Hoofstuk VIII.
1840-1855. Engelse en Hollandse Toneel aan die Kaap.
§ 1 Algemene Kenmerke.
Hierdie periode sien 'n heroplewing van toneel aan die Kaap. Reaksie volg op die Metodistiese oorheersing. Die gewone vermake word in ere herstel.
Tegelykertyd spreek dit vanself dat die Metodistiese invloede nie somar dadelik of selfs heeltemal verdwyn nie. In allerlei dinge werk dit naGa naar voetnoot1). Voor alles in die algemene erkenning dat 'n goeie sedelike werking van die toneel moet uitgaanGa naar voetnoot2). Verder in die aanduiding ‘Privaat’ van die meeste geselskappe; in die geskeie sit van dames en here in die gehoor; in die aanvanklikeGa naar voetnoot3) onthouding van dames aan liefhebberytoneel.
In die plek van die ou Afrikaanse Skouburg kom hoofsaaklik allerlei pakhuise as opvoeringslokale ingerig. Die Garnisoenskouburg is in veel gebruik. Later bestaan 'n tydlang 'n nuwe skouburg. Die gebrek aan geskikte lokale sal toneelbedrywigheid, veral van die kant van die Engelse burgery ongetwyfeld baie gestrem het.
Van Engelse kant neem die offisiere die voortou in toneelbedrywigheid; van Hollandse kant T.N. en V.
Sulke hoogtepunte as in die vorige periode word egter selde bereik. Die verlies van Boniface was 'n gevoelige slag vir die toneellewe aan die Kaap. Die onderneminge is op kleiner skaal en meer geslote. Die druk van die Metodisme neem slegs geleidelik af. Dit kos arbeid en moeite om die publiek weer tot 'n gesonde begrip en waardering van vermaak op te voed. In hierdie opsig is Sam Sly die figuur van die meeste belang. Die meeste steun ontvang hy nog van die Zuid-AfrikaanGa naar voetnoot4). Na 1850 word die kritiek van Engelse blaaie, die Monitor in besonder, van veel belang.
Opvallend is hoe die Hollandse toneel deur jonge inheemse kragte beoefen word, die kinders uit die jare om 1835 van