| |
| |
| |
Hoofstuk X
In die woning, wat soos 'n baksteen onderkant die koppie lê, kom Koos, onderskraag deur sy Ouboet, aangewaggel en val dooiegewig teen die sakke op die sakkebank, tot vermaak van die oudste, wat die snaakse vertoning van sy boetie as 'n grap beskou. Sy geaardheid is nou eenmaal om vermaak daarin te skep, wanneer iemand anders homself seermaak, en hoe kwaaier die ongeluk, hoe groter sy pret. Hy moet lag wanneer 'n ander sy skeen stamp of sy arm uit lit val, hy kan dit nie help nie; dit kom vanself, en hy vertel nou vrolik dat die kameel vir Koos daaronder by die spruit vandag eintlik propper gery het, sodat die outjie met geweld wou weghol.
‘Die laaste boom het in 'n kameel verander en dis die wat hy skree: Julle probeer verniet! Julle kom nooit daardeur nie.... Hulle kom!.... die oog word groot! Hulle kom daardeur!....
Toe word hy so deurmekaar dat ek hom net moes vashou, want hy wou sommer 'n
| |
| |
verkeerde koers vat, Ous! Toe ek hom hiernatoe lei, word hy stil. Hy wil glad nie praat nie en hy hoor ook nie as 'n mens iets vir hom sê nie, Ous! Kyk, hoe kyk die outjie nou vir ons, en dit so ewe ongeërg!’
Maar Ousus kan die lighartigheid van haar Ouboet nie deel nie, wat oppervlakkig van aard, te onoplettend is om te kan bespeur dat Koos se saak baie ernstig is; sy voel 'n siddering haar liggaam deurhuiwer, by die sien van die albaster-oë, wat na niks kyk nie. Langsaam nader sy haar boetie, bewend van onrus; - daardie verglaasde oë, - dié liggaampie wat slap teen die sakke hang, - sy kan dit nie aanskou nie en sy moet haar vrees oorwin om die boetie se skouer te skud: ‘Koos! Koos!’ - Haar stem klink soos die angsgeroep van 'n drenkeling. Die geestelose blik bly in, en tog nie in haar oë staar nie; die kyk is daaruit en g'n woord kom oor sy strak, effens geopende lippe nie. - Sy voel dat sy moet handel, en dit bring die gang in haar gedagtes. ‘Ons moet hom kooi-toe bring, Ou- | |
| |
boet; - Koos sal nie kan loop nie.’ Haar stem word vaster en kalmer.
Ouboet begin die bedenklikheid van Koos se toestand te verstaan; dis g'n kameel wat hom nou ry nie, die outjie is baie siek. Sy hoof val op sy regterskouer neer in pynlike verleentheid, terwyl hy vir Ousus help. - Sy merk die omkeer en trag hom te troos:
‘Dis altemit sommer 'n toeval, Ouboet; Koos was maar steeds 'n stuiperige kind; - dit val my nou ook te binne dat hy vanmôre oor sy kop geklae het. Ons het al baie met hom gesukkel.’
Hulle lê hom op sy pa se kooi agter die gordyn en toe sy kop die kussing vat, val die albaster-oë toe.
‘Is Koos nou dood, Ous?’ vra Klein huilerig met die opslaan van bedroefde bruin kykers.
Toe kerm die roerlose lyfie kreun op kreun uit, wat kortliks bedaring in Ousus haar onrustige gemoed bring. ‘Nee, Klein, jy hoor mos hy kreun.’ Sy het egter geskrik. - Sê nou dis die end van Koos!....
| |
| |
Hier by die katel skiet haar verstand en sorgsaamheid ver te kort. Wat gaan sy aanvang as Koos regtig sterwe? 'n Ongekende wildheid van gevoelens borrel op in haar binnenste, wat haar gedagte wegslaan. Sy word radeloos van angs.... Klein en Ouboet kyk haar verbouereerd agterna, toe sy uitroep: ‘Bly hier!’ en die kombuisdeur uitvlie soos 'n malmens....
Net een drang dryf haar, sy moet hulp hê, hulp! hulp! Ouma hoor haar verwarde sinne. - Gedagteloos hardloop sy deur die spruit na die du Toits - hulp! hulp van baie mense! Sy staan weer voor haar boetie nog voordat Ouma met tant Leen en oom Sarel die huis instap.
Die siekvertrek word donker van die mense. Lena het haar huisapteek saamgebring en begin al toedien, en die familie wag amper asemloos vir enkele minute wat die gevolg sal wees; - net die gekreun verbreek pynlik die stilte. - Hulle kyk mekaar bedenklik aan in allerlei gissinge: Dis nie Koos se voet nie, altemit die oorsaak, ja?.... Sonstraal?.... nee die son is nog te
| |
| |
swak daarvoor. ‘Ek meen dis maningjaites’ meen Krissie half fluisterend.
‘Dan moet ons 'n dokter laat kom; so'n siekte kan ons nie somerso met 'n huisapteek dokter nie,’ sê du Toit.
Ouma skud haar hoof. ‘Geen dokter hiernatoe nie, kinders! Die eerste woord wat oor sy lippe sal kom sal hospitaal wees en dan is dit klaarpraat met Koos. As dit die Here se wil is dat die seuntjie in die lewe bly, dan sal hy hier ook gesond word. Ons moet maar vertrou en ons bes doen. - Leen, drup so'n paar druppeltjies rooi laventel in 'n teelepeltjie wit dulsies en gee hom dit, dit sal sy hart versterk.’
'n Roerende bedruktheid heers. Du Toit voel dat hy daar nie hoort nie. Sarel is tuister in so'n siekbed-sfeer en praat gedemp oor allerhande rate. Ous en Klein bly vas teenmekaar met Ouboet agter hulle soos 'n getroue hond, wat bang is om van sy oubaas af pad te gee.
Die liggaampie raak in 'n stuiptrek. - ‘Bring water, Ous!’ Die drietal skuif na die kombuis toe. - ‘Dis die naarheid wat op- | |
| |
kom,’ sê Leen, en as die stuip gebreek is: ‘Hoe laat is dit?’
Die drietal skuif na die voorhuis: ‘Tien minute voor sewe, Tant Leen.’ - Twee stemme fluister dieselfde na. Leen betrag indagsaam die kreunende kranke en sê met 'n diep sug: ‘Dis 'n slegte tyd vir so'n toeval; al wat dit oor die uur gaan is dit beter....’
‘Ons moet vir Ouboet gaan roep,’ stel du Toit voor.
‘Waar sal jy hom kry?’ vra Sarel. ‘Hy kan oral op die vlakte wees.’
‘Lewies, ry reguit na Karel Coetsee-hulle toe; ek dink dat jy vir Lammie daar sal kry,’ help Ouma reg. Lena drup weer van die mengsel tussen die oop lippe, en almal wag in stilte om die uitwerking te sien.... Onbeweeglik staan die drietal aan die voetenent van die katel, star starend met droewigpassiewe oë, elke beweging van die tante volgend in stomme oorbluftheid....
Buitekant weerklink die dubbele galop van twee ruiters. Die drietal maak die voor- | |
| |
deur oop. ‘Ouboet, lei die perde koud en versorg hulle; hulle is nat gesweet.’
Bredenhand kom skynbaar kalm die siekvertrek binne. Toe hy van Dirkie afskeid geneem het, was die swaar gewig van onrus in sy hart en sy vos het die pad al hoe vinniger hiernatoe gelei; nou domineer sy waardigheid binnekant die mure. Hy groet sy familie bedaard en na 'n blik op die bed trag hy hulle gerus te stel met: ‘Julle moenie so gou skrik nie, mense; - Kosie het iewers 'n kwaai pyn en dit maak hom verstandeloos; - die lewe is nog sterk in hom en hy is nie eintlik wat 'n mens kan noem bewusteloos nie. Ek ken die kind se geaardheid en natuur.’ Die blik op sy kranke kind het hom egter oortuig dat sy geval baie ernstig is en die swaar gewig in sy gemoed begin benouend te druk. Die mense mag nie bly nie; hy sal hom hier nie kan inhou voor die bed nie. Du Toit help hom gelukkig.
‘Hy bly maar gerus; - as dit hom nie roer nie, wat sal hom dan beroer?’ fluister Krissie vir Loewie. Du Toit knik.
‘Wat moet al die mense hier maak?’
| |
| |
‘Ouboet, Krissie en ek sal maar huis-toe gaan. Ons maak net die vertrekke benoud. As julle ons nodig het, roep ons!’
‘Jy praat reg, ou Swaer; baie dankie vir julle bereidwilligheid. Boet Sarel, julle hoef julle nagrus ook nie op te offer nie. - Moeder kan hier op Ousus se katel bly slaap en ek sal by Kosie waak, solank as wat sy krankheid dit vereis. - Ousus, julle kan ook maar vir julle 'n lê-plek soek vir vannag.’
Hy handel outoritêr deur die oplewende mag wat hy as die Ouboet van hulle huisgesin in vroeër dae steeds gehad het. Dié meerderheidsgevoel vernietig in die tyd van sy afhanklikheid, laat hom nou weer gelde, veral noudat sy innerlike onrus en kwelling die magsbesef stimuleer. Hy moet die sake hier reël; dis 'n onkeerbare behoefte. Voor die oë van sy familie in die siekvertrek mag hy die swakheid nie openbaar nie, want hy weet dat daardie seuntjie netnou maar sy volle hart en wese sal aantas.
‘Ouboet, gee vir Kosie elke half-uur 'n teelepeltjie van hierdie.... Die huisapteek
| |
| |
kan hier bly.... Moeder weet!.... Beterskap, Ouboet!’
Dis nou die vader, wat alleen by sy kind waak. Hy sit skraps op die katel en betrag die roerlose liggaampie met gespanne blik. - Hy wou flus geen swakheid voor sy verwante wys nie: sy persoonlikheid het daarteen gerebelleer; sy waardigheid het hy gehandhaaf en daaroor het hy momenteel tevrede gevoel. -
Nou alleen by sy seuntjie, word sy gemoed week; sy vaderhart ontspan en breek al die bande wat eietrots en selfbedwang daarom gebind het, en dit word vol van 'n magtige liefde vir die kind. Dié onophoudelike jammergeluide, wat oor oop lippies kreun, dié roerloosheid van Kosie, sy onmisbare kind.... Sy vaderhart kan bars....
Sy gelaat gly van die oogholtes af weg, en sy voorhoof word groot onder die wil wat sy verstand probeer dwing om op te speur, wat die kind se krankheid is, en uit te dink, wat vir die kind gedaan kan word. - Die kwesplek van die lemoendoring is
| |
| |
dit nie; dis in sy hoof waar die pyn setel.... Sy growwe hande vat die nekspiere van Kosie en masseer hulle suutjies, terwyl hy bewerig minsaam die kind se naam roep. Die lyfie bly slap en die kreun op kreun hou onverpoos aan. Hy drup die medisyne oor die lippe, hoewel hy min vertroue in hulle krag het. Die gees moet daar wees om 'n medisyn te help en hier is die gees uit werking uit. En dit laat hom verslae voel en onmagtig. Die stryd teen die groeiende besef dat Kosie krank tot die dood is, verswak sy dinkkrag en verstand. Die mense is magteloos teen die wil van God! G'n dokter kan hier help nie, net alleen God in sy Almag! Daar moet hy hulp soek. Die gevoel word oppermagtig om die Allerhoogste te verbid. Met 'n wilde gebaar werp hy hom op sy knieë en hou die slap hand van sy seuntjie vas. Dis egter of sy hart nie in onderwerping en deemoed kan versug nie; meer dan hy bid lug hy sy gemoed, en sy bidde word vol argument, asof hy met die Opperwese wil redetwis. En tog is dit vir hom 'n worsteling om die behoud van sy
| |
| |
kind, innig, met geheel sy wese, vurig en lank deur die herhalinge van sy smeekgeroep, totdat sy asem hyg en die sweet op sy voorhoof pêrel. ‘Waarom, o Here, sal die satan seëvier? Waarom moet hy sy sin kry met my gebreekte vaderskap? Hy het met sy arglistigheid, sy onderkruiping hom verberg agter die onbesmetlike kleed van liefde en my gedreig met liefdeloosheid en verstoting om my te kwes en te beproef. - Ek wou nie na hom hoor nie, Here; - ek wou die kind nie afgee aan die mense nie, omdat U hom aan my gegee het as 'n heilige pand; ek moes vir Kosie self versorg, opvoed en grootmaak tot U eer. Ek wou hom oplei in U diens, o Here, om U suiwere leer eendag te predik en om te kan getuig in U naam. Laat my tog die krag van vaderskap behou, o Here om die aartsvyand van U Goddelikheid hier onder ons te toon dat 'n vader sy kind na U wet en gebod moet grootbring. Ek het die versoekinge van die bose weerstaan met alle mag om die kind te behou en in U pad te lei, soos ek plegtig ook vir U beloof het by die doop. - Kan dit in U raad
| |
| |
bestaan, laat ons hom tog behou! - Laat ons vir Kosie behou!....’
Bredenhand bid nie alleen nie. Die moeder het die worsteling gehoor en langs hom neergekniel, as 'n stomme bidster met hom saam. Haar amen klink as 'n sug na sy getemde eindroep: ‘U wil geskiede! Amen!’ Toe merk Bredenhand sy moeder pas....
Daarna rys die geknielde gestalte voor die katel op. Die handjie lê nog in die groot hand verberg; maar die vader se oë blits oorlog teen die siekte. Die vader se wil om die kwaad uit te roei is op die roerlose liggaampie gekonsentreer en hy roep kragtig: ‘Kosie, ons sal jou behou! Ons moet jou behou!’
‘Ag, Lammie, my kind, ek ken jou nie, sal jy nie liewerster 'n uurtjie gaan lê nie?’ Die weduwee voel besorg oor hom. Ousus het opgeskrik, binnegekom tot aan die voetenent van die katel; verwilderde oë kyk meer na haar pa as na haar boetie.
Bredenhand merk niks. Hy omvadem Kosie met sy gees en wese, steunend op sy arms weerskante die kind, en oor hom bui- | |
| |
gend asof sy felle oë die groot kindergesig wil deurkyk; asof hy in die liggaam na die kwaad wil gryp en dit uitskeur. Ouma druk haar bekommerde hoof op gevoude hande en Ousus val snikkend op haar bed, omdat haar pa so aangetas is. -
Daar kom 'n verandering, Kosie se mondhoeke tril. Hy slaan vir die eerste keer sy oë oop wyl die gekreun in krag toeneem. - Maar die oë wat sy vader sien verslaan die oorskot van sy rede. Sy onderbewuste lê helder oop en breek na buite. In daardie oë met hul bo-natuurlike glans sien hy die oorgang van die lewe na die dood, van die dood na die lewe. ‘Koos! Koos!’
Pal bly die oë opstaar met die vreemde gloed. ‘Koos!.... Kyk, Moeder, kyk, dis die lewe wat vlug!.... Dis die laaste stryd! So moet 'n sondaar stry!.... In sonde ontvange en gebore moet die sondaar sy doodstryd stry!.... As dit aan die groene hout geskied, wat sal aan die dorre geskied?.... Kyk, Moeder, kyk, nou gaan hy deur die Jordaan!.... Diep, - - dis diep! O, die water is so swart, so diep!.... Nou deur
| |
| |
die doodsvallei, Moeder! Koos!.... Koos!....’
Die oë het toegeval, - die gekreun verswak. Bredenhand sit met sy hoof in sy hande langs sy moeder op die krankbed. Langsaam keer die rede terug en sy persoonlikheid verdring die heftige emosies van so pas. - Hy staan op en vee sy gelaat met die sakdoek af. -
‘Kosie se plek is in die hemel reggemaak, Moeder. Medisyne is nou nutteloos, kyk dit loop terug oor sy lippe. Sy moeder sal vandag juig! - Dis verby hier! Sy oë was oop en hy 't die hemel gesien; die lig in sy oë was 'n hemelse lig!.... Moeder kan maar by Kosie bly en my roep as die end daar is....’
‘Jy kan gerus 'n bietjie op die bed gaan lê, Lammie.’ Bredenhand is nou weer nagenoeg homself. ‘Nee, Moeder, kyk die môre breek; dis 'n nuwe dag vir ons en 'n nuwe lewe vir Koos! Wat afgedaan is, is verby! Ons kan dit nooit herroep nie; die lewe, wat afgelê is hoort nie meer aan die aarde nie; maar die aardse beslommernis en pligte bly
| |
| |
ewig solank as daar mense op die aarde bly. - Ek moet vir Dirkie Coetsee laat weet hoe sake hier gesteld is, Moeder, - dit het ek haar belowe, en net-nou moet ek wegspring om instruksies te gee waar die voetgangerswerms uitgebroei het. Hulle sal vandag sonder my moet klaarkom. Dood breek die wet.... hulle sal dit verstaan.’
‘Toe maar, my seun, gaan jou gang, jy is reg!’
Waardig stap Bredenhand na die voorhuis. Daar skryf hy 'n omslagtige brief aan Dirkie, wat byna weer sy rede laat vlug. -
‘Ousus, my dogter, roep vir jou ouboet!’ Sy skud haar ouboet in die kombuis op 'n paar streepsakke wakker en bly daar om 'n vuurtjie aan te lê. Bedremmeld staan die seun met sy skewe hoof voor sy pa.
‘Ek wil vir jou stuur, my seuntjie. Bring hierdie brief na oom Karel Coetsee-hulle en gee dit vir tant Dirkie in haar hande.’
'n Glans van vreugde straal van die kindergesig en sy ogies skitter by 'n gedagte aan perdry, en sy gemoed is saf, omdat sy
| |
| |
pa hom nog nooit so vriendelik toegespreek het nie. - -
‘Kan ek vir Poon vat, Pa?’
‘Nee, my seuntjie, jou Pa het vir die vos netnou, netnou nodig. Groet eers vir Koos, jy sal hom altemit nie weer in hierdie lewe sien nie.’
Ouboet se hoof sak weer op sy regterskouer en hy skuur met 'n benoude glimlag langs die katelstyle tot voor die flou-kreunende boetie. Nog met die angstige laggie om sy oë vat Ouboet die slap hand en snik: ‘Môre, Koos.’ Toe verlaat hy met ingehoue huilkrete die huis en draf weg in die skemer....
Toe die songoud deur die voeë van die vensterluik pars hou die gekreun op. - -
Bredenhand vlie met sy vos oor die vlakte na die uitgebreide swerms toe: ‘Die dood is in my huis mense, spook julle vandag maar met die voetgangers; my werkstalligheid is by my huis!’ Hy jaag oor die vlakte terug.
Die kis vir Kosie sal hy self maak....
Terwyl hy daarmee besig is, kom Karel
| |
| |
Coetsee se kar en perde op die werf. Dirkie en Ouboet klim uit en sy stap reguit na Lambertus toe, waar hy die droewige arbeid verrig....
‘Ek kon dit nie oor my hart kry om die seun die lang end pad terug te laat stap nie.’ Haar stem is swak en onseker. - ‘Dit was skielik, nè, Oom Lambertus!’ Haar oë word vogtig.
Bredenhand kyk haar deurdringend aan en sê bewoë: ‘Kosie is opgevare, Dirkie.... die Vaderhande het hom gevat.’
Dirkie verstaan die gedagte deur die fierbedroefde wese ingehou. Selfverwyt praat heftig in haar gewete.... Sy lê haar hand op Lambertus se skouer en leun haar hoof vir enkele sekonde daarteen, wyl sy as 'n versugting uiter: ‘Sò het ek dit darem nie gemeen nie, Oom Lambertus.’
‘God sê in sy dierbare Woord: Mijne gedachten zijn niet ulieder gedachten en Mijne wegen zijn niet uwe wegen.... Dirkie, jy giet balsem oor my gewonde siel....’
Die sprinkaan-veldtog was van korte
| |
| |
duur, tot teleurstelling van die beampte, wat verwag het om die betrekking sy lewe lank te beklee. Hy is nou ook heeltemal oortuig dat 'n mens die plaag kan uitroei.
Na ongeveer veertien dae van onverpoosde arbeid was die vlakte skoon; geen nuwe swerms het meer uitgebroei nie; slegs 'n enkele het af en toe oor die lyn in sy gebied gekom. -
Die toestand het sorgwekkend vir Bredenhand begin word. Gebrek aan werk beteken geen vergoeding nie. Hy sit nou in die verknorsing, want die tyd nader, wanneer die skuldbewys van Fisher in die bank betaalbaar word, en hy sal nog tien pond daarop kort kom. Maar al staan die wêreld op sy kop, sy vosperd gaan hy nie teruggee nie, want die trippelaar moet die pad na die Coetsee nog stoftrap. Die lotsbepaling het dit so bewerkstellig, dat Dirkie ingewillig het. Die omstandighede van sy lewensloop het 'n inkering in haar gemoed teweeggebring, sodat deur die bestiering van die Here haar hart 'n groot respekte vir hom gekry
| |
| |
het en sy liefderyk gesind jegens hom en sy kinders geword het.
Al wat hom oorbly is dat hy weer sy ambagswerk moet opneem en dit doen hy met 'n opgeruimde hart.... Van nou af gaan hy 'n dubbele persoonlikheid verteenwoordig: 'n beampte en 'n ambagsman. Sy dryfveer is ook tweeledig, sy kinders en Dirkie, en sy doel om sy huislikheid te herstel. -
Die vosperd help hom goed, want hy kan die werk nou opspoor en sy grootste geluk is dat Fisher hom bespreek het om 'n pakhuis te bou.
Die groot blokke droë lande op die vlaktes lê oortrek van 'n kragtig groeiende gewas, waaraan geen sprinkaan meer sal knabbel nie. Die boer se hart voel hoopvol; hy arbei lustig en ywerig in die veelbelowende gesaaide.
Fisher verwag 'n goeie oes vanjaar; daar moet bêreplek vir die mielies wees....
Wanneer die pakhuis klaar is, kan Lambertus die gewigtige stap in sy lewe waag....
Die ou Egiptenare in Farao se tyd moes
| |
| |
vir generaal Kemp daar gehad het, dan sou ons gedurende die laaste twee jaar nie die oeste voor ons oë sien opvreet het nie, - alofskoon dit eintlik die sprinkaanbeamptes is wat die uitroei-werkstalligheid verrig.
Dit gaan daarmee net soos met Fisher wat sê, hy bou 'n stoor, terwyl dit al die tyd Lambertus Bredenhand is wat die pakhuis bou.... So is die wêreld se beloop en 'n mens moet dit maar verdra. Dis die beginsel van die konkeldraaie, verneukslae en politiek op onse liewe ou aardbodem.
In die winkel se nabyheid staan Bredenhand omring deur boumateriaal en neuriefluit.
Dis weer die ouderwetse liedjie van 'n bedroefde meisie, wat aan die oewer van 'n snelle vliet sit en treur.... |
|