 'n ware vakunie wat polities betrokke is en affilieer by een van die oorkoepelende organisasies soos die UDF of die Swart Forum (aangehaal in R de Villiers, 1986: 50).
Reeds in die sewentigerjare was daar aan die kant van linkse skrywers en letterkundiges bedenkinge oor die eksklusiewe aard van 'n instelling soos die Gilde (vergelyk hoofstuk 6 XI). In 1987 gaan nuwe stemme in die Afrikaanse literêre bestel op vir hierdie gesigspunt. Philip John gaan vérder as Breytenbach as hy in Stet (1987a: 3) voorstel dat Afrikaners wat werklik wil bydra tot die skepping van 'n demokratiese gemeenskap in Suid-Afrika - dit wil sê werklike verandering (teenoor blote ‘hervorming’) begeer - 'n liggaam moet stig wat doelgerig afwyk van alles wat met die Afrikaner-establishment geassosieer word. Sodanige groep behoort onder meer ondersoek in te stel na die idees wat organisasies soos die ANC en UDF huldig oor kultuur sodat hulle kan bepaal of hulle hul by die huidige beweging kan voeg. Terselfdertyd sal die basis geskep word waarvandaan ‘toenadering tot, aansluiting by, 'n gesprek met hierdie organisasies sal kan plaasvind’. Wilhelm Liebenberg (1987: 2) glo dit is nie nodig dat skrywers as 'n aparte, losstaande groep toenadering moet soek nie; individue moet self by die UDF aansluit en as UDF-lid deelneem aan die stryd: ‘Die skrywer hóéf haar- of homself ook nie net tot die letterkunde te beperk nie. Dit is immers deur self met die harde werklikheid kontak te maak en te worstel met die probleme waarmee die Progressiewe Beweging gekonfronteer word dat mens insig verkry in die situasie waarin ons ons bevind... Dit is slegs (deur self deel te neem aan die Nasionale Demokratiese stryd) dat mens werklik begrip kry van watter rol daar binne die wit gemeenskap te speel is, en waar die Afrikaanse letterkunde inpas’.
Die Afrikaanse Skrywersgilde, wat in die sewentigerjare die tuiste van die verligte en ‘betrokke’ skrywers en literatore geword het, het in die tagtigerjare in 'n bestaanskrisis gekom. Breytenbach het nie die uitnodiging na die 1986-beraad in Windhoek - met sy tema wat in die teken van die noodtoestand staan: ‘Skrywer en bevryding’ - aanvaar nie, onder meer omdat die bemoeienis met die voortbestaan van Afrikaans per se vir hom reaksionêr is: daar moes nooit 'n ‘Afrikaanse’ skrywersgilde gewees het nie, tensy dit van meet af subversief ingestel was (aangehaal deur De Villiers, 1986: 50-51). Van sy voorstel dat die Gilde verander na die ‘Suid-Afrikaanse Skrywersgilde’ kom weer - soos in vroeër jare - niks nie en sienings soos dié van George Weideman (dat 'n relevante skrywersorganisasie kontra-ideologies moet handel) en Fanie Olivier (wat 'n oproep doen dat Gildelede moet ‘tuiskom in die tale waarin bevryding elke dag agter in vangwaens, in begrafnisoptogte en buite (en agter) tronkvensters uitgesing word’) bly ‘losstaande perspektiewe’ (ibid.). Inteendeel, die beraad sal eerder onthou word vir die aanvaarding van die voorstel van Daniel Hugo en Alexander Strachan dat persone wat op komitees van die Publikasieraad dien met die doel om literêre werke vrygestel te kry, as Gildelede toegelaat moet word (Hugo, 1987: 71-72). Waarnemers soos Gerrit Olivier (1987: 8) glo die Gilde het met die aanvaarding van hierdie voorstel sensuur sélf
| |
| |
gekondoneer en die bietjie geloofwaardigheid wat hy nog besit, ernstig in gevaar gestel.
Die 1987-beraad doen nie veel om hierdie ‘geloofwaardigheid’ te herstel nie. Die ‘oop gesprek’ waarop die Gilde altyd 'n hoë premie geplaas het, word ontmoedig en sommige waarnemers plaas selfs 'n vraagteken oor die Gilde se verklaarde steun vir die Dakar-sending: ‘Dit word deur sommige beskou as 'n leë liberalistiese gebaar, met min begrip vir die erns en implikasie van die sending’ (Goosen, 1987: 36). Voor die volgende beraad is daar duidelike tekens van introspeksie by dié vereniging (vergelyk Bu., 12.8.87) en in September 1987 kan die voorsitter, Chris Barnard, aankondig dat dit nou die Gilde se erns is om homself te ‘hervorm om sy voortbestaan te verseker’ (Bu., 16.9.87). Die 1988-beraad staan in die teken van vernuwende denke (Weideman, 1988). Alhoewel die Gilde nog nie bereid is om die ‘Suid-Afrikaanse Skrywersgilde’ te word nie, is die voorgestelde nuwe grondwet (waaroor verslag gedoen word in die Gildenuusbrief, Okt. 1988) en die inisiatief van skakeling met die Congress of South African Writers skuiwe om dié vereniging ‘te bevry van elitisme, kulturele isolasie en 'n veilige politieke distansiëring’ (Gildenuusbrief, Apr. 1989). Van die kant van COSAW is daar ‘in beginsel toegestem tot samewerking op bestuursvlak’, maar die gesamentlike simposium wat deur die Gilde in vooruitsig gestel is vir Julie 1989 sal nie materialiseer nie - ‘een rede hiervoor is tyd’; ‘voorts het... COSAW bepaalde voorwaardes vir medewerking aan so 'n simposium’ (ibid.). In die pers is daar intussen gerugte oor ‘die broeiende botsing tussen links en regs in die Afrikaanse Skrywersgilde’ oor die demokratiseringsaksies. Terwyl Gildelede soos Charles Malan voel dat dit tyd geword het dat die Afrikaanse
skrywer ‘binne georganiseerde verband’
standpunt inneem oor die skrywer se rol in demokratisering en Etienne van Heerden dat dit dringend noodsaaklik vir die Afrikaanse skrywer geword het om vanuit dié oorde te leer hoe kultuur as mobiliseringsmiddel gebruik word, is daar waarnemers soos Elize Botha wat bekommerd is oor die moontlike politisering van die Gilde wat tot uitdrukking kan kom in ‘politieke alliansies’ wat nie veel ruimte gaan laat vir Afrikaans nie (VW., 19.5.89).
In onlangse tye was daar ook ander voorbeelde van brugbou-aktiwiteite - byvoorbeeld die deelname van ‘radikale’ meningsvormers aan 'n establishment-geïnisieerde konferensie soos dié oor Kultuurbewaring (vergelyk Vergunst, 1988: 36-37) en die samewerking tussen verteenwoordigers van die Afrikaanse kulturele wêreld, opvoedkundiges, joernaliste, politieke aktiviste en gemeenskapsorganiseerders (waarvan sommiges segsmanne van die ‘Alternatiewe Afrikaanse Beweging’ is) tydens die ‘Taal en Stryd’-kongres (vergelyk Slabber, Rap., 7.5.89).
Oor wat by laasgenoemde kongres gebeur het, is daar ‘besorgdheid’ by sommige deelnemers. Ikey van de Rheede van die Universiteit Wes-Kaapland, byvoorbeeld, voel dit is 'n ‘onheilige alliansie’ wat ‘op die verhoog en binne ons geledere’ gesmee word: ‘Is dit omdat ons akademici is wat die woord fyn kan inspan en by mekaar verbypraat?’ Die stryd beteken tog 'n fundamentele rekonstruksie van die politieke en ekonomiese orde, en 'n verbintenis tot 'n Suid-Afrikaanse kultuur (Rap., 7.5.89).
| |
| |
Volgens Breytenbach het die ontwikkeling na ‘'n Suid-Afrikaanse kulturele identiteit’ al op dreef gekom - die gemeenskaplike wortels bestaan immers en moet net gebolwerk word; daar bestaan selfs 'n gemeenskaplike noemer: Apartheid (1983d: 102; kyk ook Rap., 13.3.83). Hierdie ontwikkeling word aangehelp deur ‘acculturation and centuries of mixing, and a long exposure to American clichés’ (1984a: 198).
Soos reeds aangedui (in hoofstuk 6 XI) het enkele ‘ekstremiste’ (die ‘breyteneske boksombende’) binne die Afrikaanse literêre bestel hulle teen die einde van die vorige dekade op 'n ‘radikale’ wyse begin identifiseer met Afrika en hulle beywer vir 'n ‘Suid-Afrikaanse identiteit’ en ‘Suid-Afrikaanse letterkunde’. Vandag word dié strewe op wye front gedeel. Marilyn Martin lig begrippe uit wat telkens in die eietydse debat oor die kuns opduik: ‘transisionele’, ‘akkulturasie’, ‘Afrikanisering’, ‘sintese’ en ‘simbiose’. Sy wys op onlangse werk van wit kunstenaars waarin die proses van identifikasie met en versoening van diverse kulture besig is om 'n sinvolle en onmiskenbare effek te hê; sy waarsku egter dat daar ander kunstenaars is wat bloot navolgers is en grootskaals toegee aan formules vir Angst en Afrika (krokodille, bobbejane, ystervarkpenne en luiperdvelle) (1988a: 86-89). Charles Malan wys ook op voorbeelde van die ‘ontmoeting tussen Afrika- en Westerse tradisies’ in eietydse kultuuruitinge en besluit dat daar in onlangse tye ‘'n doelbewuste heropbou’ van 'n ‘kanon eie aan Afrika’ is en dat 'n nuwe soort ‘Suid-Afrikanerskap’ daardeur gevorm word (in Prinsloo en Malan, 1988: 302). In ‘linkse’ kringe is daar egter 'n ongemak oor die ‘maklike manier waarop daar van “'n Suid-Afrikaanse letterkunde” gepraat word - asof die letterkunde 'n vanselfsprekende plek van versoening binne 'n gepolariseerde politieke situasie kan wees’ (Olivier, 1987: 10).
Daar sal eers 'n historiese perspektief op die tagtigerjare moet kom voor 'n mens kan oordeel of die opkomende ‘Suid-Afrikanerskap’ waarna sommige waarnemers verwys, voldoen aan die ‘voorwaardes’ wat Breytenbach daaraan koppel: die feit dat dit in en deur die vryheidstryd tot stand sal moet kom; dat die ‘people’ die leiding sal moet neem; dat die blanke Afrikaner-kultuur gepuur moet word van sy veronderstelde meerderwaardigheid en 'n komponent word van die nuwe kulturele profiel wat binne 'n swart meerderheidsraamwerk gestalte sal moet vind.
| |
IX
Die resepsie van Breytenbach se (ná-)tronktekste
Ná Breytenbach se vrylating verskyn 'n stortvloed van tekste - in Engels (wat telkens vertaal word in ander Europese tale), maar bowenal nog in Afrikaans - téén die verwagtinge in van sommige lesers van Confessions: ‘Breytenbach's
| |
| |
rejection of Afrikaans as a medium of expression for his future work is, again, a sloughing off of an identity, this time a cultural one. Thus he throws out various aspects of himself, those that are attached to landscape, language, family, and history. We will have to await the new Breytenbach, expressing himself in French or English or Italian. Unless he is about to discard the poet in himself as well and rely only on the painter te express a perception of the world that must for some time to come be colored with bitterness’ (Sheila Roberts, 1986: 313).
JM Coetzee bring die feit dat Breytenbach toegelaat was om te skryf tydens sy gevangenskap (maar nie te skilder nie), dat sy manuskripte aan hom oorhandig is by vrylating en dat hy toegelaat word om dit in Suid-Afrika te publiseer in verband met die ‘considerable communal investment in the unity of the Afrikaans literary tradition’ wat spruit uit die ‘closeness of fit between land and language... (which is) in some sense proof of the Afrikaner's natural ownership of the land’:
There is a certain interest, even for official, establishment Afrikaans culture, to see Breytenbach as the bearer of a talent that he cannot, despite himself, betray; and to view his politics as an aberration that does not touch his poetic soul. There is an interest in not acknowledging that there can coexist in a single breast both a belief in a unitary democratic South Africa and a profound Afrikaans digterskap, ‘poetness’. Hence the notion that the ‘terrorist’ in Breytenbach can be incarcerated and punished while the poet in him can be left free. By acting as though Breytenbach must be a radically divided personality, one self a poet to be saved, the other self a traitor to be damned, the greater Afrikaner family preserves its belief (and perhaps does so sincerely and in good faith) that the language, the mystical nation-essence, is greater than the fallible vessels who bear it. (1985: 73).
Die ontvangs van hierdie tekste tydens verskyning (kyk Bibliografie C vir verwysings; vergelyk ook Galloway, 1987 en 1989), belig nie net die werkwyse van die outeur (sy reeds bekende prosedures en kodes asook (nuwe) fasette van sy literatuuropvatting) en die rol wat die tronkgegewe en ideologiese vooronderstellings beide in tekstualisering én resepsie speel nie, maar ook tendense binne die kritiek van die tagtigerjare (by name die verskuiwing na 'n sensitiwiteit vir die rol van die leser, na semiotiek en intertekstualiteit, die gebruik en aanwending van dekonstruksie-terme en -strategieë, na 'n sisteembenadering en, in onlangse tye, ideologiekritiek). Breytenbach self wys op verskillende ‘benaderings’ tot die literêre teks, die gedig spesifiek:
Ons kan dit ontleed, al die stukke uitmekaarhaal en elkeen apart eenkant neersit - en in die proses verloor ons die gedig. Ons kan dit ontrafel en naderhand al die draad in 'n hoop om ons voete hê, maar die naatlose kleed sal nie meer daar wees nie. Let wel: ek probeer beslis nie die benadering van bevoegde - en gemagtigde? - deskundiges, mekênnieks (d.w.s. gedigwerktuigkundiges, gedagbetoogkándiges, gedogtoebroodjies), eksegete, interpreteerders, outoriteite of/en gesaghebbendes, eksponente en so-aan en so-aan aftakel nie, ek vee hier of daar nie my voete af aan die professore, lektore, eselore en hoor-hore nie - al lê hul voetspore nou ook soos veldbrande en gifbespuiting oor die armoedige akkertjie van Afrikaans... Hulle
| |
| |
benáder die gedig op hulle manier - met hul eie dwangbuis, boeie en knuppel - ek op myne. (En hoe verwant is benader en benadeel tog!) Miskien moet ek sê - hul benáder die gedig, ek besluip dit en sukkel om tred met die skaduwee daarvan te hou - en wie weet watter van ons verwilder die ding? Maar ek gaan nie hulle werkswyses verkleineer of vervang nie, probeer ook geensins 'n mistieke of romantiese evaluering bepleit nie. Ek glo slegs dat ek, uit beperkte ervaring en onbeskaafd synde, miskien dikker aksent sal plaas op van die nie-‘wetenskaplike’ elemente van skrywe. (1987: 104-105)
Mouroir (bespieëlende notas van 'n roman) bevat die eerste prosa wat Breytenbach na sy vrylating uit die gevangenis publiseer. Dit bestaan uit 39 tekste (elf in Engels) wat deur JP Smuts ‘kortprosa’ genoem word, deur André P Brink ‘min-of-meer narratiewe tronkprosa’ en deur Charles Malan 'n ‘mengsel prosa’. Genrebepalings soos kortverhale, sketse of meditasies is nie voor-die-hand-liggend nie. Die skrywer self noem dit in 'n subtitel ‘bespieëlende notas van 'n roman’ en in die sluitstuk ‘verslae’. Volgens Malan wissel hierdie verslae van dokumentêr-realistiese geskrifte waar woordeliks uit filosofiese en religieuse werke aangehaal word, tot anekdotes en lang stukke bewussynstroom.
Smuts wys op die eenheidskeppende faktore wat in die bundel aanwesig is, veral die fokus op 'n bepaalde soort figuur (die gevangene, die veroordeelde, die mens wat gebonde is deur faktore buite sy beheer) en ruimte (plekke van afsondering) asook bundelmotiewe wat deur repetisie binding bring binne die versameling. Die afsonderlike stukke word dus tot 'n groter en digter geheel verweef, tot 'n gedugte oorkoepelende struktuur wat die totaal laat wen aan veelduidigheid.
Die titel van die versameling word gesien as sleutel daartoe. ‘Mouroir’ beteken in Frans 'n tehuis of inrigting of hospitaal waarin bejaardes die dood afwag. Dit word metafoor vir die ruimte wat vooropstaan in hierdie prosastukke, naamlik die gevangenis. ‘Mouroir’ is egter ook, volgens Brink, 'n saamdigting van ánder woorde: ‘mourir’ (om te sterf) en ‘miroir’ (spieël) wat onder meer die dood as spieël van die lewe (en andersom) oproep en by implikasie enigiets as spieëlbeeld en komplement van sy ‘teenoorgestelde’ - 'n aansluiting by Zen-prosedures in Breytenbach se werk. Brink dui dan aan hoe hierdie fasette van die titel neerslag vind in die teks wat self 'n labirint van spieëls is waarin alles voortdurend gerelativeer word sodat die boek spieëlbeeld word van 'n ‘werklikheid’ wat self die fantasie verspieël. Verwringing is hier gegewe in die skryfsituasie: metamorfose is die essensiële prosedure van die boek. By uitnemendheid gaan dit dus vir Brink hier om 'n fluïede toestand van geskrewe taal teenoor die ‘teenwoordigheid’ van gesproke taal, soos wat Derrida dit onderskei. Wat nie uitskakel dat daar heeltyd 'n driftige verlange oorbly na 'n beginpunt, 'n oorspronklike Sin, 'n God, 'n illusie van vaste struktuur nie.
Brink praat van 'n kenmerkend ‘breyteneske’ werkwyse wat hier na vore kom. Dié tipering, ‘veral as mens so ietwat dekonstruerend wil lees’, word gebruik omdat ánder Afrikaanse woorde daarin meeklink wat as beginpunt(e) kan geld vir 'n ontdekkingsreis deur Breytenbach se ryk en wonderbaarlike wêreld: pikaresk, grotesk, burlesk, Kafkaesk.
| |
| |
Breytenbach bou volgens resensente in hierdie teks 'n beklemmende beeld van die gevangene en veroordeelde mens op. Smuts reken dit word gedoen sonder baie eksplisiete toespelings op Suid-Afrikaanse toestande. Al kom die naam Breytenbach in verdraaide vorme voor, meen Malan dat die lesers nie veel skakels met die werklike outeur sal kry nie omdat dié hom op alle moontlike maniere distansieer en verskuil agter al die soort konstruksies van implisiete skrywers en lesers wat die fiksie hom maar kan bied. Eintlik is Mouroir dan ‘mitiese’ prosa, bevolk met argetipiese figure in oerruimtes - 'n droomwêreld waarin aansluiting by die wêreld van vandag hoogstens terloops is. Vir Brink is die teks nie 'n ‘tronkdokument’ in die gewone sin van die woord nie, maar die tronkbestaan het die aard van die teks (die vrye fantasiespel en meditasies) bepáál: dit is immers geskrifte wat gereeld aan bewaarders oorhandig moes word vir ‘veilige bewaring’ - en wat daarom só geskryf moes word dat die bewaarder nie verstaan wat hy lees nie, sodat die gevangene nie in die pekel beland nie.
Alle resensente is dit eens dat hierdie prosas slegs ingestel is op 'n baie klein lees-élite. Malan voel dat Breytenbach sy hand oorspeel en homself te veel veroorloof in sy minagting van geykte strukture en lesersverwagtinge, tog bevat onderdele van die bundel briljante prosa ten opsigte van liriese digtheid en speelse, surrealistiese kamees. Brink het besware teen ‘vernaamdoenery’ met woorde en irriterende ‘gemeenplasighede’, maar meen dat die werk een van die verwikkeldste en fassinerendste strukture in Afrikaans daarstel. Smuts meen van die langer tekste is soms te uitgesponne, maar dat Mouroir om talle geniale oomblikke en die tower met die taal 'n bundel van betekenis is.
Buite die Afrikaanse literêre bestel word uitsprake oor Mouroir meer eksplisiet herlei na die tronkervaring. Vir Judy Parfitt is die ‘effects of Breytenbach's incarceration vividly apparent’ in die teks: ‘His extraordinary vision is intensified by a clarity of perception which is surely attributable in part to the painful introspection his solitary confinement must have occasioned. The result is a series of intensely personal moments of truth - enlightenment through suffering?... Predictably, the mood... is overwhelmingly melancholy. Often there is a pervading sense of desolation and decadence. But there are also Breytenbach's many and beautiful descriptions of nuances in the interplay between light and darkness... These could be symptomatic of his cell environment, as is his ability to perceive in mundane facets of life outside prison a profound dimension which would otherwise, perhaps, have escaped him’. Hierdie leser glo Breytenbach het met Mouroir 'n ‘emotional watershed’ bereik, ‘and though you cannot help feeling an intruder in the deepest recesses of his mind, you are the richer for your heightened insight in the man and the artist’. Vir LFW bevat Mouroir ‘an almost ceaseless and morbid fascination with prison life, executions and death’. Malcolm Fothergill voer aan ‘the book... could have been written only by a prisoner’ - dáárom die ‘grey, depressing and disembodied’ gevolg, maar ook die groot ‘psychological force’ van die teks: ‘Far more effectively than a more structured book could have done, and with few direct references to prison, it tells us what happens to a poet when he is removed for a long period from contacts with the world outside his head’.
| |
| |
Engelse lesers evalueer die teks uiteenlopend. LFW prys Breytenbach se hantering van Engels: ‘At times liquid, at times brutal, but always masterly. One is proud that these words flowed from the pen of a South African born writer’. Anthony Egan glo ‘it is a fine piece of writing by one of the greatest (ex-) South African writers in recent times’. Coates is nie heeltemal só entoesiasties nie: ‘The overt esotericism of the book is occasionally selfdefeating and will put off many potential readers. This is a pity, because despite its selfconscious cleverness, it is a rich, fertile work, in places astonishingly beautiful, in places simply astonishing’. Ander lesers se bedenkinge oor, of onbegrip van die teks word pertinent verwoord. John Conyngham besluit dit is ‘heavy going and ultimately without the anticipated reward which could have made the slog worthwhile’. Sandra Laurence voel hoogstens gefassineer én ‘mystified’ deur die teks. Neill Darke is teleurgestel deur die ‘disjointed, surrealistic sketches... (which) is often obscure and unintelligible’.
Die bekende Derde Wêreldse nuustydskrif Jeune Afrique wat in Parys uitgegee word - en wat tot in daardie stadium 'n groot ondersteuner van Breytenbach was - val Mouroir aan as 'n ‘terrible deception’ en vra of die skrywer 'n ‘imposter as well as a coward’ is. Daar word aangevoer dat ‘the famous South African author gets lost in painful pseudo-philosophical nightmares and forgets all about apartheid’. Dit lyk of hy die vryheidstryd in die steek gelaat het en bloot 'n instrument van die Weste se ‘good conscience’ geword het: ‘That is a pity. Because he should have consecrated his talent - and he has a great deal - to carrying on the campaign he boasts about in many, too many interviews and - how ironic - for which he spent seven years in jail’ (berigte in Star, 17.1.84 en TF., 27.1.84).
In Suid-Afrika reageer Nadine Gordimer, een van die konsekwentste antiapartheidskrywers in die land, op die ‘resensie’ van Sandra Laurence wat self stel dat sy nie kop of stert van Mouroir kon uitmaak nie. Gordimer se brief word volledig aangehaal omdat dit ook 'n reaksie bied op die kritiek van links:
In this highly original work, the ordinary time-focus of a man's perceptions has been extraordinarily rearranged by a definitive experience - a long sentence as a political prisoner - which the author realises belongs as much to the time before it happened as the time after.
Prison irradiates the book with dreadful enlightenments: the dark and hidden places of South Africa, from which the work arises, are phosphorescent with it.
What Breytenbach shows by means of his recurring mirrors - elipsing, reversing, breaking up events, emotions and perceptions - is that the death-presence of prison is always there in a country where people oppress and are oppressed.
Breytenbach is a writer whose work takes on the enormous task of full responsibility for what he was and is.
The self cannot be disowned, neither as the young Afrikaner growing up as one of the chosen volk, nor the artist fled to Paris, nor the failed revolutionary.
All this personae are present in every single moment of his working consciousness.
It is this fusion that makes it impossible for him to write a work which conveniently can be fitted into even the broader definitions of ‘story collection’ or ‘novel’.
| |
| |
But that is not to say that this is a book of fragments, that there is no narrative, as your reviewer suggests. Inner logic (concepts, dreams, symbols) also narrates.
It has a sequence of its own. This sequence is a deeply individual discovery, and very, very few writers have the ability to use it as the unique shape of their work.
Breytenbach is one of these, the greatly gifted.
He himself is the centrifuge from which all is cast and sown again, the horror, the humour, the love, the knowing and unknowing he has received from his world, ours - that world in which, he perceives: ‘White is a posture; a norm of civilisation’.
As an Afrikaner writing in English, Breytenbach is a phenomenon of the Nabokovian if not the Conradian order. (RDM., 7.9.84)
Resente is dit eens dat daar min digbundels in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis is waarna met soveel verwagting uitgesien is as na Eklips, die eerste bundel wat ná Breytenbach se vrylating gepubliseer is en die ‘eerste tronkbundel’ genoem is. Op die titelblad word aangedui dat dit die derde bundel van die ongedanste dans is. André P Brink gee die volgorde van die oorkoepelende tronkbundel/vyfdelige reeks/siklus soos volg aan: 1. Lewendood, 2. Buffalo Bill, 3. Eklips, 4. (‘yk’) en 5. Die kus. (Vergelyk Galloway, 1985: 82-87 vir die verwarring onder resensente oor die volgorde van die bundels.)
Hein Viljoen meen die ‘subtitel’ van Eklips dui aan dat die ‘dans’ nooit plaasgevind het nie, dat dit 'n verbeeldingsvlug is, 'n ontsnapping deur middel van woord, taal en gedig. ‘Eklips’, die verduistering van 'n hemelligaam, kan volgens hom dui op die digter se tydelike verduistering: sy gevangenskap; dit kan ook, volgens die oorspronklike Grieks, ‘uitlaat’ of ‘weglaat’ beteken en beeld word van die afwesige: die geliefde, die vryheid en die verlange daarna. Jeanette Ferreira soek die rede waarom die bundel 'n ‘dans’ genoem word in die Sufisme waarin die dans gesien word as 'n ritueel wat bo alles bedoel is om die danser in 'n staat van konsenstrasie op Allah te dompel; die dans is beeld van die harmonieuse bewegings van die bevryde siele. Ferreira bring ook ‘eklips’ in verband met die rol wat son en maan, lig en donker in die Sufisme en in die bundel speel.
Die vyf afdelings van die bundel is deurweef met bekende Breytenbachmotiewe: reis wat ook taalreis word; ondergang wat ook teken van groei is soos dood teken van geboorte is; ontginning van verhoudinge (hier/daar, digter/gedig, gedig/werklikheid, digter/geliefde, digter/Groot Niet). Stilisties word dit volgens TT Cloete gekenmerk deur die bekende voortreflike manier van beelding en beskrywing wat saamhang met fyn sintuiglike waarneming, taalvirtuositeit en eksperimentering met rym en die sonnetvorm. Breytenbach se tronkbestaan word nie direk betrek nie.
André P Brink meen dat Eklips teen die agtergrond van die algemene literêre situasie geplaas moet word. Sedert Voetskrif is die Afrikaanse poësie se loop immers verlê deur digters soos Wilma Stockenström, Sheila Cussons en TT Cloete; poësie word ook vandag met ander oë gelees. Brink meen dat Breytenbach nie saam met die konteks verander het nie en dat hy in té hoë mate ‘gelyk bly aan homself’ sodat die leser dikwels die gevoel kry van 'n spel wat reeds gespeel is. TT Cloete meen Eklips bring niks nuut in Breytenbach se werk nie.
| |
| |
Hein Viljoen daarenteen voel dat daar vernuwing is in die groter spanning, selfs 'n soort desperaatheid, in die verse en in die hegter struktuur. Ampie Coetzee voel egter dit is verkeerd om 'n ‘vernuwing’, 'n ‘stygende lyn’, 'n ‘verbetering’ te verwag in Breytenbach se werk. Sy isolasie het sy beheptheid met taal en die gedig en die betekenis van die gedig verhoog. Dit gaan dus in Eklips om 'n problematiek wat van die begin af Breytenbach se werk gekenmerk het en die bundel bestaan uit verse wat tot taal en teks ingekeer is.
Volgens Cloete is die bundel 'n agteruitgang in Breytenbach se oeuvre: dit bevat te veel louter beskrywing en is wydlopig. Brink meen die bundel word ontsier deur retorika, voorspelbaarheid en blote slimmigheid, maar Eklips is tog 'n sterk en belangwekkende bundel. PH Roodt voel dit is nie 'n hoogtepunt in Breytenbach se oeuvre nie, maar dat dit om die verwikkelde en diggeweefde geheel en die menslikheid daarvan tog 'n boeiende bundel is.
Brink se resensie van Eklips lok reaksie uit. In Rapport van 22 Mei 1983 voer Dan Roodt aan dat Brink se resensie ‘konvensioneel’ is in die sin dat hy sekere hoofmotiewe in die bundel uitlig en verder 'n uitgebreide evaluasie gee. Roodt het egter probleme met Brink se hantering van teoretiese begrippe. Só wil hy sy negatiewe evaluasie van Eklips regverdig deur na intertekstualiteit te verwys: Breytenbach se poësie is nou minder werd omdat die literêre geskiedenis verder gevorder het. Roodt het hieroor bedenkinge omdat Julia Kristeva, wat die term bekend gestel het, intertekstualiteit gebruik in die sin van produksie van betekenis in tekste en hoegenaamd nie met die literêre status van hetsy digters of hul geskrifte in verband gebring het nie. Brink se gebruik van 'n koppelteken as hy ‘beteken’ skryf, lyk verder vir Roodt na 'n poging om 'n kwasiesemiologiese kleur aan sy resensie te verleen; dit faal egter in die lig van die geheel, wat 'n heel onsemiologiese klem op waarde-oordele, inhoud, skrywerskap, temas, ensovoorts, vertoon. ‘Obskuur’ is ook hoe Brink De Saussure se langue en parole met die digbundel in verband bring - onder meer deur 'n versoening tussen Sartre en die semiologie tot stand te probeer bring.
Gedurende 1983 verskyn nóg 'n teks van Breytenbach. (‘yk’) is die tweede ‘tronkbundel’ en die vierde bundel van die ongedanste dans. Dit word allerweë entoesiasties ontvang en beskou as een van die indrukwekkendste bundels in Afrikaans, 'n hoogtepunt in Breytenbach se oeuvre, ten spyte daarvan dat dit dowwer kolle bevat.
André P Brink se verklaring van die bundeltitel belig heelwat aspekte van die bundel as geheel. Hy wys naamlik daarop dat die mees voor-die-hand-liggende implikasie van ‘yk’ die ‘stempel’ van gevangenskap is wat op die teks afgedruk is: 'n bestel waar individualiteit ontmoedig of uitgeroei word, ten gunste van die gemene delers. Terselfdertyd is die digter juis besig om sý allerindividueelste ervaring en denklewe te yk deur dit te vertaal, aangesien taal die mees geykte vorm van kommunikasie is. Die hakies om die titel, iets wat dui op afsondering, ont-yk die geykte egter weer uit die ‘gewone’ menslike, kommunikatiewe wêreld. Die aanhalingstekens vestig op hul beurt ons aandag op 'n taaluiting - en daardeur verskuif die digter die leser se aandag van die begrip na die woord. Want die digter is aangewys op woorde en in hierdie tekste word daar dan ook, via woorde en in woorde, gekyk na die woordprosesse self.
| |
| |
Vir FIJ van Rensburg is dit nie net die titel en die ‘hart-soetra’ waarmee die bundel open wat die leser nooi tot semiotiese ontraaiseling nie, maar ook die omramende of begeleidende materiaal, want Breytenbach is immers 'n skilderdigter. Die komma-geskeide woorde wat op die bladsy regstreeks ná die titelbladsy afgedruk is, kan volgens Van Rensburg moontlike titels wees wat verwerp en opgeneem is in ‘yk’ waarin hulle as't ware hul satori, hul oomblik van verskerpte belewenis vind. Die foto van die digter en sy vrou direk ná die woord ‘yk’ impliseer dat hulle verhouding in die titel geregistreer is (Yolande en ek = yk); hierdie verhouding is dan ook een van die belangrikste gegewens wat in die bundel ontgin word. Die buitebladskilderye suggereer dat dit in die bundel gaan om die afsper van die blik na buite/na die werklikheid en 'n inkeer van die blik na 'n liefliker en boeiender binne-werklikheid. Die ooreenkoms tussen die woord ‘yk’ op die voorkop en die vlinder oor die oë op die voorblad dui daarop dat selfs van mens-standaardisering skoonheid gemaak kan word. Op die agterblad is die ykmerk weg en alles is flambojanter: 'n element wat evolusie suggereer.
Henning Snyman meen dat 'n ‘nuwe’ Breytenbach verwesenlik word in (‘yk’) en dat die bundel in baie opsigte vergelykbaar is met DJ Opperman se Komas uit 'n bamboesstok. In (‘yk’) word die Breytenbach-tema van 'n eenheidsvisie van ongelyke dinge en die Breytenbach/Opperman-tema van ontluistering tot 'n subtiele hoogtepunt in Afrikaans gevoer: alles gesien vanuit die perspektief van die ego, die ek. Met die vertrekpunt van die geslote tronkruimte beweeg die ek-waarnemer en spreker deur die wêrelde van die natuur, die kuns, die erotiek, die mens en menswees en sluit weer in die ek, maar nou 'n ek wat die eindpunt van sy siklus in die dood vind. Uit die dood word uiteindelik weer die nuwe lewe gebore.
Volgens TT Cloete lei die siening van die poësie of lewe as 'n ‘tussenin’ (tussen hakies en aanhalingstekens soos in die titel) daartoe dat die gedig beoefen word as 'n tussenin: die twyfelkyk op die poësie het dus te make met die ‘gemotiveerde funksionele’ swak gedig/vers wat plek-plek in die bundel voorkom. Die sintuiglikheid, die direkte belewenis van byvoorbeeld die natuur, red die verse dikwels uit die prosaïese en die beredenerende toon. Daar is dan ook talle pragtige, tipies Breytenbachse formuleringe en kontaminasies of ‘versinselwoorde’ wat gebruik word om verrykend te sê, om te ironiseer of te denoteer, te relativeer, om funksioneel te stamel.
Ten spyte van die voortdurende gedagte aan die dood en die gevangenis, is (‘yk’) vir Annari van der Merwe 'n lofsang op die lewe en die mens se vermoë om begrensing van allerlei aard te oorkom: die beperktheid van taal, die tirannie van rasionele denke, sy eie feilbaarheid, gevangenskap.
Charles Malan meen bykans al die gedigte in (‘yk’) moet binne bundelverband en selfs binne die Afrikaanse letterkunde as 'n ‘interteks’ gelees word. Dit is nodig omdat kruiskoppelings, verwysings, relativerings, betekenisverdraaiings en so meer voortdurend soos die glasstukkies in 'n kaleidoskoop skommel. Afsonderlik beskou is die gedigte nie meer as kleurbrokkies vir 'n spelter-wille-van-die-spel nie. Saamgevoeg vorm hulle egter een van die boeiendste en selfs briljantste ‘betekenispatrone’ in Afrikaans.
| |
| |
Soos reeds aangetoon (in hoofstuk 7 V) word Breytenbach in 1984 aangewys as wenner van die Hertzogprys vir Poësie, maar hy aanvaar dit nie. (‘yk’) verwerf ook die CNA-prys en word tweede vir die Louis Luyt-prys geplaas. In 1985 word die bundel weer tweede genomineer vir die Luyt-prys en op grond daarvan word die eerste Rapportprys in 1986 daaraan toegeken (kyk hoofstuk 7 V).
In 1984 verskyn Buffalo Bill - panem et circenses, 'n binne met oneindig veel buite gelap, die tweede bundel van die ongedanste dans. Dié bundel se ontvangs word sekerlik beïnvloed deur Breytenbach se Confessions wat ook in hierdie tyd op die rakke kom. Johann Lodewyk Marais plaas die bundel pertinent binne 'n bepaalde historiese konteks. Dit is, volgens 'n nota in die teks, geskryf tussen Junie 1976 en Junie 1977, dit wil sê in die tyd terwyl die digter in eensame opsluiting in die maksimum-sekuriteitsdeel van die Sentrale Gevangenis in Pretoria verkeer het: ‘Dit was waarskynlik die mees traumatiese tydperk van sy sewe jaar gevangenisstraf.’ Die bundel se ontstaanstydperk oorspan hierbenewens nóg twee baie betekenisvolle gebeurtenisse, naamlik die Soweto-onluste en die begin van Breytenbach se tweede verhoor. Van die gebeure buite die gevangenis - soos die Soweto-onluste en ander sosio-politieke woelinge - was Breytenbach net vaagweg bewus. Eers later sou hy van hierdie ‘buite’ te wete kom, vandaar onder meer die ironie van die motto van die bundel: ‘parem et circences; 'n binne met oneindig veel buite gelap’. Volgens Marais dra talle gedigte die tekens dat hulle in gevangenskap geskryf is. Só speel die binêre opposisie binne-buite waarskynlik die belangrikste rol in die bundel.
Van Rensburg voel dat die buitewêreld selfs die belangrikste ruimte in die bundel word - wat dan sorg vir die helderte en die majeur-aard daarvan. Die natuur en veral die tuin neem 'n belangrike plek in en is waarskynlik nêrens nog só geskakeerd geteken nie. Veral die reisaspek bring 'n logiese ontwikkelingslyn mee, beskryf van 'n duidelik bepaalbare begin af tot 'n duidelik bepaalbare einde, hetsy ruimtelik, tydelik of emosioneel. Ook Cloete lê klem op die ruimtelike en sintuiglike aspek van die bundel. Fanie Olivier meen voorts dat, alhoewel daar betreklik min gedigte is waarin die tronkopset en -lewe voorgestel word, die leser voortdurend bewus bly van die beperkinge (soos verbeeld deur die muur en die voëls waarna telkens verwys word). Pogings om die isolasie te verbreek, sluit - naas die ontvlugting wat die tuin en die reismotief bied - die gebruik van die gedig as ontsnappingsmedium en die gesprek met ander skrywers in. Die intertekstuele aard van die bundel word telkens verken deur resensente (Marais, Van Rensburg, Olivier).
Die bewussyn van die dood (Cloete) en die tema van angs in vele vorme (Henning Snyman) verkry nuwe dimensies en perspektief in die bundel. Verder word dié teks 'n beswering van die Buffalo Bill/Breyten Breytenbach-legende (Marais). Alhoewel die bundel volgens Olivier sterk politieke kommentaar bevat en, soos altyd, liefdesverse, is dit die selfrelativerende gedigte wat oorheers.
Oor die tegniese aspek van die verse word uiteenlopende idees nagehou. Van Rensburg meen Buffalo Bill is een van die digter se oopste bundels, met virtuose vormspel en sonder die vroeëre taaloorspannings met gevolglike duisterhede.
| |
| |
Cloete beklemtoon die bekende idiomatiese spel en taalvernuf en vestig die aandag op die merkwaardige ikonisiteit van dié verse wat die ruimtelike ekspansie van die gedigte uitdruk in 'n uitdyende sintaksis, 'n uitdyende vers. Olivier voer aan dat, al is die versbou konserwatiewer en hegter, die verse oorborrel met 'n baie onortodokse sintaksis en woordevervorming.
Naas hierdie gunstige resensies vind Henning Snyman en Daniel Hugo die werk minder bevredigend. Snyman meen die semantiese en sintaktiese nuwighede is nie meer so nuut nie en die verrassingselement begin sy skerpheid verloor, die woordvernuf is nie meer so effektief nie en die tegniek daaragter raak bekend. Hy kry die indruk van te veel woordskuiwery en te min poësie, maar ten spyte van taaltegniese besware is dit steeds sterk poësie en 'n belangrike digbundel. Hugo mis ook die verbluffende taalspel van Buffalo Bill se voorgangers.
Die verskyning van Breytenbach se The true confessions of an albino terrorist in 1984 trek baie aandag in die Afrikaanse pers. Twee van die belangrikste redes is seker omdat dit die eerste teks is van dié skrywer wat ten volle én oorspronklik in Engels geskryf is én omdat dit 'n verslag is oor die sewe jaar wat hy in die tronk deurgebring het.
André du Toit meen dat Breytenbach, deur sy Confessions in Engels te skryf, gestalte gee aan sy breuk met die Afrikanerdom. Dié teks is dan nie op 'n Afrikaanse leserspubliek gerig nie, maar bedoel vir die internasionale publiek: ‘En tereg, want Confessions is 'n belangrike werk deur 'n skrywer van formaat wat inslag sal vind ver buite literêre kringe en buite die grense van Suid-Afrika. Bowendien is dit 'n besonder toeganklike werk. So kompleks en ontoeganklik as wat sy Afrikaanse poësie kan wees, so helder en skynbaar eenvoudig is die taal en styl van Breytenbach se eerste Engelse boek. (Hoewel dit gou blyk dat hy wel in staat is om ook Engels te laat sing en na sy skeppende hand te sit.)’ Brink daarenteen glo die teks is (ook) om kommersiële redes in Engels geskryf; hy gee toe dat daar verruklike taalvlugte voorkom, maar vir hom is dit duidelik dat ‘Breyten hom onwennig voel in Engels’. Kerneels Breytenbach glo nie dat Breytenbach Engels met dieselfde virtuositeit bemeester as met sy Afrikaans die geval is nie. Hilda Grobler bevind dit 'n Engels wat ‘wemel van taal- en grammatikafoute’ en wat in 'n Afrikaanse idioom geskryf is sodat die styl voortdurend hinder.
Wat betref die reaksie op die ‘inhoud’ van die teks, was daar uiteenlopende menings. Jakes Gerwel lees Confessions in die eerste instansie as 'n ‘politieke teks’. Vir hom bevat die boek Breytenbach se duidelikste uiteensetting van 'n politieke teorie en visie vir Suid-Afrika en hy het met ‘groot instemming’ bepaalde standpunte gelees - byvoorbeeld Breytenbach se verwerping van ‘die stryd vir Afrikaans’. Hilda Grobler se beswaar teen die teks daarenteen, wentel om die uitgangspunt dat dit ‘seer sekerlik nie letterkunde is nie’; sy maak geen uitsprake oor Breytenbach se politieke ideologie of visie vir die land nie, maar besluit die boek is ‘swak’: ‘Waarom hy die boek geskryf het, kan 'n mens maar net raai’. Wat vir Kerneels Breytenbach die boek boeiend maak, is die digter se ontredderende beeld van die tronklewe. Fanie Olivier word aangespreek deur ‘A note for Azania’, waarin Breytenbach sy toekomsvisie vir die land uitspel:
| |
| |
‘Dit is 'n stuk wat beweeg tussen sinisme en wanhoop enersyds, en liefde en toewyding andersyds’.
Die aangrypendste faset van Confessions is vir André du Toit die herskepping van die ‘ganse universum’ van die gevangenislewe in Suid-Afrika; die mins geslaagde dele dié waarin die skrywer probeer om 'n verduideliking van sy eie politieke motiewe te gee. Du Toit som Breytenbach se ‘alternatiewe visie’ op die Suid-Afrikaanse samelewing soos wat dit in Confessions gestalte kry, op as 'n ‘ongenaakbare oordeel’ op 'n totaal reddelose ‘sisteem’ wat nie van binne-uit hervorm kan word nie, maar waarmee weggedoen moet word, selfs al is daar geen duidelikheid wat in die plek daarvan sal kom nie. Die humor en simpatie wat die teenpool van hierdie oordeel en visie vorm, is skrale troos, ‘want ons sal moet saamleef met hierdie ontstellende bydrae tot ons kennis van die Suid-Afrikaanse samelewing’. Du Toit vind dit ironies dat juis die owerhede se onverbiddelike beslistheid om 'n Afrikaanse digter te straf vir sy ‘dilettantistiese flirtasie met ondergrondse politiek’ van hom 'n skrywer gemaak het wat met gesag kan praat voor 'n groter gehoor oor die basiese sosiale en politieke werklikhede van ons situasie’ op 'n wyse waarvan ook ons sal moet kennis neem’.
André P Brink plaas Confessions binne die tradisie van Suid-Afrikaanse tronkgeskrifte, vanaf Adam Tas tot by Herman Charles Bosman; in onlangser tye was daar werk van byvoorbeeld Jeremy Cronin, Frank Anthony en ander wat die spesifieke werkinge van apartheid binne 'n tronkopset oopgevlek het. In dié opsig is Breytenbach se werk nie ‘nuut’ nie; wel is dit die omvattendste getuienis wat ons in hierdie kategorie tot dusver het. As dokument is dit ook nuttig vir die lig wat dit werp op sy ander tronkgeskrifte, veral Mouroir en die nog ongepubliseerde Pi-K'uan. Selfs op anekdotiese vlak is dit waardevol. Agter die ‘dokumentêre’ vlak (wat soms ‘ontaard in blóte opeenstapeling van staaltjies’) staan 'n ideëvlak wat uitkristalliseer in essays oor die skryfhandeling van dié teks self, oor die verhouding tussen ondervraer en aangehoudene, oor Suid-Afrikaanse tronke, oor foltering, oor die stryd om Afrikaans en so meer. Heelwat hiervan is vir Brink uitmuntend aangebied met prysenswaardige helderheid en logika. Maar dan is daar ook ‘struikelinge’ en, as die ideëvlak van Confessions vergelyk word met byvoorbeeld die tronkliteratuur van Dostojewski, Sinjawski, Solzjenitsen word mens bewus van ‘iets skraals omtrent Breyten se bydrae: nie 'n tekort aan “styl” nie, maar aan daardie diep en breë menslikheid van 'n volledig gerypte persoonlikheid’. As voorbeelde wys Brink dan op die ‘iets te skrils’, 'n te smal bitterheid, selfs soms 'n te maklike welsprekendheid.
Die uiteindelike probleem wat Brink het met Confessions (al gee hy toe dat dit ook wins kan wees) is dat dit nié 'n ‘dokument’ of selfs 'n filosofiese mymering wil wees nie, maar - soos Breytenbach ten oorvloede duidelik maak - 'n teks, in die sin van Barthes se scriptible. Dus: ons het te doen met woorde, nie met lewe of kommentaar-op-geleefde-lewe nie. Brink voer aan dat in die lig hiervan die ‘true’ én die ‘confessions’ van die titel bevraagteken moet word, want ‘Breytenbach wil Derrideaans, dekonstruktief, te werk gaan’ - en vandaar die vreugde om strukture op te stel en te verbreek. Die resultaat is ‘een van die
| |
| |
vernuftigste strukture (en tegelyk: selfdekonstruksies) wat Breyten nog aangebied het: betekenisse word nie “gerapporteer” nie, maar as 't ware voor die teks uitgestoot - en algaande weer ongedaan gemaak’. En juis dít bring volgens Brink probleme mee. ‘As dit dan nié gelees kan word as òf “confessions” òf “true” nie, dan bly net fiksie oor (wat onder andere opnuut die dikwels lastige taalgebruik onder die soeklig plaas). En dat Breyten dít nie wil nie, blyk duidelik uit haas elke hoofstuk en vernaamlik uit die essays van deel 3’. Maar as die ‘feite’ wat vir die leser kontroleerbaar is, nagegaan word, blyk dit dat daar ‘heelparty verdraaiings, ontwykings, vergoeilikings en verswygings’ is. Moet dit dus tóg as ‘fiksie’ aanvaar word? Dít bring jou terug by die eerste struikelblok.
Brink besluit dat dit ‘hierdie onsekerheid binne-in die teks self is, hierdie diffuusheid van fokus’, wat Confessions uiteindelik minder indrukwekkend maak as ander Suid-Afrikaanse tronkgeskrifte: ‘Werke met 'n veel minder selfbewuste literêre struktuur, maar 'n groter register en 'n digter struktuur van be-tekende menslikheid’. Al bly dit 'n nodige en selfs onontbeerlike boek ‘openbaar dit dalk ook tekens van die bitter skade wat die tronk wel - aan die skeppende gees self - aangerig het’.
Die kritiek wat Brink uitspreek op die ‘belydenisse’ van sy (eertydse) vriend en die reaksie wat dit van Breytenbach uitlok, word deur Rapport geplaas binne die konteks van probleme rondom hul gemeenskaplike uitgewers oorsee (Rap., 20.5.84). Breytenbach spreek in 'n brief sy bedenking uit oor die dekonstruksiebenadering as sodanig (‘oorsee altans, is dit nie meer die in-ding onder ramkiespelers nie. Op maanlignagte hier word dit nou sommer aftakeling’). Hy bring Brink se kritiek (verskans agter ‘literêre objektiwiteit’) in verband met laasgenoemde se eis aan heelparty oorsese uitgewers dat wysigings en weglatings ten opsigte van gedeeltes waarin hy ter sprake kom, aangebring moet word in die publikasies aldaar van Confessions: ‘Hy is blykbaar van mening dat my fiksie plek-plek nog te veel na fakt stink en dat ek 'n hupstootjie gegee moet word in my bollietjiesrollende verdraaiings, ontwykings, vergoeilikings en verswygings. Of anders wil hy nou gaan openbaar maak dat ons twee al sedert lankal saamsweer vir plekke op die owerheid se sensuurkomitees!’ (ibid.). Brink erken dat hy versoeke gerig het om uit Confessions gesub te word, maar ‘nie omdat daar 'n feitegeur kleef aan sy fiksie nie, maar omdat daar dalkies te veel fiksie kleef aan sy feite. En omdat ek wasgoedjies liewer tussen vriende hou. (Ons het destyds in Parys al dieselfde wassery gehad.)’ (ibid.).
Brink se resensie van Confessions word as illustrasiemateriaal gebruik in 'n debat oor die ‘krisis in die Afrikaanse kritiek’ in Stet, waarin bepaalde uitgangspunte van die dekonstruksiekritiek onder skoot kom (dit word in hoofstuk 7 X bespreek).
In 1985 verskyn Lewendood - Kantlynkarteling by 'n digbundel, die eerste bundel van die ongedanste dans: ‘Vier bundels in 'n baie kort tydjie, die vierde weer omvangryk. Dus, 'n groot produktiwiteit soos ons by geen ander Afrikaanse digter nog teëgekom het nie’ (TT Cloete).
Soos die ander bundels in die reeks is ook Lewendood die neerslag van Breytenbach se tronkverblyf. Dit word hier regstreeks in die titel bygeroep: die
| |
| |
tronkbestaan wat 'n soort dood is binne die lewe - dus lewend dood (Fanie Olivier). Die tronk is egter meestal net 'n vertrekpunt vir die konkretisering van die Niet en in dié bundel is die vernaamste metafoor daarvan lewe (vryheid) en dood (gevangenskap/onvryheid) en die paradoksale saambestaan daarvan (Hein Viljoen).
Olivier wys ook op 'n ander faset van die titel: lewe in dood, en op hierdie manier dan 'n aanklag teen 'n Suid-Afrika wat reeds dood is. Die prisonier hier, die digter, het binne die tronk (en wat dit polities impliseer) lewend gebly. En die bundel self, elke gedig, ‘is 'n daad van lewe binne 'n taal en binne 'n gemeenskap wat die voorportale van die dood reeds binnegegaan het, wat nie meer die musiek van lééf kan hoor nie’. Dit is dan ook 'n bundel wat dikwels praat oor die taal, die onvermoë van die taal om te sê, en van die dood van 'n taal. Maar dit word op so 'n lewende manier gedoen ‘dat die digter juis daardeur die dood van Afrikaans besweer’.
In 'n motto voor in die bundel haal Breytenbach die volksmoeder van die tradisionele prosa, MER, aan: ‘Kyk, my kind, jy wil mos eendag ook gormintsdigter word; nou ja, jy moet nou al begin. Hou dig! Sê vir geen mens wat jy weet nie.’ Volgens Tom Gouws maak Breytenbach, wat nou ook (ironies) op staatsonkoste dig en sodoende kan aanspraak maak op die titel ‘gormintsdigter’, van die bundel 'n goddelike komedie. Soos die motto op disparate wyse die poëtikale en nasionale paar, probeer Breytenbach ook hierdie twee aspekte tot sintese bring. Gouws voer aan dat dít aanleiding gee tot ‘'n nuwe meepraat, 'n gedwonge saampraat met die volksdigter van ouds’ - daarom die intertekstuele gesprek, aanhaling en omdigting van ouer digters se werk, die digterlike teoretisering oor tradisionele digsoorte en -vorme, die teruggryp na sy eie vorige bundels wat ook al ‘volksbesit’ geword het, die gebruik van tradisionele volksen godsdienstige liedjies. Dit maak van die bundel 'n grap, 'n spot met die stoere Boere - maar ook, volgens dié waarnemer, ‘'n afdaal in en deel word van die kollektiewe Afrikanerdenke’.
Cloete lei uit hierdie bundel die funksie af wat Breytenbach aan die poësie toeken: as lewensmiddel, of as verset teen of voorbereiding op die dood. Breytenbach wil dat die gedig eksistensie gee, vrye eksistensie - daarom die voortdurende soeke na die self, na die geliefde, en na die wese van die dinge. Die verlange na die vry bestaan (wat saamhang met die Sartreaanse kwessie van eksistensie en essensie) vind uitdrukking in die liefdesverse, die landskapgedigte, maar bowenal in die metapoësie: die gedig oor die gedig self.
Gedurende 1986 verskyn 'n bundel ‘essays, letters, articles of faith, workbook notes’ van Breytenbach by sy oorsese uitgewers. Van Gennep in Amsterdam gee dit uit onder die titel De andere kant van de vrijheid. Faber & Faber in London publiseer dit as End papers. Sover vasgestel kon word, verskyn nie een Afrikaanse resensie daaroor nie. MS van The Star beskryf die digter (die ‘dedicated visionary’) se ‘artistry as evident, the emotions raw, unpleasant, compelling, far too close to the truth for any comfort’. Volgens hierdie leser verskaf die opstelle 'n ‘series of penetrating insights into the Afrikaner predicament and the South African “condition”’ sonder om bevooroordeeld te wees, want hy sluit nie buitelandse ‘powermongers’ uit van sy kritiek nie. Die besluit is: ‘Breyten- | |
| |
bach's artistic integrity and total sincerity saves it from the mushy realm, putting it straight into a powerful historical context’. John Conyngham, daarenteen, ervaar Breytenbach se ‘treatise on this country's politics, written ostensibly for an overseas readership’ as ‘pedestrian’ en bestaande uit ‘murky prophesies of white South Africa's doom’.
In Boek (deel een): dryfpunt (1987) besin Breytenbach oor die wese van die poësie en die aard van die ‘werklikheid’ wat daarin neerslag vind - dit is dus 'n ‘literêr-teoretiese bestekopname’ (Joan Hambidge) - maar dit is óók meditasie, dagboek, ‘autograph’ vol aanhalings, inleiding tot Zen, droomdagboek, dus: 'n baie oop teks (Hein Viljoen).
Hierdie teks het tussen Desember 1975 en Julie 1977 in die Sentrale Gevangenis in Pretoria ontstaan. Gunther Pakendorf meen 'n mens kan jou nouliks 'n meer gepaste situasie vir Breytenbach se bespiegelinge oor die wese van dig en die digkuns voorstel as die gevangenis: aan die een kant die kwintessens van die romantiese idee van die kunstenaar-as-enkeling, ingekluis met homself en sy mymeringe oor homself en sy ambag; aan die ander kant die ek in sy ‘klein wit sel’, in gedurige alleenspraak met die ander ek. Die gevolg is 'n lang aaneenstrengeling van hardop dinkery, 'n kombinasie van spitsvondighede en gemeenplase oor die poësie, deurspek met verwysings en aanhalings.
Volgens Hambidge word álle ‘reëls’ van die Afrikaanse literatuurwetenskaplike diskoers hier oortree. In die solipsistiese aanbod is die skrywer egter ‘modern’, omdat die resente literatuurteorie by uitstek gekenmerk word deur die teoretikus se persoonlike kyk op sake, sý besondere manier van doen. Pakendorf voer egter aan dat Breytenbach se ‘kroongetuies’ feitlik almal ‘groot geeste uit die pantheon van die Europese moderne’ is wat hulle beslag gekry het in die Romantiek en die latere Franse Simbolisme, aangevul deur 'n aantal avant-gardistiese impulse in ons eeu, veral deur die Surrealisme: Keats, Coleridge, Rimbaud, Rilke, Yeats, Eliot, Picasso - en dan keer hy telkens terug na die Oosterse denkwyse.
Vir Hein Viljoen is een van die sleutels tot die teks die voortdurende teenstelling tussen binne en buite, tussen mens en omwêreld, tussen gedig en dit daaromheen. In- en uitasem is een van die beelde waarmee Breytenbach probeer om dit vas te vang. Inspirasie word dan letterlik: diep inasem, jou oopstel vir die wêreld, beskikbaar, ontvanklik, bewus wees. Dit is die begin van poësie. Die innerlike ruimte wat hierdeur ontstaan, word weer uitgeasem in die gedig. Daar vind dus stofwisseling plaas tussen gedig en wêreld en tussen gevangene en die wye wêreld buite; die gedig tower verhoudings op met die omgedig, die werklikheid of omwerklikheid.
Charles Malan stel dat Breytenbach se siening van die saamval van teenoorgesteldes uit die hart van die dekonstruksiefilosofie kom, waarvolgens alle swaarwigtige, logosentriese begrippe en hulle teenstellings bevraagteken word. Breytenbach se besinning oor die aard van inspirasie, digterlike waarneming en die verwoording daarvan, die aard van kommunikasie en metamorfose kry, volgens Malan, op die wyse van die dekonstruksie-kritiek gestalte - al word dié modewoord nie gebruik nie. Die digter dekonstrueer homself, sy poësie, eintlik alle ‘sekerhede’ sodat betekenisse gedurig uitgeskuif word. In sy vrye
| |
| |
spel met betekenisgewing toon Breytenbach min respek vir die leser se vermoë om by te hou. Ironies genoeg is daar egter deurgaans 'n sterk lesergerigtheid wat uit die hart van die resepsieteorie sou kon kom.
Die mees opvallende aspek van Boek is vir Pakendorf die ‘volslae afwesigheid van 'n politieke, historiese of sosiale dimensie; selfs die paar verwysings na die gevangenis is eksistensieël en uiteraard privaat’. En as 'n mens dié weglaat, sou jy verreweg nie kon vermoed dat die skrywer van hierdie boek 'n lang gevangenisstraf moes uitdien weens politieke dade waarin hy as 'n oortuigde teenstander van die rassestaat se onderdrukking betrokke was nie. Dít bring Pakendorf tot vrae oor Breytenbach se huidige politieke standpunte (soos aangetoon word in hoofstuk 7 X).
Gedurende 1988 verskyn Breytenbach se eie Engelse weergawe en keuse uit die reeks die ongedanste dans by Faber & Faber, getitel Judas eye and self-portrait/deathwatch (ander seleksies het ook in ander tale verskyn - vergelyk hieroor Barend Toerien in Rap., 15.1.89). Toerien bepaal hom in sy bespreking van die bundel tot die vertalings as sodanig en besluit: ‘Hier het ons 'n digter van wêreldformaat wat nou die Engelse en Franse taalgrense triomfantelik oorskry’. Wilhelm Liebenberg stem saam dat Breytenbach se ‘omdigtings’ van sy Afrikaanse verse ‘verbluffend’ is en sorg vir ‘goeie, geslypte en geslepe poësie wat hom gemaklik in die Engelse tongval tuismaak’.
Onder die tronkgedigte in hierdie bundel is daar, volgens Liebenberg, evokatiewe indrukke van tronklewe, maar dié gedigte handel nie oor die tronk en die stryd waarin die land gewikkel is nie. Die gevangenis word verhef tot simbool van 'n meer algemene problematiek. Dít hou implikasies in vir Breytenbach se literêr-teoretiese vertrekpunt. Liebenberg meen dat Breytenbach die romantikus bly wat hunker na die vryheid anderkant die einder. Maar as Breytenbach geen dekonstruktivis is nie, is hy in hierdie bundel deeglik postmodernis, soos in alles wat hy gepubliseer het sedert sy vrylating in 1982. Die labirinte waarvan die bundel vol is, is 'n opvallende teken hiervan. ‘Hierdie toetrede van Breytenbach tot die Engelse wêreldliteratuur pas dus mooi in by die tydgenootlike tendense op die internasionale literêre toneel. Hiermee bewys hy homself as wêrelddigter van formaat.’ Maar in hierdie proses boet Breytenbach in ten opsigte van ‘commitment’ tot die ‘struggle’ (hieroor meer in hoofstuk 7X).
Hierdie en ander soortgelyke ideologiekritiese uitsprake op Afrikaanse tekste/skrywers gee teen die einde van die dekade tagtig aanleiding tot 'n debat wat - soos die ‘betrokkenheidsdebat’ rondom Breytenbach se tweede verhoor - om verskillende literatuuropvattings en ideologiese vertrekpunte wentel. En weer, soos teen die einde van die vorige dekade, word beskuldigings gerig oor ‘groepvorming’ en ‘monopolisering’.
| |
| |
| |
X
Die ‘nuwe paradigma’ en groepvorming
Nadat hy vir etlike jare letterlik uit die openbare oog was, word Breytenbach in die tagtigerjare weer 'n ‘teenwoordigheid’ binne die Afrikaanse literêre bestel: as ‘openbare figuur’ in die sin van 'n omstrede persoonlikheid, betrokke by voorvalle wat aanleiding gee tot debatte in die pers, maar ook as ‘agent’ binne die literêre en politieke gistingsproses. Dit is veral laasgenoemde faset van Breytenbach se ‘teenwoordigheid’ wat meespreek in die hieropvolgende kartering van die eietydse intellektuele diskoers, al word hy nie altyd by die naam genoem nie.
Breytenbach was nog altyd daarvan oortuig dat 'n ‘liberale’ houding en ‘verligtheid’ as vorme van opposisie slegs maniere is om met die bestaande orde saam te werk (soos uiteengesit in hoofstuk 5 VII). Ná sy vrylating stel hy dit dat wat in die sewentigerjare as ‘verandering’ voorgehou is, bloot maar 'n reorganisasie was tot die behoud en uitbreiding van die mag van die dominerende groep - ondanks die inskikliker fasade wat aan die buitewêreld voorgehou word. Teen die middel van die tagtigerjare het die situasie volgens hom nog nie verander nie.
Hy meen daar is wel 'n mate van blanke opposisie teen die Nasionale Party. Dít bly egter verspreid en oneffektief en gaan uit van sommige intellektuele, studente en, op 'n georganiseerde wyse, van die PFP. Hierdie opponente ly daaronder dat hulle hul nie kan vereenselwig met die uiteindelike doelwitte of versetvorme van die onderdrukte meerderheid nie én dat hulle nie deur die meerderheid aanvaar word nie. Hulle eis menseregte, menswaardigheid, Christelike verdraagsaamheid en 'n liberale ekonomie: ‘To the extent that they are tolerated by the authorities and that they fail to sever their links with the White Establishment, they risk strengthening the dominant ideology from within. Their situation in a context of radical polarization is as ambiguous dissident members of the Establishment (culturally so at least, if not politically - but political discrimination is rationalized in terms of cultural identity); they stand accused of “softening” the perception of Apartheid’ (1984e: 177).
Ook die sogenaamde dissidente wit skrywer is skuldig hieraan. Die ‘opstand’ van die Sestigers - veral in die sewentigerjare - het nié die saak van vryheid gedien nie. Hul belangstellingsfeer, en hul publiek, was Europees georiënteerd - hoe ywerig hulle ook al probeer het om met hul geleende gereedskap van eksistensialisme en strukturalisme deur die bolaag van die Suid-Afrikaanse realiteit te breek (1983g: 114). Die wit skrywer vind by apartheid baat, ‘veral vandat “courage” (volgens Nadine Gordimer) 'n literêre attribuut geword het. Meer nog: ons “heldhaftigheid” verduister die bestaan van swart skrywers in die land. En ons, ons wat na vryheid vry, maak Afrikaans aanvaarbaar na buite - en oplaas Apartheid mak?’ (Rap., 29.5.83); ‘I mean: by exhibiting the queasy feelings we may have about Apartheid we, the white writers, the Masters'
| |
| |
voices, are making the monsters human and banalizing the horror’ (1983g: 115; vergelyk ook sy uitspraak tydens die Londonse konferensie oor sensuur in Index on censorship 5/84).
In sy essay oor die ‘taalstryd’ in Confessions formuleer Breytenbach sy bedenkinge oor die betrokkenheidsfase van Sestig só:
...I have felt for some time now that the attention paid to the contestation of Afrikanerdom, within limits of loyalty and fealty, by the so-named Sestigers..., the self-aggrandizement and the bloated self-importance of these authors, have helped entrench the reactionary forces in the country. First of all because the debate around and by the Sestigers obscured the far more important political issues of the time (suppression of Black parties, impoverishment of the majority, militarisation and ‘securisation’ of the country, the start of aggressive military foreign policy) - including the wiping out of a decade of Black writing which was of greater significance for the future than the ‘existentialist’ deviations of the youngish Afrikaners; and secondly because the charade was fostered upon the world that Sestiger dissidence (as for that matter White dissident writing at present) could influence the political future, could effectively alter the set-up, could expose the real implications, could translate the South African reality - so much so that it was not seen that the enfants terribles were endowing the Afrikaner establishment with a greater suppleness to resist real transformation, and simultaneously serving as lightning conductors to close the eyes and the minds of people to the true death (and hope) moving deep down through the land. The tragedy is that, with the pretentions of being ‘open’, we closed more doors, erected new walls, blinded more eyes. It could be argued that it wasn't done consciously. I'm not so sure. Besides, ignorance is no excuse. And neither is arrogance. (White writers - of the ‘liberal’ kind - are in reality just getting a - personal - kick out of flouting some tribal taboos.) (1984a: 322-323)
Teen 1983 voel Breytenbach dat hy ook in 'n ander opsig as die geografiese geïsoleer is van blanke Afrikaanse skrywers: ‘I do not know of any identifying with the Liberation Movement. (Admittedly, it would be suicidal to do so inside the country and it is completely unfair of us to expect them to be martyrs)’ (1983d: 102). Oor die stand van die Afrikaanse letterkunde teen die middel van die tagtigerjare hou Breytenbach veral twee menings na. Aan die een kant glo hy dat die graad van dissidensie wat die blanke skrywer toegelaat word, juis die totalitêre staat kan versterk deurdat dit daaraan 'n beeld van interne buigsaamheid verleen (1986a: 18). Aan die ander kant is die Afrikaanse skrywer in ieder geval so ‘volkome gedepolitiseer’ dat dié skryfwerk ‘oscillate between snivelling and despair; between sloppy romanticism and demagogic junk’ (1985c: 204). Die sogenaamde ‘tagtigers’ ‘donder self nog obskurer in in 'n soort nihilisme...van: Wat kan ons in elk geval doen? Van: laat dinge maar loop, laat Gods water maar oor Gods akker loop; laat ons maar skrywe’ (1985d: 47).
Breytenbach se uiteensetting van die rol van die Sestigers (en die dissidente wit skrywers van vandag) in Confessions lok reaksie uit van André P Brink - die segsman van Sestig en Sewentig. Hy reken dat Breytenbach darem net té maklik die werk van wit skrywers binne Suid-Afrika verwerp en dat dit dalk verklaar kan word as ‘iets van 'n apologie omdat hy self uitgewyk het’. Breytenbach kan
| |
| |
dus verwag ‘dat daar gevra mag word of dit nie tóg ietwat makliker is om op 'n afstand van tienduisend kilometer jou sê te sê waar jy nie aan eie lyf verantwoordelikheid daarvoor hoef te dra nie’ (Rap., 13.5.84).
Vanuit die (geradikaliseerde) konteks van tagtig word daar ook deur ander waarnemers krities gereageer op die betrokkenheidsfase van sewentig en op die ‘literatuurmites’ wat tóé geskep is. Vir De Jong (1987a: 21-25) is dit ironies dat die mite van literêre ‘objektiwiteit’ en ‘outonomiteit’ botoon gevier het in sowel die ‘teksgerigte kritiek’ as die ‘betrokke kritiek’ wat sy voorganger wou verplaas (vergelyk hoofstukke 5 V en 6 IX). Die tematiese, en vir die sewentigerjare oorspronklik politieke, eis dat die Afrikaanse literêre kultuur meer Afrikagerig moes word, is ‘deur sy destydse ondersteuners verliteraturiseer’ (op.cit.: 22). Volgens De Jong het die ‘betrokkenheidsfase’ misluk omdat dit bang was om in radikale sin polities te wees. Só 'n radikaliteit verklaar noodwendig die literatuur as selfbepalende wêreld ongeldig. In die ‘betrokkenheidsfase’, daarenteen, is die ‘versoening’ van literatuur en politiek deurgevoer met die aanspraak dat die teks, wat ook al sy uitspraak, onaangetas bly omdat dit 'n geslote fiktiewe of taalwêreld is (ibid.).
Hierdie uitspraak illustreer die verskuiwing wat daar sedert die ‘betrokkenheidsdebat’ rondom Breytenbach se tweede verhoor plaasgevind het ten opsigte van die heersende opvattings oor die aard en funksie van die literêre teks. Hierdie nuwe literatuuropvatting(s) hou verband met ideologiese verskuiwings.
JH Senekal (1987: 39-63) lig in sy oorsig ‘Literatuuropvattings: “wese” en “waarhede” van 'n nuwe literêre teorie’ enkele veranderde sienings en insigte uit wat sedert die laat sestigerjare sy beslag in die Weste gekry het en wat in die tagtigerjare die Afrikaanse literêre diskoers rig. Een van die belangrikste ontwikkelings is die verbreding of uitbreiding van die begrip literatuur sodat dit vandag talle genres en subsisteme insluit wat nie tot die tradisionele ‘historiese’ letterkundekanon behoort nie. Die teksbegrip het verander: dit bestaan nie meer uit papier en ink tussen die titelblad en slotwoord nie, want vandag word selfs die leser getekstualiseer. Die outonomie of selfgenoegsaamheid van die literêre teks het verval; in die hedendaagse denke is die ondersoek na verhoudings tussen die teks en ander tekste (intertekstualiteit), insluitende die kontekste, van primêre belang. Teenoor die vroeëre interpretasie van tekste staan die poststrukturalistiese ‘omgaan met tekste’ met sy onsekerhede oor betekenis en betekeniskonstituering, met sy lesersresponsies en disseminasie van betekenisse. Dit bring 'n groot mate van radikalisme mee: waar die strukturalisme gesoek het na elemente van 'n teks wat dit tot 'n eenheid, 'n geheel verbind, is die post-strukturalisme juis ingestel op die verskille, die uitstel van vastighede en die relativering van universele waardes. In hierdie proses kom lees en leesprosesse ernstig in die soeklig. Omdat die lees van 'n teks (net soos die produksie daarvan) nie in 'n vakuum plaasvind nie maar sosiale funksies het, kry die literatuurstudie 'n sosiale dimensie by.
Die ‘nuwe paradigma’, wat ook afgelees kan word uit die ontvangs van Breytenbach se ná-tronktekste, het hom veral aan drie ‘fronte’ gemanifesteer: die resepsie-estetiese, semiologiese en sisteembenaderings tot die literatuur; dekonstruksie en die ‘ideëkritiek’ (met as radikale uitloopsels die neo-Marxisme
| |
| |
en ideologiekritiek). Voorstanders van die outonomistiese literatuuropvatting sien hierdie ontwikkelinge as 'n georkestreerde ondermyning van die ‘teksgerigte kritiek’ (Johl, 1985: 23 en 1986: ix), met die doel om 'n ‘sekere wetenskaplike onderbou’ aan die ‘betrokke kritiek’ te verskaf én om ‘die dominante Afrikaner-ideologie, lewenstyl en werklikheidsbeskouing te probeer ontbind’ (Johl, 1985: 25).
In werklikheid is hierdie ‘front’ nié 'n verenigde front nie. Resepsie-estetiese metodes het wel die leemtes van die outonomistiese benadering blootgelê, maar ander nuwe metodes (veral dié wat hoort tot die sogenaamde neo-Marxistiese of ideologie-kritiese benaderings) bevraagteken juis die aannames en werkwyse van die ‘betrokke kritiek’ wat in die sewentigerjare hoogty gevier het (soos blyk uit die kritiek van De Jong wat hierbo aangehaal is). Ook ideologies is dit nie 'n waterdigte alliansie nie. Enersyds is daar nuwe benaderings wat ideologies ‘gematig’ is en deel vorm van 'n beweging wat daarop gerig is om die Afrikaner se taal en kultuur te hervorm en verbreed; andersyds is daar dié benaderings wat ‘radikaal’ gerig is teen die status quo.
Die ‘nuwe paradigma’ het homself die vroegste gemanifesteer in die werkwyse van die resepsie-estetika. Publikasies soos Letterkunde en leser is daarop gerig om insig te verskaf in die verhouding tussen literatuur en leser; die uitgangspunt by hierdie publikasie is om ‘waardevolle toeligting te bied in verband met probleme wat tans bestaan rondom literatuuronderrig, sensuur op literêre werke, die “vervreemding” tussen skrywer en leser, produksie- en verspreidingspatrone, die aard en rol van literêre kritiek, ensovoorts’ (Malan, 1983: xi). Die klem op die rol van die leser, die leserskonteks, het onder meer ook die pad gebaan vir 'n ‘sisteembenadering’ tot die letterkunde. Johl (1987a: 178-179) voer aan dat die sisteembeskouing ('n benadering waarbinne die erkenning van die interafhanklikheid van die lede van die oorkoepelende sisteem, wat almal in eie reg ook gehele of sisteme kan wees, beklemtoon word) die aandag van ‘gematigdes’ geniet. Dit verteenwoordig naamlik, soos in die sosio-politieke bestel ook gebeur, 'n beweging in die rigting van die saambestaan van dele binne 'n groter geheel en van die interafhanklikheid van die dele met die klem op kontak, interaksie en samewerking. Die klem wat sisteemaanhangers op die organisasie van die verskillende komponente plaas (waardeur die stabiliteit van die groot geheel verseker of bewerkstellig kan word), herinner aan terme soos ‘magsdeling’, ‘multilaterale samewerking’, ‘ekonomiese interafhanklikheid’ en ‘koëksistensie van minderhede in die Suider-Afrikaanse geografiese streek’ wat deur die regering ingespan word ter wille van die aanpassing en behoud van bestaande strukture (op.cit.: 178). Vanuit ‘linkse’ perspektief is daar bedenkinge oor 'n ‘sisteemteorie’ wat miskien net nog 'n ‘beheerteorie’
is (Olivier,
1987: 10). De Jong (1989a: 39) noem die sisteemteorie soos plaaslik toegepas 'n ‘plurale demokrasie’ wat nie rekening hou met Habermas se verwerping van die kapitalistiese en magsondersteunende implikasies van dié teorie nie.
Die dekonstruksie-benadering neem 'n soort ‘tussenposisie’ in (‘buiteaards’ vir sommige) ook in dié opsig dat dit aanhangers uit verskillende ideologiese groeperinge gelok het - maar nie noodwendig ‘verenig’ het nie. Dit
| |
| |
is veral André P Brink se hantering van dekonstruksieterme wat kritiek van links uitlok en in die geval van die resepsie van Breytenbach se Confessions lei tot 'n debat waarin dekonstruktiviste hulle uitgangspunte uitspel.
Olivier (1984b) bevraagteken 'n ‘benadering wat vir verwysings na die werklikheid feitlik geen voorsiening maak nie’, wat postuleer dat woorde nie ‘verwys’ na die wêreld nie, maar voortdurend ander woorde oproep. In die geval van Brink se bedenkinge oor die waarheidsgehalte van Breytenbach se Confessions (soos uiteengesit in hoofstuk 7 IX), sit Olivier met 'n probleem. Dit is wel vir hom ‘logies en billik’ dat Brink vra of die ‘true’ van die belydenisse ernstig opgeneem kan word, maar daar is 'n teenstrydigheid: ‘Kan André P Brink 'n jaar lank goedkeurend gebruik maak van Derridiaanse terminologie (vergelyk byvoorbeeld sy bespreking van (“yk”)) en dan nog kapsie maak teen die waarheidsgehalte van 'n boek? Binne 'n dekonstruktivistiese benadering is verwysings na die werklikheid immers net skynbaar; daarvolgens begin en eindig alles in taal’. Olivier se eie siening van die verhouding woord/ werklikheid in Confessions kom op die volgende neer: Waar die ‘werklikheid’ in ‘Tot siens, Kaapstad’ (Kouevuur) die gedig oorweldig wat Breytenbach wou skryf, gebeur die teenoorgestelde in Confessions. Die ‘ware’ verslag wat Breytenbach wóú gee, word ‘vervals’ deurdat die taal met al sy onsekerhede, sy versoekings en sy vervalsings sáámspeel. Maar aan hierdie taal - die ‘engte’ van die woord - is Breytenbach gebonde: ‘In taal as spel sou jy jou kon verlustig as jy 'n nuwe elitêre esteet wil word, maar dit is in ieder geval ook vir Breytenbach 'n gevaarlike en pynlike saak. Om in die aangesig van so 'n problematiek uit te roep dat geen teks ooit iets anders as taal kan wees nie, is 'n dogmatiese reaksie waardeur taal self byna tot iets magies verhef word. Breytenbach
was in die tronk, en Confessions is, alle
aarseling en bedenkinge van die outeur ten spyt, die verslag daarvan’ (ibid.).
Brink reageer op Olivier se bedenkinge oor 'n benadering ‘wat vir verwysings na die werklikheid feitlik geen voorsiening maak nie’, met die vraag of mens nou moet terug na mimesis. Sy eie gebruik van/aansluiting by die dekonstruksiekritiek in die bespreking van Confessions motiveer Brink soos volg. Hy erken dat Derrida, of 'n volleerde Derrida-volgeling, inderdaad nooit voorsiening sou gemaak het vir die twee ‘vlakke’ wat hy in die werk onderskei het nie en wat Olivier noem ‘taal’ en ‘waarheidsgehalte’. Hy ‘gebruik’ inderdaad dikwels ‘Derridiaanse terminologie’ omdat hy meen dat van daardie begrippe van die verhelderendste en nodigste is wat die literatuurbeskouing lank teëgekom het. Ook omdat Breytenbach in Confessions meermale letterlik uit sy pad gaan om seker te maak dat die leser sy woord ‘nét’ as woord neem, as deel van 'n proses van verskuiwende en vervalsende relasies, terwyl hy tegelyk in 'n ánder rigting uit sy pad gaan om presies die soort ‘andersheid’, die soort ‘tweeledigheid’ te dui wat Olivier se uitgangspunt is, naamlik 'n vermeende onderskeid tussen ‘woord’ en ‘werklikheid’: ‘Dáárom het ek in my betrokke resensie probeer aandui dat die teks homself skaad as hy op twee sulke (wedersyds uitskakelende) stoele probeer sit. Dit was nie ék wat met begrippe uit verskillende “wêrelde” by die werk aangekom het nie, maar die teks self wat myns insiens as 'n huis teen homself verdeeld, op twee verskillende maniere probeer “werk” het’
| |
| |
(1984: 30). Oor die verhouding taal/werklikheid voer Brink aan dat Derrida verbý die soort ‘apartheid van denke’ is wat by Olivier voorkom - Derrida het weggebreek van hierdie veilige, beskuttende lineêre manier van dink (wat hy ‘logosentries’ noem). Dit beteken nie dat Derrida die ‘werklikheid’ ontken nie, maar vir hom is dit nog 'n teks - net in 'n ander taal, 'n ander (onder meer sintuiglike) ‘lettertipe’, 'n ander tekensisteem geskryf as byvoorbeeld 'n gedig. Olivier se onderskeid tussen ‘taal’ en ‘werklikheid’, daarenteen, is 'n valse onderskeid (op.cit.: 31).
Joan Hambidge (1984:34) stem saam met Olivier dat Confessions noodwendig die werklikheid móét betrek. Vir haar is dié werklikheid ‘teks’. Sy besluit: ‘Dit lees as 'n verslag van 'n gevoelige mens wat iets probeer sê van 'n traumatiese ervaring’ ('n gevolgtrekking waarmee Peter John Massyn probleme het, vergelyk 1986b: 74).
Marianne de Jong (1984: 33) se bydrae tot die debat is om daarop te wys dat die nut van die post-strukturalisme/dekonstruksie daarin lê dat dit aantoon dat alle diskoerse berus op die tekenaard van die tekens wat hulle noodwendig moet gebruik. Dan is dit onmoontlik om by 'n ‘werklikheid’ uit te kom met behulp van dekonstruktivistiese tegnieke: ‘Die bedoeling is tog om die onophefbare diskrepansie tussen “objek”, saak of werklikheid en die tekens waarin hieroor gepraat word te demonstreer en die implikasie vir die “werklikheid” is dat alle diskoerse wat hierna verwys word, ekstern bepaal word.’ Wat in Confessions gebeur, is dat ‘die skryfwyse en splitsing van die self metafories gebruik word’. Die boek maak ‘selfdekonstruksie tot tema en skep met behulp van die bogenoemde metafore juis 'n “samehang en sin”’. De Jong meen die boek sou as ‘subjektief-gemotiveerde diskoers beskryf kon word waarin die “werklikheid” funksioneer as kode of metafoor’. Selfdekonstruksie word getematiseer om die werk 'n fiksionele aard te gee en dekonstruksie-kritiek sou hierdie fiksie en die skryfproses as verbloeming kon uitwys en die verbloeming self as 'n vorm van ‘literêre terrorisme’ - dít is volgens haar die ‘werklikheid’ van die boek: die fiksionele verbloeming en sy motief, nie die Suid-Afrikaanse inhoud nie.
Uit sy repliek op Brink, Hambidge en De Jong blyk dit dat Olivier (1984c: 37-38) nog steeds probleme het met Brink en ander se redenering dat 'n mens van die tweedeling teks/werklikheid ontslae kan raak deur die werklikheid as teks te beskou. As dit argumentsonthalwe aanvaar word, dan vind hierdie ‘dekonstruksie’ van die werklikheid tot ‘teks’ (tot 'n reeks verskuiwende relasies, veronderstellings, interpretasies, benoemings, ensovoorts deur 'n ‘ek’ wat sy eie identiteit in twyfel trek, wat dus ook homself ‘dekonstrueer’) reeds in Confessions plaas. Indien enige teks slegs 'n bymekaarkomplek van ander ‘tekste’ is, dan verval die moontlikheid om een teks te beoordeel op grond van sy getrouheid aan 'n ander teks (die ‘werklikheid’ van Breytenbach se ervarings). En dan bly Olivier by sy besware teen Brink se resensie, want dit is ‘tog presies wat Brink gedoen het’.
Die afleiding wat Olivier hieruit maak, is dat die ‘werklikheidsteks’, ten spyte van die hele uitleg wat Brink nou gee vir laasgenoemde, tog meer gesag dra as die geskrewe teks: ‘Hy gee aan die “werklikheid” 'n prioriteit...; dit word die kriterium vir die “waarheid” van Breytenbach se verslag. Die feit dat die
| |
| |
boek sélf “op twee stoele probeer sit”, is kritiek wat reg uit die mond kon gekom het van iemand wat halstarrig aan die tweedeling werklikheid/taal vasklou’. Olivier voer aan dat sulke kritiek hom nie sou gehinder het nie as dit nie was dat Brink elders Breytenbach se ‘selfdekonstruksie’ as legitiem aanvaar nie. Vanwaar dan skielik die kritiek op Confessions? ‘Is dit omdat 'n dekonstruktiewe lesing by poësie makliker plaasvind as by prosa? Of is dit omdat 'n mens die referensie na 'n “werklikheid” nie sonder meer kan prysgee by 'n boek wat oor 'n (ten dele kontroleerbare, in ieder geval vir Brink) geskiedenis handel nie?’ Olivier bly dus by sy oorspronklike siening dat 'n ‘suiwer dekonstruktiewe lesing van die teks geen voorsiening maak vir 'n beroep op ‘wat werklik gebeur het’ of ‘wat werklik is’ nie. Hieruit voortspruitend glo hy dat Brink ‘nogal opportunisties omgaan met Derrida’. In sy resensie herstel Brink die ou regime in ere: ‘Wat in die boek gedekonstrueer word, rekonstrueer hy weer; die versplinterde “ek” word weer Breytenbach, en die ondeursigtige “werklikheidas-teks” word 'n reeks “ware” gebeurtenisse wat as kontrole dien. Daarmee handhaaf Brink die tweedeling waarteen hy in sy stuk so hartstogtelik pleit, en probeer hy weer sit op 'n stoel waarvan hy een poot behendig afgesaag het’ (op.cit.: 38).
Die debat kring verder uit as die probleemgeval Confessions om bepaalde uitgangspunte van die dekonstruksie-benadering te beredeneer. Teen die middel van die tagtigerjare glo sommige ‘linkses’ dat dekonstruksie nie die antwoord kan bied op die problematiek van die literêre teks in sy verhouding tot die Suid-Afrikaanse ‘werklikheid’ nie. In 1986 vra Breytenbach tydens sy Rapportprys-toespraak of ‘die plaaslike intellektuele beheptheid met “dekonstruksie” en soortgelyke verouderde blokkiesraaisels, aangelap uit oorsese stof, nie nog net 'n uiting is van delirium Apartensis nie’ (Rap., 13.4.86). Ook binne die Afrikaanse literêre bestel heers daar twyfel of dekonstruksie ‘daarin kan slaag om ons uit die ban van die estetiese te verlos’ (Olivier, 1987: 10).
Vanuit 'n ‘linkse’ perspektief word die aandrang al sterker vir kritiese beskouings wat die verbondenheid van die individuele teks aan sosiale en politieke kodes as uitgangspunt neem en die literatuur sien as deel van die mens se verhouding tot die politiek (ibid.). As voorbeelde van sulke benaderings word genoem kritiese beskouings soos die sosiologiese (soos gemanifesteer aan die Universiteit van Wes-Kaapland), die Marxistiese (wat onder meer uitdrukking vind in die werkwyse van Ampie Coetzee) en die ideologie-kritiese (wat sedert die 1986-kongres van die ALV sterk op die voorgrond tree). Die ‘gemene deler’ tussen hierdie benaderings is dat dit daarna streef om te breek met die literêr-politieke denke van die afgelope vier dekades asook van enige poging om sodanige denke te ‘hervorm’ of te ‘vernuwe’. Die Afrikaanse (literêre) tradisie word aan 'n diepte-ondersoek onderwerp, terwyl 'n radikale breuk daarmee terselfdertyd aangekondig word. Dít bring mee dat onder meer 'n nuwe publikasieruimte geskep moet word wat geheel en al buite die oënskynlik ‘verligte’ en ‘verdraagsame’ (repressief-verdraagsame) forums sal staan (vergelyk hieroor Dan Roodt, 1987: 4).
Die verskillende gedaantes van die ‘nuwe paradigma’ kry uitdrukking in nuwe ‘groepvorming’ ('n situasie wat reeds tydens die ALV-stigtingskongres in
| |
| |
1984 erken is, vergelyk Botha en Snyman, 1986: Inleiding). Waar daar in die sewentigerjare verdeling was tussen ‘verlig’ (weliswaar ‘betrokke’ én ‘verantwoordelik’) en ‘verkramp’, lyk die situasie tans anders. Nuwe groeperinge bestaan binne ‘diskoersruimtes’ wat geskep word deur tydskrifte, verenigings en instansies, uitgewerye en selfs Afrikaans-departemente aan universiteite. Waarnemers stel verskillende groeperinge voor (vergelyk byvoorbeeld Johl, 1985: 18-27 en 1986: xi-xiii asook Malan, 1988: 46). Een manier om te groepeer, sou kon wees op grond van bogenoemde ‘diskoersruimtes’. Hiervolgens sou daar verwys kon word na 'n ‘verantwoordelik behoudende’ groep gesentreer om die blad Spits, wat 'n aangepaste outonomiebenadering volg en 'n dissipline voorstaan wat op ‘belangelose’ manier die ‘stryd om dominansie tussen tradisionele waardes en anti-waardes’ wil waarneem en beskryf (vergelyk Johl, 1986: 156). 'n Middelgroep ‘hervormers’ word saamgetrek rondom die Afrikaanse Skrywersgilde, die Afrikaanse Letterkundevereniging en SENSAL - laasgenoemde 'n instansie wat 'n belangrike rol speel ten opsigte van die popularisering van veral die resepsieteorie en sisteembenadering (vergelyk hieroor Johl, 1986 ix en 1987a: 182 e.v.) - en Tydskrif vir Letterkunde. Die ‘radikales’ (en ‘nuwe linkses’) groepeer rondom die Afrikaans-departemente van die Universiteite van Wes-Kaapland (die ‘intellectual home of the left’ soos Gerwel dit stel in DSA., Jun. 1988) en die Witwatersrand, die uitgewery Taurus en die tydskrif Stet. Hierdie groeperinge is egter nie waterdig nie - daarvan getuig nie net binnekringverskille nie, maar ook alliansievorming en pragmatiese en strategiese aanpassings. As voorbeelde kan gewys word
op die tradisioneel
‘verligte’ Afrikaanse Skrywersgilde wat skakeling soek met die ‘radikale’ demokratiese beweging; ‘radikale’ literatore wat debatte voer in en deur establishment-/kapitalistiese kanale; die ‘Alternatiewe Afrikaanse Beweging’ wat hom soms laat ‘kaap’ deur hervormers.
Die literêre diskoers gedurende die tweede helfte van die dekade word veral gekenmerk deur 'n toenemend kritiese houding teenoor die ‘verligte etos’ waarvan een variant die keuse vir ‘hervorming’ is. Kritiek word aanvanklik gerig teen algemene kultuur-instansies soos die FAK en Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns - en ook teen literêre instellings soos SENSAL. Só byvoorbeeld sien Philip John (1987b: 6-10) die Sentrum (wat in publikasies die klem plaas op ‘gesprek’, die algemene klimaat van ‘hervorming’ en strategieë van ‘skakeling’ en ‘koördinering’) se rol binne die literêre bestel as 'n keuse vir die ‘burokratiese opsie’. Dit is egter 'n individu wat eindelik die fokuspunt van hierdie kritiek op ‘verligtheid’ en ‘betrokkenheid’ word - André P Brink, wat die sewentigerjare se variant van 'n segsman vir die Louwiaanse ‘oop gesprek’ en ‘lojale verset’ was. Die nuwe literêre norme en houdinge laat ook ander lig val op Breytenbach se ooreenkomste én verskille met Brink en dit waarvoor hy staan.
Tydens Breytenbach se eerste verhoor het Brink tot ‘nuwe insigte’ gekom - onder meer oor die rol van geweld ten opsigte van die bewerkstelliging van fundamentele veranderinge (vergelyk hoofstuk 6 IV). In sy post-Sowetoopstelle (Brink, 1985a en 1985b) handhaaf hy hierdie insig. Waarnemers reageer uiteenlopend op Brink se ideologiese uitgangspunte. DJ Hugo (1984:
| |
| |
34-38) meen dat Brink se motiewe nie ‘verdink’ of ‘betwyfel’ hoef te word in ‘Afrikanerkringe’ nie. Volgens hom mag Brink vroeër 'n ‘dubbelsinnige houding’ teenoor geweld gehandhaaf het, maar ná die 1976-geweld beskou hy nie meer die woord as strydmakker van die geweer in die bevrydingstryd nie. Hugo voel op grond hiervan dat Brink se bona fides ‘buite alle dispuut’ behoort te wees in Afrikanerkringe. Vir René Marais en ‘die meeste van (haar) tydgenote’ (Va., 2.9.85) staan Brink se bona fides ten opsigte van sy gemoeidheid met die ‘sosiopolitieke omstandighede hier te lande’ bo verdenking. Joan Hambidge (Tv., 8.8.85), Fanie Olivier (Rap., 25.8.85) en LS Venter (Vo., 14.9.85) gebruik almal die term ‘kompromisloos’ in hul bespreking van Brink se kritiek ten opsigte van wandade in die gemeenskap en/of sy uitsprake oor die rol wat die Afrikaanse literatuur moet speel in die ‘nuwe Suid-Afrika’. Charles Malan (1986a: 14) het probleme met die nuwe mites wat Brink skep (die eksistensialisme, 'n Afrika-vitalisme, 'n liberale humanisme, mistieke erotisme) omdat dit aan filosofiese modeverskynsels gekoppel is en in stereotipes begrond is, maar in die strydperk ‘speel hy die spel van die dialektiek en sy ekstreme opvattings dra by tot die voortdurende uitskuif van pole waaraan idees gemeet kan word in die soektog na die waarheid’.
In teenstelling met waarnemers wat dink Brink is ‘kompromisloos’ en sy standpunte is ‘radikaal’, staan dié wat hom (en ander ‘verligtes’) van teenoorgestelde gesindhede beskuldig. Die rubriekskrywer OP Stoker (1984: 39-40) rig sy kritiek teen die sogenaamde ‘oopheid’ van Rapport (wat tot stand gebring word deur die twee ‘leidsmanne’ Willem de Klerk en André P Brink) en teen die ‘statuur’ van laasgeńoemde binne die literêre bestel. ‘Die taak van De Klerk is om die Afrikaner uit die slawehuis van sy vooroordele te lei... (hy) streef na “containerisation” van Afrikanerdom en na “Entdinglichung” van Afrikanerskap’. Brink se utopie lýk soos De Klerk s'n, maar verskil daarin dat hy nie 'n neo-Calvinistiese idealis is nie, maar 'n eksistensiële esteet. Twee jaar later voer Dan Roodt (1986a: 4-5) redes aan waarom Standpunte, waarvan Brink toe pas redakteur geword het, geboikot behoort te word. In dié proses stel hy dit onomwonde dat Brink ‘meer as enigiemand anders die establishment verteenwoordig’ (hy brei hierop uit in 1987: 4-6). C Coetzee (1987: 3) meen Brink kritiseer vanuit 'n ‘verworwe skuilplek’, terwyl hy in werklikheid meedoen aan die sisteem deur sy boekredakteurskap by Rapport, sy samestellerskap van Tafelberg se Groot verseboek, die publikasie van sy tekste by Human & Rousseau (beide uitgewers filiale van Nasionale Pers) en sy rol as keurder vir dié twee ‘NP-karperde’. Ook Brink se literêre tekste word vanuit 'n ‘linkse’ oriëntering gekritiseer. Massyn (1986a: 20-21) voer byvoorbeeld aan dat dit vasgevang is in 'n kontradiksie van affirmasie en kontestering: ‘Brink's thematic affirmation of ideal truth produces elaborate
procedures of control in his texts whose
principal role is to exclude radical disruption... Faced by the threat of radical disruption the most vociferously “political” writer of the last decade and a half in Afrikaans is locked in a contradiction of affirmation and denial’.
In 1986 rig Brink 'n ‘ope brief’ aan die Staatspresident, mnr. PW Botha, wat tydens die Gildeberaad voorgelees word (1987a: 6-7). Hierdie brief wat in Stet
| |
| |
van Maart 1987 gepubliseer word, lok wye reaksie uit wat ook implikasies inhou vir (kritiek op) Breytenbach se opvattings oor die rol van die skrywer en die literêre teks. Brink laat hom in dié brief ‘so openlik en uitdagend (soos) geen ander skrywer (uit) oor die noodtoestand’ en daarvoor verdien hy ‘alle eer’ - volgens Olivier (1987: 8). Tog word die brief vir hierdie waarnemer 'n voorbeeld van ‘'n tipe diskoers wat deur die tyd agterhaal is’ (op.cit.). Reeds die aanhef veronderstel dat PW Botha in sy hoedanigheid as staatshoof verantwoordelik gehou word vir wat in Suid-Afrika gebeur - en dit terwyl hy slegs simbolies die gesagsdraer is; die eintlike ‘opponent’ is 'n politieke struktuur wat gehandhaaf word deur 'n ‘kombinasie van brute mag, skynhervormings, propaganda en intimidasie’. Brink se beroep op Christelikheid en humanisme hou volgens dié perspektief nie rekening met die feit dat Botha óók die ‘produk’ is van 'n struktuur waaroor hy self nie ten volle beheer het nie. Die ander uitgangspunt van die brief waarteen Olivier dit het, is die ‘tamboerslanery vir die skrywer’ en die feit dat Brink homself opstel as ‘skrywer in sy hoedanigheid as individu’. Dit kom neer op 'n bepaalde opvatting van die rol van die skrywer en die literêre teks: teenoor die brute mag word die mag van die woord gestel. Onder die vaandel van die ‘mag van die skrywerswoord’, funksioneer die woord vir Brink as ‘draer van die waarheid’; skryf as sodanig word ‘'n bevestigende daad in die naam van die lydende mens en sy strewe na vryheid’. Danksy hierdie mite kan Brink ‘die konflik in Suid-Afrika reduseer tot 'n konfrontasie tussen twee individue’.
Olivier (ibid.) meen dit het tyd geword om te vra wat die uitgangspunt van hierdie skrywersmitologie, naamlik die verheerliking van die skrywer as openbare gewete en as blootlegger van die waarheid, vandag nog werd is. Individuele proteste (ook van skrywers) word nie meer deur die bewindhebbers as 'n onmiddellike bedreiging beskou nie; die (potensieel) effektiewe opposisie en bedreiging kom vandag van politieke organisasies en die leiersfigure daarbinne - 'n waarneming wat Breytenbach reeds vroeër geformuleer het (kyk hoofstuk 7 VII). Olivier glo dat die Afrikaanse skrywer wat hom nie met die bewind kan vereenselwig nie, periferaal geword het en dit sal bly solank as wat hy ‘los staan van die alternatiewe strukture en politieke benadering wat ontstaan het’. Die konsep van die individu as ‘vrye’ instansie, van die skrywer as spreekbuis van die lydende mensdom, en die veronderstelling dat vrye meningsuiting nog effektief deur hom opgeëis kan word, het in semi-polisiestaatomstandighede geldigheid verloor. 'n ‘Werklik gepolitiseerde denke’ lei volgens Olivier tot die besef dat daar ‘binne die huidige historiese omstandighede nie meer 'n vrye standpunt kan wees van waaruit die individu kritiek kan loods nie’. Ook vir Marianne de Jong (1987a: 22) dien die aanspraak op die intrinsiek bevrydende en waarheidsoekende rol van die skryf per se in die ‘ope brief’ van Brink die status quo deurdat ‘die mees pragmatiese en selfbehoudende leserspubliek gerusstel (word) met die wete dat 'n podium van individuele vryheid en egte ervaring nog bestaan’. Sy glo dit het tyd geword dat die literêre spreker sy onvryheid erken: ‘As die literêre spreker sy gebondenheid (aan die politieke) erken, staan hy voor die minder plesierige en moeisame taak om die manier waarop hy na tekste kyk te verander, nié in die lig
van die teks nie, maar in
die
| |
| |
lig van sy rol in illusionêre ideologiserende waardestelsels’. In 1989 vat sy die huidige kritiek teen Brink (wat ‘'n populêre en ingeburgerde skrywer’ geword het) saam: ‘Is die probleem nie dat Brink se verset teen 'n bepaalde sosiale orde hom ironies genoeg te sterk aan die orde gebind het nie? Lyk die geloof in die bevrydende krag van die woord in die jaar 1989 nie gevaarlik baie op 'n blote voortsetting van Van Wyk Louw se “lojale verset” nie? Is dit nie omdat die skrywer wat soveel idealistiese geloof aan die woord heg, hom noodwendig die slagoffer maak van die estetiese waarde van die mense vir wie hy skryf terwyl hy teen hulle skryf nie?’ (1989a: 39).
Al is dit Brink wat die skerpste kritiek ontlok vanuit ideologie-kritiese perspektief, kom daar ook reaksie op Breytenbach. Peter John Massyn vind die digter se pogings tydens sy 1986-besoek aan Suid-Afrika om ‘die doodsroggel - die barenskreet - van die oomblik in eie idioom aan die heersersjeug uit te wys’ hoogstens ‘ontroerend’, want dit is nie net ou nuus nie, maar Breytenbach het hom met sy gehoor misreken:
Daar is diegene onder ons wat maar te goed weet dat die ou orde aan 't uitvrek is. Dit is juis vanweë ons verbondenheid aan die oue, ons aandadigheid daaraan, dat ons reeds in die vrywordingsproses, in die groei na die nuwe, die dood ruik. Die buitelyne van 'n nuwe moraliteit, 'n kruipende nuwe ideologie, 'n ander reg en 'n ander verkeerd, is reeds op die opkomende orde afgestempel. Breyten het hom tog self in die beginsels van JODAC en die ECC vasgeloop.
Die land ly, dis nie altemit nie. Hy het profete, politieke profete, nodig. Maar die ou kategorieë, die netjiese verdelings - tradisioneel of omgedop - tel nie meer nie. Ons ken die beproefde kodes, die geweld wat vloei uit politieke afkamping. Ons smag na 'n nuwe politiek wat by ons en hulle, reg en verkeerd, wat ook al die inhoud daarvan, verbystreef: 'n nuwe, voortdurende stryd wat hom onophoudelik teen ou sowel as nuwe verstarring verset. (1986: 3)
Byna 'n jaar ná Breytenbach se optrede in die Staatsteater word dit weer in die literêr-politieke diskoers ingevoer. Philip John (1987a: 3) lug nou sy bedenkinge oor die ‘bewys’ wat Breytenbach van die ‘volwassenheid’ van die Afrikaner verskaf het toe hy ‘Afrikaners’ in Afrikaans in die Staatsteater oor die kole gehaal het. Marianne de Jong (1987a: 21-25) herlei haar kritiek op die ‘uitsprake oor die bevrydende, radikaliserende funksie van skryf’ en ‘literêre liberalisme’ nie net na Brink nie, maar ook na ‘sommige van Breytenbach se uitsprake’ (byvoorbeeld in End papers) én na die Rapportprys-toekenning:
Benewens sy vermoë tot selfbevestiging skep die diskoers van literêre objektiwiteit, outonomie en apartheid reekse binêre opposisies waarvan Breyten in die Staatsteater maar een (sprekende) voorbeeld is. In so verre Breytenbach se openbare optrede 'n bewuste poging was om die ‘tradisionele’ skeiding tussen die politieke en literêre persoonlikheid, in een persoon vervat, op te hef, is die Staatsteaterrede tipies van die semantiese oor-en-weer teleskoperings wat die opposisie ‘literatuur/politiek’ toelaat. Dié rede speel met die dialektiek van Afrikaansheid (as digter) en andersheid (as Afrikaner). Afrikaansheid word die maatstaf van poëtiese en politieke andersheid, en hierdie andersheid maak van Breyten 'n tipies Afrikaanse ‘verlore seun’, 'n emigré wat met behulp van politieke aggressie (hier neutraal bedoel) steeds na die vaderhuis terugkeer. Nie Robbeneiland nie, maar digterskap
| |
| |
is die modus van dié opstand en dit is net moontlik solank die poësie 'n oord buite Robbeneiland en die townships bly. Rapport hou hierdie oord veilig en gereed vir betreding, en Breyten het dit betree. (op.cit.: 23)
De Jong voer aan dat sy nie hiermee ‘puriteinse of pedantiese kritiek op Breyten se politieke motiewe loods nie’; dit gaan vir haar om die ondersoek van diskursiewe netwerke en hul betekenisskeppende krag:
Die skeiding van Afrikaanswees en digterskap, van kultuur en literatuur waarvoor daar op 'n stadium hard geveg is in Afrikaans, maak die driftige versoening moontlik wat in Breytenbach kulmineer. Literatuur word ‘soos 'n Casspir’ (met apologie) op die veld gestoot as oord van verset omdat dit die konnotasies ‘Afrikaner’, ‘outonomie’, ‘vryheid’ en ‘kulturele identiteit’ geabsorbeer het. 'n Mens sou kon aanvoer dat die effek van die Breytenbach-rede en die Brink-brief nie berus op die politieke radikaliteit van die sprekers nie, maar op hul aanspraak op Afrikaanswees en Afrikaansskryf... op die naelstringverbondenheid tussen die Afrikaanse kultuur en Afrikaanse literêre praktyke. (ibid.)
Dít bring mee dat gevra kan word of die ‘psigies bevrydende taalspel van Breytenbach nie gewen is in verset teen Afrikaans en sy diskoerse nie, eerder as geskryf in die naam van 'n ander orde’. Hierdie vraag ‘word afgedwing deur die feit dat sekere Afrikaanse skrywers op vryheidsverkondiging aanspraak maak terwyl hulle tekste chauvinisme, liberalisme en narcissisme in Afrikaanse formules uitspel’ (op.cit.: 25).
In 1989 resepteer Wilhelm Liebenberg die gedigte én essay in Judas eye as 'n versaking van die ‘struggle’ - wat voorop staan in hierdie teks is 'n apokaliptiese visie en die algemene metafisika van ‘vryheid’, in die sin van 'n intellektuele anargisme soos geërf van die studente-rebellie in 1968 in Europa. Liebenberg lei uit Judas eye af dat ‘verantwoordelikheid en verantwoording’ nie vir Breytenbach is nie:
Vreemd soos hierdie benadering mag wees aan die politiek van andere wat hier ter lande opgesluit word, is dit egter wel iets wat sal aanklank vind onder die soort Afrikanerrebel wat God en die Nasionale Party verwerp het, maar nêrens anders tuis voel nie. Die soort anargisme waardeur Breytenbach besiel word, lê ongetwyfeld na aan die hart van menige van vandag se jonger Afrikaanse kunstenaars. Vir hulle sal Breytenbach steeds die simbool bly van daardie unieke boereverset - teen als en almal wat vir die Afrikaner heilig is. (VW, 10.2.89)
Teenoor hierdie ideologie-kritiese afwysing van Breytenbach se opvattings oor die rol van die skrywer, sy teenstrydighede en interpretasie van ‘verset’, staan die reaksies wat hom tipeer as ‘radikaal’ - afwysend én aanprysend. In 1984 evalueer Koos Human, die uitgewer met wie Breytenbach in die sewentigerjare bande breek om ideologiese redes (soos uiteengesit in hoofstuk 4 IV), Breytenbach as 'n ‘oorskatte skrywer’ - ook omrede die ‘klap van die Marxisme’ wat hy weg het (1984: 57 en 60). Ander weer vereenselwig hulle juis met hom vanweë sy ‘radikalisme’. Tydens sy optrede aan die Universiteit van Wes-Kaapland in 1986 word wel vrae gevra oor die weerspreking tussen sy afwysing
| |
| |
van die Hertzogprys en die aanvaarding van die Rapportprys, maar teen die einde van die dag sing die gehoor hom ‘Nkosi sikeleli i'Afrika’ toe: ‘Dis histories... g'n Afrikaner-skrywer het seker nog die voorreg gehad om aan die einde van 'n voordrag die alternatiewe volkslied gesing te kry nie... Miskien is dit 'n simbool vir 'n nuwe Suid-Afrika’. Die vrae wat nié gevra is nie en waaroor daar ‘groot eenstemmigheid’ is, sluit in: vryheid, geregtigheid, vredeliewenheid, menslikheid en sosialisme (Hein Willemse, Rap., 20.4.86).
Peter John Massyn, wat krities staan teenoor Breytenbach se siening van die ‘gedepolitiseerdheid’ van die Afrikanerjeug, hou die mening na dat daar wel by Breytenbach 'n werklike oorskryding van aanvaarde norme, soos gemanifesteer binne die dominante orde, voorkom. Sommige van sy tekste dra tekens van die ‘propositional and procedural disruption, (the) transgression of established systems of truth’ (1986a: 21) wat by Brink ontbreek. En ten spyte van haar kritiek op literêre praktyke wat 'n beroep doen op individuele vryheid, beskou De Jong vir Breytenbach as ‘die enigste radikale, pro-revolusionêre Afrikaanse digter’ (1988: 9). Selfs Liebenberg (VW., 10.2.89), wat Breytenbach se ‘boereverset’ afwys, gee toe dat die digter ook verder as dít gegaan het: ‘By Breytenbach is dit... op die ou end ook 'n losmaak van sy land en sy taal’.
Kort na sy vrylating het Breytenbach hom uitgespreek oor vroeë tekens van 'n nuwe ‘radikale’ oriëntasie binne die Afrikaanse literêre kritiek. Hy verwelkom die opkoms van 'n ‘oper denke’, selfs 'n Marxistiese denke. In die Suid-Afrikaanse konteks ‘is Marxisme, as verbode denkskool seker oop’. Hy waarsku egter: ‘Oppas: Marxisme is ook die opium van die intellektuele’. Hy vind dit egter bemoedigend ‘dat daar mense is wat wég probeer beweeg van 'n gegewe denkraam, wég van die self en die eie ikone. Maar ai, die vergestalting dan van hierdie wil-tot-verandering is so dikwels, met die polisiesisteem wat dit nekbrekerig en nekvrotterig maak, plain silly’ (1983a: 8).
Die opkomende ‘radikale’ kritiese metode - wat gelyk gestel word aan ‘neo-Marxisme’ - lok reaksie uit van sowel ‘verantwoordelike behoudendes’ as ‘hervormers’. Johl, byvoorbeeld, meen dat kritici wat 'n omvattende herwaardering van die politieke en kulturele nasionalisme van die Afrikaner in die vooruitsig stel, min hoop laat vir 'n regverdige beoordeling, 'n billike, ewewigtige oordeel en 'n kritiese ‘oop gesprek’. In die praktyk behels die ‘strategieë van irrasionele manipulering’, soos toegepas deur hierdie kritici, die ‘stigmatisering van bestaande waardes en die aftakeling van bestaande strukture ten einde dit deur alternatiewe waardes en strukture te vervang’ (1987c: 41). Ia van Zyl (1987: 4-20) vind ‘neo-Marxiste’ openlik vóór die Afrikaanse letterkundige bos (veral ná die ideologiekritiek-sessie van Ampie Coetzee, Wilhelm Liebenberg en Marianne de Jong tydens die 1986-kongres van die ALV). ‘Neo-Marxistiese’ tekste het volgens haar 'n politieke doelstelling ‘wat waarskynlik onderskraag word deur die doelbewuste afbreek van sedelike en morele norme’, en daarop gerig is om veral die jeug te indoktrineer teen wet en orde en gesag. Jan Senekal (1989: 5) reageer vanuit die vertrekpunte van die sisteemteorie op De Jong (1989a: 39-41) se bedenkinge oor Brink, maar brei sy oordeel uit tot 'n oordeel op die benadering waarvoor sy staan. Haar ‘resensie’ is vir hom bewys dat ‘die vooropgestelde neo-Marxistiese ideologie, gekoppel
| |
| |
aan totale onkunde oor die sisteemteorie en die talle ander raamwerke waarbinne die ernstige literatuurstudie vandag internasionaal geskied’ 'n mens kan verlei tot ‘'n kleinlike wêreldjie van 'n politiese narcisme’.
Brink se reaksie op die ‘radikale’ kritiek teen hom behels repliek op, aan die een kant, die ‘uitvoerige persoonlike aanval’ teen hom en, aan die ander kant, die opkomende nuwe opvattings oor die rol van die skrywer en die letterkunde. Ten opsigte van eersgenoemde weerlê Brink die ‘aantyginge’ van spesifiek Coetzee (1987: 3) as ‘blatante leuens en verdraaiing’; hy aanvaar ook nie die siening dat ‘politiekbewuste anti-apartheidslesers’ sy boeke verwerp nie - ‘ die meeste radikale teenstanders van apartheid, soos die UDF en die ANC... ondervind daar geen probleem mee nie’ (1987b: 3-7). Die kritiek op sy opvatting oor die rol van die skrywer en die woord, lei tot kwalifisering en aanpassing van sy kant (op.cit.: 5-7). Anders as Breytenbach, wat die Suid-Afrikaanse staat as ‘totalitêr’ beskryf (kyk hoofstuk 7 II), glo Brink dat die huidige situasie ‘outoritêr’ is: ‘Ek dink dat Suid-Afrika onrusbarend vinnig besig is om 'n (totalitêre) situasie tegemoet te gaan: maar veral ná Dakar dink ek nog nie dat ons klaar daar is nie’ (op.cit.: 4-5). Die skrywer kan op verskillende maniere reageer op of maneuvreer binne die ‘strategieë van die regime’, onder meer deur dié van ‘containment’. Hy kan kies om hom fisiek, geografies buite die stelsel te begewe - 'n keuse wat hom laat inboet aan ‘effektiwiteit’; of hy kan kies vir 'n operasie van ‘binne’ - wat 'n ‘soortlike gewig’ aan sy aktiwiteite verleen, al loop hy die risiko dat hy kompromieë met die sisteem moet aangaan. (Breytenbach hét nie so 'n keuse gehad nie en by hom is ‘dié oorweging dan nie eers ter sprake nie’ - 'n uitspraak wat in teenstelling staan met Brink se vroeëre verwyt teen Breytenbach se
keuse vir
‘uitwyking’, Rap., 13.5.84). Indien die skrywer kies om sy rol binne die sisteem te vertolk, ‘so helder en onbevange as moontlik’, doen hy dit ‘as mens en as skrywer’. Brink het begrip vir Olivier (en vroeër nog, soos aangetoon in hoofstuk 7 VIII), Breytenbach se standpunt dat die Afrikaanse skrywer periferaal sal bly as hy los staan van alternatiewe strukture en politieke benaderings - maar met die ‘belangrike voorbehoud dat wanneer hy byvoorbeeld lid is van die UDF, of as hy die beginsels en strategieë van die ANC onderskryf, dit nog nie sy skryfwerk “dienstig” maak aan die praxis van 'n politieke of vryheidsbeweging nie’.
Die skrywer kan hom ook as landsburger wend tot reaksies op die sisteem - Brink egter het gekies om ‘spesifiek op die terrein van die woord’ te reageer, onder meer met die ‘ope brief’ wat as gevolg van sy aard ‘'n bepaalde rol gespeel het in die mobilisering van 'n breë versetsfront teen die Noodtoestand’. Brink glo dat die brief en sy geskiedenis juis - teen Olivier se tese in - demonstreer dat ‘die woord nóg nie (heeltemal) verdiskonteerbaar is nie’. Hy gee nie om dat hy in party kringe ‘outyds’ genoem word oor sy ‘onbeskaamde betrokkenheid by die woord nie’, tog kwalifiseer hy hierdie uitgangspunt van sy literatuuropvatting: ‘Ek het geen romantiese, kinderlike, naïewe oortuiging dat die bestaan van die woord sonder meer - soos ek soms vroeër jare gehoop het - die waarheid in die wêreld waarborg nie. Ek weet ook dat totalitêre regimes die woord kán stilmaak...; en dat daar situasies is... waar die woord op sigself
| |
| |
... nié uitkoms kan gee nie’. Brink sê hy stel nie die woord in die plek van geweld nie (hy self erken die ‘noodsaaklikheid’ van die ANC se ‘gewelddadige stryd’ as één van die strategieë in die strewe na 'n vrye, demokratiese staat), maar hy glo dat sónder die woord dit nie anders kan as om te ontaard nie. Al het die skrywer nie die antwoorde nie, ‘kan hy help om die vraagstelling aan die gang te hou’.
Die reaksie op die ideologie-kritiese benadering tot die literatuur loop in April/Mei 1989 uit op 'n polemiek wat herinner aan sowel die ‘Weiss-Squad’-én Kol-debatte van die sestigerjare (kyk hoofstukke 4 VII en 5 V) as die ‘betrokkenheidsdebat’ van die sewentigerjare ná Breytenbach se tweede verhoor (kyk hoofstuk 6 IX). Weer, soos tydens die laasgenoemde twee debatte, is Brink 'n hoofspeler. Dié keer vertolk hy egter die rol van ‘aanklaer’. Terwyl hy in die ‘betrokkenheidsdebat’ teen die einde van die vorige dekade deur ‘verantwoordelike verligtes’ aangekla is dat sy ‘radikale’ politiek en literatuuropvatting 'n monopolie probeer afdwing op die Afrikaanse literêre bestel, rig hy nou 'n soortgelyke aanklag teen voorstanders van die ideologie-kritiek. Net soos in die dekade sewentig staan persoonlike aanvalle van albei kante egter sentraal en rem dit die ontwikkeling tot 'n ‘verantwoordelike debat’ waarvoor almal pleit. (Binne die nuwe paradigma is dit egter moeilik om, soos destyds, 'n onderskeid te probeer maak tussen ‘die Afrikaanse letterkunde’ en die ‘klein vuil bedryf om die kuns’.)
Gedurende die Kol-debat is gevoel dat Brink hom deur ‘'n klein groepie verbitterdes... laat oogklappe opsit het (Smit, 1968: 5-8). Gedurende die ‘betrokkenheidsdebat’ weer was die kritiek gerig teen Breytenbach ‘en die klein groepie rondom hom’ (Van Rensburg, Rap., 16.6.77), teen die verheffing van die ‘Brink-Breytenbach-gesigspunt’ van ‘betrokkenheid’ as literêre kriterium (Van Rensburg, Rap., 17.7.77). Brink en Breytenbach is op dié wyse tot stalmaats van 'n bepaalde politieke houding en literatuuropvatting verhef, terwyl Breytenbach se politiek in werklikheid te ‘radikaal’ was vir Brink en hy, in teenstelling met Brink, reeds vanaf die sestigerjare die literêre teks as nie-outonoom beskou het. Teen die einde van die dekade sewentig word die Donga-groep, wat op hulle beurt te ‘radikaal’ was vir ‘betrokke verligtes’, bestempel as die ‘breyteneske boksombende’ (Malan, 1977: 2). Teen die einde van die tagtigerjare is Breytenbach, volgens sommige waarnemers, weer die stukrag in 'n nuwe, radikale groepering: Die ‘anti-hegemone wat slegs een kenmerk gemeen het, naamlik verslawing aan die Fransman Breyten Breytenbach se bekskoppery’ (Malan, 1988: 46). Na aanleiding van die ideologiekritiese bespreking van Judas eye (Liebenberg, VW., 10.2.89) aanvaar Brink egter dat Breytenbach in sý kamp is en aangekla word omdat hy nie ‘links’ genoeg sou wees nie.
Die ‘betrokkenheidsdebat’ van die sewentigerjare is gevoer in Rapport wat 'n belangrike rol gespeel het om ‘verligtheid’ die ‘verantwoordelike’ houding te maak in Afrikanerkringe. Die ‘literêre mafia’-debat word in die eerste helfde van 1989 gevoer in die blaaie van die glanstydskrif De Kat en in die ‘onafhanklike’ koerant Vrye Weekblad wat ‘alternatief’ as die ‘verantwoordelike’ houding uitbou (binne die ‘intellectual fringe’, in ieder geval).
| |
| |
Die persoonlike aanvalle en self-aanprysings wat in hierdie debat gedoen word, word hier ter syde gelaat (alhoewel dit 'n geldige ‘interteks’ vir die gesprek verskaf). Enkele fasette uit die ‘aantyging’ én ‘verweer’ word uitgelig omdat dit implikasies inhou vir literatuuropvattings en die ideologiese ingebedheid daarvan teen die einde van die tagtigerjare.
Brink (1989a; 1989b; 1989c: 92-93; 1989d: 96-97) se ‘algemene’ verwyte teen die ideologie-kritiek, is dat dit 'n modeverskynsel is wat voortspruit uit 'n ‘byhou’ met oorsese strominge; dat dit op 'n dilettantistiese wyse ‘aangewend’ word wat tot 'n vervlakking en belediging van die vrugbare metodiek en denkwyse lei; dat dit losgemaak word van dekonstruksie. Bowenal egter, is sy kritiek daarteen dat dit misbruik word deur ‘'n klein literêre mafia in die noorde’ om vir hulself 'n magsbasis te vestig: ‘Onder die voorwendsel dat hulle die literatuurbeskouing wil “skoonmaak” van outoritêre denke, vestig hulle juis die mees outoritêre en onverdraagsame klein denkskool wat nog in Afrikaans doenig was’. Dit gaan vir hierdie groepie ‘mislukte skrywers’ (wat self nog ‘niks literêr of polities gedoen het teen apartheid nie’) om ‘die afdwing van 'n baie eng stalinistiese programmetjie op die literatuurbeskouing’ met behulp van laakbare taktiek soos die saai van verdenking teen mense wat dit wél gedoen het. Dié sameswering bedreig ‘sowat elke Afrikaanse skrywer van Breyten Breytenbach tot Koos Prinsloo, van Joan Hambidge tot Etienne van Heerden, en van Jeanne Goosen tot Gawie Kellerman’. (In 1968 het mede-Sestigers op Brink se pleidooi vir 'n gepolitiseerde literatuur gereageer asof dít 'n ‘Stalinistiese program’ was wat op hulle afgedwing is - vergelyk Leroux, 1968: 2-6.)
Brink lig twee ‘beskuldigings’ uit wat deur die ideologie-kritiese ‘mafia’ gerig word op die Afrikaanse literatuur (en sy eie tekste spesifiek): Die eerste is dat 'n geloof in literatuur, en 'n aangewesenheid op die woord 'n ‘uitgediende’ opvatting is, of selfs trou aan 'n status quo, aan 'n magsorde, betuig; die tweede is dat iemand wat profiteer van die stelsel wat hy aanval se literêre tekste niks kan ‘uitrig’ nie. Volgens Brink spruit die eerste beskuldiging uit die feit dat die verband tussen dekonstruksie en ideologie-kritiek nie goed begryp word nie en mense dus (teen hul eie praktyk in) bly glo dat ‘woord’ en ‘wêreld’ aparte dinge is sodat die skrywer wat hom aangewese voel op die woord(-spel), uitgesluit word van enige moontlikheid om ‘in te gryp’ in die wêreld, dus om literatuur as praxis te hanteer. En dít terwyl die beduidende wêreldliteratuur van ons tyd juis die teendeel demonstreer: om goed te skryf, ís 'n revolusionêre daad en die onderdrukkende samelewing verleen teen wil en dank aan die geskrewe woord 'n premie wat elders nie so sigbaar is nie. Met verwysing na die tweede beskuldiging voer Brink aan dat die enigste ‘suiwer’ alternatief sou wees om te emigreer; 'n kompromis bied egter die voordeel van kontak en aanraking.
Wilhelm Liebenberg (1989a; 1989b; 1989c: 95 en 1989d: 4-5) en Gerrit Olivier (1989a en 1989b) reageer op Brink se aantygings. Beide dink die onus rus by Brink om bekend te maak wie die mislukte skrywers, die verdagmakers en ‘Staliniste’ is en hoe hulle as ‘groep’ funksioneer, want die hele idee is ‘onsinnig’. Liebenberg lewer kommentaar op Brink se stellings oor ideologie en dekonstruksie, die geloof in die literatuur en die woord en die skrywer se
| |
| |
gebondenheid aan die bestel. Brink se hantering van dekonstruksie negeer die bestaan van 'n wêreld buitekant die literêre teks: ‘Of glo hy dat, omdat teks en wêreld nou nie “aparte dinge” sou wees nie, hy oor die werklikheid praat net omdat hy met taal speel?’. Volgens Liebenberg ontken niemand die rol van die woord nie, maar dit is Brink se soort benadering wat ‘aangewese is op die woord en niks anders nie’ wat bevraagteken word deur die ideologie-kritiek omdat redding van apartheid nie gevind kan word deur die ‘herondersoek’ van ‘die moontlikhede van die woord’ nie. Met die ‘gebruik’ van die kontak wat die skrywer met die huidige bestel het, het die ideologie-kritiek nie probleme nie, maar wel met die wyse waarop dit gedoen word - teenoor die praktyke van die liberale individualisme en idealisme staan naamlik die strategieë, gebaseer op beginsels, teorie, analise en demokratiese besluitneming, van die ‘Demokratiese Beweging’.
Tydens die 1989-kongres van SAVAL verduidelik referente (waaronder Liebenberg) die werkwyse van die ideologie-kritiek só: Dit ontmasker die wyses waarop die bourgeois ideologie gehandhaaf word. Dit toon hoedat historiese verskynsels, wat tydelik is, voorgehou word as synde universeel en onveranderlik; hoedat gebruike wat die heersersgroep se belange dien, voorgestel word as synde in algemene belang; hoedat dít wat mensgemaak en daarom vervangbaar is, gesien word as ewig of natuurlik, as vanselfsprekend of ‘common sense’ sodat diegene wat daaronder gebuk gaan, nie daaraan sal dink om dit te verander nie. Die ideologie-kritiek, wat 'n uitdrukking van die Marxistiese literatuurbeskouing is, bly nie beperk tot argumenteer nie, maar impliseer 'n sekere praktyk ter verandering van die maatskappy - dit vereis dat mens betrokke raak by verandering (Rap., 23.4.89).
In haar reaksie op die ‘literêre mafia’-debat voer Marianne de Jong (1989b: 4) aan dat ál die deelnemers teen apartheid is. Vir haar lyk dit egter of die stryd teen apartheid ná twintig jaar nog steeds in die ou, bekende terme gevoer word - Liebenberg, wat 'n nuwe, praktiese of aktivistiese ‘betrokkenheid’ verteenwoordig, klink soos Brink in sý oproep tot betrokkenheid twee dekades gelede. Die ‘nuwe betrokkenes’ is, volgens hierdie waarnemer, ‘soos Brink, 'n sinnebeeld van die liberaal-humanistiese rollespel wat die burgerlike klas kenmerk’. Vir De Jong lê die belang van die debat eerder daarin dat dit dui op 'n nuwe Afrikaanse literêre verskynsel, naamlik ‘popularistiese anti-apartheid’: 'n gewilde Afrikaanse literêre verskynsel wat berus op ‘die ekonomiese, opvoedkundige en sosiale voorregte wat nog altyd “Afrikaans” aan die gang hou’.
Teen Soweto-dag 1989 is daar twee hoofgroeperinge onder ‘andersdenkende’ wit Afrikaanssprekende literêre figure: die ‘hervormingsgesinde betrokkenes’ teenoor die ‘praktiese/ aktivistiese betrokkenes’. Die verskil berus nie meer op 'n politieke standpunt nie - almal is immers uitgesproke teen apartheid - maar eerder, soos De Jong dit sien (ibid.), op ‘politieke “credentials”’, byvoorbeeld die ‘erkenning van die Afrikaanse literator deur die ANC of deur die MDM (“mass democratic movement”)’. En dan gaan dit om:
(D)ie status, rolle en mag van literatore binne die Afrikaanse literatuurdiskoers.
| |
| |
Wie gaan wat vir die ANC sê oor Afrikaanse literatuur en die bevrydingstryd? En met watter voordele vir sy eie openbare politieke beeld en rol? (op.cit.)
Dit is nou reeds moontlik om te voorsien dat Afrikaanse skrywers en literatore binnekort met 'n ANC-afvaardiging in gesprek gaan tree - heel waarskynlik deur bemiddeling van of met deelname van Breytenbach. Nuwe groeperings kan dalk daaruit spruit: dié wat gaan ‘onderhandel’ het met 'n filiaal van die breë demokratiese beweging teenoor dié wat nie genooi is of verkies het om nie te gaan nie. Taktiese (of onheilige?) alliansies is egter nie uitgesluit nie.
In die laaste dekade van dié eeu sal die gesprek in die Afrikaanse literêre bestel heel waarskynlik draai om die keuse tussen spanninge wat Breytenbach telkens uitgewys het in die formulering van sy opvattings ten opsigte van die politiek en die literatuur: interne worsteling en die ‘oop gesprek’/bevrydingsideologie; die stryd as doel/die stryd as proses; intellektuele beslaglegging op die ‘struggle’/oorgawe aan die ‘people’; (ondergrondse) politieke aktivisme/ literêre aktivisme; verset namens die onderdrukte groep/arbeid binne die eie groep; propaganda/skepsis; sensuur/verantwoordelikheid; hervorming/transformasie; totalitarisme/verhoudinge en dialektiek; geweld/taktiese alliansie en kompromie; ortodoksie en dogma/vryheid.
Oor wat vanaf Julie 1989 op die Afrikaanse literêre toneel gaan gebeur, kan op hierdie stadium net bespiegel word. In die ‘nuwe bedeling’ tot die middel 1989 word Breytenbach egter òf geneutraliseer (onder andere deur onderdrukkende verdraagsaamheid) òf verwerp (van links en regs) òf aangeprys (óók van links) soos dit verskillende (belange-)groepe pas. Op hierdie stadium swyg hy self nog oor groeperinge binne die ‘nuwe paradigma’-patroon van die Afrikaanse literêre toneel in sy land van herkoms. Tot tyd en wyl hy dit wel doen, sou die volgende uitspraak kon geld:
And what a privilege to have nothing to say. To sit there, to assist (at) the slow unravelling of thought, the untravelling, and when asked once again to vomit an opinion - be it on the soul-icing of imprisonment or the whimpering of the flogged or the flought of the beard over capes or righting or the state of pootry or the latest nuise from Nomansland or the condition of Marilyn Garble's knees - to lean furrard intensely and to saygh: ‘Lookit tit hyere: I have nuffink to seigh!’ (1986a: 224)
'n Mens kan egter aanneem dat hy nie vir lank 'n onbetrokke, en stilswyende, buitestaander sal bly nie.
| |
Slot
Breytenbach het nie vergete geraak tydens sy jare van tronkstraf nie. Invloedryke openbare figure en skrywers het hulle steeds bemoei met die omstandighede van sy gevangenskap en pleidooie gerig vir sy vrylating - die motivering was altyd dat Breytenbach genoeg gestraf is vir sy dade en dat die Afrikaanse letterkunde hom nie kan ontbeer nie. Alhoewel Voetskrif en Seisoen (wat tydens sy
| |
| |
aanhouding gepubliseer is) die laaste nuwe Breytenbach-tekste was wat sy leserspubliek vir 'n lang tyd sou bereik omdat hy as gevangene nie kon publiseer nie, het sy skrywersvriende hul deel gedoen om hom in die literêre oog te hou. Taurus publiseer in hierdie tyd 'n versameling van sy verse (Blomskryf), 'n bundel opstelle oor Breytenbach se werk wat allerweë beskou word as die indringendste herskrywings tot in daardie stadium (Woorde teen die wolke) asook herdrukke van vroeëre bundels. Breytenbach se literêre tekste word by alle universiteite behandel en talle nagraadse studente voltooi studies daaroor. Terwyl dit praktyk is dat politieke gevangenes nie in die media aangehaal mag word nie, word die wetstoepassing in sy geval opgeskort. Al het die ‘blanke openbare mening’ (soos Die Vaderland dit stel) teen hom verflou - moontlik omdat hy vanweë sy tronkverblyf betreklik skadeloos gestel is as vyand van die gevestigde sosiopolitieke sisteem - het hy dus steeds sy invloed laat geld as Afrikaanse skrywer.
Toe Breytenbach se vonnis op die vooraand van die ‘nuwe bedeling’ opgeskort word en hy terugkeer na Frankryk, is daar uit verskillende oorde die hoop uitgespreek dat hy nie ‘verlore’ sou gaan vir die Afrikaanse letterkunde nie, dat hy sy ‘ou politieke paaie van ekstremisme’ sou vermy en die ‘saak van die Afrikaanse taal en letterkunde’ sou dien.
As die motivering agter sy vervroegde vrylating was om hom om te koop en hom hok te slaan (soos hyself suggereer), het dit egter geboemerang. Breytenbach weerhou hom nie daarvan om skerp kritiek uit te spreek teen die Botha-era en die Nuwe Bedeling nie. Hy sien die verskuiwings binne die sisteem as pogings tot ‘aanpassing’ sonder dat die rigtende ideologie verander. Sy eie vrylating is volgens hom 'n strategie in die interne magstryd. Alhoewel Breytenbach dit in onderhoude wat ná sy vrylating met hom gevoer is by herhaling gestel het dat hy hom nie weer met ondergrondse politieke bedrywighede sal bemoei nie, beklemtoon hy dit dat hy sal voortgaan om as skrywer sy deel by te dra tot 'n regverdiger gemeenskap. Sy strewe is na 'n nuwe Suid-Afrikaanse identiteit en die oplossing van die land se smeltkroesprobleme binne 'n swart (kulturele) verwysingsraamwerk.
Binne die ‘nuwe bedeling’ van die tagtigerjare (polities én kultureel) word uiteenlopend gereageer op die na-tronkse Breytenbach. Vanuit reaksionêre perspektief word hy - nog steeds - as volksverraaier veroordeel. ‘Hervormingsgesindes’ én ‘ontnugterde verligtes’ wat die amptelike meningsvormers is, span daarenteen verskillende strategieë in om Breytenbach vir hulle saak te probeer opeis en sodoende in 'n veilige kulturele hawe tuis te bring (iets wat uitdrukking is van tipiese sisteemgedrag, naamlik dat norme en vorme wat eens op die perifirie was mettertyd na die middelpunt verskuif). Opkomende ‘radikale’ groeperinge (wat nog steeds bande met die establishment behou), tans nog op die perifirie van die sisteem, het nog nie 'n eenstemmige standpunt oor Breytenbach ingeneem nie.
Uit hierdie ondersoek blyk dit dat Breyten Breytenbach nie slegs 'n sleutelrol in die stryd binne en tussen die literêre, politieke en joernalistieke sisteme speel nie, maar in 'n omvattende kultuurstryd. Ofskoon dit nie hier behandel is nie, het hy ook 'n invloed gehad op ander sisteme wat die Afrikaner se ‘kultuur- | |
| |
stryd’ ondersteun het, asook op dié wat hulle geopponeer het. Alhoewel Breytenbach se werk en lewe dus uiteraard nie net 'n effek op Afrikaners gehad het nie, maar ook op ander Suid-Afrikaanse (taal)groepe, is daar in hierdie ondersoek gefokus op sy rol as Afrikaanse intellektueel en op die reaksie wat hy van wit Afrikaanssprekendes ontlok binne die sosio-politieke konteks sedert die sestigerjare.
Breytenbach het 'n bydrae gelewer tot die vorming van interne sisteempolariserings, wat weer gelei het tot die ontstaan van subsisteme. In die geval van die Afrikaanse literêre sisteem sluit dit in subsisteme soos die Sestigers en ander groeperinge, ‘avant garde-poësie’, ‘betrokke’ en politieke literatuur, ensovoorts. Binne die politieke sisteem is hy 'n stukrag ten opsigte van die polarisering ‘verkramp’/‘verlig’ en - sedert sy vrylating - die polarisering ‘hervormingsgesind’/‘alternatief’ en ‘radikaal’. Hy speel ook 'n rol om polariserings binne die joernalistieke sisteem na vore te bring. Aanvanklik is die Afrikaanse pers deur die ‘baasskap’-apartheidsideologie gerig en neem selfs die meer ‘verligte’ Die Burger nie standpunt in oor Breytenbach nie. In samehang met die klemverskuiwing na ‘pragmatiese apartheid’, kom daar by die pers ook 'n verskuiwing na ‘aanvaarbare verligtheid’, sodat Breytenbach tydens sy 1973-besoek geesdriftig ontvang is - hy word egter weer vir die Afrikaanse koerante 'n verleentheid ná sy Somerskooltoespraak, tydens sy verhore en met sy Rapportprys-toespraak.
Ewe belangrik is sy rol ten opsigte van die kritiese bevraagtekening van sleutelkodes binne die sisteme, soos ‘Afrikanerskap’, ‘verlig’, ‘teksas-woordwêreld’ en ‘betrokkenheid’. Hy dring tot die hart van (dikwels verskuilde) waardesisteme deur, val op welsprekende wyse die hart van die apartheidsideologie aan en tart die hegemonie uit.
Daar is 'n natuurlike neiging by enige gevestigde sisteem om homself te verskans; daar is 'n strewe na ewewig met omringende sisteme. Die strategie wat die bewakers van die gevestigde sisteem (in hierdie geval, die apartheidsisteem) in werking stel om die bestaande strukture te stabiliseer, behels sowel maatreëls wat gerig is op die uitskakeling van versteurende elemente as pogings tot koöptering en ‘verdrukkende verdraagsaamheid’. Breytenbach dwing sisteem-manipuleerders om talle meganismes te aktiveer ten einde enersyds vreemde en bedreigende waardes uit die sisteme te weer en andersyds stabiliteit te herstel deur subsisteme binne die makrosisteem te duld. Afweermeganismes sluit onder meer in sensuur, pre-sensuur, die weerhouding van pryse, uitbanning, stereotipering (‘volksvreemd’, ‘liberalis’, ensovoorts), vervolging, tronkstraf. Stabiliseringsmeganismes gerig op die ‘duld’ van die bedreigende sluit in lokaas (soos pryse), koöptering van subsisteme (‘verligtheid’, ‘Sestigers’), kondonering van sekere sienings en optredes, ‘omkopery’, ensovoorts.
Die digter speel 'n leidende rol by die vorming van interpretatiewe gemeenskappe, veral rondom literatuuropvattings. Breytenbach verskuif lesers se verwagtingshorison drasties, nie net deur sy nuwe teksstrategieë nie, maar veral deur sy opvatting dat die literatuur 'n kontesterende sosiale funksie het. Dit lei tot sy radikale ‘politisering’ van die Afrikaanse letterkunde, wat, veral tydens die Taalbewegings, maar ook lank daarna, as handperd van die linguistiese,
| |
| |
politieke en breër kulturele sisteme gerig was op die ‘Afrikanersaak’ en op Afrikaner-nasionalisme. Die swaar klem wat Breytenbach plaas op die senderskode, het literêre herskrywers gedwing om dié kode steeds meer in ag te neem. Breytenbach dompel die Afrikaanse literêre kritiek in 'n krisis en dwing ideologiese keuses by die invloedrykste Afrikaanse sisteemhandhawers af. Hoewel hy nie voorgee om 'n literêre teoretikus te wees nie, bly hy aan die voorfront wat klemverskuiwings in teoretiese benaderings betref: vergelyk die klem op pragmatiek, konteks, die volle kommunikasiesiklus, en so meer.
Breytenbach het 'n geskakeerde beeld as openbare figuur. Sommige sien hom as enfant terrible wat weier om hom deur skool óf establishment te laat hokslaan, die ‘terroris’, die ongenadige kritikus wat selfs sy beste vriende aanval. Vir ander waarnemers is daar die beeld van Breytenbach as die briljantste vernuwer en invloedrykste digter na NP van Wyk Louw en DJ Opperman, die intellektueel wat die Suid-Afrikaanse maatskappy tot in die fondamente geskud het en die onverbiddelike kritikus van die apartheidsisteem wat die wêreld leer verag het.
Al was hy die slagoffer van sistemiese manipulasie op talle vlakke en van 'n magspel waarbinne hy tot sondebok verhef is, weerspieël hy self die verwarring in Suid-Afrika met sy wisselende keuses tussen geweld en intellektuele afstand, sy deelname aan die politieke werklikheid teenoor die fiksionele verwerking daarvan, sy verteenwoordigende rol binne subsisteme en dan weer sy verset daarteen. Hy bly die hegemonie uitdaag, maar laat ook by tye toe dat hy gekoöpteer of ‘omgekoop’ word. Aanvanklik wou hy hom losmaak van die rol van tradisionele intellektueel sodat hy 'n ‘organiese’ rol kan speel binne die sosiale groep waarmee hy hom ideologies vereenselwig (maar waarvan hy nooit struktureel 'n deel kan wees nie) en tog laat hy toe dat hy vereer word as ‘Afrikaanse skrywer’. Hy bly getuig van sy liefde vir sy land en sy taal, maar hy aanvaar Franse burgerskap. Hy verset hom teen kanonisering en manipulasie, maar aanvaar pryse en bly deelneem aan die Afrikaanse literêre sisteem.
Alhoewel Breytenbach binne die ‘Alternatiewe Afrikaanse Beweging’ 'n ereplek inneem (soos onder meer blyk uit die eredoktorsgraad wat die Universiteit van Wes-Kaapland aan hom toegeken het), is daar ook kritiek op hom vanuit die breë buite-parlementêre demokratiese beweging (byvoorbeeld van JODAC en die ECC). Hierdie ondersoek het nie die reaksie van swart politieke aktiviste op Breytenbach betrek nie, maar dit is heel waarskynlik dat hulle probleme met hom en sy optrede sou kon hê - met die swakplekke en weersprekings in sy ideologisering en omdat sy waarde as politieke aktivis gekompromitteer is deur die nagevolge van sy onwettige terugkeer na Suid-Afrika in 1975. Hierdie besoek en sy ‘display of amateurishness’ (Walt, 1985: 41) het immers die veiligheid van sy kontakte in Suid-Afrika op die spel geplaas en hulle blootgestel aan die ‘vindictiveness of the authorities... thereby impairing their efficacy as anti-apartheid activists’ (Lazarus, 1986: 181). Vir sommige is hy nog deel van die gehate ‘system’, onder meer ook vanweë sy posisie binne die Afrikaanse literêre sisteem. Watter posisie Breytenbach se (‘literêre’) protes sal inneem binne die Suid-Afrikaanse kulturele identiteit waarvoor hy hom beywer, sal afgewag moet word. Dit is egter so dat sommige
| |
| |
radikale denkers sy waarde vir die bevrydingstryd meet aan sy bydrae as skrywer en nie aan sy direkte politieke ingrype nie.
Breytenbach self twyfel aan sy invloed binne die groep van waaruit hy skryf, maar talle reaksies toon dat daar wel aansienlike invloed op (jong) Afrikanerintellektuele van hom uitgegaan het: as digter, segsman vir ‘radikale’ intellektuele groeperings en apologeet vir bevryding en die kultuurstryd. Sy oorskryding van sisteemgrense ontlok aan die een kant heftige verset van joernalistieke herskrywers en die publiek - veral waar hy die sentrale normatiewe kodes rondom Afrikanerskap, Afrikaans en kultuur bevraagteken. Hy skep selfs 'n verleentheid vir ‘verligte’ skrywers en kritici wat hulle distansieer van sy radikale politiek. Aan die ander kant sal huidige ‘radikale’ woordvoerders rondom Afrikaans en die Afrikaanse kultuur hulle skatpligtigheid al dan nie teenoor Breytenbach nie onondersoek kan laat nie - ten spyte van kritiek wat hulle teen hom het.
Breytenbach ontlok veral drie soorte reaksies vanuit die Afrikanergemeenskap. Daar is dié wat met woede en veragting reageer op sy ‘volksvreemdheid’ en ‘verraad’. Daar is ander wat deernis en begrip het vir die skrywerintellektueel se houding jeens 'n hartelose sisteem wat hom stelselmatig uitgedryf het - iets wat hierdie groep hom selfs sy ‘politieke naïwiteit’ en deelname aan die vryheidstryd laat ‘vergewe’. En in onlangser tye is daar onder jong Afrikaner-intellektuele wat hulle beywer vir fundamentele verandering, pogings om tot 'n vergelyk te kom met die Breytenbach-erfenis.
Een ding is seker: dit was min openbare figure in Suid-Afrika beskore om 'n hele gemeenskap en literatuur tot soveel selfondersoek te dwing en van hulle ideologiese aannames rekenskap te gee. Oor sy rol en statuur in 'n postapartheid Suid-Afrika sal eers later geskryf kan word, maar die bydrae wat die ‘maer man met die groen trui’ gelewer het tot die totstandkoming daarvan, sal nie ontken kan word nie.
16 Junie 1989
|
|