Tirade. Jaargang 52 (nrs. 422-426)(2008)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 52] [p. 52] Elisabeth Eybers Herinnering As kind het 'k eens die maan se ronde skyf langsaam sien uitswel bo die silwer vlei om saggies soos 'n seepbel weg te dryf en tussen yl popliere in te gly. Agter my in die donker was 'n raam vol lig en mensestemme en gelag en ín mij angs en weekheid sonder naam terwyl ek op die maan se loskom wag. Die res is alles duister en verward... Van tak tot tak het hy gewieg... ek weet nog net dat die gekneusde gras se geur soos naeltjies was en dat ek skielik seer- gekry het van die inkrimp van my hart en met my pols die trane weggevee't. Vorige Volgende