Liefde en plig
(1909)–Jan F.E. Celliers– Auteursrecht onbekendEerste Toneel.PETRUS VAN DER GAART, MAGREET.
(Petrus v.d. Gaart en Magreet sit aan weerskante van die tafel).
P.v.d.G.:
......Ook nooit sal hij 't durf te waag, mijn kind,
Om in ons huis sijn bakkies weer te toon.
En waar 'k hem sien, als hij ooit weer mag kom,
So mag die Heer hem in beskerming neem!
Kan onbeskaamdheid verder word gedrijwe
Als hij gedaan het deur 't nog te waag
Om brief op brief te skrijwe aan 'n huis,
Wat hij in rouw en ong'luk het gedompel?!
Maar ongelees, so's hul dit ook verdien,
Is al die briewe in die vuur gegaan......
Mijn Hendrik het hij in die dood gevoer -
Jou broer, mijn kind - en jou met skand belade.
| |
[pagina 51]
| |
En deur sijn laag verraad moes ik en jij
In ei'e huis so's diewe word bewaak.
(Magreet berg haar gesig in haar hande).
Dit is, mijn kind, dit is om van te huil
Als 'n mens jou so in iemand het bedroge,
Als ondank so die loon is wat jij krij,
Waar hart en hand van jou kant ope was.
Wie sal ons tog die raaisel ooit verklaar,
Hoe 'n beste vrind jou ergste vijand worre.
Was 't nie v'r hem dan was ons ver gewees,
En al die swaar had ons nie deurgestaan,
En ons geluk had hij met ons kan deel.
(Stilte).
MAGREET:
Gelukkig is die tijd tog nou verbij.
P.v.d.G.:
Gevang'ne kom al een v'r een terug.
'n Maand gelede was die eerste een al hier.
En 'k wil jou wed, Magreet, dat Bêrend ook
Al lang weer t'huis is, maar hij weet 't goed
Dat tussen ons nou niks meer kan bestaan.
(Stilte. Magreet onrustig).
O, 'k wou jou sê, Magreet, daar 's weer 'n brief
Van Freek s'n ouders, hulle krij nie klaar
Om te bedank v'r al jou trouwe sorg.
Hul is te blij dat ik hem op wou neem,
Terwijl hul ver was, en dat jij, mijn kind,
Dat jij hem so's 'n suster het verpleeg.
Die wond was swaar, en lang het dit geduur....
Maar sê mij, skelm, het ik 't so ver mis
Als ik raai dat nou in iemands hartje weer
'n Wond gekom is wat nog swaarder is?
| |
[pagina 52]
| |
MAGREET:
(Haar gelaat bedekkend).
O, Pa!
P.v.d.G.:
(Wil haar hande wegtrek).
Kom, kom, ha, ha! Wees nou maar nie so skaam,
Jij kan nie glo, m'n kind, hoe 'n groot plesier
Jij mij gedaan het deur so'n wijse keus.
Hij's van die stand waarin ons t'huis gevoel
En bo' die ‘rubbish’ wat ons o'eral sien.
Hij voer jou in 'n lewe waar jij hoor;
Jou goeie verstand het jou dit aangetoon.
‘Ta-ta my child,’ dit kom nog alles reg.
(Hij klop haar op die skouer en gaal lachend weg, naar links).
MAGREET:
(Alleen; opspringend).
Hoe het ik tog die bittere strijd deurstaan,
Waar het ik nog die krag vandaan gehaal
Om maande lang v'r Freek so op te pas?
Om sijnentwil en om die liewe vrede
Moes ik in lijdsaamheid m'n plig volbreng,
Totdat 't aangesien werd alsof ik
Nou bij wil draai, mijn Bêrend wil verlochen,
Mijn lief, mijn held. Ik voel 't aan mijn hart,
Hij leef, hij denk aan mij, hij kom, hij kom!
O, is hij ver of is hij al nabij?!
(Sij hoor naderende voetstappe en gaat gouw weg).
| |
Twede Toneel.P. v.d. GAART, FREEK.
(P. van der Gaart en Freek kom same op).
P.v.d.G.:
So, so, nou wil ons maat 't só probeer
Aan JOU te skrijwe, nou dat hij bevind
| |
[pagina 53]
| |
Dat al sijn briewe aan Magreet deur mij
So ongelees die vuur is ingegooi......
Wel, ik moet sê, ha, ha! dat hij nou juis
Die regte man gekrij het wat kan help.
Nie waar, ou seun?
FREEK:
D'is treurig met ons arme vrind gestel.
Die storie het mij waarlik aangedaan.
Die dag toen ik die wond daar het gekrij,
Die selfde dag is hij m's daar gevang......
P.v.d.G.:
Nou j' daarvan praat, jij 't nooit nog mooi vertel,
Hoe jij die dag die ong'luk het ontloop,
Toen jij gewond daar op die grond moes lê.
FREEK:
'N...... 'n vrind, oom Pieter, het mij 'n pêrd gegee.
P.v.d.G.:
En jou daarop gehelp?
FREEK:
En.... met 'n Kaffer mij toen weggestuur.
P.v.d.G.:
Dit is 'n vrind om waarlik te waardeer.
Jij breng hem eendag hier bij mij, gehoor?
Was 't nie v'r hem dan was jij doodgebloei.
Is hij al t'huis, en wat 's sijn naam?
FREEK:
Ik.... ik het hem nog nie weer gesien, Oom Piet.
P.v.d.G.:
Nou d'is van later sorg. Wat wou jij sê?
FREEK:
Hij is toen daar gevang.
| |
[pagina 54]
| |
P.v.d.G.:
Die vrind wat jou gehelp het?
FREEK:
Ja.... Nee Bêrend, oom, die brief is m's van hem.
So 's 'k sê, Oom Piet, dit is 'n naar verhaal.
En na hul toen naar Indië was gebreng
Het hij één nag probeer om weg te loop
Die wag het hem gesien en het geskiet......
P.v.d.G.:
Wie het jou dan die brief geskrijwe, maat?
FREEK:
Hij self, Oom Piet, so goed als hij nog kon.
P.v.d.G.:
Kon so'n vrotte wag nie beter skiet?
FREEK:
Die skoot was raak, Oom Piet, 'n sware wond,
Hij moes weer ingedra word en is nou
......Aan al twee oge blind!
P.v.d.G.:
Goddank, so is die saak ook goed beklonke;
Aan altwee oge blind! Geluk ou seun,
Geen nooi wat nou nog denk - laat staan Magreet -
Om so'n blinde mol v'r man te vat.
Hij het sijn loon gekrij. En waar 's hij nou?
FREEK:
Die brief is al 'n dag of wat gelee
Uit Durban weg, hij kan dalk nabij wees.
P.v.d.G.:
Geluk ou seun, nou is die saak beslis,
Nie dat ik aan mijn kind getwijfel het,
Want hoe kon sij nog ooit aan iemand denk
Wat o'er ons huis so grote ong'luk brag?
| |
[pagina 55]
| |
Bo'endien, ik het m's al te goed gesien
Hoe sij al in jou nette is gevang.
En flus toen 'k haar jou naam net het genoem,
Toen was sij tog so skaam......
FREEK:
Daar 's iemand bij die hek.
(Hij kijk om die hoek van die prieel, en kom terug, opgewonde).
Oom Pieter, hij is daar! D'is Bêrend, Bêrend!
P.v.d.G.:
(Driftig opspringend).
Wat sê jij, wat!? En durf hij 't te waag?
....Maar nee, d'is goed, laat hij maar nader kom.
Die Heer het hem aspres maar half getref
Om mij 'n kans te gee mijn wraak te neem,
Mijn laaste se'el op Sijn werk te druk
(Freek wenk naar die hek s'n kant, aan die wat daar is, om nader te kom).
| |
Derde Toneel.DIE VORIGE, BEREND, GELEIDER, later MAGREET.
BEREND:
(Stadig opkomend aan die hand van 'n geleider. Hij fluister die geleider in om agterwaarts te gaan en daar te wag).
Hoor 'k iemand hier?
P.v.d.G.:
Blijf ver van mij en praat; wat soek jij hier?
BEREND:
O, sê mij eers, Oom Pieter, is Magreet......
P.v.d.G.:
O'er haar geen woord!
| |
[pagina 56]
| |
BEREND:
Oom Pieter, ik het brief op brief geskrijwe.
P.v.d.G.:
Die briewe is die vuurhet ingegaan!
(Stilte).
En als daar niks meer is wil IK nou praat.
BEREND:
(Met smarte).
Oom Pieter, hoor mij eers: had jul gelees
Wat ik geskrijwe het dan sou jul weet....
Dan was die sware plig mij nou bespaar, -
Die Heere het 't goed gevind om mij
Die lig van albei oge te ontneem
En 'k moet.... ik voel dit is mijn dure plig
Om aan Magreet, als sij 't so begeer
Die mag te gee om haar verlowings-woord
Terug te neem..........
P.v.d.G.:
Die mag te gee! Die mag sal sij wel neem!
Ten minste het jij dit dan goed gevat
Dat sij van mij geen sikspens mee sou krij
Als sij so mal sou wees om jou te hou, -
Dat jij jou lewe selwe sou moet maak
En nou geen kans meer siet om dit te doen.
Nee dankie hoor, haar wag 'n beter lot
Als om met jou in velskoendorp te woon,
Of op 'n plasie onder jul gebroed
In armoed te vergaan, ha, ha, ha, ha!
Sij sal die sakie selwe hier beslis
(Met leedvermaak).
En uit haar mond sal jij haar keuse hoor.
Ik gaan haar roep.
(Hij gaat links af. Bêrend dwaal al voelend met
| |
[pagina 57]
| |
s'n stok 'n paar skrede naar agter en blijf staan met gevouwe hande voor sijn bors, in afwagting).
FREEK:
(Gedemp).
Hij weet 't nie dat ik hier ook nog staan.
(Hij kijk lang naar Bêrend).
Ik voel of mij die noodlotsvonnis wag.
En waarom denk ik nou aan Kiewiets woord:
Dat hij so nooit sijn huw'liksdag sal sien,
Sou dit kan wees dat hij 't tog BELEWE?
(P.v.d.G. kom binne met Magreet, pratend met haar. Sij siet Bêrend en maak 'n beweging, maar gaat daad'lik op 'n stoel sit, half in onmag, haar oge voor haar op die grond, haar hande kramp-agtig in haar skoot saamgeklem om sterk te blij en te wag).
P.v.d.G.:
Hier is mijn dogter nou......
BEREND:
(Maak onwillekeurig 'n beweging naar haar).
Magreet!
(Sij maak ook 'n beweging, wil opstaan maar sak weer op die stoel).
P.v.d.G.:
(Te'en Bêrend).
Blijf waar jij is! Jij siet sij praat geen woord
(met leedvermaak).
En voel jou ong'luk in die minste nie.
('n Rilling vaar deur Magreet).
So v'r die vorm het ik 't haar vertel
Dat jij haar kastig nou die vrijheid gee.
Haar keuse sal sij doen, hier staat die man......
(Freek het Magreet lang deurgrond en voel baje ongemaklik).
BEREND:
Wie?!
| |
[pagina 58]
| |
P.v.d.G.:
(Met venijnig leedvermaak).
D'is Freek Terblans! Als jij so graag wil weet!
Magreta, doet jou keus!
MAGREET:
(Is gaandeweg kalmer en sterker geword. Spring snel op, loop op Bêrend toe en slaat haar arme om hem. P.v.d.G. staat verbluf en sprakeloos van woede. Freek kijk naar die grond, arme gevouwe).
O lang, mijn Pa, is al m'n keus gedaan
Aan hierdie bors het ik mijn lot vertrouw!
(P. v.d. Gaart en Freek staan 'n paar o'enblikke sprakeloos op die agtergrond, maak beweginge alsof hul groot planne gaan berei' te'en die twee, en verdwijn van die Toneel. Magreet en Bêrend kom meer naar die voorgrond. Sij hou sijn arm omklem en kijk onafgebroke, sprakeloos in sijn gesig).
MAGREET:
Is 't waar, is 't waar, het ik jou eind'lik weer?!
BEREND:
O, blije dag!
MAGREET:
(Plotseling, verdrietig).
O, sê, dat jij mij siet!!
BEREND:
(Sijn voorhoofd aanrakend).
Ik sien jou hier, ik sien jou nog Magreet,
Geen donk're nag kan mij jou beeld ontrowe.
MAGREET:
O, is 't waar! Ik is so blij, so blij!
En ik, ik sien nog altijd dáár, mijn lief,
(Sij leg haar hand op sijn hoofd).
Die kroon van eer en moed en manlikheid,
Die kroon wat ik jou hoofd nie wou ontsteel,
Die kroon wat menig vorst jou mag benij.
| |
[pagina 59]
| |
BEREND:
Helaas! Geen vorstlik lewe wag jou nou.
MAGREET:
Welseker!
BEREND:
Met mij?
MAGREET:
Met jou!
BEREND:
Hoe kan dit wees?
MAGREET:
Hoe sou 't nie kan wees nie?
BEREND:
Wat geef ik jou?
MAGREET:
Jij 't alles mij gegewe!
BEREND:
(Hoofdskuddend).
Waar 'n blinde lei......
MAGREET:
Daar volg ik blind die liefde!
BEREND:
Waar hij ook voer?
MAGREET:
Gerus, gerus, gerus!
BEREND:
(Dui met sijn hand op die omgewing).
In o'ervloeds skoot......
MAGREET:
Lij 'k armoed sonder jou.
BEREND:
Waar armoed wag......
MAGREET:
Dit wag mij nergens meer!
(Sij siet hem verruk aan, nog altijd sijn arm omklemmend, haar hoofd op sijn skouer. Stilte).
| |
[pagina 60]
| |
BEREND:
(Bedenkend).
Die veld...... Magreet......
MAGREET:
Daar sou 't gaan, nie waar?
BEREND:
'k Weet anders nie......
MAGREET:
Daar woon tog ander ook.
BEREND:
Kan jij ontbeer?
MAGREET:
Wat God aan ander weiger!
BEREND:
Jij durf, Magreet?!
MAGREET:
Wat durf ik nie met jou?
(Stilte).
BEREND:
(Plegtig).
Dit is beslis.
MAGREET:
Beslis is dit al lang!
BEREND:
Ons gaan, ons gaan!
MAGREET:
Waar lot of noodlot lei!
BEREND:
Waar liefde woon........
MAGREET:
Gebied die Heer sijn segen!
(Hul omhels mekaar. Die skerm daal langsaam, en word nie weer opgehaal nie).
|
|