| |
Elfde toneel.
Klaas, Jan, Sabina, Hans.
Mijn mense! hoe klink die stem! Kompleet net soos die van Sabina! Als ek nie weet dat die ou siel dood is nie, sal ek wil sweer dit is sij. Sewe jare het haar stemgeluid nog nie uit mijn ore laat gaan nie.
(Deur Sabina gevolg, kom in). Kom maar binne juffrouw Hartklap.
| |
| |
(Baje ouerwets gekleed, groot tjalie, wije hoepelrok, grote tuithoedjie, dikke damessak in die ene en 'n groot manssambreel in die ander hand, spreek baje spitsvinnig).
Mijn naam is nie Hartklap nie, maar Hartlap, onthou dit. Maar om weer op mijn apropo terug te kom, soos ek jou geseg het, jongeheer, dit is 'n ellendige en beroerde boel op die trein; dit is net 'n trop luie rakkers wat alles bestuur; daar is niks tot jouw gemak nie; als jij klaag, skud hul die kop, en als jij hul uitskel, lag hulle nog om jou. 'n Klomp ongeëdukeerde dromedarisse is hulle, en niks meer nie. Nou, ek het die meneer stasiemeester, of hoe hul so'n vent ook noem, goed die kop gewas, en hom amper nog met mijn sambreel op sijn klapperdot gegee, so'n lelike trapsoetjies! met sijn blink roksknope, wat tog maar van koper is, en met sijn keppie wat net soos 'n suikerskepper lijk, wat ons altijd in ons winkel gehad het, toe mijn oorlede man nog geleef het, en waar hij sout, net sowel als suiker mee geskep het, wat ek nooit het wil toelaat nie omdat ek 'n presiese mens is, want suiker is soet, en sout is suur, ek meen sout, nie suur nie; nou 'n perd struikel wel oor vier tonge, waarom 'n mens nie oor vier pote nie! Ag kijk! ek meen 'n mens struikel oor vier pote en die perd oor één tong; magtig, daar is ek nou heeltemaal in die war; maar ek wil maar sê dat ek altijd met hom rusie gemaak het oor sijn agtelosigheid; nou, jij begrijp mij tog jongeheer, want ek is 'n mens wat baje presies is.
(Bij die binnekom is hij teen die muur gaan staan en seg nou tersijde). O jemenie josie!... als dit nie mijn oorlede Sabina is, dan is dit seker haar tweelingsuster. O
| |
| |
vreeslik noodlot, hoe vervolg jij mij! ...Wat sal ek doen? Wat aanvang, als sij mij herken? Wag, ek sal mij vreemd hou, misskien kom ek nog vrij vir vandag, en dan pak ek mij op vannag en vlug weg.
(Buig voor haar en sê). Welkom, juffrouw Hartlap.
(Sien hom skerp aan en spreek tersijde). Als dit nie oorlede Klaas, mijn wettige man is, mag die drommel mij lewendig inslik!... Maar laat ek mij hou of ek hom nie ken nie!...
(Luid). U is meneer Joris Vliegepoot nie waar nie, aan wie ek deur meneer Konkelaar is aanbeveel? Ek is baje blij met u kennis te maak.
(Tersijde). Ek glad nie; ek wens dat jij duisend mijle hiervandaan sit, en bij die ijsbere jouw tabernakel het opgeslaan!
(Luid). Ek het 'n huishoudster nodig gehad en so het ek hom geskrijwe om na iemand uit te sien, want met die knegte en meide is dit teenswoordig nie meer uit te hou nie.
Ja, die smerige, luie, brutale dagdiewe, skobbejakke en belialskindere bedrieg en besteel jou op allerhande maniere; al het jij oë van agter en van vore, dan fop hulle jou nog. Maar ek maak korte wette en moker die hele sissewinkel deurmekaar.
(Tersijde). O, mijn liewe grootjie! Sij is nog altijd die selfde oue spitsvinnige rusiemaakster van altijd, hoe sal ek mij uit haar klouwe kan redde?
(Luid). Ek hoop dat
| |
| |
u die bestuur van mijn huishouding op u sal neem, als ons met die terme ooreen kan kom.
(Tersijde). Dit lijk of hij mij nie herken nie; ek sal mij nog 'n bietjie intoom en hou of ek hom ook nie herken nie, maar soos hij hom blootgee, val ek hom als 'n donderbui op sijn lijf, so'n satanse rakker, om als 'n skelm van mij weg te loop, en sewe jare lang van hot na haar te vlug om onder mijn klouwe uit te blij!
(Luid). Daar is geen twijfel aan nie, ons moet ooreenkom; net één kondisie stel ek, dat ek die baas hier oor alles sal wees, want daar is ek aan gewoon; en die brutale kneg wat mij strakkies met 'n vuile kruiwaantjie van die stasie na jouw huis het wil stoot, nes of ek 'n dooie vark is, word dadelik vierkant die deur uitgeskop.
(Tersijde). O mij! Sij is nog dieselfde Xantippe, niks verander nie!... hoe red ek mij!...
(Luid). Sekerlik, wat u die bediendes sal gebied, moet hulle doen, maar die arme Hans het al so lang bij mij gewoon, hij is nou wel nie sindelik nie, maar anders doodeerlik en getrouw.
(Kijk rond). 'n Vark kan bij hom nog morsigheid kom leer; kijk maar hoe die boel hier uitsien; alles aan stukke en kapot, tafelkleedjie, kommetjies, borde, stoele, en die stof 'n duim dik op alles; nee, die vent moet weg! of die duiwel sal jou haal, dit seg ek jou!
(Tersijde). Ag hemeltjie! daar gaan die poppe al aan die dans! Die beste is maar om te maak nes of ek nie bang
| |
| |
is nie en om brutaal te spreek.
(Luid). So, so, juffrouw Hartlap; saggies 'n bietjie asseblief; so ver gaan uw heerskappij nie!... Ek laat mij deur niemand wette voorskrijf; die kneg sal ek laat gaan, wanneer ek dit verkies, en nie eerder nie.
(Bars los). Só, só, Joris Vliegepoot, alias Klaas Muggebeen! Dink jij dat ek jou nie herken het nie? Jou droster! jou lafaard! jou aap! jou koggelmanner! wat mij sewe jare lang als 'n gek agter jou aan het laat loop, sonder jou te kan vind! Tot ek eindelik op die idee gekom het om mijn naam te verander en mij vir dood te laat deurgaan. Want ek is seker gewees dat ek dan van jou sal hoor, soos dit ook uitgekom het. En nou dat ek jou weer het, jou maaifoelie, sal jij so lig nie weer van mij ontslae raak nie.
(Val op 'n stoel). Ag! alles is verlore. Sabina, ek het gedink dat jij lankal dood is!
Dit het jij seker gewens! Maar Sabina is nie so gek gewees om jouw wens te vervul nie. Jij het gedink om weer als 'n kakkerlak onder die vrouwe te kan rondspring, maar nou is dit neusie verbij. Ek sal jou nou inpeper, jou galgepatrijs!
(Dreig hom met die sambreel). Seg! jou oliekoek! Wat belet mij om jou hier die vel oor die ore te trek?
(Wanhopig). O! wat 'n vreeslik lot wag mij!
(Tot Jan). Jannie, mijn kind, aanskouw mijn ellende, jij sien nou wat van trouwe kom!
| |
| |
Oom, Hester is 'n engel, sij kan nooit 'n duiwelin worde nie.
(Tot Sabina). U is dus mijn Tante? Ek het altijd gedink dat Oom oordrijf, als hij mij vertel wat hij onder u gelij het; maar wat ek nou van u sien, laat mij verstomd staan. Foei, wees tog verstandiger en trag meer met sagheid en liefde hom tot u te trek; dink tog hoe oud u al is...
(Val in). Wat sê jij daar?... Jou melkmuil! Ek oud? Wie het jou dit gesê? En wat gee jou die reg om vir hom nog partij te trek. Pas op vir mij!
(Dreig met die sambreel). Jij ken mij nog nie!
(Bij die deur). Meneer, sal ek haar maar op die kruiwaantjie vasmaak en weer na die trein gaan bring?
(Loop met opgehewe sambreel op Hans toe). Wat sê jij daar, jou satanskind? Mij na die trein bring? Wag, ek sal jou!
(Hans neem die vlug. Sabina vervolg tot Klaas). En durf jij daar so stil sit, en mij laat beledig deur so'n onbeskaafde eselskinnebak? Ek het lus om jou met jouw hele hypotheek hier die huis uit te jaag!
|
|