Marxisme en die Afrikaanse letterkunde
(1988)–Ampie Coetzee– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 22]
| |
Hoofstuk 3
| |
[pagina 23]
| |
word nie; arm nedersetters en ongeskoolde of swak geskoolde werkers buite die boerdery.Ga naar voetnoot5) Die feit dat daar iets soos die Carnegie-kommissie bestaan het, is bewys van die kommer oor die armblanke, soos ook prof. H.F. Verwoerd se rede op die Volkskongres van 1934, met as tema ‘die hele nadruk lê...op voorbehoeding en opheffing’.Ga naar voetnoot6) En wat vir ons veral hier ter sake is, is Van Bruggen se ‘Bywoners’ in Op veld en rante; en wat hy later oor die ontstaan van die Ampie-trilogie gesê het, is van besondere belang: ‘In die buurt van ons plaas het kort na die vorige Wêreldoorlog die ellendigste huisgesin gewoon wat ek ooit geken het. Hulle het bymekaar gehok in die primitiefste skuiling en amper barbaars gelewe. Hul ellende is in die roman glad nie oordryf nie. Hulle het my gedagtes in die boek vergesel.’Ga naar voetnoot7) Bywoners was besitlose boere wat met die toestemming van 'n plaaseienaar (soos 'n feodale heerser) op sy plaas gewoon het, met die verstandhouding dat die bywoner sou help met die plaasarbeid. Bywoners was ‘almal wat wit is op 'n plaas en nie baas is nie’, of ‘... elke wit man wat op 'n ander se grond is en nie huurder is nie’.Ga naar voetnoot8) Omdat ‘Bywoners’ - en die Ampie-trilogie ook - minder teks-bewus is as byvoorbeeld Miles se ‘Voorgevoel’ sal my ‘teks’ daaroor aanvanklik meer konvensioneel moet wees. Dis episodies van aard, bestaande uit sewe hoofstukke met onderafdelings. Elk beskryf - want die teks is binne die ‘beskrywende’, ‘realisme’-opvatting van taal-as-weergawe geskryf - handelinge en gebeurtenisse wat nie 'n geïntegreerde eenheid vorm nie. Maar alles gebeur op die plaas van Andries Vry, die eienaar, en die bywoners is die hoofspelers. Die feit dat handelinge wat deur karakters gespeel is, beskryf word, sê al iets oor die teks: dat dit illustratief is, byna 'n ‘exempel’, met betekenisvolle name soos ‘Vry’ en ‘Sitman’. In die begin - die eerste hoofstuk heet ‘Hulle Baas’ - word Vry se idilliese milieu beskryf. Hy is die tevrede patriarg wat die vrugte van sy arbeid pluk, tevrede met sy plaas wat hy gerestoureer het ná die vernietiging van die Anglo-Boereoorlog: ‘Dis tog te duidelik, dat die huisgesin gelukkig saamleef...O rustig is daardie lewe en innig vroom blink die eenvoudigheid. Sy breë rug is vol en sag oor die leuning en oom Andries kan ver oor die lande kyk, waar hulle nou hawer sny en hy is dankbaar dat hulle vorder met die oes - sy bywoners.’Ga naar voetnoot9) | |
[pagina 24]
| |
Direk na hierdie mededeling arriveer 'n vervalle mynwerker, De Klerk, wat grond by Vry wil huur, omdat ‘die beste... wat ons Afrikaners kan doen... (is) boer’ (bl. 11). Hy weet niks van boerdery af nie maar is bereid om te probeer. Die tweede hoofstuk (‘Hulle, maar vernaamlik Gouws’) beskryf die bywoners. Hulle huise illustreer hulle eienskappe: onverskillig, tevrede, ambisieus. En die hoofspelers word voorgestel: Sitman en familie, verwaarloos, vuil, bitter arm; Gouws, nukkerig maar 'n goeie werker; en die beste bywoner, Willemse, die vriend en die regterhand van die baas. Die handeling in dié hoofstuk is die beskrywing van 'n bekende toneel in vroeë Afrikaanse plaasromans: die hawersny wat 'n mededinging tussen die beste arbeiders word. Gouws en Willemse kompeteer (Sitman het nie sy verskyning gemaak nie!), Willemse wen en Gouws is ontsteld. Dis egter nie slegs oor die neerlaag dat hy vies is nie, maar veral om sy onhoudbare posisie as bywoner. Hy sê aan Vry dat hy van plan is om in die myne te gaan werk. ‘Die plasie bo in die rante’ (Hoofstuk 3) is die plekkie waar De Klerk en sy vrou hulle droom koester. Dis mooi en idillies, maar gou word hulle gekonfronteer ‘met die grootste moeilikheid waarmee 'n boer te kampe het - hulp’ (bl. 25). Arbeid. Probleme met swart arbeid forseer De Klerk om Sitman as werker aan te neem, en 'n klein huisie word vir Sitman, sy vrou Bettie en kinders naby De Klerk se gehuurde huis gebou. Maar sy gesukkel met arbeid kry nie einde nie, en in die volgende hoofstuk (‘'n Winternag op die eensame plasie’) word ons weer ingelig oor die swarigheid met swart arbeiders, en hierin bots De Klerk met Sitman. Arbeid en die probleme op die plaas affekteer die verhouding tussen De Klerk en sy vrou, Hendriena. Sy raak neuroties en een aand moet Sitman en Bettie haar oppas toe De Klerk weg is. Sitman is bereid om De Klerk te help met albei (hoofstuk 5, ‘Die invloed en uitwerking van 'n karmenaadjie’); maar toe hy hoor van die varkslagtery by Willemse oorwin sy honger vir varkvleis sy motivering tot werk. By die slagtery word lekker gesels - selfs 'n bietjie semi-intellektueel - en elkeen kry 'n karmenaadjie. Sitman en familie is weer die onderwerp van die volgende hoofstuk (‘In die hartbeeshuisie’) wanneer hulle besoek word deur Vry en die dominee. De Klerk en Hendriena het besluit dat die kerk hulle moet verlos van Sitman, wat intussen eiers begin steel het, en uiteindelik weggejaag word. Die woorde van die dominee val egter op dowe ore. Hoofstuk sewe is getiteld ‘Die bywonders af’. Ná 'n mislukking as myner as gevolg van 'n botsing met die skofbaas, keer Gouws vir 'n rukkie terug; maar hy vertel van beter finansiële omstandighede wat daar sou wees indien die bywoners sou aansluit. (‘“Ek sê nou so, ons regering wou mos oorlog maak, laat hom dan ook maar goed betaal ook. Hy was mos so mal!”’, bl. 69). Een vir een, beïnvloed deur die ‘oorlog se verleiding,’ verlaat hulle Andries Vry. Net Sitman en Willemse bly oor. | |
[pagina 25]
| |
Die teks eindig met Vry se nostalgie oor die verlede, want ‘sy hart heg alte vas aan die gemeensame lewe, waarin hy as koning was...’ (bl. 72). Maar hy is nietemin gelukkig, ook in die wete dat Willemse se seun by sy dogter kuier. Dis basies wat die teks vertel en beskryf, direk en eenvoudig. Ek het doelbewus die verhaal ‘geparafraseer’, opgesom wat die teks met 'n konvensionele deurlees sê. Maar as mens probeer om na die teks as skrif, as teks-self en as ideologie-vorming, te kyk, is daar veel meer in hierdie ‘naïewe’ verhaal. Aan die begin is daar die parallelismes en kontraste. Eers word gegee die beeld van die idille wat Vry vir hom opgebou het; en direk daarna, dus gekontrasteer daarmee, verskyn De Klerk, versukkel, maar van plan om ook sy idille te bou - 'n parallel, maar ook nie heeltemal nie, want hy is net 'n huurder. Dan, ná De Klerk, die bywoners. Eers in 'n idilliese opset, maar dis Vry se idille wat húlle vir hóm bou; teenoor De Klerk wat vir homself wil bou. Vanuit die idille van die werkende bywoners kom die teenstellende: Gouws wat kwaad is en weggaan. Vry se droom word versteur. En De Klerk se gedroomde droom begin mooi; maar die teenpool kom met arbeidsprobleme en Sitman, wat varkvleis verkies bo arbeid (weer 'n soort teenstelling), en verja word. De Klerk, Gouws, Sitman opponeer die idille; hulle veroorsaak konflik deur die feit dat hulle telkens teenoor die droom staan. Die enigste wyse waardeur die konflik opgelos kan word, is deur die verwydering van die bron daarvan. Die teks laat hulle verdwyn - en aan die einde keer die idille terug. Maar ons weet dat dit nou 'n valse idille is. Dit kan bevestig word deur te kyk na die teks binne die raamwerk van produksieverhoudings, arbeidsverhoudings en klasseverskille. Die eerste paragraaf van ‘Bywoners’ is 'n gepaste ekonomiese en sosiohistoriese inleiding: ‘Andries Vry is die eienaar van een van die grootste plase in die distrik en het nie nodig om self in sy boerdery te werk nie. Hy is ook al taamlik bejaard daarvoor. Na die Anglo-Boer-oorlog was hy in staat om, in betreklik kort tyd, sy woning en werf van verwoesting se merke reg te dokter. Aan hulp het dit hom daarvoor nie ontbreek nie, want baie verarmde boere was maar te begerig om 'n sitplekkie te kry as bywoner in daardie dae, en Andries Vry is 'n eersteklas witman. Die landboustelsel was dus nog feodaal met 'n landheer en bywoners, of plakkers, wat uiteindelik a.g.v. droogtes, die mark en die depressie sou uitbeweeg van die plattelandse gebiede na die stede: ‘Following the defeat of the Boer Republics in 1902, northern agriculture underwent a process of transition to capitalist agriculture. This proletaria- | |
[pagina 26]
| |
nised many white farmers on the one hand, and lead to the emergence of a class of capitalist farmers on the other.’Ga naar voetnoot10) Hoofstuk een van die novelle is getitel ‘Hulle baas’, en hoofstuk twee ‘Hulle, maar vernaamlik Gouws’ (my kursivering); en die inligting van die eerste twee paragrawe dui op pre-kapitalistiese produksieverhoudings. Hierdie verhoudings, al is dit hoe elementêr in die geval van dié novelle, is die basis van die sosiale struktuur van die novelle: ‘Dit is elke keer die direkte verhouding van die besitter van die produksievoorwaardes tot die direkte produsente - 'n verhouding wat in dieselfde vorm natuurlik ontstaan in die definitiewe ontwikkelingsfase van die metodes van arbeid en sy sosiale produktiwiteit - waarin ons vind die binneste geheimenis, die verborge grond van die hele sosiale konstruksie...’Ga naar voetnoot11) Hierdie sosiale struktuur, bestaande uit 'n landheer en sy bywoners, waarborg 'n idilliese bestaanswyse vir Andries Vry. Dit is dus hierdie arbeidsverhoudings wat van hom 'n vry man gemaak het. Arbeid is so belangrik in hierdie novelle dat die plek van elke karakter binne die sosiale milieu bepaal is deur sy verhouding tot plaasarbeid. Willemse, die netste, mees ambisieuse en hardste werker is die ‘koningbywoner’; Gouws, hardwerkend maar buierig is benede Willemse wat gehalte betref. En die laagste is Sitman (sitman ‘... 'n man, wat sit waar hy sit... die elfde plaag’, bl. 31). Hy is 'n parodie op alle arbeid; en dit is net arbeid, volgens die moraliteit van die teks, wat hom kan red: ‘... die enigste hulp wat 'n mens vir hulle kan gee is gee hulle werk en daarvoor is Korneels te sleg...’ (bl. 60) Dan is daar nog De Klerk wat wil boer maar net sukses kan behaal as hy arbeid vind: aan die begin het Vry dit duidelik gestel: ‘“Nee wat! 'n mens moet werk dat die sweet so van hom aftap: dis die wet en ons moet luister!”’ (bl. 8) Omdat hierdie arbeidsverhoudings die feodale idille behou, en aan Vry sy sekuriteit gee, sal hy vanselfsprekend die status quo wil handhaaf. Hy protesteer dus teen nuwe ekonomiese en sosiale verwikkelings: ‘“Die myne is ons volk se grootste vyand, meneer De Klerk. Vandat hulle geopen is, het “Yes” en “No” in die land gekom, en vandat “Yes” en “No” in die | |
[pagina 27]
| |
land gekom het, het ons al die sonde. Duisende jong Afrikaners se lewe is vandag verrinneweer.”’ (bl. 10-11) Die erns van hierdie verset is beklemtoon deur die feit dat die bestaan van die volk ook bedreig word: ‘To the Afrikaans-speaking farmers in all areas, the petty bourgeoisie and “poor whites”, monopoly capital meant above all the British and the political domination of British “imperialism”’.Ga naar voetnoot12.) In wese is Vry die patriarg, die nasionalis, die bewaker van die idille teen die aangroeiende kapitalisme wat sy wêreld gaan bedreig, maar wat hy nog nie verstaan nie. Die verteller, die teks, gebruik nooit die woord nie, maar sy bewustheid daarvan kan nie betwyfel word nie. Aan die begin van die novelle vertel die teks van sekere mense wat soms Vry se plaas besoek: ‘Sy boerdery ly ook aan 'n rustige egaalheid. Selde is daar verbetering of uitbreiding waar te neem. Alles bly in die ou sleur, volgens die gewoonte, wat sy opvoeding hom geleer het. Die mense, wat niks met hom kan uitvoer nie is hulle, wat rondgaan om moderne landbougereedskap aan die boere te verkoop. Hy sal stil sit en luister na die goeiigheid van hulle goed, niks bestry nie, niks veroordeel nie, 'n aanmoedigende knikkie selfs gee, hulle goed onthaal met koffie en middagete maar niks koop of bestel nie.’ (bl. 8) Hy weier om te koop want dit sou die begin van die kapitalisering van sy plaas wees, en die einde van sy bywoners. In wese is sy verset teen die transformasie van 'n feodale tot 'n kapitalistiese produksiewyse: ‘So gou as die kapitalistiese produksie die landbou in besit neem, in die graad waarin hy dit doen, neem met die akkumulasie van operatiewe kapitaal die vraag na die landelike arbeiderbevolking absoluut af.’Ga naar voetnoot13) Die verlies van sy bywoners sal sy wêreld vernietig, sy idille, fisieke arbeid, die arbeidsetiek. Daarom die weersin in landboumodernisasie. Maar sy bywoners is nietemin besig om te vertrek. In die tweede hoofstuk, nadat De Klerk gekom het om 'n gedeelte van die plaas te huur - wat alreeds 'n ontwikkeling weg van bywoners na 'n meer kapitalistiese stelsel is - gaan een van hulle myne toe a.g.v. finansiële probleme. En vanaf die vierde hoofstuk lyk dit of die balans van die novelle versteur is wanneer die lui, nikswerd plakkerbywoner progressief meer aandag van die teks ontvang. Hierdie aandag kulmineer in hoofstuk ses waar die dominee en die feodale heerser probeer om Sitman en familie te rehabiliteer. | |
[pagina 28]
| |
In 'n sekere sin kan Sitman, wat hulp aangebied het toe De Klerk probleme gehad het met swart arbeiders, verantwoordelik gehou word vir die mislukking van sy boerdery-onderneming. Sitman word dus eintlik 'n bedreiding vir De Klerk. En mens sou dié redenasie nog verder kon voer: Sitman, die ‘meeldiaken’, die parasiet, is teoreties ook 'n bedreiding vir Andries Vry - en, meer nog, sy hele bestaanswyse vloek teen die norme van die Afrikaner ('n soortgelyke probleem bestaan in Ampie, maar dáár word 'n oplossing gestruktueer, sien hoofstuk vier van dié studie): ‘Die leraar diens. Hy het armoede gesien van naby en in velerlei vorm, maar die koue feit van ontaarding hier voor hom, maak sy vaardige tong is om te disintegreer, dat hierdie soort pre-kapitalistiese landboustelsel nie groet uit te spreek. Sy Afrikanerhart bons met sonder “georganiseerde” arbeid rs hierdie wat so lewe en dis vir hom so duidelik dat selfrespek lankal die krot verlaat het. Hier moet 'n kristen met 'n hand sal kan voortbestaan van yster knyp.’ (bl. 64) Dit word duidelik dat die gelukkige plaasgemeenskap besignie. Wat is die cplossing? Die denouement van die teks is kort en klaarblyklik bevredigend: die bywoners (buiten die nuttelose Sitman, nou hulpeloos benede rehabilitasie) verlaat die plaas en sluit aan; Vry bestel 'n snymasjien; Willemse se seun kuier by Vry se dogter. Die voortbestaan van die familie blyk gewaarborg te wees. Maar die eienaardige kontradiksie van die teks is dat dié novelle oor bywoners eindig met die skielike verdwyning van al die bywoners deur 'n oppervlakkige deus ex machina oplossing (die oorlog wat vir 'n heenkome sorg!) Hierdie skielike oplossing vra eksplikasie - want miskien het ons hier 'n voorbeeld van onbewuste ideologiese kondisionering. Sekere definitiewe arbeidshierargieë kan afgelei word, al spel dié direkte en eintlik onsubtiele teks dit nêrens duidelik uit nie. Willemse is die beste, Gouws het potensiaal, De Klerk is êrens in die middel, Sitman is die slegste, en die swart arbeiders nóg slegter. 'n Noukeurige ondersoek na hierdie arbeidsverhoudings sal ook 'n elementêre en opkomende bewustheid van klas aandui. Nadat die eerste hoofstuk op gemoedelike wyse Vry se tevredenheid en betreklike welvaart as die eienaar van die wyses van produksie geteken het, begin hoofstuk twee met die volgende beskrywing van die bywoners: ‘Versprei oor die plaas lê hulle klein boerderye. Rousteenmure, 'n hupdak van gras en 'n plat agter is hulle wonings en 'n woelige kroos van kinders kort op mekaar, hulle grootste seën in die meeste gevalle.’ (bl. 13) Hulle word duidelik met Vry gekontrasteer as 'n aparte klas. Maar binne hierdie gemeenskappe is daar ook verskille. In dieselfde hoofstuk beskryf die teks met soortgelyke stilistiese herhalings: | |
[pagina 29]
| |
‘Daar is 'n uitgeteerde murasie op Andries Vry se plaas, onder 'n sinkdak, met lutterige vensterluike so klein soos hoenderhokdeurtjies, waarin die armoede broei van Sitman en sy gesin.’ (bl. 13) En: ‘Daar is sy woning van rooi baksteen met parmantige gewèls; gerieflik en netjies binne deur betreklike welvaart. Op sy werf wys kraal en waenhuis, dat Willemse 'n koning-bywoner is. Hy kan maklik vir homself uitsluitend gaan boer. Maar hy het op die ou plaas geword, wat hy nou is en regterhand van Andries Vry is hy ook sy vrind en hy weet dat oom Andries dit sonder hom bitter swaar sal kry. Dog ook onsigbare drade weef 'n magtige netwerk om sy opstal met oom Andries Vry se woning in te vang. Sy oudste seun Albert is 'n knap jongkêrel, soos 'n voorslag in die werk en Andries Vry is baie gek na hom’. (bl. 15) (Kursivering van my.) Mens sou kon redeneer dat dié oënskynlike klasseverskil tussen die twee bywoners aangebring is deur arbeidspotensiaal en kan daarop gemik wees om die waarde van eerlike, harde arbeid - die arbeidsetiek - te illustreer. Maar wanneer De Klerk van die myne kom om boerderygrond te huurt behoort hy ten minste in die begin die gelyke van Willemse te wees. Die plaasarbeiders waaruit hy hulp kan kies is egter Sitman en die swart werkers. Die teks laat nie toe dat hy van dieselfde klas as Willemse word nie, en die teks forseer hom om te assosieer met Sitman - al is hy van 'n ander ‘klas’. Die volgende insident sal illustreer. De Klerk moet een aand sy vrou alleen laat, en Sitman en Bettie word gevra om na haar te kyk. Na 'n woordewisseling met haar man is sy gespanne en op die rand van histerie. Die nag is koud, Hendriena is gepreokkupeerd en hoor nie Sitman se geklets nie. Maar dan trek die geraas van 'n drinkparty by die swart arbeiders haar aandag. Sitman se verduideliking van wat aan die gang is, openbaar 'n rassisme wat verband hou met klas: ‘Ek sal vir jou vertel, nig Driena!’... ‘Sê nou ek is 'n Kaffer - ek meen vir 'n voorbeeld - of nee, sê nou jy is 'n Kaffer - dit kom beter, nou gaan jy heen en maak soveel kafferbier as waar jy voor kans sien om te maak en dan nooi jy al die ander Kaffers vir 'n tea meeting...’ (bl. 38) Hendriena kry een of ander aanval en Sitman se vrou stuur hom om hulp te gaan kry, maar eers nadat sy hom oortuig het dat die De Klerks ‘is mos ander mense as ons... hulle natuur is mos heeltemal anderster’ (bl 41). Terwyl haar man weg is, probeer Bettie om Hendriena te dokter, en in haar soektog na medisyne herhaal sy gedurig ‘hulle is mos heeltemal anderster as ons, hulle natuur is anderster, hulle lewe is anderster’ (bl. 44). Die implikasie is duidelik: hulle is anders omdat hulle van 'n ander, beter, klas is. Willemse se vrou word geroep en sy troos Hendriena met meerdere wysheid: ‘En waar was dan jou geloof? Is jou lewe dan nie in die Here se hand nie?’ (bl 46) | |
[pagina 30]
| |
Die teks het hier duidelike klas-onderskeidings gemaak: die ‘kaffers’ is die laagste, dan Sitman, dan De Klerk - en dán Willemse se vrou: die hoogste klas onder bywoners. 'n Verdere sentrale gebeurtenis kan ook illustreer. 'n Vark word geslag op Willemse se erf; en voor die slagtery gesels Willemse en 'n buurman ‘kultureel’ oor boeke wat hulle gelees het, veral oor die Bybel. Hulle elementêre spitsvondigheid word kortgeknip deur die noodsaaklikheid van die slagtery. Sitman arriveer op die regte oomblik, hy weet dat hy volgens tradisie 'n karmenaadjie sal kry. Sy aankoms kort na die ‘ernstige’ gesprek en die slagtery word aangekondig deur 'n faux pas: ‘“Môre boere,” sê Sitman met ongewone vrypostigheid. “Mapstieks ek kom so in die leeu se bek!” sê hy verkeerd, hoewel hy dit reg meen.’ (bl. 53) 'n Gek in almal se oë, beveel Willemse hom bars om te help; en wanneer hy wil saampraat, word hy belaglik gemaak. En wanneer die karmenaadjies uiteindelik uitgedeel word deur Willemse se vrou kry hulle seun 'n uitsoekporsie om na die Vry-gesin te neem. Daar kuier hy die aand by Vry se dogter. Albei voorvalle dui op 'n klasbewustheid. Vry, die baas, die heerser, dan Willemse en gesin wat streef na daardie klas ‘bourgeoisie’; met die De Klerk's, dan die Sitmans - en die swart werkers op die vlak van die ‘proletariaat’. Omdat die teks illustratief is, sal daar 'n element van die moraliserende daarin wees, wat gewoonlik aan die ‘verteller’ toegeskryf word: ‘'n Ander gevaar wat eintlik voorkom uit die maatskaplik-verworde wêreld van die novelle, is dat die verteller dikwels te eksplisiet wil wees en oorbodige kommentaar of moralisasies lewer.’Ga naar voetnoot14) Die teks lewer wel kommentaar op sy wêreld; hy het daardie wêreld geskep juis om daaroor iets te sê. Vroeg in die novelle praat hy oor Vry se weiering om moderne landboumasjienerie te kry; hy sê op Vry se plaas is daar ‘selde... verbetering of 'n uitbreiding waar te neem’ (bl. 8). Dikwels sê die teks waaruit karakterdialoog bestaan het, sonder om self die dialoog te gee. Hy interpreteer dus wat gesê sou wees - byvoorbeeld, toe Gouws die plaas verlaat, sê hy dat Gouws se woorde ‘vol bitterheid oor sy onhoudbare posisie as 'n bywoner’ is (bl. 22). Ons is dus gewaarsku: die teks wil sekere interpretasies hê: die teks is ideologies. En daarom oop tot die moontlikheid van 'n dialektiek tussen teks en leser; soos die volgende oor ekonomie en arbeid: ‘Maar al die boere kan geen bywoners aanhou nie. Daarvoor is baie grond nodig. Huurders en klein grondbesitters moet hulle arbeid met | |
[pagina 31]
| |
klinkende munt betaal. Indien nou alles gunstig saamwerk en in ruil vir die klinkende munt, 'n vaste gereelde arbeid staan, soos in 'n fabriek, waar geen versuim geduld kan word nie, dan kan die uitkoms profyte toon. Behalwe die vernielkrag van die elemente, wat gedurig sy verwagtings beheers, is die wetteloosheid van die natuurlikste werkkrag, wat Suid-Afrika kan lewer, die spook, wat 'n vooruitstrewende boer buite kan rondja. 'n Blanke wat nie pal werk nie, ontaard, maar 'n Kaffer floreer sonder werk. Loop die Kafferstede maar deur!’ (bl. 31) En omdat die swartman 'n noodsaaklikheid is binne die produksieverhoudinge huiwer die teks nie om ideologiese houdings - of mites - te verkondig nie: ‘Die Kaffer voel hom buite te onafhanklik, want hy kan altyd en orals sy maag volmaak sonder veel moeite, as hy die begeerte daarvoor het. Sy eerbied vir die boer het verdwyn, omdat die tug belet is, wat 'n boer vroeër kon uitoefen. En lyfstraf is in die stadium waarin die Kaffers nou nog leef, vir hom noodsaaklik en heilsaam ook vir sy werklike posisie teenoor die blanke. Die toekoms het sy eie ewolusieproses en dis 'n groot fout om deur sieklik-sentimentele mensliewendheid daardie proses te verhaas, nie te dwarsboom enkel tot nadeel van die blanke en nie tot heil van die kleurling nie. Laat hom verstaan dat werk die eerste wet is wat God oor die sondaar gestel het, en leeglê die woekertyd van Satan is. Bou op hierdie fondament verstandig vorentoe in weerwil van dwase vroomheid se slawerny-geroep, wat die regte aard van die Kaffer nooit sal begryp nie.’ (bl. 33) (Kursivering oorspronklik). Net soos die teks hier op sy eie teks kommentaar lewer - en daardeur skrif en ideologie skep; net so werk die teks deur die skep van episodes en deur die ruimte afgestaan aan karakters. Een voorval kan as voorbeeld genoem word. Die aand voor die oes ontvang bywoner Gouws 'n rekening wat hy nie kan betaal nie. Hy besluit om myn toe te gaan: maar hy gaan nietemin help met die oes. Vir twee lang paragrawe word feitlik 'n liriese beskrywing gegee van arbeid op die land (en net soos in die geval van die voorbeeld uit Somer, is dit vir die teks 'n genot - want dis wat behoue moet bly). 'n Reisies begin tussen die bestes: Gouws en Willemse. Vry verlaat selfs sy feodale veranda, opgekikker deur dié manifestasie van menslike arbeid. Gedagtes oor sy finansiële probleme jaag Gouws sodat hy so vinnig soos Willemse sny. Wanneer Willemse - met rus in sy gemoed, die uitverkorene van die baas - hom egterterg, hou hy op met sny en deel hy Vry mee dat hy nie meer op die plaas gaan werk nie: ‘“Wat help dit vir my om hier te bly werk. Ek vrek tog van ellend! En as ek stil sit is dit net dieselfde! Ek sal dan maar liewers padgee, dan doen ek tog iets”.’ (bl. 23) | |
[pagina 32]
| |
Hierdie epidose het gewys dat alhoewel daar bywoners is wat die vermoë het om goed te werk, hulle tog nie kan bestaan nie. In die situasie waarin die ekonomie hom bevind, kan selfs die mees ywerige arbeider nie vrygemaak word nie. Gouws verdwyn nou van die toneel, om vlugtig aan die einde te verskyn - vir 'n ander didaktiese rede. En De Klerk se poging tot boer is geskep om te bewys dat daar geen boerdery sonder arbeid kan wees nie. Ek het alreeds m.b.t. Sitman daarop gewys dat die verhaalruimte aan karakters toegeken nogal taamlik kan wissel. Sitman die parasiet en De Klerk die mislukking kry die meeste verteltyd as mens dit vergelyk met Vry en Willemse. Ons word ingelig oor die swart arbeiders - hulle noodsaaklikheid, maar veral hulle vele tekortkominge; ons is dus bewus van hulle êrens in die agtergrond. Maar slegs een keer kom ons naby aan hulle: die nag van Hendriena se aanval. Nie naby genoeg om te sien nie, net om te hoor: ‘En buite is dit stil...Nee, flou dring oor die rante 'n verwarde kaffergeraas, wat toeneem na mate die aand vorder.’ (bl. 38) Sitman verduidelik van hulle drinkery en gefuif, en Hendriena is bang. Daarna hoor ons nooit weer van hulle nie, al bly hulle vanselfsprekend aan op die plaas. Die feit dat die enigste werklike ‘ontmoeting’ met hulle geassosieer word met vrees, en die feit dat Sitman van alle mense ons oor hulle ‘kultuur’ moet inlig, kan betekenisvol wees. Kies die teks Sitman daarvoor omdat hy, die laagste klas van die witman, die naaste aan die swartman staan? Ek glo nie mens kan enige ander afleiding maak nie. As mens die moraliserings, didaktiek, vooroordele en manipulasies van die teks in ag neem dan het ons hier meer as net die verhaal van eenvoudige en arm bywoners. Die teks sê dan dat die feodale stelsel met sy bywoners nie langer kan voortbestaan nie, dat Andries Vry nie kan voortgaan met pre-kapitalistiese boerdery-metodes terwyl die landbou besig is om gekapitaliseerd te raak nie - dat sy wyse van boer, en sy leefwyse, uiteindelik materialisties gedetermineer gaan word. Die teks wil dat die novelle gelukkig eindig. Vry behou die beheer oor die wyse van produksie, hy en Willemse staan op die drumpel van kapitalistiese landbou. En die sukkelende bywoners is weg (die oorblywende Sitman ook meer geen bedreiging nie). Die swart arbeiders is nog daar in die agtergrond, maar die arrogante houding wat die teks teenoor hulle inneem dui daarop dat hulle nie méér as slawe is nie; en slawe sal hulle moet bly, want slawe sal die mate van produktiwiteit van die gemeenskap bepaal.Ga naar voetnoot15) Die illustrasie van De Klerk se mislukking is histories gedetermineer, ‘...since access to African labour had been determined in the first place by slavery and tribute expeditions of the decades between 1840 and 1875 | |
[pagina 33]
| |
and the wars of the eighties, the poorer peasants, whether tenants or landowners were left with a very small labour force.’Ga naar voetnoot16) En ook die rassisme van die teks was die gevolg van die feite van die tyd: ‘...the black peasant “with his more thrifty habits and small wants is gradually ousting the poor white”.’Ga naar voetnoot17) Deur die houding van die teks teenoor bywoners wat die plaas vir die myne verlaat, is dit duidelik dat dit nie 'n oplossing is nie. Andries Vry se patriargale en nasionalistiese woorde aan De Klerk toe hy teruggekeer het tot die grond, en sy kritiek op Gouws wanneer hy weggaan is die bewys daarvan. Maar die kursoriese behandeling van die bywoners wanneer hulle vertrek (die teks sê ‘Die bywoners af’, m.a.w. van die toneel af, weg uit ons gesigsveld) is nog 'n duideliker aanduiding van onsekerheid en selfs teenkanting. Hulle verlaat nie net die toneel nie; maar die teks verlaat hulle met 'n siniese en klaarblyklik anti-kapitalistiese kommentaar oor die redes vir hulle vertrek (maar ons wéét nou ook dat die teks die aanskemering van 'n kapitalistiese wyse van produksie kan sien): ‘toe het die blink van die oorlog se verleiding in die karige bywonerhuisies kom skyn en het die een na die ander vir Andries Vry verlaat’. (bl. 69) Die teks verset hom egter nog teen proletarisering van die wit Afrikaner: hulle gaan eerder oorlog toe as na die myne en industrieë, en Gouws keer ontevrede van die myne af terug (‘ek is 'n Afrikaner en ek laat my nie beledig deur 'n Engelsman nie’, bl. 67; en: ‘...dis mos Boer se kind hierdie en hy sal hom mos nie van 'n Engelsman laat beledig nie. Ek het hom toe reguit gesê, hy kan met sy 'jop'en al na die swernoot gaan! En ek is toe vort!’, bl. 68). Hy sluit ook aan, en De Klerk keer nie ná sy mislukking terug stad toe nie, maar gaan bly op sy pensioen in die dorp. Alhoewel die teks klaarblyklik onseker is oor die toekoms van die ‘onterfde’ bywoner is dit tog uiteindelik duidelik dat hulle teen proletarisering beskerm moet word: ‘The intellectuals' response to the “poor white” problem was one of acute horror at the poverty and degradation, coupled with a recognition that it was caused by the effects of capitalist development on agriculture, and a desperate search for measures which would arrest both the proletarianisation and the threat it posed to the position of both the intellectuals and petty commodity producers.’Ga naar voetnoot18) | |
[pagina 34]
| |
Deur te kyk na hierdie novelle van Van Bruggen met 'n bewustheid van materialistiese determinisme in die geskiedenis van die Afrikaner; en deur die ‘stiltes’ van die teks - sy latente struktuur - in ag te neem raak mens bewus van sake soos produksieverhoudings, die begin van kapitalistiese landbou, klasseverskil. Jy sien eintlik die begin van 'n ideologie, want jy is besig met ‘the analysis of the South African social formation squarely within the context of the process of capitalist accumulation and the class struggles through which such accumulation takes place’ (a.w. bl. 2). Jy sien die begin van 'n proses wat vandag gekulmineer het in die Afrikaner se oplossing vir Suid-Afrika - soos dit onlangs deur 'n vooraanstaande Afrikaner uitgespel is in 'n lesing met die titel ‘Law, justice and order’: ‘The activities of the free enterprise system do create wealth, and should thus be allowed maximum freedom in any society - such as our own - that desperately requires an increase in wealth, as well as equal opportunities for access to that wealth.’Ga naar voetnoot19) En, in aansluiting, die oortuiging dat: ‘'n Vrye ekonomiese stelsel en ongehinderde toegang daartoe (is) die beste metode om groei te bevorder, werkgeleenthede te skep en 'n gevoel van vervulling en individuele sekuriteit vir die grootste deel van ons bevolking te verseker.’Ga naar voetnoot20) |
|