Letterkunde & krisis
(1990)–Ampie Coetzee– Auteursrechtelijk beschermd'n Honderd jaar Afrikaanse letterkunde en Afrikaner-nasionalisme
[pagina 7]
| |||||||||||
Letterkunde & krisis
| |||||||||||
[pagina 8]
| |||||||||||
culture which was not at one and the same time a document of barbarism’ (Benjamin, 1982: 258); maar veral ‘...it is increasingly clear in today's world... that a Left which cannot grasp the immense Utopian appeal of nationalism (any more than it can grasp that of religion or of fascism) can scarcely hope to “reappropriate” such collective energies and must effectively doom itself to political impotence’ (Jameson, 1981: 298). Toe Afrikaner-nasionalisme ‘uitgevind’ is, en toe 'n letterkunde bewustelik geskep is aan die begin van die eeu, is die belangrikheid van 'n nasionale bewussyn erken by die produksie van letterkunde (Hofmeyr, 1987: 95-123). Maar die wegbeweeg van hierdie letterkunde van eng nasionalisme in die dertigerjare, en die gedeeltelike verdwyning van Afrikaner-nasionalisme tydens die sewentigerjare ter wille van kapitalisme, sowel as die besliste anti-hegemoniese posisie van die meeste Afrikaanse prosa gedurende die groei van militarisasie in die laat sewentiger- en tagtigerjare, is nog nie uitgelê nie. Daarby was die perspektiewe op die Afrikaanse letterkunde nog altyd vanuit 'n wit oogpunt, wit en van die heersersklas. Historiese gebeure, rasse- en klassekonfrontasies, die totaliteit van die Suid-Afrikaanse geskiedenis is nog altyd slegs genoem in inleidende paragrawe tot literatuurgeskiedenisse - asof die Afrikaanse letterkunde bo dit alles bestaan het. Daar was nooit pogings om hierdie letterkunde te integreer binne die hoofnarratief van die Suid-Afrikaanse geskiedenis nie. Tot dusver is dit slegs gehoor as een deel van 'n verbeelde dialoog: ‘A hegemonic discourse, in fact, has just this character: historically speaking we “hear” only one voice because a hegemonic ideology suppresses or marginalizes all antagonistic class voices, and yet the hegemonic discourse remains locked into a dialogue with the discourse it has suppressed’ (Dowling, 1984: 131). Hierdie monografie sal probeer om die geskiedenis vanuit 'n materialistiese perspektief te sien, om 'n dialektiek te soek tussen die Afrikaanse letterkunde en die infrastruktuur van klasse- en rassekonflik en - waar daar geen klaarblyklike dialektiek is nie - om dan die stiltes te probeer verduidelik. Dit is gevaarlike terrein: die debat oor die relatiewe belangrikheid van klas is nimmereindigend binne die ortodokse Marxistiese paradigma. Die Suid-Afrikaanse geskiedenis gesien vanuit 'n klasseperspektief word aangepak in die werk van Frederick Johnstone; maar Deborah Posel se kritiek daarop - en op die klasseperspektief - | |||||||||||
[pagina 9]
| |||||||||||
maak gebruik van die geskiedenis van die Afrikaner. Onlangs is die algemene debat oor klas weer opgehaal in 'n werk van Ellen Meiksens Wood.Ga naar eind2. Gesien die omvang van die taak kan hierdie monografie slegs inleidend wees. Die lees van Afrikaanse literêre tekste in isolasie is eensydig. Die kort geskiedenis van hierdie letterkunde (as gekanoniseerde Letterkunde), die situasies van krisis waarbinne dit geproduseer is, die apart-heid daarvan van ander letterkundes en kulture in Suid-Afrika en die gevolglike ‘inteel’ daarvan - dit alles dui daarop dat dié letterkunde 'n totale lees vereis; as één teks in die geskiedenis van die Afrikaner en Suid-Afrika. Wat betref die konsep ‘literêre teks’ sal daardie tekste as literêr beskou word wat in 'n meerdere of mindere mate gekanoniseer is deur Afrikaanse literêre kriteria: 'n Omvattende herskryf van die Afrikaanse literêre geskiedenis sou vanselfsprekend moet verduidelik hoe tekskeuses gemaak is na aanleiding van die estetika van die gangbare ideologieë. Basies sal die benadering tot die interpretasie van die teks ooreenkom met dié van Fredric Jameson, ‘that all literature must be read as a symbolic meditation on the destiny of community’ (1981: 70) en dat hierdie simboliese handelinge resolusies van kontradiksies in die gemeenskap wil wees. Die individuele teks moet gesien word as 'n individuele uiting (‘parole’) binne die breër sisteem (‘langue’) van klassediskoers: ‘The individual text retains its formal structure as a symbolic act: yet the value and character of such symbolic action are now significantly modified and enlarged. On this rewriting, the individual utterance or text is grasped as a symbolic move in an essentially polemic and strategic ideological confrontation between the classes...’ (1981: 85). Die ‘appropriasie’ van die ontwikkelende Afrikaanse taal rondom 1875 as aansporing tot nasionale bewussyn, en die skep van 'n letterkunde om daardie bewussyn te onderskraag, plaas dié letterkunde binne die politieke arena vanaf die begin; en binne daardie arena hoort dit gesien te word - maar dan nie net soos die Afrikaner dit gesien het nie, of met wit heersendeklaswaardes nie.Ga naar eind3. Mens sal moet kyk na die klassestryd tussen kapitaal en arbeid, en rasse-oorheersing sal gesien moet word binne die klassekonteks daarvan, as diskoers van oorheersing: ‘The whole basis of our particular system in South Africa rests on inequality... It is the bedrock of our constitution...’ (Marks en Trapido, 1987: 32). Maar omdat mens hier op 'n ‘suprastrukturele’ vlak werk, sal | |||||||||||
[pagina 10]
| |||||||||||
daar gewaak word teen 'n reduksionistiese historiese materialisme - soos Johnstone dit duidelik gestel het: ‘But the more we move from political economy into such areas as political sociology and social psychology - to issues of culture and subjectivity, of ideology and psychology, of meaning and identity, the more the Marxist approach is faced with the paradigmatic weaknesses of an essentially materialist approach confronted by the role of non-economic factors in history and society’ (Johnstone, 1982: 23).Ga naar eind4. Daarby kan die rol van Afrikaner-nasionalisme nie slegs gelees word in verhouding tot klas nie, omdat dit nie aanvanklik ‘ontwerp’ is ter wille van oorheersing nie, maar eerder vir die eenheid van 'n bedreigde groep, en as 'n vestiging van identiteit. 'n Periodisering van die Afrikaanse letterkunde sal die historiesmaterialistiese sowel as die Afrikaner se nasionalisme in ag moet neem. Die volgende indeling sou voorgestel kon word:
Die datums 1922, 1948, 1961 en 1976 is ingegee na aanleiding van Antonio Gramsci se konsep van krisis binne politieke verband: A crisis occurs, sometimes lasting for decades. This exceptional duration means that incurable structural contradictions have revealed themselves... and that, despite this, the political forces which are struggling to conserve and defend the existing structure itself are making every effort to cure them, within certain limits, and to overcome them. These incessant and persistent efforts... form the terrain of the ‘conjunctural’, and it is upon this terrain that the forces of opposition organise. (Gramsci, 1978: 178) Die terreine van konjunktuur is op hierdie datums duidelik binne die dialektiek van mag gedefinieer: 1922 - die Randse rebellie; 1948 - die begin van die Afrikaner-nasionalisme se droomstaat; 1961 - die koms van die Republiek, die eerste aanvalle van die ANC en die PAC; 1976 - die Soweto-rebellie. |
|