| |
Mij reis van Kaapstad naar Pretoria. mei 1899.
(Zijnde een gedeeltelike beschrijving er van, toenmaals door mij begonnen; door tussenkomende omstandigheden en door het verlies van mijn aantekeningen, werd ik belet het geheel te voltooien, zodat ik 't slechts van Kaapstad tot Colesberg gebracht heb. Het vers zelf heb ik eveneens verlegd, en het eerst na 15 jaren, tussen oude papieren teruggevonden).
Ik het in heel mij lewenstijd
Nie veel gereis nog, tot mij spijt.
Wijl ik mij altijd het verbeel
Dit kos maar tijd en geld, heel veel,
Alsook 'n heelboel ongemak
Te slaap onder 'n vreemde dak.
Te skommel in 'n trein of kar,
Breng net jouw harsings in die war,
En om die heel dag stil te sit,
| |
| |
Net als 'n monnik wat daar bid,
Of t' kouwe op 'n dadelpit,
Dit maak jou bang vir so 'n rit.
En dan het ik ou Riebeek's stad
So lief - Ik het dit reeds gehad
Van dat ik nog 'n jongie pas
Van ses of sewe jare was;
Ofskoon ik nie geheel en al
Is opgegroei in 't Kaapse dal,
Maar als 'n boer die land beploeg,
Die tuin beplant het, laat en vroeg,
Was tog ou Tafelbergs Vallei
Die liefste plek waar ik wou blij,
Die oue berg, wat ieder prijs
En uit die see so trots verrijs,
Die het ik lief; daar is vir mij
Geen ander berg so skoon als hij.
Die lewe so vol suur en soet,
Was mij steeds skoon hier aan sij voet.
Dit was ook een der redes, dat
Ik weinig lus tot reise had.
Maar daar kwam op 'n goeie dag
'n Brief aan mij, heel onverwag,
Hul vroeg mij, - ik was half verstom,
Omdat daar; soos mij werd gemeld,
'n Komitee was aangesteld
Vir mij ontvangs, wat graag begeer
Dat ik daar moes kom reciteer
Mij versies wat ik het geskrijf
Hier tot vermaak en tijdverdrijf.
Ik dog, maar kwam tot geen besluit,
En stelde toe die reis dus uit,
Maar spoedig kwam, nie lang hierna
'n Vriend self, uit Pretoria,
Die mij vertelde, met veel drang
Hoe hul naar mij daar het verlang.
'k Kon dus nie langer weerstand biên
| |
| |
En sprak, ‘Ik kom, jul sal dit sien.’
Nou was die koeël deur die kerk;
Daar werd gepak en hard gewerk,
Daar sien jij doos en koffer staan,
Want vrouwlief sou ook medegaan,
En reis 'n vrouw oor land of see
Dan moet een heelboel goedjies mee.
Daar kom geen eind aan die gepak
Van tabberds, lijfies, rok en frak.
Met hoede, strik en parasol
Was netnou 'n paar trommels vol;
En toe nou op die derde Mei
Die son verrees, verliete wij,
Na afskeid van ons vriendeskat
Ons huis hier in ou Riebeek's stad
En reis toe onder veel hoera
Noordwaarts naar ou Pretoria.
Die vuurwa blaas en raas en fluit,
Die vonke vlieg sij skoorsteen uit.
Hij vat sij pad en trek daar voor
Wijl al die waens op sij spoor
Hom trouw volg op die ijster baan,
Want waar hij trek, daar moet hul gaan.
Gouw-gouw was nou ou Tafelberg,
Van reus, gekrompe tot 'n dwerg.
Ons stoom nou Durban-weg voorbij,
En Kraaifontein en Mulders Vlei,
Ook Klapmuts, daar nie ver vandaan
En kom toe bij die Paarl aan.
Van daar vervolg ons weer ons weg,
Laat Wellington nou regs-af leg
En Hermon aan die linkersij,
Rij Bushman's Rock heel vlug verbij
En glij toe, net's 'n slang so glad
Oor Nieuwekloof se kronkelpad.
Als jul 'n mooi gesig wil sien,
Veel mooier, als jij nog misskien
Sal sien op enig ander plek
| |
| |
Waar j' in ons land ook rond mag trek,
Dan moet jij net naar Nieuwkloof gaan
En op die trein se platform staan.
Jij sien dan hoe langs heuwel-rij
En afgrond steil, die waens glij,
En op die gladde ijster spoor
Glij als 'n slang die klowe door,
Wijl in die dal, daar diep omlaag
Klein Bergrivier, nou snel dan traag,
Hier kolkies vorm, daar skuimend bruis
Oor klipbanks heen met groot gedruis,
Wijl anderkant 'n bergrug rijs
Met bos en krans om van te ijs.
En kijk jij naar die westekant
Dan sien jij net maar vlakke land
So ver jouw oog dit kan doorkruis
Met hier en daar 'n boerehuis
En lande waar die ploeg deur gaat
Van smôrens vroeg tot sawends laat;
Met boom en wingerds vol gelaan
Wat om die boerehuise staan,
Wijl Bergrivier, deur niks gemoei,
Al kronk'lend deur die vlakte vloei
En ver weg, aan die westekant,
Waar soms die son nog hewig brand,
Als in die warme somertijd
Die boer sij graaf het neergeleid,
Naar huis dan gaan, waar rus hom wag
En krag skenk vir die ander dag,
Daar rijs 'n hoge bergrug op
Met menig krans en steile top,
Waarop die wolke rus en speel,
En die ou Riebeek se Kasteel,
Hier word genoem deur jong en oud,
Skoon deur geen mensehand gebouwd,
Maar so gevorm deur die Natuur
Bij 's wêrelds vroeër wordings-uur.
Wanneer die trein, na swaar gesug,
Die Nieuwe Kloof laat in die rug
| |
| |
En ander kant in vaart nou win
Storm ons die kom van Tulbagh in.
Die dorp leg aan die linkersij
En laat ons heelmaal ver af blij.
Ons kom nou, half uur daarvandaan,
Bij Ceres-weg se stasie aan,
Van daar kan jij die Kloof bespeur
Van Mosterts-Hoek; die rij jij deur
Als jij naar Ceres-dorp wil gaan,
Wat j' anders nou maar links laat staan,
Ofskoon die uitsig soos hul seg,
Heel pragtig is langs heel die weg,
Met rots en kloof, so steil en stout
Als ooit deur d' Almag werd gebouwd,
Wijl onder in die diepe dal
'n Sterke stroom oor rotse val,
Hier kuile vorm, daar sag weer glij
Tot dit, nie al te ver verbij
Die Ceres Stasie, ongemoeid
Met Bree Rivier, tesame vloeit.
Maar kom, ik vrees als ik die spul
Van stasies wil beskrijf vir jul,
Wat ons nog almaal moet verbij
Ik mij verhaal nooit klaar sal krij,
En heel eentonig ook sal wees
Waarvoor ik net ook baje vrees.
Ik sal dus hier en daar 'n plek
Wat mees mij aandag het getrek,
Vir jul beskrijf, so goed ik kan
En dan gaan ons weer verder an.
Van Ceres-weg weer voortgegaan,
Kom ons dan nou bij Worcester aan.
Die dorp leg digbij aan die lijn
En is heel vrugbaar, soos dit skijn.
Want waar jij net in 't rond ook kijk
Daar sien jij niks als groen maar prijk.
Die bome daar bedek die grond,
Ik glo vir mijle in die rond,
| |
| |
Terwijl 'n stroom die dorp besproei
Uit Hex Rivier se kloof gevloei.
Bij Worcester Stasie sou ons eet,
Dit was nou middag moet jul weet.
Ons maaltijd was vooruit besteld
En deur die telegraaf gemeld.
'n Halfuur sou ons daar vertoef,
Wel tijd genoeg om goed te proef.
Erg hong'rig, na die lange rit
Gaan ons nou gouw aan tafel sit.
Maar kijk, vir ruim 'n dertig paar
Van gaste, was één waiter maar.
Ons smag, ons wag maar al te lang,
Ons hart, of liewers maag, slaan bang,
Ons wenk toe onder dof gebrom
Maar nee, die waiter kijk nie om.
Die halfuur was nou haas verbij
Eer ons die kêrel beet kon krij,
'n Bordjie soep, allang gevraag
Vloei toe net spoedig in ons maag,
Toe 'n karmnaatjie, maar so taai
Dat, had jij tande als 'n haai,
Jij dit tog nimmer fijn sou krij,
Geen mes kon dit aan stukkies snij.
Maar wijl ons nog aan stoeie was
Om dit maar in ons ribbekas
Te kunne krijge, grof of fijn,
Daar lui die klok al van die trein,
Ons moes die ete dus laat staan
En so met lege mage gaan.
Die vuurwa gee 'n harde flluit
En so stoom ons die stasie uit.
Deur Hex Rivier se steile poort
Loop nou die trein al sugtend voort
En kom toe, na 'n halfuur rij,
Aan in die Hex Rivier vallei.
Maar als jul berge dor en droog,
Daarbij ook steil en vrees'lik hoog
| |
| |
Wil sien, so ver jouw oog kan speur,
Met rotse, haas van ieder kleur,
Met klowe diep, en steil daarbij
Als was dit met 'n mes gesnij,
Waarin geen spiertjie gras selfs groei,
Waarvan geen druppel water vloei,
Verlate, eensaam, dor en kaal
Als was dit deur die vuur gehaal,
Dan moet jul daar die bergerij
Gaan kijk, van Hex Rivier Vallei.
Maar kijk jul af weer in die dal,
Hier breed en wijd, daar steil en smal,
Dan sien jul boereplase leg
So mooi, als ergens langs die weg,
Waar elke soort van vrugte groei
En allerhande blomme bloei;
Die wijnstok groei daar dat dit kraak,
En die rosijntjies daar gemaak,
Word deur ons hele land geroem
En kan jij ook net lekker noem.
Dus Worcester is naar mij idee,
'n Hel en Hemel, alletwee:
Die dale moet 'n ieder prijs
En lijk 'n ware Paradijs;
Maar vir die berge moet jij ijs,
Daar dit tot in die wolke rijs,
En in die winter word bedek
Met 'n sneeuwkleed wit, en sonder vlek
Waar, vir die pret, geen mens sal dwaal
Als hij weer ooit sij huis wil haal.
Matroseberg, - die hoogste top -
Hef daar sij spits ten hemel op
Als van die hoogste in ons land
Door d' eeuw'ge Skepper daar geplant.
Die bergereeks van Hex Rivier
Loop mos van Ceres af tot hier,
Nee, verder nog; ik glo hul gaat
Tot aan die stasie van ‘De Straat’,
En waar, uit die ‘Verkeerde Vlei’
Die Hex Rivier sij water krij,
| |
| |
En dus die hele streek besproei
Tot hij in Bree Rivier gaan vloei.
Maar kom, ik het genoeg geseg
Hoe alles aan mekander leg,
Ons gaan nou verder weer op weg.
Die trein krij dit nou swaar en sleg,
Want kijk, die weg word steiler nou
Die vuurwa sug, als word hij flouw,
Hij blaas en fluit net hard daar voor,
Maar kom net langsaam oor die spoor.
Hul blij nou bij 'n stasie staan
En haak 'n ander vuurwa aan,
Hij moet sij maat tot hulp nou strek
En opstoot, wijl die ander trek.
Die uitsig word nou wonderfraai,
Want menig bog en menig draai
Maak nou die trein oor kloof en brug
Tot bijna bowe op die rug,
Alwaar jij na 'n lange draai
'n Uitsig krij, net wonderfraai.
Jij sien dan hoe die bergerij
Omsluit die Hex Rivier vallei
Met heel die Kloof en kranse steil
En afgronds moeilik om te pijl,
En toppe - hoog; sodat dit lijk,
Wanneer jij deur die wolke kijk,
Nes eilandjies van d' aard ontvlug
Wat ronddrijf in 'n see van lug,
En waar die sneeuw soms maande lang
In klipskeur en aan krans blij hang.
Ook sien jij hiervandaan hoe fraai
Die spoorlijn loop, met bog en draai:
Hier langs 'n diepe afgrond heen,
Daar oor 'n brug, gebouwd van steen;
Ginds weer deur klowe, diep en wijd
Waar d' ijster stawe is geleid
Op pale, of soals mens seg,
Op ijster standers, vasgeheg
| |
| |
Met sterke kettings aan mekaar,
Of ook op menig sterk pilaar,
Gebouwd van sandsteen of graniet,
Na wat die plek aan steensoort bied.
Maar voor ons oor die berg kan raak,
Moet ons nog 'n paar draaie maak
En ook deur 'n paar tunnels gaan,
Of deurgangs, soos ons dit verstaan.
Maar man! dit het nie lang geduur,
Of kijk, die vuurwa spuug die vuur,
En hol, net soos 'n slang wat blaas,
Die swart gat in met groot geraas.
Werd dit so donker net als pik;
Jij kon geen hand voor oë sien,
Dit was nog donkerder misskien,
Als die Egypties duisternis
Of 'n onderaardse kelder is.
'n Bietjie verder ging die tog
Nou deur 'n tweede tunnel nog;
Gelukkig duurde dit nie lang
Of ons was uit die donker gang
Weer in die helder ope lug
En bowe op die berg se rug.
Die trein moes nou weer hiervandaan
So saggies aan die berg af gaan,
Maar nie so steil daal ons nou neer,
Want spoedig rijs die grond alweer,
Dog nie so steil en nie so sterk,
Maar saggies, sonder jij dit merk,
Want als jij van die Kaapstad ga
Op reis, daar naar Pretoria,
Wat meer als duisend mijle weg
In Noord-Noord-Ooste rigting leg,
Dan, - op die minste, - klim jij goed
Vierduisend en vijfhonderd voet.
Jij gaan dus hoër op gestaag,
Maar niks of weinig naar omlaag
Waar enkel plekke op die weg,
Die lijn of stasies laer leg.
| |
| |
Die vuurwa hol met spoed nou voort
Deur 'n heel dor en droë oord
Waar hier en daar 'n boom of wat
Als spoke heen vlieg langs die pad,
Tot jij na ruim 'n mijl of tien
'n Heel klomp huise weer kan sien.
Dit is die stasie op die lijn,
Wat word genoem ‘Matjies Fontein’,
'n Plek, net baje dor en droog,
Soals dit lijk vir mens se oog,
Maar wat hul vir gesond wel hou,
Want 'n hotel is daar gebouw,
Waarheen veel sieke mense gaat
Om dit daar droog is van klimaat,
Veral veel wat aan tering lij
Om vir hul longe lug te krij.
Toe nou die trein weer voorwaarts gaat
Na dit die stasie het verlaat,
Begin die nag oor berg en vlei
Sij vale sluier uit te sprei.
Gouw het die nag ook nou geval,
Maar vuurwa gaan mos nie op stal,
Of word geen oomblik uitgespan,
O, nee, hij loop maar altijd an
Deur heel die liewe lange nag;
Tot weer die nuwe môre lag
Spring daar maar vuur en vonke uit
En blaas maar altijd deur sij fluit.
So hol die trein met spoed nou voort
Deur 'n heel dor en droë oord;
Jij sien net vlaktes aanmekaar
Met kleine bergies hier en daar;
Geen boom nog bos verruk die oog,
Rivier en sloot lijk almaal droog;
Geen tuin of saailand sien jij prijk
Met groen; so ver jouw oog kan kijk
Net 'n boerehuisie hier en daar
Met tuintjie, ook maar droef en naar.
| |
| |
'n Soort van bossies, ses duim hoog,
Wat dood al lijk, en uitgedroog,
Is bijna alles wat jij siet
Of wat die streek aan groeikrag bied.
En daarop tier die skape-ras
So goed, als op die beste gras,
Wat op die vetste vleigrond groei
Of langs die kant van strome bloei.
Ook voëlstruise, groot en fier,
Sien jij somtijds in troppe hier.
Die streek hier noem hul die Karoo,
Waarom weet ik nie, maar ik glo
Om dit 'n soort van heiveld is,
Besaaid met klippe, wat gewis
Daar wijd en sijd werd rondgestrooi
In plaas van gras en blommetooi;
Want waar jij ook jouw oog mag slaan,
Lijk alles als deur vuur vergaan,
Alsof die hele liewe land
Tot selfs die klippe was verbrand,
Toe kort, na 's wêrelds wordings-uur
Nog alles water was en vuur.
Maar kijk, dit is nou goed en wel,
Dog, 'k het vergeet nog te vertel
Hoe dat ons nou die eerste nag
Daar in die trein het deurgebrag,
Eers werd die kooi-goed, uit die sak
En uit die bondels uitgepak,
En toe die bedde opgemaak,
Maar dit is meer mos vrouwesaak.
Toe werd die awendmaal gedaan
En daarna sou ons slape gaan.
Maar eers, soos vrouwe meesal is,
Werd nog die hare opgefris,
Die slaapjaponne aangetrek,
En toe moes ik hul goed toedek....
Want kijk, ik het dit mos vergeet:
'n Nig van mij, dit moet jul weet,
| |
| |
Het ook met mij nog saamgegaan,
So het ons drie die reis gedaan.
Ik was maar blij, dat op die pad
Ons toe altijd geselskap had.
Wel, toe die twee nou in die kooi
Beveilig was teen vlieg en vlooi
So met kombers als wolle doek,
Kon ik ook maar mij kooi opsoek.
'k Kwam amper op die dak tereg
In d' hanebalke, soos mens seg:
Daar bowe op die plank of rak,
Waar j' in die trein jouw goed op pak.
Mij slaapplek was wel nie te ruim,
Maar, is jij in geen slegte luim,
Dan is jij ook al gouw tevree
Al loop jou ook nie alles mee.
En in die trein, soos dit mij blijk,
Moet jij veel oor die hoof soms kijk,
En watter mens kan ook verwag
Dat jij kan slape in die nag
Daar in die trein, soos in jouw huis
Bij al die skudde en gedruis.
Want kijk! die trein loop steeds maar deur,
Solang geen ongeval gebeur,
En hou hom nergens anders op
Als bij die stasies, waar hij stop.
Nadat ons in die nag aldus
Gedompel was in soete rus,
En Laingsburg het verbij gerij
Met d' stasie van die naam daarbij,
En waar die Buffalo Rivier,
- Ons noem dit Buffel, na die dier -
Die part van die Karoo besproei.
Totdat dit in die Gauritz vloei,
Maar om die storie kort te maak,
Ons het al lang voor dag ontwaak,
Want voor die lekker winterson
Weer op die dag sij loop begon,
| |
| |
Drink ons al koffie op die trein,
Ik glo bij stasie Groot Fontein.
Vandaar kom ons bij Bloedrivier,
Maar weinig sien jij ook al hier,
Als wat jou die gesig verskaf
Van Dwykabrug; wat verderaf
Volg daarop nou Prins Albert-weg,
Dan Fraserburg, wat verder leg,
En waar die Wilgebosch Rivier,
Met Deeuw en Veltman's stroom alhier,
Vereend, met d' Gamka, samevloei
En ook die dor Karoo besproei.
Dan volg daar nog twee stasies meer,
Wat na mekaar jij moet passeer,
Dis Letjiesbosch, so heet die een,
En d' ander Klipbank, naar ik meen.
En is jij die verbijgegaan,
Dan kom jij gouw op Beaufort aan.
Die dorp is mooi en taamlik groot
En van beteek'nis nie ontbloot.
Dit leg heel mooi, want Kuils Rivier
Met Gamka's stroom verenig hier
En sluit hom in van altwee kant,
Soals geen dorp in heel die land.
Die grote dam so lang beroemd
En ‘Beaufort's dam’ deur elk genoemd,
Voorsiet van water elke erf,
Sodat geen plant van droogte sterf.
En wat nog groter voordeel skijn:
Die dorp leg aan die spoorweglijn.
Van Beaufort klim jij staag nog op
Tot aan die plek Rhenoster Kop.
En gaan van daar die Nels Poort door,
Langs d' stasie, waar die naam bij hoor.
Weer een'ge mijle daarvandaan
Kom ons bij die ‘Drie Zusters’ aan.
Die naam, soos hul mij het geseg,
Kom van drie bergies wat daar leg,
| |
| |
En als jij, van die stasie kijk
Haas ewe hoog en eenders lijk.
Vandaar rij ons deur niks gestoord
In 'n noord-ooste rigting voort,
En stoom nog steeds die vlakte deur
Vol rots en klippe, bruin van kleur
En berge sonder bos of groen
En wonderlik soms van fatsoen.
Na ons die Zusters het verlaat
En nou 'n end weer noordwaarts gaat,
Rij ons wel ruim vijf mijle voort
Tot bij die Stasie ‘Biesjes Poort’.
Vandaar weer naar Victoria West,
Drie mijle suidwaarts op s'n best.
Van af Victoria West se stad,
Of seg maar ‘dorp’ wat in 'n gat,
Of beter kloof of laagte leg
Net aan die Schietfonteinse weg.
Vandaar stoom weer die vuurwa voort
Tot naar die stasie Brakkepoort.
En weer vandaar naar Richmond-weg
Wat noord-oos van die Brakpoort leg.
Dan verder krij ons Deelfontein,
Nog steeds Karoo-veld, soos dit skijn,
Dan Mijnfontein, daarna die Pot
En eindelik ‘De Aar’ tot slot.
Die stasie daarvan is net groot
En gans nie van belang ontbloot,
Want daar vereen die lijne saam.
Die lijn van Beaufort is vernaam,
Ja, die vernaamste mag mens seg,
Want van die Kaapstad gaan hij weg
En loop regdeur die heel ou staat
Sover die Kaapkolonie gaat,
Passeer dan eers die Grootrivier
Van Hope Town oos, 'n mijl of vier,
Loop Griqualand langs d' oostekant
Van Suid tot Noord, net heelmaal deur
Tot jij Rhodesia's veld bespeur
| |
| |
En waar Matoppo's heuweltop
Vir eers sij verder voortgang stop,
Maar in mij storie moet ons weer
Nou naar De Aar terug gaan keer.
Vanaf De Aar draai nou die lijn,
Suid-oos kant uit, naar Rietfontein,
En loop dit waar nou Taaibosch leg,
Dan verder naar ‘Hanover-weg’.
Nou kom nog ‘Dwaal’ en ‘Wildfontein’
Wat leg digbij die ‘Nauwpoort’ lijn,
Dan volg die stasie self, beroemd
En wat mens ‘Naauwpoort Junktie’ noemt.
Die stasie is van groot belang,
Om hij die lijns van d' Suide vang,
Ook nog die een van Graaff-Reinet
En die van Port Elisabeth,
En selfs die een ook samevat
Suid-Ooswaarts van Oost Londen's stad.
Jul kan dus bij julself verstaan
Wat werk daar wel word afgedaan,
En wat 'n drukte ook gewis
Die heeldag bij die stasie is.
Die treine, vol met goed gelaan
Kom maar van alle kante aan.
Dit is geloop steeds, en gedraf,
Die een klim op, die ander af,
En deur die mense wat daar kom,
Word maar geklaag, gevloek, gebrom,
Sodat die arme werkers daar
Maar weinig rustijd kan gewaar.
Maar kom, ons kan nie langer staan
Ons trein sal netnou weg moet gaan,
Want kijk, daar blaas die fluitjie al
En agterblij lijk al te mal.
Maar nou, van Naauwpoort's Junktie af
Sal weer ons trein noord-ooswaarts draf.
| |
| |
Vereers moet ons 'n stasie weer,
Hul noem dit ‘Tweedale’, gaan passeer,
Dan kom ons op ‘Arundel’ aan,
Vandaar weer verder voortgegaan
Gaat ons dan ‘Rensburg’ ook verbij
En ‘Plewman’ tot ons ‘Colesberg’ krij,
Of seg, die Colesberg stasie maar,
Want Colesberg dorp leg wes van daar
Aan 'n kort tak, of aan 'n lijn,
Wat skaars glo, twee mijl lang kan sijn.
Die dorp self is 'n liewe plek,
Wat goed mij aandag het getrek.
Dit is digbij die voet gebouwd
Van Colesberg Kop, wat hom daar stout
Ten hemel hef, en skaduw spreid
Oor dorp en velde, breed en wijd.
Op klokslag drie uur het ons toen
Ons eerste uitstap daar gedoen.
Ons werd daar deur 'n vrind verwag,
'n Oue vrind, seer hoog geag,
Wat ik alreeds als knaap en kind
Vir vele jare het bemind,
Met sij gesin, so lief als sag,
Verwelkom ons met gulle lag.
Ons had dit, og so aangenaam
En het geloop, als vroeër saam,
Vertel weer stories, als om strijd,
En grappies uit die oue tijd.
Ons lag toe, kijk! en maak weer pret
En ging laat in die nag naar bed.
Ons het geblij 'n daggie hier
En rondgerij met veel plesier,
Om alles wat die dorp mag bien
En ook die omtrek te besien,
En als mij tijd so kort nie was,
Had ik ook nie so gouw verkas,
Maar daar geblij, net als 'n plaag,
Totdat mij vrind mij weg sou jaag.
Ou Colesberg is 'n wonder plek,
Die hele omtrek is oordek
| |
| |
Met rotse, wat so opmekaar
Gestapel is, als was dit daar
So neergeset vir seker doel,
Misskien vir tafel, bank of stoel,
Waarop in lang vervloge tijd,
Sig d' Enakiet het neergevleid,
Om in die wilde grondgebied
Sij growwe maaltijd te geniet.
Die stad, of dorp, sal ik maar seg,
Wat in 'n soort van kloof daar leg,
Is ook omring aan elke sij
Deur koppies, of, deur heuwelrij
Wat al van vierkant rotse daar
Met rij na rij, van onder op,
Tot bowe op die hoogste top,
Alwaar, in klipskeur, dor en koud,
Die skuwe das sij woning bouwt.
Maar kom, ons is met Colesberg klaar
En moet weer gaan vertrek van daar.
Na ons nou lekker het geslaap
En so gesnork het als 'n paap,
Het toe mij vrind nog kort voor dag
Ons same naar die trein gebrag,
En hart'lik ons goei reis gewens
Dig bij ons ou Kolonies grens.
Die verdere beskrijwing van die reis is die herinneringe uit die tijd, wat na 15 jare, (van 1899 tot 1915) nog in mij opgekom het.
Van Colesberg Junktie weggegaan,
Kom ons bij Achtertang toe aan,
En daarvandaan bij Norvals Pont,
Daar wijd en sijd bekend in 't rond.
Maar nou bestaat die Pont nie meer
| |
| |
Of word maar selde nog probeer,
Want van hul nou die grote brug,
Honderd voet hoog wel in die lug,
Oor Grootrivier daar het gebouw
Word dit als d' oorgaansplek beskouw,
Sowel vir waens als die trein,
Wat ook daaroor glij op die lijn,
Sodat die pont, met drif daarbij,
Maar weinig van die loop nog krij.
Jij sien als jij die brug af kijk
Die mense net als apies lijk,
So klein; als hul daar onder staat
En hul daar lag en skree en praat,
Kan jij daar egter niks van hoor
En word die stilte nie verstoor.
Die brug loop heelmaal met 'n swaai,
Of seg maar liewer, lange draai,
En 'k wed, daar is ik nie vir bang,
Nie minder als 'n half mijl lang.
Hul seg, dit is 'n meesterwerk,
Nie groot slegs, maar daarbij ook sterk.
Als jij die brug is oorgegaan,
Kom jij op Vrijstaats grond te staan,
Die grond, alwaar vir vrijheids reg
Waarvoor hul kinders reg nou heef
Om onder eie vlag te leef.
Van Norvals Pont loop nou die lijn
Noord-ooswaarts reg naar Springfontein,
Maar tussenin moet ons alweer
Verskeie stasies nog passeer,
Maar daar ik mos 'n vreemd'ling ben
En gans die landstreek ook nie ken,
Sal ik van hieraf nou voortaan
Die minder stasies o'erslaan,
En net maar die vernaamste noem,
Wat op 'n dorp of stad kan roem,
En wat nie ver af van die weg
Of eintlik van die spoorlijn leg,
En waar in kloof, of berg of dal
| |
| |
Iets van belang het voorgeval,
Wat sekerlik op menig plek
Waar ons nou straks verbij moet trek
Gebeur al het in hierdie streek,
Maar waar ik weinig van kan spreek,
Of wat ik, als 'n vreemdeling,
Niks van vertel kan of besing.
Maar kom, die tijd die staan nie stil,
Om all's te segge wat ik wil,
Dus is die beste, wil ik wed,
Ons reis maar daadlik voort te set.
Ons volg nou maar van Springfontein
Dieselfde rigting op die lijn,
En kom op ‘Edenburg nou uit,
'n Dorpie wat nie veel beduid,
Maar tog gelege aan die lijn
Wat nou reg loop tot ‘Bloemfontein’,
En stomend langs die ijster weg,
Ruim twintig mijl nog verder leg,
En wat, soos ieder weet gewis,
Die Hoofstad van die Vrijstaat is,
En setel van die Goevernment;
Alwaar ook d' edel President,
Marthinus Steyn sij woonplaas heef
En vir sij volk daar werk en leef.
Die Vrijstaats' Parlement kom daar
Ook alle jare bij mekaar,
En maak daar wette wijs en goed,
Wat d' land deur voorspoed bloeie doet.
Die stad is nogal uitgebreid
Met huise mooi, en strate wijd,
En is in kort naar alle skijn
Wel werd die Hoofstad te kan sijn
Van die Oranje Vrije Staat
Alom bekend, waarheen men gaat,
Welks helde soveel dapperheid
In worst'ling het ten toon gespreid,
Met Brit en kaffer indertijd,
| |
| |
Ook Moshes' trots het neergeleid
En dus oor Vrijstaat's wije veld
Die soete vrede het hersteld.
Dog ons blij nie te lang aldaar,
Op Bloemfontein, een dag slegs maar,
Want eigentlik was onse plan
Pretoria, so gouw dit kan,
Nou te bereik, en dan aldaar
Vir 'n paar dae met mekaar
Nog rond te kuier en te kijk
Hoe dat die stad en omtrek lijk,
En als dit moontlik is, misskien
Oom Paul, die President te sien,
Die man so nederig van staat,
Maar oor wie heel die wêreld praat
En vader noem van heel sij volk,
Sowel als raadsman, leider, tolk.
Ons het gespoor van Bloemfontein
Noord-ooswaarts verder op die lijn,
Passeer toe op die weg van hier
Eers Modder- en toe Vet-Rivier,
En kom daarna op ‘Smaldeel’ aan,
'n Kleine stasie op die baan,
Vanwaar 'n taklijn ooswaarts gaat
Naar Winburg dorp, ook in die staat,
Wat so omtrent tien mijle weg,
Nie meer nie, van die hooflijn leg.
Van Smaldeel af nou glij die trein
Noord-oos, steeds voorwaarts op die lijn,
Passeer eers Riet- dan Vals Rivier
Tot Kroonstad op die lijn alhier,
Waar d' rijweg Bethlehem toe gaat
En nog meer dorpe in die staat.
Van Kroonstad loop die lijn steeds voort
Noord-ooswaarts tot aan Vaalstrooms boord,
Alwaar dit oor die stroom nou spring
Bij die stasie van Vereeniging.
Ons kom die oggend vroeg daar aan
| |
| |
Maar toe die trein was stil blij staan,
Kom d' order of bevel, heel luid
‘Die reisigers en goed moet uit,
Want alles moet word ondersog,
Wat iedereen het meegebrog.’
Dit werd nou uit die trein gehaal
En heengebring naar 'n groot saal,
Alwaar toe alles werd ontsluit
En wat daarin was moes daaruit.
Geen droef geklag of ook gebrom
Het iemand daarvan laat ontkom.
Elk moes ook deklarere, dat
Hij niks van wapens bij hom had.
Die wagters moes dit alles doen
Want d' oorlogs praatjies was juis toen
Reeds o'eral in volle gang,
En die Regering was net bang,
Dat jingo's wat naar oorlog wens,
Kon wapens smokkel oor die grens
Naar vrindjies deur die land verspreid,
Wat vurig haak al naar die strijd,
Om als dit England kon geluk,
Transvaal so heelhuids in te sluk,
Tesame met Oom Paul daarbij
Als hul hom deur hul keel kan krij.
Maar kijk, Oom Paul, steeds bij die hand
Hij knijp sij oë aan een kant,
Maar hou die ander kant steeds oop
En sien so hoe die vijand loop,
En daarom moes die goed ontpak
Daar worde, trots die ongemak,
‘Want,’ seg hij, ‘beter dat jul brom,
Als dat ik in die kwaad in kom.’
Wel, toe nou alles was gedaan,
Kon onse trein weer voorwaarts gaan
En stoom ons gouw met alle spoed
Tot ‘Halfweg’ stasie word begroet,
En waar die trein van Boksburg weer
Reghoekig onse trein passeer,
Wat eers ‘Johannesburg,’ en dan
| |
| |
Vir ‘Krugersdorp’ bereike kan,
Alwaar hij dan 'n draai weer maak
En met 'n bog die ‘Blauwbank’ raak.
Van Krugersdorp loop hij reguit
Tot hij suid-wes bij Klerksdorp stuit,
Nadat hij eers nog Potchefstroom
Het in sij loop verbij gestoom.
Maar laat ik verder voort verhaal,
Ons is mos van ons trein verdwaal.
O, ja, ons was bij ‘Halfweg’ juis,
Die stasie waar die spoorlijn kruis,
Vandaar rij ons weer noordwaarts op,
Tot bij Pretoria ons stop,
Die Hoofstad van Transvaalse staat,
Waaroor ons ook nog wat sal praat.
Pas het die trein daar stil gehou
En ik, mij niggie en mij vrouw
Daaruit gestap, of kijk, 'n tal
Van goeie vrinde staan daar al
Om ons t' ontvang. en bring ons snel
Per rijtuig naar die Grand Hotel,
Waar vir ons, als die vrind se gas
Logies alreeds besproke was.
Ons werd daar vele dae lang
Gevier, naar wat ons hart verlang,
En rondgebring, waar ook begeer
Van Raadsaal, tot Museum in kluis,
En ook die President se huis
Het ons besoek, alwaar die ou
Met Tante Sanni, sij ou vrouw,
Daar lekker met ons het gepraat
Totdat die klok vier ure slaat.
Ook in die Staat se drukkerij
Het ons 'n vrind mooi rondgelei.
Die Camp waar al die skietgoed was.
Kanonne en wat daar bij pas,
Met waens om dit te vervoer,
| |
| |
Ook die gevreesde Mauserroer
Met elke ander soort geweer
Rewolwers en wat al nie meer.
En dan die stalle groot en klein
Met perde en tuie, skoon en rein,
En waar hul verder op kan roem,
Maar wat 'k alles nie kan noem
En dus maar deur mekaar moet meng,
Het vrinde ons in rond gebreng.
Maar kijk! hoe kan ik dit vergeet
Daar 's nog een ding, wat jul moet weet,
'k Zag in die kamp daar, ook die perd
Wat op Doornkop, saam gevange werd
Met Jameson, wat hom het berij
Toe Piet Cronjé hom daar bestrij
En waar hij, na die bloed'ge slag
Aan die verkeerde kant moes lag
En diep vernederd en beroerd
Pretoria binne werd gevoerd.
Sij mitralleuse skietmasjien
Het ik ook daar die dag gesien
Met ander wapens buit gemaak,
Wat daar gebruik werd vir die saak.
Maar verder moet ik nog vertel
Hoe wij van bo van die hotel,
Of eigenlik van die balkon.
Daar neer gesit het in die son
En so van die gesig geniet
Wat alles om ons henen bied.
Om nege uur, of daaromtrent
Kom dan die agbre President
Gereëld bij die Raadsaal aan,
Waarvoor dan reeds veel mense staan,
In d' koets, met d' erewag daarbij
Wat hom dan naar die saal moet lei,
Hom binne brenge en dan vlug
Weer rije naar die stal terug.
Die mense blijwe dan nog staan
| |
| |
Tot hij eers binne is gegaan,
Terwijl hij midde op die dag
Ook bij die heengaan word gewag.
Maar nou moet ik nog iets verhaal
Voordat ik weer sal af gaan dwaal;
Soals jul weet, het ik op versoek
Gekom vanaf ons Suiderhoek,
Of wel van ou Van Riebeek's stad
Oor 'n eenduisend mijl lang pad
Om van mij versies, een of meer
Naar dit beval mog, te resiteer.
Ik was dus op die plek alhier
Vir hul sowel als mij plesier.
Oorleg moes hul dus naar hul sin,
Waar en wanneer ik moes begin.
Die awend werd ook gouw bepaal
In die hotel se etenssaal,
Een van die grootste in die stad,
Wat plaas vir wel vierhonderd had,
Waar ik en 'n paar ander mee
Vir lag of stigting op sou tree.
Tot voorsitter werd toe benoemd
Ons digter Reitz, so seer beroemd.
Oom Daantjie van den Heever sou
Ook tussenbei 'n aanspraak hou.
Ook Dr. Engelenburg was daar
Met Koster, Bell en Grobbelaar
En nog veel ander vrinde meer
Wat 'k nou nie kan herinner weer.
Die saal was ook heel goed gevuld
En 'k werd gewag met ongeduld.
Ik ging dus daadlik aan die gang
En hield hul besig twee uur lang,
Maar of ik hul ook het bekoor,
Dit sal jul van hul self moet hoor.
Genoeg, dat ik die nag gerus
Geslaap toe het naar hartelus.
Ons het toe nog 'n dag of wat
Blij kuier in Pretoria's stad.
Die vrinde raad ons naamlik aan
| |
| |
Om eers nog naar Natal te gaan,
Daar Pietermaritzburg te sien
En Durban 'n besoek te biên
Want dit was goed die vrugbaar hoek
Van Afrika te gaan besoek.
Ons dank die vrinde toe van hier
Vir al die goedheid en plesier
Wat ons van hul genote had
Solang ons toefde in hul stad.
En wenste blij en wel te moe
Hul verder ook Gods seën toe.
Toe lui die klok, en blaas die fluit
En stoom ons weer die stasie uit.
Ons rij nou naar die suide voort
‘Halfweg’ verbij, door niks gestoord,
Tot dig bij ‘Rooikop’ waar nou weer
Die lijn sig naar die suide keer,
Oor Blesbokspruit, en met 'n swaari
Of beter nog, met korte draai
Naar Heidelberg, wat digbij leg
En waarvandaan hij volg sij weg,
Totdat hij Standerton passeer
En daar bij Volksrust suidwaarts keer.
Bij Standerton, heel digtebij,
Het ons die Vaalstroom oor geglij.
Volksrust is nou die laaste plek
Tot waar Transvaalse grens sig strek.
Die Buffelstroom ontspring alhier
En vloei eers laer als rivier.
Ons staan nou, waar ons kijk in rond
Op Engels, of Natalse grond.
Die dorpies leg, dis suiwer waar,
Geen volle mijl hier van mekaar,
Van Volksrustdorp, straks oorgegaan,
Kom ons op ‘Charles Town’ nou aan,
Dig bij die dorpie is die plek
Alom bekend als ‘Lange Nek’.
Majuba berg, leg dig daarbij,
Waar d' Engelsman het sla gekrij,
En van die berg het af moet vlug
| |
| |
Hul koffieketels op die rug.
Daar digbij, het Ingogo's slag
Hul ook die dag verkeerd laat lag.
Dog laat die stories nou maar blij,
Die dae is tog lang verbij,
En laat ons nou, op d' ijster baan
Maar voort naar ons bestemming gaan.
Toe van Pretoria weg ons rij
Was d' skemeraand al heel dig bij
En gouw ook was die nag nou al
Op hierdie wêreld neergeval,
En het, dit spreek nou als 'n boek,
Al gouw-gouw ons die kooi laat soek,
Sodat ons van die dorpies nou
Geen enkel selfs het kan beskouw,
Daar ons vir almaal op die rij
Het in die slaap verbij geglij,
En waar ons eers in d' oggend weer
Ontwaak het, weet ik nou nie meer,
Maar 'k denk, dat toe die son verrees,
Ons bij ‘New Castle’ is gewees.
Toe krij ons ‘Glencoe’, daarna weer
Het ons die ‘Biggarsberg’ passeer,
Toe Elandslaagte, en na dit
Die dorp of stad van ‘Ladysmith’.
Van daar spring weer 'n taklijn weg
Noordweskant uit, en soos hul seg,
Gaan dit die Drakensberg nek oor,
Seer steil; van Reenens Pas dan door
Tot Harrismith, wat dien geseg,
Weer in d' Oranje Vrijstaat leg.
Maar laat ons nou terug weer gaan
Naar ‘Ladysmith’, want daarvandaan
Tref ons dan nou ‘Colenso’ aan
En moet ons oor ‘Tugela’ gaan,
Waar meer als een gebeurtenis
Ook met ons volk verbonde is.
Van af Colenso volg ons gouw
| |
| |
‘Chievely’, ‘Frere’ en ‘Estcourt’ nou.
Die plekkies is van min belang
Waaraan nie veel geskiednis hang.
Van ‘Frere’ stasie ooswaarts heen
Ruim twintig mijle soos ik meen,
Leg daar 'n dorp, wat lang gewis
Sal leef in ons geskiedenis,
En wat hul nou nog ‘Weenen’ heet
Naar 'n gepleegde moord, so wreed,
Als ooit geskiedrol of penseel
Het aan die wêreld meegedeel,
Want nadat Dingaan, wreed en snood,
Retief had deur verraad gedood,
Sond hij sij krijgsvolk snel meteen,
Naar weerloos vrouwekampe heen.
Langs Blauwkrans stroom in d' rond verspreid,
Werd van die mans die koms verbeid,
Niks wetend van die vreeslik lot
Hul wagtend van die kaffer rot.
Terwijl hul rustig nederlag
En aan geen ramp nog onheil dag
Werd in die middel van die nag
Meedoogloos hul als vee geslag.
Meer als vierhonderd werd aldaar
Ter dood gebring deur die barbaar,
Want deur die woeste krijger skaar
Werd vrouw nog suig'ling teer, gespaar.
Wee d' Afrikaner wat vergeet
Waarom die plaas dus ‘Weenen’ heet.
Van Estcourt af het ons toe weer
Die Mooirivier eers gepasseer,
En daarvandaan toe voortgerij
Tot Pietermaritzburg ons krij.
Van hier gaat weer 'n taklijn voort
Tot ‘Greytown’, veertig mijle noord.
Ons kom eers op Maritzburg aan
Toe d' son al was ter rus gegaan,
En het toe daar vir d' eerste keer
| |
| |
Die nag in 'n hotel loseer,
Hier op Natalse grondgebied,
Sinds ons Pretoria verliet.
Maritzburg werd eerste gewijd
Tot Hoofstad, in die Boer se tijd,
Maar toe die Engelsman daar kwam
En land en mag die Boer ontnam,
Het hul van ‘Durban’ dit gemaak,
Waarom? ja, dit was hulle saak,
Want waar dat hulle ook verskijn
Seg hul: ‘dis mijn! dis alles mijn!’
Naar reg of onreg vraag hul niet
Hul neem maar alles wat hul siet.
Maritzburg's stad is mooi gebouwd,
So ver ik dit toe het beskouwd
Maar 'k had geen tijd om rond te gaan
Of ergens lang te blijwe staan,
Omdat die trein, - moet ik dit seg? -
Nie wag op iemand en trek weg,
En als jij op die tijd nie pas,
Dan moet jij blij maar waar jij was.
Dog wat mij daar het snaaks gelijk
Was, als jij naar 'n rijtuig kijk,
Om daarmee ergens toe te gaan,
Dan kom 'n heelboel riksha's aan,
Waarvoor net flukse kaffers trek
En wat jou bring van plek tot plek.
Maar wat, wil jij soms met hom praat,
Niks als sij kaffertaal verstaat,
En hoe jij hom beduie mag,
Sij skouers optrek en dan lag.
Maar iets moet ik jul tog nog seg
Wat mij getref het langs die weg:
Dit was die skone omtrek, siet,
Met vrugbaarheid op elk gebied.
Bij ieder kronk'ling wat die trein
Langs heuwels maak, so groot als klein,
Daar groei die vrugte, soos dit skijn
En blomme, haas tot op die lijn,
Ook selfs, so ver jouw oog maar reik,
| |
| |
Op veld en heuwels waar jij kijk,
Jij sal moet segge, dat vervas
Dit hier die Paradijs-streek was.
Kort na die middag, trek ons trein
Naar Durban nou, al langs die lijn
En kom ons vroeg genoeg nog aan
Om naar 'n goed hotel te gaan.
Om alles goed te gaan bekijk
En wat ons al of nie sou lijk,
Daarvoor had ons tot onse spijt
Net maar tot aan die middag tijd.
Wel, Durban self staan mij wel aan,
Maar wat mij nie het aangestaan
Was, dat so Moor als Indiaan
Hul tente daar het opgeslaan
En soals dit mij lijk, vir goed
Sodat al d' ander vlugte moet;
Wat mij net lelik het gelijk
Want, als jij wil die stad bekijk
En dan maar eers die hoofstraat neemt
Dan voel jij jou so heelmaal vreemd.
Jij word geen Boer of Brit gewaar,
Die blankman is daar ingesluk,
Of seg maar liewer, weggedruk,
En elke handelsplek of saak
Is heelmaal in hul hand geraak.
Want kijk, die goed leef op hul wijs
Die heel dag op een pondjie rijs,
Iets wat 'n blanke van fatsoen
Onmooglik hulle na sal doen.
Hul hou daar winkels groot en fraai
Met alle weelde owerlaai.
Die hoofstraat loop daar langs die see,
Neem trem of kar, en rij daarmee,
Dan kan jij self daar ondersoek
En sien of ik 'n kluitjie boek.
Die ligging van die stad is fraai
En aangenaam so langs die baai,
Waar alle skepe soos hul seg
| |
| |
Vir wind en storme veilig leg.
Veel mense, in die winter gaat
Daarhene om die sag klimaat,
Maar in die somertijd, o wee!
Dan brand die son daar net vir twee,
En wens jij, dat jij liewer weer
Naar eie huis terug kan keer.
Maar kijk, die tijd gaat haastig om,
En maak dat ons moet huistoe kom.
Ons moet nou sien, om daadlik weer
Naar die Transvaal terug te keer,
En daarom sal ons nou maar snel
Aan Durban toeroep ons ‘vaarwel’,
Vir Maritzburg ook links laat blij
En somaarso verbij gaan rij,
Want daar ons nou dieselfde weg
Tot hiertoe reeds het afgeleg
Is 't gekheid daar iets van te seg,
Ons laat dit nou maar stil daar leg.
Die vuurwa loop nou snel maar deur
Tot ons Johannesburg bespeur,
Waar iedereen naar toe gaat stroom
Wat slegs van berge goud kan droom,
Maar wat, bij d' einde van die baan
Met lege sakke blijwe staan,
En wens dat hulle nog wat had
Van 't geen hul voor die tijd besat.
Pas had ons trein nou stilgehou
Vlak voor die groot stasionsgebouw,
Of vrinde staan daar ook al klaar
Om ons naar Heaths hotel aldaar
Te brenge, waar ons sou loseer,
En krijge wat ons maar begeer.
Was mij daar ook deur hul gevra
Om van mij versies daar nou weer
'n Bietjie te kom resiteer.
'n Saal was daar ook afgehuur,
| |
| |
Programma's werd mooi uitgestuur
En gouw was ook die saal weer vol,
Maar wat gevolg het was te dol:
Dit is 'n kerkesaal gewees,
Waar Sondags preke word gelees,
En waar hul dus nie in die week
Onheilge dinge kan laat spreek,
Waar godsdiens nie mee saam kan gaan;
Maar tog, hul krij dit toe gedaan;
Dog nou was binnekant geen plek
Om te kan lees, dit leek mij gek;
Toe vra ik of ik dan kan gaan
Die preekstoel op, om daarvandaan
Die versies vir hul op te sê,
En dit was juis wat hul wou hê.
En so het hul die aand gelag
Dat hul het aan geen preek gedag.
Die ander dag het ons gegaan
Naar d' mark, en toe, om daarvandaan
Die wonders van die goudmasjien,
En hoe die stampers werk te sien,
Hoe dat dit in die werk toegaat
En daarna dit als goud verlaat.
Ook het ik daarvandaan gerij
Om ‘Krugersdorp’ te sien, waarbij
Die monument van ‘Paardekraal’,
Herinring aan die segepraal
Van d' Boere in die vrijheids strijd,
En neerlaag aan die Brit bereid.
Van onder is dit klippe maar,
Daar so gestapel op mekaar,
En daaroor heen het hul gebouwd
Die monument; dis nie van goud,
Want wie van hul het toe gedag
Aan d' afgod van die nageslag
Wat groot en klein vereer, aanbid
En aldaar in sij tempel sit!
Daar was mos toe al tekens van,
Want die Hervormers roer die pan
Daar in geheim soveel hul kan.
| |
| |
Hul dag Oom Paul wis nergens van
En wou probeer, 'n heel tijd lang,
Om hom daar in hul net te vang,
Laat roep om hul te hulp te kom.
Maar kijk, Oom Paul was slim, die ou
Het dit verijdel baje gouw,
Want deur die slag van Doornkop
Was daardie boel net mooi gefop,
En toe hij Jameson het gevang,
Word hul daar net als hasies bang
En vlug toe weg so gouw hul kan,
Als was die duiwel agteran.
Maar kijk, die ou was hul nog voor,
Hij grijp hul tog nog bij die oor
En stuur hul almaal, oud en jonk,
Daar in Pretoria se tronk.
Maar heel die storie is bekend
Bij ieder, van begin tot end,
Dus sal ons dit maar hier laat blij
Daar 't tijd word om weer weg te rij.
Ons goed was nou al ingepak
In doos en trommel, pak en sak;
Nou vir die vrinde dank geseg
En dan maar met die trein op weg.
Dit was al donker, toe die trein
Om te vertrekke gee die sein;
Nog net 'n handdruk en vaarwel
Aan al die vrinde, en toe snel
Gaan onse trein in donker voort
En word slegs fluit en blaas gehoord.
‘Halfweg’ word weer door ons passeer,
En ander, als die eerste keer.
Ons gaan nou dadelik naar bed
Deur niks gehinder of belet,
En toe die môrelig verskeen
Was alles wit, rondom ons heen
Van pure rijp, of seg maar ijs,
Dit gaf ons almaal hoendervleis
Van kou; ja, selfs die vensterglas,
| |
| |
En water in die trein, ook was
Bevrore, sodat deur die kou,
Geen droppeltjie selfs vloeie wou.
Eers smiddags vlugte hij, helaas!
En raakte ou vriend Sol weer baas.
Intussen ratelde die trein
En naderde ons Bloemfontein.
Ons het almaal so onbewus
In soete sluimering gerus,
Die stasie bij ‘Vereeniging’
Verbij gerij, toe oorgespring
Oor Vaalrivier se brede stroom
Waarvan ons niks selfs het gedroom.
Daarna het ons toe ‘Kroonstad’ weer,
Vervolgens ‘Winburg’ gepasseer,
Sodat ons nou in Bloemfontein
Nog voor die awend hoop te sijn.
Ons kom daar ook voor donker aan
En kan nog naar 'n vrind toe gaan,
Met wie ik afgesproke had
Mij resitasies in die stad
Te gewe; werklik was aldaar
Reeds alles vir mij kant en klaar.
Die saal was al reeds afgehuur,
Programmas was ook rondgestuur
En op die tweede aand daarna
Het ik mij versies voorgedra
Vir 'n gehoor wat met veel pret
Gelag daar om mij grappies het.
Die dag daarna het ik ook nog
Die fraaie Raadsaal daar besog,
En ook die Fort nog bowendien
Het ik met hulle gaan besien.
Die vrind het ons nog geloseer
En daarvoor seg ons toe ook weer
Hom dank; ons gaan toe op die trein
Wat kort daarna met ons verdwijn.
Ons glij nou lekker oor die spoor
En gaan bij Norvals Pont weer oor
Die grote brug, wat ons alhier
| |
| |
Sal bring o'er Oranje Rivier,
Laat ‘Colesberg’ ten suide leg
En volg tot Nauwpoort weer die weg.
Vandaar dan noord-wes tot die Aar
Dan suidwaarts weer totdat ons daar
Die dorp dan krij van Beaufort West
En dan volg Worcester, met die rest
Soos Tulbagh-weg, en verder nog
Die Paarl, en ook Kraaifontein,
Dan Durbanville, alwaar die trein
Weer samesluit tot ene lijn,
En dan kom ons in Kaapstad aan
Alwaar die reis weer is gedaan.
|
|