Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte
(1972)–Abel J. Coetzee– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 20]
| |||||
Hoofstuk 2
| |||||
[pagina 21]
| |||||
definitiewe maat (‘dimensione quandam’)Ga naar voetnoot3., wat 'n sekere ordening veroorsaak, en sekere reëls bevat (‘metrorum ratio’). Vir die klassieke poësie was die metrum dus aktueel: ‘Greek and Latin poets had perfectly fixed rules, with fixed “licences” or variations. These rules were, by respectable poets, never broken; or if they were, it was simply a mistake and had to be corrected, like a mistake in addition or a false note in music’Ga naar voetnoot4.. In die moderne (Germaanse) vers is daar nie hierdie stel reëls vir die metrum nie, dit hang daar slegs af van 'n ‘gelijke aantal dalingen tussen heffingen’. Vir 'n reëlmatige metrum moet daar dan 'n reëlmatige afwisseling van heffings en dalings wees: ‘...the regularity of meter requires only that there be some regular alternation of stress and slack’Ga naar voetnoot5., en: ‘In English verse, which is based on accent rather than quantity, the term metre refers to the pattern of stressed and unstressed syllables’Ga naar voetnoot6.. So gesien is metrum dan ‘the recurrence of a rhythmic pattern within the line, and in corresponding lines, of a poem’Ga naar voetnoot7., of, fonologies gestel: ‘Meter is artistically arranged stress-intonation-pattern, just as poetic diction is artistically chosen vocabulary.’Ga naar voetnoot8. Uit die opvattings Jean daar twee afleidings gemaak word: dat die metrum van 'n gedig deel is van die ritme daarvan - ‘meter is a species of rhythm’Ga naar voetnoot9.; en dat die metrum 'n patroon is. Letterkundiges is dit dan ook eens dat die metrum 'n patroon van die ritme is, die skema wat ‘opgestel’ word uit die ritme: ‘Metrum ist das Schema, das die Lage der Hebungen und Senkungen angibt; es ist ein zahlbares, starres Mass’Ga naar voetnoot10., en ‘Meter... is the systematization of rhythm in so far as this systematization is determined by the relationships between accented, or stressed, and unaccented, or unstressed, syllables’Ga naar voetnoot11.. Dit is dus die meetbare ritmiese patroon in 'n vers, en dit word gedoen deur ‘... reducing disparate linguistic phenomena to simple distinctions, learning to measure and to equate things which are very different indeed in their | |||||
[pagina 22]
| |||||
absolute physical nature’Ga naar voetnoot12.. En hierdie ‘simple distinctions’ word dan tot 'n abstrakte patroon gemaak; daardeur word die metrum ‘the abstract pattern that obtains when rhythm is formally organized’Ga naar voetnoot13.. Dit bring 'n mens dan by die belangrike opvatting dat metrum 'n abstraksie is, dat dit dus nie heeltemal in die moderne vers is wat dit in die klassieke vers was nie. Trouens, die vraag is of dit hoegenaamd vandag nog bestaan. Albert Verwey se uitgangspunt was dat ‘“der Dichter kennt nur Rhythmus. Die Metrik existiert nicht für ihn”’Ga naar voetnoot14.. Herhaaldelik beklemtoon hy hierdie stelling - ‘wanneer ik als dichter sprak’ (a.w. p. 10): ‘Metrum is niets, ritme is alles’ (a.w. p. 9), en: ‘Metrum is iets dat niet bestaat, het eenige wat bestaat is ritme’. Dit is die digter se uitgangspunt. Hy erken egter gaandeweg dat metrum tog wel in 'n mate bestaan: ‘Als ik zei dat het metrum niets, het ritme alles is, dan drukte ik daarmee mijn daadwerkelijke ervaring uit. Maar men moet mijn zeggen: metrum bestaat niet, niet letterlijk opvatten. Metrum als besef van abstracte regelmaat, bestaat wel degelijk, en het is zeer de vraag of de werkelijke regelmaat van het ritme er ooit buiten kan’. (a.w. p. 30). En: ‘Metrum bestaat niet, er is enkel ritme. Voor de dichter die dicht is dat zeker zoo. Als men spreekt denkt men ook niet aan de stellingen van de logica. Maar wie zal ontkennen dat de logica een grootsche kreatie is, die geen denker verzuimen zal in zich op te nemen. Zóó bestaat ook het metrum voor de diqhter’ (a.w. p. 61). Ten spyte daarvan dat Verwey dan die bestaan van metrum vir die digter aanvanklik ontken, wil hy dit tog uiteindelik 'n groter rol gee: ‘De metra zijn eigenlijk ontzettende dooden. Niemand ziet ze, we zien niets dan ritmen. Maar zij zijn de wiskunde achter de ritmen, de onverbiddelijke, onlichamelijke wetmatigheid’. (a.w. p. 81). Dit is dan groter as die ritme, dit staan agter die ritme, is die wetmatigheid, is dus nie slegs 'n ‘species of rhythm’ nie. 'n Mens moet aanvaar dat Verwey nog as digter hier aan die woord is; dat daar vir die digter sekere abstrakte metriese vorme bestaan wat wel belangrik is, soos bv. die jambiese vyfvoet: ‘But the metre of... poems written in the iambic pentameter tradition is very important; the rhythm is conditioned by the presence | |||||
[pagina 23]
| |||||
of that meter...’Ga naar voetnoot15.. Maar dit bly nog 'n abstraksie, is nie dwingend nie, en dit kan nie as foutief beskou word as die digter 'n tradisionele digvorm nie presies só skryf nie: ‘Het metrum van een vers is geen tastbare - of hoorbare - realiteit in absolute zin, maar inderdaad, slechts een schema, - een abstract ideaal, dat men het vers voorhoudt, een fictieve wet, waaraan het vers héét te gehoorzamen, maar waaraan het in werkelijkheid maar zelden gehoorzaamt...’Ga naar voetnoot16.. Daar is nie ‘wette’ vir die metrum nie; die goeie digter skep eerder in 'n gedig 'n sekere ritmiese patroon, 'n sekere verwagtingspatroon, deur innerlike noodwendigheidGa naar voetnoot17.. Van hierdie patroon is hy bewus, en hy dig ook daarvolgens; maar dan is dit 'n patroon wat hy self as norm gestel het, en waarvan hy met spesifieke funksie sal afwyk. In dié sin moet Roman Jakobson se opvatting dat metrum nie 'n abstrakte patroon is nie, maar 'n inherente versskema, gesien word: ‘Far from being an abstract, thereotical scheme, meter - or in more explicit terms, verse design - underlies the structure any single line - or, in logical terminology, any single verse instance. Design and instance are correlative concepts. The verse design determines the invariant features of the verse instances and sets up the limits of variations. A Serbian peasant reciter of epic poetry memorizes, performs, and to a high extent, improvises thousands, sometimes tens of thousands of lines, and their meter is alive in his mind. Unable to abstract its rules, he nonetheless notices and repudiates even the slightest infringement of these rules. Any line of Serbian epics contains precisely ten syllables and is followed by a syntactic pause. There is furthermore a compulsory word boundary before the fourth and tenth syllable...’Ga naar voetnoot18.. Die voorbeeld wat Jakobson aanhaal, het skynbaar vaste reels vir komposisie; maar dit kan nie van die Afrikaanse vers gese word ‘Whose Titan angels, Gabriel, Abdiel...
Rings to the roar of an angel onset.’
| |||||
[pagina 24]
| |||||
nie, waar geen vaste metriese reëls bestaan nie - hoogstens sekere algemene beginsels t.o.v. pouse en enjambement. Verwey sê dat niemand die metrum kan sien nie - ‘we zien niets dan ritme’. Maar hoe word die ritme deur die waarnemer gesien? (Verwey praat slegs van die digter). Daar moet vir hóm tog 'n sekere meetmiddel wees waarmee hy die ritme kan meet. Hierdie meetmiddel is die metrum. As meetmiddel ís dit onverbiddelik en onbuigsaam, maar juis daarom kan dit die ritme aantoon, en, belangriker nog, die afwykings van daardie ritmiese patroon. Daardeur is dit egter nie belangriker as die ritme nie - dit is slegs die rtavorser se abstraksie: ‘It is wiser to think of meter as a concept, rather than a percept, even though it is based on the percept of rhythm; it is the mind, not the senses, which performs the task of reducing disparate linguistic phenomena to simple distinctions, learning to measure and to equate things which are very different indeed in their absolute physical nature’Ga naar voetnoot19.. Metrum moet dan gesien word as 'n literêre konvensie waardeur die ritme van 'n gedig georganiseer en gemeet word, 'n hulpmiddel, 'n ideele skema wat uit die ritmiese gevalle gehaal kan word - 'n abstraksie wat selde heeltemal verwerklik kan wordGa naar voetnoot20.. Die begrip abstraksie vra om verduideliking. Dit is aangetoon dat die metrum nie sonder ritme kan ontstaan nie. As die metrum dan 'n ab- | |||||
[pagina 25]
| |||||
straksie is, moet dit vanuit hierdie ritme veralgemeen word - dit is dus 'n vereenvoudiging van die ritme vir die voller verstaan van 'n gedig. Die volgende gedig, Die gewigopteller van Ernst van Heerden, kan as voorbeeld geneem wordGa naar voetnoot21.: ‘Die taai klou van die grond
vermenigvuldig elke pond
die ruie vlegsel van die spier
is - triomfantelik! - 'n dier
wat met een kap blitssnel
die swaartepunt verstel’.
Die ondubbelsinnige realisering van die ritme in hierdie gedig kom voor in die sesde reël, waar die heffing en daling opeenvolging deur die klem op die meersillabige woorde bepaal kan word: die swaartepunt verstel
Dié ritmiese patroon word bevestig deur die klemverhouding in die volgende meersillabige woorde: ‘vermenigvuldig elke’, en ‘die ruie vlegsel’
| |||||
[pagina 26]
| |||||
In die lig van dié gevolgtrekkings kan die volgende uitsprake nou ondersoek word: i) ‘Unter Metrum versteht man das Schema eines Gedichtes, das unabhängig von der sprachlichen Erfüllung besteht’, en ‘Es liegt in dem Begriff des Schemas... dass es unabhängig von der jeweiligen Erfüllung besteht’Ga naar voetnoot23.. 'n Beklemtoning van die feit dat die metrum slegs 'n skema is wat onafhanklik van taalvervulling bestaan, omdat - en hier kan 'n mens miskien verdere afleidings maak - dit uit die ritme opgestel word; en slegs die ritme hou verband met die taal. ii) ‘Metrum berus op 'n reëlmatige volgorde van heffings en dalings volgens 'n sekere skabloon. Dit is die gevolg van woord-aksent en het as grondslag ons subjektiewe ritme-gevoel. Ritme daarenteen, word gekenmerk deur 'n opeenvolging van meer- en minderbetoonde heffings as gevolg van die sinsaksent. Dit kom tot uiting as gevolg van objektiewe ritme en is minder reelmatig as metrum’Ga naar voetnoot24.. M.a.w. die reël ‘die swaartepunt verstel’
is metries: die reëlmatige opeenvolging van heffings en dalings is a.g.v. die woordklem, terwyl die reël ‘Die taai klou van die grond’ hoofsaaklik ritmies is omdat die aksent deur die betekenis - die ‘sinsaksent’ - bepaal word. Volgens hierdie opvatting lyk dit asof metrum een aspek van 'n versreël is, en ritme 'n ander aspek; albei is dus ewe inherent aan die versreël. As daar egter aanvaar word dat die metrum slegs 'n skema is vanuit die ritme - dat ritme dus alles is - dan kan een soort geleding nie ritme veroorsaak en 'n ander metrum nie. Albei reëls is ritmies, daar kan hoogstens gese word dat die een metries-ritmies is, d.i. in ooreenkoms met die abstrakte patroon, en dat die tweede afwyk van daardie patroon, maar nóg ritmies isGa naar voetnoot25.. iii) ‘It is not merely easy for a technician to write in smooth metres; it is perhaps easier than to write in rough ones, after he has once started; but when he has written smoothly, and contemplates his work, he is capable actually, if he is a modern poet, of going over it laboriously and | |||||
[pagina 27]
| |||||
roughening it’Ga naar voetnoot26.. Al dink Ransom nie dat dit 'n goeie metode is nie (hy noem dit later ‘treason’), is dit tog 'n uitspraak wat die indruk gee dat die digter die metriese skema waarin hy wil skryf voor hom het en dan sy woorde daarin pas. Miskien sou dit meer aanvaarbaar gewees het as hy gesê het ‘smooth rhythms’ - dít sou meer by die ‘moderne digter’ gepas het. Maar dan is daar natuurlik ook die gevaar dat die gemaakte grofheid nie ritmies funksioneel sou wees nie. iv) ‘Emants' vers bezit de kracht die samenhangt met een duidelik volgehouden stroom, maar nergens worden zijn verzen metries zonder ritme’Ga naar voetnoot27.. Hier ook is metrum en ritme twee afsonderlike entiteite: metrum is 'n wetmatigheid wat dwingend is op dié ritme, en wanneer die ritme dan die wetmatigheid verbreek, is verse ritmies sonder metrum. Vgl. ook die opvatting van A.P. Grové: ‘Ritme is veel minder wetmatig, wispelturiger en hou slegs by benadering tred met die onsigbare metrum. Bo-oor die wetmatigheid van die metriese skema neem die ritme, voortgestu deur die gevoelstroom van die digter, in meerdere of mindere gehoorsaamheid sy eie vaart. Voortdurend verkeer die twee in wedywering; soms is dit 'n vriendelike gestoei, ander kere deurbreek die ritme die wetmatigheid van die metrum op eiesinnige en kragdadige wyse’Ga naar voetnoot28.. Die woord ‘wetmatigheid’ kan 'n aanduiding wees van die opvatting dat die metrum 'n element is wat die digter bewus, óf deur sy ‘gevoelstroom’, probeer ontduik; dat dit dus nie 'n abstraksie uit die ritme is nie, maar iets wat die ritme kniehalter, iets anders - sterker as die ritme.Ga naar voetnoot29. Daar moet 'n poging aangewend word om 'n versoening te bewerk tussen die twee sienings: dat metrum slegs 'n hulpmiddel - vir die waarnemer of navorser - is om die ritme aan te toon, en dat metrum 'n wetmatigheid bo die ritme is. As 'n metriese skema uit die ritme van 'n gedig geabstraheer kan word, en die ritme verloop streng volgens hierdie skema - 'n metriese ritme dus - dan sal die ritme vanselfsprekend 'n eentonige dreun wees: ‘...strenge Regelmassigheit, d.h. korrekte Erfüllung des metrischen Schemas (wirkt) lahmend auf den Rhythmus’ | |||||
[pagina 28]
| |||||
...’Ga naar voetnoot30.. Die volgende reëls van 'n gedig van A.G. Visser kan as voorbeeld geneem word van 'n geval waar ritme en metrum (as twee aparte aspekte beskou) grootliks ooreenkomGa naar voetnoot31.: ‘Kom na my tuin waar die donkerrooi rose
Duist're geheime vertrou aan die nag
Sonnestraal-kusse en suidewind-kose,
Drome en liefde die lang somerdag’
Die ritmiese patroon, weergegee deur die inherente woordklemtone in die derde reël, is dalend, met twee dalings tussen heffings; die metrum dus daktilies. As die metrum nou die wetmatigheid is waarin die vers geskryf is, moet 'n mens aanvaar dat Visser die viervoetige daktiel in gedagte - of op papier - gehad het en toe die woorde daarin gepas het; of anders het hy na die skryf van een reël dié reël geskandeer en toe besluit om die hele gedig in die geskandeerde patroon te skryfGa naar voetnoot32.. Laasgenoemde lyk meer moontlik, maar as dit so is dan was die ritme van die ge- skrewe reel tog die basis vir die metrum, dan is die metrum daaruit veralgemeen. Selfs dan kon Visser moeilik hierdie skema behou: by die tweede reel kon ‘duis'tre’ nog verkort word om ‘in te pas’, maar by die vierde reël het die inherente ritme van die woorde ‘somerdag’ buite die skema gaan val. Die vers is eentonig omdat die metrum volgehou is. | |||||
[pagina 29]
| |||||
Die vraag is of dit die metrum se skuld is, en of dit die ritme is, en of die metrum - as meetmiddel - slegs die eentonigheid van die ritme aantoon. In hierdie studie sal die laaste moontlikheid aanvaar word. Die digter skryf slegs in 'n ritme: ‘Ook nu wil ik weer eraan herinneren dat de dichter, hoe sterk ook zijn bemoeiing met die metrische geweest zal zijn, op het oogenblik dat hij dicht die bemoeiing heeft gestaakt of, tenminste, onderbewust doen worden. Hij beweegt zich in het ritmische, d.w.z. in de eenheid van zijn gedicht, en daarmee is alle uitgaan van het samestellende deel: voetmaat, vers, strofe, onmogelijk geworden. Het metrische, kan men zeggen, is op dat oogenblik overwonnen door het ritmische’Ga naar voetnoot33.. ‘Art is a departure from fixed positions; felicitous departure from a norm...’,Ga naar voetnoot34.. As die norm beskou word as die ‘“ideal” patterns which poetic rhythms approximate’Ga naar voetnoot35., nl. die metrum as wetmatigheid - nie as meetmiddel alleenlik nie - sodat ritme en metrum as wedywerende elemente van 'n versreël funksioneer, dan moet daar 'n spanning ontstaan tussen wetmatigheid en vryheid, tussen metrum en ritme. Letterkundiges wat hierdie opvatting van metrum bewus of onbewus voorstaan, het gewys op die belangrikheid van hierdie spanning. Brooks en Warren vind dat die spanning wat ontstaan by die realisering van die ritme teenoor die metrum 'n ‘retoriese variasie’ is (‘rhetorical variation’); dit is 'n ‘positive tension, which is necessary if verse is to have vitality and its unique expressiveness’Ga naar voetnoot36.. Basies is dit dieselfde opvatting as by Arnold Stein: ‘There is an external and obvious conflict between the ideal pattern of the meter and the way the words have to be emphasized according to the natural rules of language and according to the established context. There is also an internal conflict which reappears, as it were, inside the developing process of the context. The internal conflict is characterized by subtle, often complex, attractions toward and repulsions from the ideal pattern. Even in the act of modifying the meter, pulling away from it, the elements in conflict are influenced by it. But the very identity of the rhythm, in all its rich indivi- | |||||
[pagina 30]
| |||||
duality of being, depends upon a separation from the ideal pattern. And so there is a separation, but it is one that maintains an intimate and, as it were, loving tension between meter and rhythm’Ga naar voetnoot37.. En dieselfde, maar meer poëties gestel: ‘The meter is an unchangeable and indifferent form, an unmoved but moving externality. The rhythm in its dynamic and turbulent process of individual experience reacts both toward and against that externality. Inside the struggle there is an effort, wonderfully fruitful in failure, to become identified with the external form’Ga naar voetnoot38.. As 'n mens egter nie die metrum as magtig beskou nie, maar slegs as hulpmiddel vir die navorser, dan moet dié sogenaamde spanning wat tussen ritme en metrum ontstaan, op 'n ander plek gesoek word. Verwagting en spanning is alreeds gesien as die belangrikste aspek van die ritmeGa naar voetnoot39.. Ritme veroorsaak verwagting en spanning. Metrum kan beskou word as 'n aspek van die ritme, dit het dus inherent niks met die gedig te doen nie: ‘Metre is not an original property of things. It is artificial, and conveys the sense of human control, even if it does not wish to impair the thinginess of things. Metric is a science...’Ga naar voetnoot40.. Verbreking in die ritmiese patroon is dan 'n verbreking van die spanning daargestel deur dieselfde ritme; en die metrum toon die verbreking in die verwagtingspatroon aan. So gesien is die spanning dan nie een wat ontstaan tussen metrum en ritme nie. Om, ten slotte, hierdie standpunt te illustreer, kan die volgende reëls, weer uit Die gewigopteller, as voorbeeld geneem word: ‘wat met een kap blitssnel
die swaartepunt verstel’
| |||||
[pagina 31]
| |||||
metrum. Word dié patroon nou as maatstaf bo die volgende reël geplaas, sal dit as volg daar uitsien: wat met een kap blitssnel
Op die wyse van die taal is dit egter onmoontlik: die inherente woordklem op ‘blitssnel’ vra eerder 'n heffing op die eerste sillabe as op die tweede (moontlik wel 'n byklem op die tweede, maar dit hoef nie nou in ag geneem te word nie). Die heffing-daling-verhouding van die ritmiese patroon word dus op hierdie woord versteur, en ook op die woorde ‘met’ en ‘een’, sodat die gerealiseerde ritme van die reël as volg moet weesGa naar voetnoot41.: wat met een kap blitssnel
Word dié ritme nou met die metriese patroon vergelyk, sal die patroon duidelik die verskille aantoon:
Daar is geen sterk ooreenkoms nie: die verwagtingspatroon in die reël is totaal versteur. So 'n versteuring moet die betrokke woorde in reliëf stel, funksioneel in reliëf stelGa naar voetnoot42.. Dit is die metrum as meetmiddel wat hierdie verandering in ritme duidelik voor die oog laat staan: die ritme het nie gestreef om die metrum te verbreek nie, maar die ritme het sy eie patroon van verwagting verbreek. |
|