Voorwoord
Hierdie boek is gebaseer op navorsing wat onderneem is vir 'n D. Litt.-proefskrif aan die UOVS. Dié studie is in 1987 onder leiding van prof. JH Senekal (promotor) en dr. Charles Malan (mede-promotor) voltooi en hou verband met die geskiedskrywing- en resepsieprogramme van die Sentrum vir Suid-Afrikaanse Letterkundenavorsing (SENSAL) van die RGN.
Ek wil graag my dank en waardering uitspreek teenoor al die instellings (veral INEG en SASKI) en individue wat my met materiaal-insameling bygestaan het. Spesiale dank aan Buks Groenewald vir sy biblioteekkundige hulp, Sylvia de Bruin vir die tikwerk en aan my kollegas - John Kannemeyer, Johann Lodewyk Marais en Martjie Bosman - vir hulle voorstelle, kritiek en volgehoue diskoers oor die letterkunde.
Met apologie aan Leon Rousseau (in die voorwoord tot Die groot verlange): Dit is miskien nodig om te vermeld dat nog 'n maand of nog 'n jaar se werk die boek vollediger sou kon gemaak het. Daar is egter perke aan alles.
FRANCIS GALLOWAY