Tirade. Jaargang 52 (nrs. 422-426)(2008)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 41] [p. 41] Afskeid Leegheid was plotseling 'n donker gordyn tussen my sintuie en my brein. Ek weet nie hoe lank het die terugrit geduur, my hande was willoos gevou om die stuur. My voet het op die versneller gerus, van snelheid of afstand onbewus. Strate het dwars verby gegly, wig na wig tussen jou en my, en elke lamp was sekuur gemik om 'n nuwe kol teen die netvlies te prik. Dwarsdeur die nag het die motorgesuis soos 'n dowwe tamboer in my skedel geruis en weerskante het die bomery soos 'n eindlose riffelband gesprei. Die sterretrapesium bo die pad het langsaam laer en skewer gesak en die halwe maan se goudgeel skyf het omgekantel en weggedryf. [pagina 42] [p. 42] Met oë soos myne, wyd en blind, kan 'n slaapwandelaar sy weg ook vind en niks uit die donker kon my raak want jy het die kruisteken oor my gemaak, want jy het jou mond teen myne gevoeg en my aangekyk en dit was genoeg. Vorige Volgende