| |
| |
| |
Derde bedryf
1933
Dieselfde kamer, met die veranderings wat nog vyf-en-twintig jaar daaraan gebring het. Dit lyk nou 'n bietjie verwaarloos en onversorg. Die groot tafel is weg, en daar staan 'n kleintjie in sy plek. Op die buffet staan weer 'n blaker met kers en vuurhoutjies, en 'n ongeraamde portret van mev. Venter. Die leuningstoel is nog op sy plek, verouderd en verslete, en daar staan nog drie of vier stoele in die kamer rond. Die kamer het elektriese beligting, maar by die opgaan van die gordyn is dit nie aangeslaan nie. In 'n flou skemerlig wat deur die venster val, sit Nelie in die leuningstoel, met die ou voetstofie van haar moeder onder haar voete. Sy is nou sowat drie-en-sewentig. Sy is baie gerimpeld, maar het 'n goedige ou gesig. Sy dra 'n bril met donker glase. Sy het 'n kierie by haar.
[Geen antwoord. Sy staan op, en stap met behulp van die kierie - soos een wat baie swak oë het - oor die kamer na die middeldeur.]
[maak die middeldeur oop en roep weer]:
Klaartjie!
[Nog geen antwoord nie. Sy maak die deur toe, en begin terugstap na die leuningstoel. Sy mompel by haarself: ‘So 'n onnutsige kind! Altyd aan 't rondjakker!’ Net soos sy gaan sit, word daar aan die voordeur geklop, en die deur word onmiddellik van die buitekant oopgemaak.]
[Voordat sy praat, egter, kom Mina ingestap, gevolg deur Hendrik en Fanie. Mina - iets oor die sewentig - het 'n skerp gesig met 'n trek van bitterheid om die mond. Hendrik is vyf-en-sewentig, en hy lyk ook heeltemal die oudste. Hy loop krom en rus swaar op sy kierie, en sy gesig is geel en vervalle, met net 'n bietjie veelseggende kleursel op die punt van sy neus. Fanie, omtrent sewe-en-veertig, sien daar net en gesond uit, maar hy het 'n doodgewone gesig wat van geen besondere innerlike krag getuig nie. Mina dra rou.]
Dankie, ons het eie reg gebruik; ons is al binne.
O, is dit jy, Mina? En
[haal die bril af]
- ek kan nie mooi sien nie - is dit Hendrik?
Ja, tant Nelie, dis Pa - en hier is ek ook.
En Fanie ook! Welkom, welkom vreemdelinge.
| |
| |
[Hulle groet almal: die dames met soen, die mans met die hand: ‘Dag, Nelie’ - ‘Dag, Mina’ - ‘Dag, Nelie’ - ‘Dag, Hendrik’ - ‘Dag, tant Nelie’ - ‘Dag, Fanie.’]
Daar is stoele genoeg, nè? Gaan sit.
[Fanie gee vir sy vader en moeder stoele aan.]
Hoe is jy dan so in die donker?
Ag, vir my oë maak dit so min verskil. Buitendien, ek sit tog maar en dink. Ek kan nie meer werk of lees nie, en hierdie ligte wat op 'n meetmasjientjie werk - dis soos 'n dobbelwiel waar jy altyd by verloor - jy voel so hoe dit jou geld wegmaal. Maar wag, ek moenie so praat nie, dan wil julle ook straks in die donker sit; en dis tog darem nie nodig nie. Slaan maar aan, Fanie.
[Hy doen dit.]
En maak tog die middeldeur oop, en kyk of die bediende daar is.
[maak die deur oop]:
Ek sien niemand nie. Wat is haar naam?
[in die kombuis]:
Klaartjie! - Sy moet uit wees.
Ja, so kry sy my - altyd wanneer ek haar wil hê. Dan moet jy my maar help om tee te maak, Mina.
[Sy begin opstaan; Mina ook.]
Daar staan 'n ketel te kook.
Nou ja, dan het sy dit nogal vergeet - seker wat sy vir die opwas wil hê - en nou moet die stofie so verniet bly brand.
Moenie nou daaroor kla nie, tant Nelie, want dit kom toevallig mooi te pas.
Ja, nè. Geluk by die ongeluk.
[Sy is by dié tyd by die buffet; sy maak dit oop, en haal teegoed uit.]
Hier is die teepot.
[Sy gee dit vir Mina aan.]
Bring maar die water, Fanie - en 'n blikkie tee en 'n beker melk sal jy ook daar sien.
[Fanie bring die goed uit die kombuis op 'n skinkbord in. Gedurende die volgende gesprek maak Nelie en Mina tee op die klein tafeltjie. Vier koppies word ingeskink, en almal drink.]
En wat van iets om te eet? Is julle nie honger nie?
Nee, dankie. Ons het nog by die huis geëet.
Fanie se motor is ook so vinnig.
Die Bainskloof-pad is nou so mooi reg, Tante. Dis een voordeel van 'n depressie: dan maak hulle paaie vir werkverskaffing. Dit was net mooi 'n uur en tien minute van die plaas af tot hier voor die deur.
Soe, die mense vlieg darem deesdae oor die aarde. En deur die lewe ook.
Ja, maar dis somaar van spoggerigheid dat Fanie so hard ry - en omdat hy weet dat ek daar nie van hou nie.
O ja - ek sit in angs om ál die draaie, met die kranse aan die
| |
| |
een kant en die afgrond aan die ander, maar my ontsteltenis is juis vir jou 'n pret.
Ek het nou weer gemeen, Mina, dat hy baie versigtig...
Ja, natuurlik, as ek een ding sê dan moet jy altyd die ander sê - veral as jy dink jy het vir Fanie op jou hand. Daar is ek al so gewoond aan...
[ontvang sy tee van Fanie]:
Maar Mina...
Kyk hoe stort jy al weer! Onhandige entjie mens!
Ag, Nelie sal nie omgee nie. Sy weet, as 'n mens oud word is jou hand nie meer so stil...
Blameer maar die ouderdom, ja - asof Nelie nie ook beter weet nie. Jou hand bewe al vir die laaste dertig jaar, maar nie van ouderdom nie.
[volg die laaste sin gou op, om die onderwerp te verander]:
Dis fluks van jou, Fanie, om jou oumense oor te bring.
Ek moes eintlik iemand op Worcester kom sien - oor besigheid. Dit was 'n mooi kans, en Ma het gemeen...
Ek het gereken die familie behoort mekaar op te soek, noudat ons die treurige tyding het.
Ja. Is dit nie verskriklik nie?
[Sy haal 'n sakdoek te voorskyn, in afwagting van die trane wat by die onderwerp hoort.]
My telegram sê net: ‘Rustig ontslape.’
Nou ja, is dit dan nie erg genoeg nie?
Ja, ja, dit is. Ek het maar gewonder of julle al briewe het wat meer vertel.
Nee, nog nie. Dis die ergste daarvan as die familie so ver uit mekaar is. Jy lyk daar taamlik koel oor, Nelie.
Ag, Mina, wat sal ek nou daarop sê? Willie was vir my 'n baie goeie broer. Ek het voorverlede week nog weer sy tjek gekry. Die toelagie het elke maand gereeld gekom; maar nou sal dit seker ophou, want sy kinders ken amper nie vir my nie. Hy het vir hierdie elektriese beligting betaal - hoewel ek so geheg is aan my outydse kers en vuurhoutjies
[wys na die buffet]
dat ek nog altyd daarmee bed toe gaan. Maar in my ouderdom - en so eensaam soos ek hier lewe - raak 'n mens los van alles, selfs van wat jou die naaste is - los van alles behalwe jou herinnerings. Ek het somaar aangeneem dat ek die eerste sou gaan, omdat ek die oudste is; maar daar begin die dood nou by die jongste.
Haai, moenie so praat nie, Nelie. Ek is dan die volgende. Jy maak 'n mens grillerig.
| |
| |
Ag, dit laat my nie meer gril nie. Of het jy soveel meer geluk wat jou nog aan die lewe vasbind?
Spot jy nou, Nelie? Dis moeilikhede wat my aan die lewe bind -moeilikhede, moeilikhede. Daar het ek genoeg van. Weet jy waaroor Fanie Worcester toe moes kom?
Toe maar, Ma, ons kwellings sal seker nie vir tant Nelie interesseer nie. Maar dit herinner my daaraan dat ek nou moet loop, anders gaan mnr. Potgieter miskien uit. Tot siens, hoor. Ek is netnou weer hier.
[Fanie by die voordeur uit.]
Nelie moet darem weet, Hendrik, want dit mag vir haar ook raak - soos ons reeds gepraat het. Vertel vir haar.
Potgieter is die man wat die eerste verband op die plaas het. Dit lyk Fanie sal moet boedel oorgee.
En dan - word die plaas onder julle uit verkoop?
En julle sal die mooi huis moet verlaat?
En dis nie ál nie. Maar ons sal dit verlaat met niks. As Fanie nou val, dan val ons ook; want ál wat Hendrik besit is die tweede verband op die plaas - dit was vir die balans van die koopprys toe Fanie dié tyd alles oorgeneem het - maar in vandag se mark sal 'n gedwonge verkoping seker nie eens die eerste verband dek nie.
Maar in julle distrik - waar die vrugteboerdery so 'n sukses is...
Dis juis die fout met ons plaas, Nelie. Ons het gevind dat driekwart daarvan nutteloos is vir vrugte, want daar is 'n potkleibank - op drie voet diepte kom jy daarop af - 'n boom staan net 'n drievier jaar, en dan begin hy kwyn.
Ag, julle potkleibank! Dis net 'n ekskuus, omdat jy en Fanie geeneen kan boer nie. Wie sal die plaas koop as daardie storie rondraak?
Maar vroutjie, mense is mos nie blind nie. Hulle weet dit almal. Hulle kan mos sien hoe ons bome lyk.
Nou ek sê dis julle slegtigheid, en julle sal sien wat Hennie daarvan maak.
Ja. Sien, ek het 'n plan om die hele posisie te red. Toe Hennie so vroeg sy moedertjie afgegee het...
Ja, dit was tog treurig, nè. Die arme Celia - so jonk, so fraai, met haar lewe nog voor...
[Hendrik skyn onder hierdie gesprek rusteloos te word. Hy is woelig en senuweeagtig, en staan later op en loop op sy sukkelende manier in die kamer rond, kamta om na die portrette te kyk.]
| |
| |
Ag, dit was miskien maar 'n verlossing. Sy en Fanie het tog nie gestryk nie. Sy kon haar by die plaaslewe nie aanpas nie, en Fanie het die stadspoppie van naby minder aanloklik gevind as op 'n afstand. Haar pa was ook nie so danig ryk nie, en hy het so 'n boel kinders gehad; haar erfporsie was maar vyfduisend pond, en dié lê vandag nog by die Weesheer op Hennie se naam. Maar sien, oor drie maande is Hennie mondig, en...Wat is jy al weer so onbestendig, Hendrik? Ek weet wat dit is, en ek wed Nelie het ook al geraai. Jy het seker nie wyn in die huis nie, nè Nelie?
[aan Hendrik]:
Maar die hotel is mos naby. Toe, loop nou. Jy raak op my senuwee as jy so kriewelrig is.
Nou ja, as my teenwoordigheid jou hinder - ek kom gou weer, hoor Nelie.
[Hendrik by die voordeur uit.]
Laat jy hom dan daarin somaar begaan, Mina?
Ag, dis die maklikste. En dis maar weinig dat hy hom nou nog so te buite gaan soos vroeër. Dit gee hom net elke dag 'n paar salige minute - en ek kan dit sê, Nelie, dis meer as wat ek het.
Maar Mina, hoe kan jy so bitter wees? Hoeveel mense beny jou nie die huis, en die werf, en die plaas wat jy...?
Wat voor die oog van die wêreld aan die gang moet gehou word asof alles so maklik en voorspoedig is. As daar mense kom, sit ons hul 'n mooi tafel voor - o ja, maar sodra die deur op hulle toeslaan, sit ons te bereken hoeveel dieper ons al weer in die skuld is. As ons nog ons laste saam kon dra en vir mekaar 'n bietjie troos en liefde gee - maar jy weet hoe dit met my en Hendrik gaan. Ons duld mekaar, omdat dit moet - maar ons kry dit nie eens altyd reg nie. En Fanie - wel, wat kan jy verwag van 'n kind wat grootword tussen ouers wat twis? Ons het elkeen lank gesukkel om hom van die ander af te rokkel, totdat geeneen geweet het wat hy aan hom aan of af het nie, en hy ook geen gevoel vir die een of die ander gehad het nie. Ek wonder, Nelie, of jy, wat terugkyk op 'n lewe wat so stil en bestendig was...
Liewer leeg as vol wederwaardighede. Of nee, ek weet ook nie. Dis 'n saak van temperament - nie wat ons van die lewe ontvang nie, maar hoe ons dit ontvang. Ek sou in jou lot nie kan berus het nie; maar jy het altyd so 'n skiklike natuur gehad.
[warm]:
So het Ma altyd gesê, nè, en jy het haar agterna gepraat. Arme Ma het dit darem geglo; maar jy het geweet dat ek 'n mens was soos jy, met ál die drome en ambisies, ál die begeertes en drifte, en ek het gevoel dat jy my spot...
| |
| |
O, ek is 'n kat, nè? Ek weet dis wat mense van my dink - en jy ook, Nelie.
Nee, wag nou. Ek het nie gemeen om in bitterheid te praat nie. As ek hier so sit, alleen, vir ure aaneen, met niks om te doen nie as net om te dink aan wat gewees het en wat kon gewees het, dan kan jy verstaan dat my gedagtes dikwels onstuimig word; maar dan kan daar ook agterna tye kom van so 'n kalmte, van so 'n volmaakte sielerus, dat ek geen ander woorde oor my lippe kan kry nie as net 'n stille gebed: ‘Nu laat Gij, Heer, Uw diensmaagd gaan in vrede.’
[Pouse.]
En toe, Mina, jy wou my mos vertel...
Ja, maar laat ek eers vra: Hoe gaan jy klaarkom sonder Willie se toelaag?
Ek weet nie. Al wat ek aan kon dink was om die huis te verhuur, en net een kamer uit te hou...
Daar kom ook 'n moeilikheid. Die huis behoort aan Ma se boedel. Jy het maar een-derde van die reg daarop; en nou, met Willie se dood - wat sal sy eksekuteurs doen?
Ag, vir die rukkie wat ek dit nog sal kan bewoon, sal sy kinders tog seker...
En my een-derde? Daarom het ek jou vertel hoe dit nou met ons gaan.
As ek moet huur betaal - ek het nog 'n bietjie spaargeld...
Hoe lank sal dit hou? En as dit ook op is?
Dan moet ek ook maar klaar wees. Ek is in hierdie huis gebore, ek het daarin grootgeword en oud geword. Ek ken geen ander wêreld nie. 'n Ou boom kan jy nie verplant nie, dan treur en sterf hy.
Dan kan jy besef hoe ek nou voel.
Ja, Mina, ek het vir julle baie, baie jammer, maar jy wou my vertel hoe daar nog uitkoms...
Ja, kyk, Potgieter het al 'n dagvaarding uit, maar as dit vir drie maande kan oorstaan, dan is Hennie mondig, en dan kry hy besit van sy vyfduisend pond. Dis genoeg vir die eerste verband en ál die los skulde. Dan kan Hennie...
Maar Mina, hoe kan jy daaraan droom om die kind se geld...?
[Die voordeur gaan oop, en Hendrik en Fanie kom binne.]
Wel, Fanie, wat sê mnr. Potgieter?
Alles in orde, Ma. Hy is bereid om te wag, as ons belowe...
[heftig]:
Om jou kind se geld te vat?
Maar Nelie, jy begryp dit nie. Hennie kry dan mos die plaas, met net die tweede verband...
Ek sê mos, daar glo ek nie aan nie. As Fanie sy bome wil spuit
| |
| |
in plaas van alewig te sit en sukkel aan een of ander kamtige uitvindsel wat net geld kos en nooit 'n pennie...
Maar daardie een van die pomp, Ma. Hy sal duisende werd wees, en ek het hom darem nou so amper...
Ja, amper, amper! Daar was jy al jare gelede, en verder kom dit nooit.
As jy 'n opleiding in daardie rigting gehad het, Fanie, dink ek regtig jy sou veel gedoen het; maar ek vrees jy mis nou die wetenskaplike fondament.
Pa sal sien - met 'n bietjie deurdrywendheid...
Deurdrywendheid! Bog! Koppigheid, ja.
[Sy staan op.]
Kom, as die besigheid klaar is. Dit word laat, en jy gaan in die donker stadig ry, dit sê ek jou nou, hoor, Fanie.
[Almal maak klaar om te gaan.]
Ek sal die skinkbord wegneem, Tante.
[Hy neem die skinkbord met gebruikte teegoed kombuis toe. By die deur praat hy met iemand in die kombuis.]
O, is jy hier? Neem bietjie aan.
[kom terug en laat die middeldeur oop]:
Ja, Tante.
O, die niksnuts! Kom gelukkig darem partykeers inloer of ek nog lewe.
[soen vir Nelie]:
Dag, Ousus.
[met vasberadenheid]:
Wag. Nog net een woord - aan julle almal. Daardie plaas het al twee geslagte geruïneer. Gaan julle dit nou op Hennie se rug ook vasbind?
Nelie, jy het jou eenmaal tevore in ons huislike sake kom indring. Onthou jy dit? Ek sou gemeen het dat jy toe jou les te goed geleer het om weer...Ag, kom maar, sy verstaan tog nie die posisie nie - dat dit in Hennie se eie belang sal wees om die eer van sy familie en van sy naam te red. Daar het sy geen begrip van nie - sy wat nie self 'n nageslag het om aan te dink nie.
[geraak]:
Ek weet dat jy 'n selfsugtige mens is, Mina - dat jy dit altyd gewees het - en dat jy niemand daardeur gelukkig gemaak het nie - ook nie jouself nie.
[boos]:
Dit sê ek jou, Nelie, as ek uit my huis moet uitstap, jy uit joue ook.
En wat is dit? Ek moet tog een van die dae uitstap - uit die wêreld uit. Maar Hennie stap in. Dis wat ons oumense moet onthou. As my moeder meer daaraan gedink het en minder aan haar eie lot en lewe, dan sou ek...
[geskok]:
O! Maar dis verskriklik! Skaam jou, Nelie.
[Wys na die portret op die buffet.]
Ek is verwonderd dat jy haar portret in
| |
| |
die oë kan kyk. So 'n toegewyde moeder! Om haar nagedagtenis so te beklad! - Kom, Hendrik. Kom, Fanie. Dag, Nelie.
[Uit by die voordeur. Nelie staan totaal oorbluf. Die twee mans wat maar hangkop gestaan het, groet haar met 'n handdruk - eers Fanie, dan Hendrik - en sê saggies, terwyl sy ook saggies antwoord: ‘Dag, tant Nelie’ - ‘Dag, Fanie’ - ‘Dag, Nelie’ - ‘Dag, Hendrik.’ Fanie stap uit sodra hy gegroet het. Hendrik hou 'n rukkie met bewerige hand Nelie s'n vas, terwyl hul mekaar weemoedig maar berustend in die oë kyk. Hy gaan ook uit, en Nelie bly alleen agter. Sy staan 'n tydjie stil, klaarblyklik in sterk aandoening. Dan stap sy na die buffet, neem die portret in haar hande, en kyk daarna.]
[met bitterheid, vat die portret asof sy dit wil deurskeur]:
Toegewyde moeder!
[Sy bedwing haarself; haar uitdrukking verander; dit word teer en liefdevol, en daar kom trane in haar oë.]
[soen die portret]:
Moeder! My moeder!
[Sy sit die portret weer op die buffet, en staan dit in kalme liefde aan te kyk. Die slag van 'n horlosie word gehoor. Dit slaan ag. Nelie wag egter nie om te tel nie, maar draai dadelik om by die eerste slag en praat kombuis toe.]
Klaartjie! Agtuur, hoor. Kyk dat die huis toe is.
[Sy steek die kers op, slaan die elektriese lig af, en stap na die gangdeur. Onderwyl sy met die kierie in die een hand en die kers in die ander oor die kamer heenstrompel - net soos Oupa vyf-en-vyftig jaar gelede - sak die skerm.]
Einde
|
|