geleë in Pretoria se hoofstraat, Kerkstraat, met die beroemde Uniegebou daar naby, het hy saam met enkele dosente van die Universiteit van Pretoria die middagete geniet. - Speel my herinnering my parte as ek die beleefde welgeklede donker man van daardie middag onthou as effens ingetoë, byna gedemp in spraak en optrede?
Toe ek einde 1972 gevra is om die leiding van de redaksie van die
Tydskrif vir Letterkunde oor te neem, was ek verheug om die naam van André Demedts as 'n skakelredaksielid vir die
Tydskrif in Vlaandere op te merk. Gedurende 1973 het ons briewe oor medewerking
Basutoland, Zuid-Afrika, 1963.
aan die
Tydskrif gewissel; in sy eerste brief aan my lees ek die paragrafie: ‘Wilt U mij laten weten of U wensen of verlangens hebt? U krijgt dan onmiddellijk antwoord.’ Aan die belofte het hy getrou gebly; in Mei 1974 kon die
Tydskrif 'n kortverhaal van hom plaas: ‘Leven in Liska's wereld’ - 'n sober, gedissiplineerde vertelling, waarin die mededeling tot die essensiële beperk is, maar waardeur die simpatieke gestalte van die barmhartige, liefdevolle Liska onvergeetlik voor oë gestel is. En in dieselfde jaar, deur die bemiddeling van André Demedts, verkry die
Tydskrif 'n Bydra van Marnix Gijsen, ‘Londense dagen 1925’, 'n kosbare aanvulling by die ‘Agnes’-tema in Gijsen se werk, geskryf gedurende Pase, 1974 - wat toe gepubliseer kon word om tewens die aandag te vestig op Gijsen se 75e verjaardag en die toekenning van die Prijs van de Nederlandse Letteren aan hom.
Dit is 'n voorreg om die grote en goeie wense van die redaksie aan hierdie troue vriend van die Tydskrif te stuur; en dit is ons innige wens dat ons nog lank sy gewaardeerde medewerking sal behou.
Dr. Elize Botha, Pretoria.