Voortgang. Jaargang 18
(1999)– [tijdschrift] Voortgang– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 7]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die navolging van Guido Gezelle se ‘Twee horsen’ deur Jan F.E. Celliers
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 8]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
In ‘Menings van ons lesers’, die briewekolomme van die Kaapse koerant Die Burger, steek in Maart 1999 'n storm in 'n glas water op tussen die Suid-Afrikaanse letterkundige John Kannemeyer - wie se biografie van die digter C. Louis Leipoldt binne enkele weke sou verskynGa naar eind1 - en myself.Ga naar eind2 Die skermutseling met Kannemeyer handel oor die esoteriese vraag of die Afrikaanstalige digters Jan F.E. Celliers en Totius gerespekteer kan word vir die feit dat hulle in die jare onmiddellik na die Anglo-Boereoorlog op een plek in Europa gebly het as kreatiewe skrywers of studente, terwyl hul kollegadigter C. Louis Leipoldt die wêreld vol gereis het. Die woordewisseling ontstaan na aanleiding van Kannemeyer se neerhalende verwysings - in 'n artikel vir die bylaag ‘Boekewêreld’ in Die Burger - na Celliers en Totius se selfopgelegde afsondering in Europa.Ga naar eind3 Oor Jan Celliers het Kannemeyer byvoorbeeld geskryf: ‘Terwyl Celliers hom as bittereinder ná die Anglo-Boereoorlog in die (vir Europa) betreklik geïsoleerde Switserland tussen die Alpe en die melkkoeie afsonder en weinig indrukke van die res van Europa opdoen, bereis Leipoldt die hele Europa, tot so ver as Moskou, en besoek hy Noord- en Suid-Amerika en die Verre Ooste.’ Totius weer, het hom - volgens Kannemeyer - ‘aan die Vrije Universiteit in Amsterdam met sy geloofsvooroordeel en -beperktheid’ afgesonder terwyl Leipoldt ‘die vasteland van Europa deurreis het om sy mediese kennis te verruim en hom met besoeke aan kunsmuseums nog verder as mens te verbreed.’ Die meningsverskil tussen Kannemeyer en myself was esoteries omdat dit inderdaad iets was vir ingewydes, vir mense wat kennis dra van die debat oor die relatiewe meriete van Celliers en Totius aan die een kant, en Leipoldt aan die ander kant, wat terugreik na die jaar 1913. In daardie jaar verskyn in Albert Verwey se maandblad De Beweging 'n artikel van C.G.N de Vooys, getitel ‘Afrikaner taal en poëzie’, waarin hy veral Celliers beskuldig van lukrake imitasie, van ‘oefening van het aanpassingsvermogen’ by die Europese tradisie.Ga naar eind4 Digters soos Totius en Celliers wie se werk telkens aan verse van byvoorbeeld Perk, Potgieter, De Genestet en Gezelle herinner, kontrasteer De Vooys dan met Leipoldt, wat volgens hom ‘zingt zoals de “windswaal” zingt, zonder aangeleerde kunst.’ Na De Vooys sou ook Albert Verwey by die verering van Leipoldt - en die gepaardgaande neerhaling van Celliers en Totius - aansluit.Ga naar eind5 Volgens Verwey het Leipoldt outentieke poëtiese ‘spraak’ geskryf en vir die eerste keer waarlik uitdrukking gegee aan ‘de poëzie van Zuid-Afrika’. Daar is by Leipoldt sprake van ‘de éénmalige uiting van een éénmalig innerlijk’, skryf Verwey, en daarmee van ‘de onmiddelijke weergave van de dichterlijke inhoud van Zuid-Afrika.’ Celliers en Totius daarenteen, het volgens Verwey | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 9]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
‘schriftuur’ voortgebring, dit wil sê herkenbare imitasies van Europese modelle, ‘de beproeving van nu deze, dan gene uitheemsche vorm.’Ga naar eind6 Die opstelle van De Vooys en Verwey het heelwat reperkussie gehad in Suid-Afrika, en Leipoldt het gelyk gehad toe hy aan Verwey geskryf het dat sy siening nie in Suid-Afrika in dank afgeneem sou word nie omdat die letterkundiges daar ‘mijn platheid afkeuren in tegenstelling met de deftigheid van Totius en Celliers.’Ga naar eind7 Gaandeweg het De Vooys en Verwey se soort standpunt egter wel die oorhand in Suid-Afrika gekry - later byvoorbeeld deur die spesiale waardering wat digter-akademici soos N.P. van Wyk Louw en D.J. Opperman, of vooraanstaande kritici soos Merwe Scholtz en E. Lindenberg, uitgespreek het vir Leipoldt.Ga naar eind8 Dit verklaar dan ook waarom J.C. Kannemeyer teen 3 Maart 1999, op die vooraand van die verskyning van sy biografie van Leipoldt, meen dat hy straffeloos 'n paar grappe ten koste van Celliers en Totius kan vertel.
'n Geskiedenis waarby 'n digter langsamerhand permanent uit die guns val - iets wat van Celliers nog sterker gesê kan word as van Totius - prikkel 'n mens se nuuskierigheid en opstandigheid, want jy voel 'n sekere druk aan om te konformeer aan 'n ingeburgerde oordeel of miskien vooroordeel. Die feit dat die destydse liefde vir Celliers in Suid-Afrika gaandeweg onderdruk is deur belangrike eminensies van die literêre kritiek, hoef 'n mens se vrae ook nie te demp nie. Was Celliers se imitasies of ‘beproeving van nu deze, dan gene uitheemsche vorm’ byvoorbeeld werklik wars van ‘de dichterlijke inhoud van Zuid-Afrika’? En indien Verwey met laasgenoemde formulering bedoel het 'n outentieke, uniek-Suid-Afrikaanse poëtiese kwaliteit, was alle gedigte van Celliers dan mislukkings in hierdie opsig? Deug Celliers se verse, ook sy duidelike ‘oefeningen van het aanpassingsvermogen’ by Europese voorbeelde, slegs om negatief teen die werk van Leipoldt afgespeel te word? 'n Mens se neiging om weer na Celliers se werk te kyk, word trouens gestimuleer deur ánder klein beledigings of wanvoorstellings wat die digter in Suid-Afrika en ook in Nederland te beurt geval het na die opstelle van De Vooys en Verwey. J.D.F. Van Halsema wys byvoorbeeld in sy opstel ‘“Spraak” en “schriftuur” of Leipoldt versus Totius’ in Voortgang van 1996 op 'n sardoniese sin uit 'n artikel van Menno ter Braak in Het Vaderland van 8 Oktober 1939. Ter Braak skryf oor die gebrek aan belangstelling vir die Suid-Afrikaanse literatuur in Nederland en verwys na 'n portret van Celliers in die Platenatlas bij de Nederlandsche literatuurgeschiedenis van Poelhekke en De Vooys uit 1914: ‘Meestal noemt men (op skool in Nederland - EB) snel een | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 10]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
paar in Afrika beroemde namen: Celliers, Totius, Leipoldt, om te memoreren voor een eventueel examen; een paar portretten, waaronder de heer Celliers met een vervaarlijke rol in zijn hand, als wilde hij ook in effigie vooral de indruk maken van een dichter ...’Ga naar eind9 Die ‘vervaarlijke rol’ wat vir Ter Braak die pretensies van Celliers as digter versinnebeeld, was in werklikheid die Suid-Afrikaner se diploma as landmeter! Sover ek kon vasstel, is die gewraakte foto ook byna twintig jaar voor Celliers se debuut as digter geneem. Die landmeetkunde was 'n vak wat Celliers teen sy sin, veral om sy vader te behaag, in Delft en Leiden in die tydperk 1887-1890 bestudeer het. Hierdie ‘broodverdienvak’ wat sy ‘hart koud gemaak het’ - volgens 'n hoofstuk in Afrikaanse skrywers aan die woord van P.J. Nienaber - het Celliers slegs vir een jaar na sy terugkeer na Pretoria in 1891 beoefen, voordat hy as Staatsbibliotekaris aangestel is in 'n ‘hemel van boeke’, die Staatsbiblioteek van die ZAR.Ga naar eind10 Dit sou nog agtien jaar jaar duur voordat hy met Die vlakte en ander gedigte sou debuteer en dus hoegenaamd as digter sou kon poseer!
Ek wil die leser se aandag graag vra vir een van die bekendste imitasiegedigte van Celliers, 'n gedig wat tot in die jare vyftig so holrug gery is deur gereelde behandeling op skool in Suid-Afrika dat dit byna 'n parodie op sigself geword het. Weens die toenemende verwaarlosing en selfs minagting wat Celliers se werk sedertdien te beurt geval het, is dit vandag egter minder bekend en kan 'n mens dit miskien gebruik om 'n mate van respek vir Celliers terug te vra. Wat het Celliers in werklikheid gedoen en wat het hy bereik toe hy hierdie gedig, ‘Die ossewa’, geskryf het in navolging van Guido Gezelle se ‘Twee horsen’? ‘Die ossewa’ is 'n interessante voorbeeld ook omdat dit die dekanonisering van Celliers in Suid-Afrika - onder byna direkte invloed van Albert Verwey - simboliseer. Die gedig is naamlik in elke bloemlesing van die Afrikaanse poësie sedert E.C. Pienaar se Digters van Suid-Afrika van 1921 opgeneem, maar word in 1951 onverwags weggelaat deur D.J. Opperman in die eerste uitgawe van sy Groot verseboek. Groot verseboek is telkens bygewerk sedert 1951 en geld vandag nog steeds as die standaard-bloemlesing van die ouer Afrikaanse poësie.Ga naar eind11 Terwyl E.C. Pienaar en ander bloemlesers van sy generasie, soos D.F. Malherbe, tipiese voorbeelde was van die taalstryders of nasionaal-gesinde kritici in Suid-Afrika wat De Vooys en Verwey se standpunt oor Leipoldt, Celliers en Totius van die hand gewys het, het Opperman tot 'n nuwe geslag van kritici behoort wat op 'n minder gepolitiseerde manier in literatuur en literatuurwetenskap geïnteresseerd was. Hy is reeds as student in die derti- | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 11]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
gerjare geboei deur die interessante debat uit 1913-1914 en sy magisterstesis, Afrikaanse letterkundige kritiek tot 1922 (Universiteit van Suid-Afrika, 1939) bevat verwysings na die dispuut. In 'n dokumentêre film uit 1980 gemaak vir die sauk-tv (die Suid-Afrikaanse televisiediens), Slampamperman - herinneringe aan C. Louis Leipoldt, herlei Opperman Celliers se afgang (en Leipoldt se opkoms) na Albert Verwey se argumente, en vereenselwig hy hom met die opvatting dat ‘restante van Nederlands’ te opvallend was by Celliers.Ga naar eind12 Daar kan dus min twyfel bestaan dat die invloed van Verwey byna direk meegewerk het aan Opperman se inkorting van Celliers se statuur in 1951, en aan die weglating uit Groot verseboek van 'n gedig wat 'n skoolvoorbeeld was van ‘de beproeving van... een uitheemsche vorm.’ Te meer rede om ‘Die ossewa’ opnuut met aandag te lees...
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 12]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Dat daar by ‘Die ossewa’ inderdaad sprake is van navolging en imitasie, blyk uit die identiese konsepsie waarop die twee gedigte hierbo gebaseer is, uit die ooreenkoms tussen die klankbeweging in die onderskeie gedigte (en die besondere gebruik van klanksimboliek) asook uit die getransformeerde herhaling van bepaalde formulerings. Albei gedigte handel oor trekdiere en oor die lydsaamheid en ‘vroomheid’Ga naar eind15 of morele heroïek van die trekdiere se handeling. Albei beklemtoon die swoegende werk wat die trekdiere met geduld en volharding doen. In albei gedigte is daar sprake van 'n metriese klankbeweging wat die swaar, ritmiese gang van die trekdiere se voortgang simboliseer en naboots. Sommige reëls in Celliers se gedig kom neer op 'n herkenbare transformasie van Gezelle se formulerings. Vergelyk byvoorbeeld die aanhef van elke gedig: ‘Ze stappen...’ / ‘Die osse stap aan...’. 'n Formulering in Celliers se gedig laat 'n mens telkens dink aan 'n vergelykbare formulering by Gezelle, al kom die betrokke reëls nie woordeliks ooreen nie. ‘Geduldig, gedienstig, gedwee;’ en ‘die jukke, al drukkend hul skowwe’ laat 'n mens byvoorbeeld dink aan ‘ze zwoegen, ze zweeten; en blinken’ en aan ‘het spant op hun spannende lijven’. ‘Kom stadig die wa agterna’ herinner 'n mens aan ‘de wagen komt achter’. ‘Dit knars in die knakkende knokke’ klink byna soos ‘der schokkende, bokkende bossen’, ensovoorts. Ten spyte van hierdie ooreenkomste, is daar egter ook duidelik verskille en 'n aanpassing by ‘'t lants gelegenheit’ deur Celliers, om Vondel se toeligting by die kuns van imitasie aan te haal. Dit blyk o.m. uit die vervanging van perde (‘horsen’) met osse; kenmerkende trekdiere in die Suid-Afrika van die agtiende, negentiende en vroeg-twintigste eeue. Verder is daar in Celliers se gedig oral aanduidings van 'n tipies Suid-Afrikaanse landskap en van die klimaatsomstandighede van Suid-Afrika, wat tot die beproewinge en ‘lydensweg’ van die osse bydra. Daar is byvoorbeeld sprake van ‘stowwe’ wat die dorheid en die onbe gaande weë of grondpaaie van Suid-Afrika suggereer. Die ‘dowwe rooi stowwe, al dampend... tersy op die windjie gedra’ wat die ossewa op sy weg vergesel, dra by tot 'n beeld van 'n ver, langsame tog deur die ongerepte, dikwels dorre verlatenheid van die Suid-Afrikaanse landskap. Die stof wat ‘tersy op die windjie gedra’ word, gee 'n besonder raak omskrywing, byna 'n oerbeeld van die ou Suid-Afrikaanse platteland met sy besondere sfeer. Die idee van groot afstande word versterk deur die reël ‘en ver is die tog van die dag’, terwyl die reël ‘dit kraak deur die brekende brokke’ aandui dat die osse hulle weg oor harde, onbegaanbare kluite moet vind. Die fel sonlig en hitte van Suid-Afrika word opgeroep deur 'n reël soos ‘die middagson brand op die koppe’. Dat Suid-Afrika, anders as Nederland of Vlaandere, 'n land is van hellings, van steil heuwels wat die onbegaan- | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 13]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
baarheid van die vertes vererger, blyk uit die reël ‘die opdraans is ver en is swaar’. Hierdie aanduidings van 'n landskap ontbreek byna heeltemal in Gezelle se gedig. Gezelle se gedig mis die suggestiewe skilderagtigheid van Celliers se navolging, waarin die Suid-Afrikaanse natuur gebruik word om reliëf te gee aan die trekdiere se lydsame bestaan. In Celliers se navolging, of eintlik ‘wedywering’ met Gezelle, is daar ook sprake van 'n dramatieser en dieper gaande uitbeelding van die trekdiere se ‘vroomheid’. Sy medelye met die stomme diere gaan ook verder. Celliers voeg onder meer 'n treffende beeld van die osse se uiteinde aan sy gedig toe, waarmee sy gedig tewens 'n ekstra (vyfde) strofe kry: ‘So, stom tot die stond van hul sterwe,/ bly ieder 'n held van die daad... / Hul bene, na swoeë en swerwe, / lê ver op die velde verlaat...’ Die idee van 'n anonieme en verlate dood ‘op die velde’ gee ekstra waarde aan die landskapskildering in die gedig. Dié Suid-Afrikaanse landskap is dus 'n eensame ewigheid, 'n plek waar lewens vergaan en vergete word. Die waardigheid van die osse se lewens van stom gedienstigheid is onder meer daarin geleë dat hulle geen beloning ontvang behalwe vir die feit dat hulle plig volvoer word nie. ‘Die vrag bring hul daar’, ‘ieder 'n held van die daad’, al sal hulle bene uiteindelik ‘ver op die velde verlaat’ lê. Gezelle se ‘vrome twee horsen’ is ook braaf, maar hulle geswoeg en gesweet weeg nie op teen die stryd wat Celliers se osse in Suid-Afrika moet voer nie. Dis byvoorbeeld interessant dat Celliers ‘'t lastig geluid / der schokkende, bokkende bossen’ - dit wil sê die knarsgeluide van die wielnawe in Gezelle se gedig - oordra na die gekraak van brekende kluite en die geknars van die osse se gewrigte (‘knakkende knokke’). Die osse ken klaarblyklik 'n veel swaarder bestaan as Gezelle se perde. Of liewer: hul digter kyk en luister met ernstiger en swaarder simpatie en respek. Dis miskien ook moontlik om te sê dat Celliers se gedig 'n groter simboliese draagkrag besit as Gezelle se ‘Twee horsen’. Osse is die historiese trek- en werkdiere van Suid-Afrika. Hulle word geassosieer met die vestiging van die eerste binnelandse boerderye en dorpe, met die Voortrekkers en met die vervoer van goedere voordat weë en spoorweë aangelê kon word. Allerlei deugde wat met die tradisionele, landelik-Calvinistiese Afrikaner geassosieer word, is in ‘Die ossewa’ ingeskryf as kwaliteite van die osse, byvoorbeeld swygsaamheid, stille volharding, harde werk en die dra van verantwoordelikheid, uithouvermoë onder die moeilike natuurlike omstandighede van Suid-Afrika, verbintenis en oorgawe aan die land tot aan die dood op 'n ‘ver veld’. Osse het 'n embleemwaarde in die konteks van die geskiedenis van die Afrikaner. Celliers bring dus nie slegs hulde aan die osse as ‘vrome’ diere nie, maar hy gee erkenning aan die rol en betekenis van osse | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 14]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
in Suid-Afrika, en hy verbind die osse ook aan die kenmerkende bestaan en aard van die mense van die land. Trouens, ook Totius sou die ‘adel’ van osse in die konteks van die ou Boere-bestaan in Suid-Afrika besing.Ga naar eind16 By Gezelle is daar heelwat aandag vir die estetiese kwaliteite van die toneel wat hy skilder: die geklank van die klokke om die perde se halse, die blink sweet wat soos blonde lym op die perde se hare lyk, die ronde tuig om die perde se lywe, die voerman wat vooraan stap met 'n trektou. Dis byna 'n ‘musikale’ prent, met die stap- en steungeluide van die perde (‘ze stappen, ze stenen’) en ‘'t lastig geluid / der schokkende, bokkende bossen’ as bastone teenoor die hoër klokklanke (‘ze stappen, hun bellen al klinken’). Die gedig is nie so swaar ingevul met geestelik-simboliese betekenis as Celliers se nabootsing daarvan nie. Daar is by Gezelle eerder sprake van 'n ligtheid van gees, van 'n bekoring deur die spel of ‘musiek’ van die trek-diere se lydsame bestaan. ‘Als de ziele luistert / spreekt het al een taal dat leeft’, 'n taal wat ook gehoor kan word in die geluide van ‘twee vrome horsen’... Celliers met sy Calvinistiese sensibiliteit het hierdie ‘vreugdevolle erns’ van sy voorbeeld kennelik misgekyk, of dalk doelbewus weggeskryf. Vergelyk byvoorbeeld die helder en ligte eerste reël van Gezelle (‘Ze stappen, hun' bellen al klinken’) met die nogal somber eerste reël van Celliers (‘Die osse stap aan deur die stowwe’). Terwyl Celliers se osse deur die stof voortbeur, klink die klokke van Gezelle se perde.
As 'n mens Celliers se navolging van Gezelle bestudeer, word dit steeds moeiliker om vol te hou dat die ‘dichterlijke inhoud van Zuid-Afrika’ nie tot sy reg gekom het in 'n gedig soos ‘Die ossewa’ nie. Albert Verwey se beswaar teen Celliers en Totius het eintlik betrekking gehad op die outentisiteit van hul poëtiese segging, wat aangetas sou wees deur die imitasie, maar in ‘Die ossewa’ het Celliers inderdaad ‘behendig stelende... dat de tong haar eigenschap niet en verlieze’Ga naar eind17 met sy voorbeeld omgespring. Daarom kon die gedig byna 'n halwe eeu lank op skool in Suid-Afrika voorgehou word as ikoon van die ouer Afrikaanse poësie. Ten minste wat hierdie gedig betref, sou 'n mens vraagtekens kon plaas agter die ou, gevestigde siening dat Celliers weens sy aansluiting by 'n Europese register nie 'n natuurlike Afrikaanse stem kon vind nie, in teenstelling tot Leipoldt met sy verfrissende ‘platheid’. ‘Die ossewa’ is ook nie die enigste voorbeeld van 'n suksesvolle verwerking deur Celliers van elemente uit die negentiende-eeuse Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse poësie nie, al staan daar in Die vlakte en ander gedigte weliswaar meer swak as goeie gedigte. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 15]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
In verband met Kannemeyer se bewering dat Celliers hom ‘as bittereinder ná die Anglo-Boereoorlog in die (vir Europa) betreklik geïsoleerde Switserland tussen die Alpe en die melkkoeie af(ge-)sonder’ het, ontstaan ten slotte nog die interessante vraag waar en wanneer Celliers ‘Die ossewa’ geskryf - en onder watter omstandighede hy Gezelle se ‘Twee horsen’ dus nageboots het. Guido Gezelle se bundel Rijmsnoer verskyn laat in 1897 en dit kon die Staatsbiblioteek in Pretoria, waar Celliers as Staatsbibliotekaris werksaam was, nie vroeër as 1898 bereik het nie.Ga naar eind18 Celliers sluit in Oktober 1899 by die Boeremagte aan en hy skryf tot daardie datum nie gedigte in die trant van ‘Die ossewa’ nie. Van Oktober 1899 tot 31 Mei 1902 - die dag waarop die Vredesverdrag van Vereeniging gesluit is - was daar vir 'n imitasie-spel met Gezelle se pasverskene gedigte nie plek in Celliers se lewe nie. Eers nadat hy met sy vrou en kinders na Europa vertrek het - blykbaar met 'n trommel vol goue Krugerponde wat tydens die oorlog in sy tuin in Pretoria begrawe was - sou Celliers hom weer met sy geliefde lees- en skryfwerk besig kon hou. Ook volgens Celliers se eie herinneringe en opmerkings teenoor ander het hy die nuwe bundel van Gezelle pas ná 1902 - dit wil sê na die oorlog en tydens sy verblyf in Nederland en Switserland in die jare 1902-1907 - leer ken.Ga naar eind19 In 'n opstel uit 1933, ‘Jan Celliers se gedigte - hoe sommige daarvan ontstaan het’,Ga naar eind20 vertel die digter hoe hy in Pallens, by Montreux digby Clarence aan die meer van Genève, daartoe gekom het om gedigte soos ‘Die ossewa’ te skryf. Die gedigte in Die vlakte en ander gedigte het ontstaan uit wat Celliers ‘vrugbare vereensaming’ noem. ‘Vereensaming is die beste voorbereiding vir uiting van die beste wat in ons is’, skryf Celliers, mits 'n tyd van afsondering en verlange as geleentheid gebruik word. Die digter kan in sy afsondering byvoorbeeld deur leeswerk ‘geselskap hou... met die grootste en beste geeste wat die wêreld bewoon het van die vroegste tye af’. So kan hy ‘leer sien deur die oë van ander kunstenaars.’ Celliers het in die eensaamheid van Pallens 'n ‘drukkende verpligting tot uiting’ gevoel, veral weens sy nostalgiese herinneringe aan die Suid-Afrikaanse landskap waarvan hy onvergeetlike indrukke opgedoen het tydens die oorlog, op kommando en op 'n treinreis na Delagoabaai (vandag Maputo in Mosambiek). Dikwels het 'n wandeling deur die Switserse omgewing van berghange, waterstrome, mere en boerderye Celliers herinner aan vergelykbare (of kontrasterende) natuurtonele in Suid-Afrika: ‘“Die spruitjie” is my ingegee by 'n stroompie in Switserland’, skryf Celliers. ‘Dog my hele siel was in | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 16]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Transvaal, soos die gediggie ook uitwys. Dieselfde kan ek sê van ‘Die Bergstroom’. Die natuurtonele van my eie land was my, by die werk, voor die gees; eers daar in Switserland het ek aan my gevoelens vorm gegee, omdat ek eers daar tot rus gekom en my hande vry gehad het van sleurwerk.’ Die literêre vorm wat Celliers aan sy gevoelens gegee het, was soms oorspronklik soos in die gedig ‘Dis al’, waarin hy 'n helder, skrynende voorstelling gee van die verlate ruimte van helder blou lug en plat, blonde grasveld in die Vrystaat en Transvaal waarheen krygsgevangenes na die Tweede Vryheidsoorlog teruggekeer het.Ga naar eind21 Die vorm van 'n gedig is egter ook meermale deur sy glorieryke leesgeselskap aan die hand gedoen. Die gedig ‘Die vlakte’, min of meer Celliers se magnum opus in die Switserse tyd, is byvoorbeeld in 1904 by Pallens geskryf nadat hy Shelley se ‘The cloud’ gelees het: ‘By 'n herlesing van Shelley se pragtige “The cloud” het die vorm en opvatting van daardie gedig meteens vir my 'n lig laat opgaan oor die weg wat ek sou moes inslaan om my gemoed te ontlas van die drukkende verpligting tot uiting wat die vlakte my opgelê het.’ Op dieselfde manier het ook ‘Die ossewa’ ontstaan. ‘Dit het ek gedig’, skryf Celliers, ‘nadat ek “Twee horsen” van Gezelle gelees het [...] Aangesien ek gedink het dat daar geen beter vorm as dié van Gezelle te vind was vir so 'n onderwerp nie, het ek daar gebruik van gemaak - en met goeie gevolg, as ek mag oordeel na wat erkende bekwame Europese kritici van die gedig gesê het, en ook Afrikaanse!’ Hoewel Celliers helaas nie meld op watter datum hy ‘Die ossewa’ geskryf het nie - dit bly byvoorbeeld moontlik dat hy dit in die laaste nege maande van sy Europese verblyf in Nederland in 1907 geskryf het - val dit 'n mens op dat die gedig tussen verse oor Switserland in Die vlakte en ander gedigte staan, naamlik tussen ‘Die stem van die verte’ en ‘Chamonix’. Het Switserland se rustig-herkouende ‘melkkoeie’, om met Kannemeyer te spreek, dalk in Suid-Afrika se lankmoedige osse verander in Celliers se verbeelding, terwyl hy vol heimwee getuur het na die Alpe met hulle ‘rande wat in sterwende glanse verdwyn’, en terwyl Rijmsnoer - 'n bundel met treffende gedigte oor trekdiere uit die Vlaamse boere-land van Guido Gezelle - as rigsnoer oopgelê het op sy lessenaar? Op so 'n wyse, by benadering, het Celliers se navolging van Gezelle se ‘Twee horsen’ in elk geval ontstaan. Min het die arme leser-digter geweet dat hy vir sy digterlike praktyke oor 'n tydperk van byna honderd jaar gestraf sou word deur die belangrikste letterkundiges van Nederland en Suid-Afrika, en dat hy nog 'n laaste klap sou ontvang in Die Burger van 3 Maart 1999, honderd-vier-en-dertig jaar na sy geboorte in die dorpie Wellington in die destydse Britse Kaapkolonie. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 19]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Aangehaalde literatuur
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 20]
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|