Die vlakte en andere gedigte(1908)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [pagina 54] [p. 54] Die spruitje. Van tije wat was praat die stroompie met mij, van 's lewe se da'e, vergeet en vergaan; en die bome wat stil langs die watertje staan laat mij denk, als hul skaduw so rus op die gras, aan tije wat was. Van siele wat rus sing die stroompie se stem van laggies wat jong was, geknak of geslijt, en planne o'ergroei deur die gras van die tijd, - die stemme verstom en die rusie gesus van siele wat rus. Van trane gedroog hoor ik stilletjes praat, van snikke verstorwe als ver op die veld. verijdelde list en ontwapend geweld; die sorge verbij, en die moeder haar oog van trane gedroog. Van tije wat kom hoor ik fluist'rend vertel, gedagtes wat breek en gedagtes wat bouw, en die vo'eltjes blij stil om te hoor wat daar brouw, en die windje gaat lê, als met huiwering stom v'r tije wat kom! [pagina 55] [p. 55] ‘Daar's Ene wat waak en die magte bestier,’ so is dit of ik uit die geeste se koor die weerklank van ver in die watertje hoor, of die hand van 'n vrind op mij skouwer mij raak: ‘daar's Ene wat waak!’ Vorige Volgende