Tirade. Jaargang 38 (nrs. 350-355)(1994)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 228] [p. 228] Elisabeth Eybers Maart Die welvarende ekster wat alles beaam word van diefstal verdink - wie is ooit sonder blaam? Hy wip kopknikkend heen en weer onder my raam, elke kronkelende wurmpie, lank voor die braam- bes aanloklik verdonker, pas in sy kraam, sy choreografie bring, doeltreffend beraam, die opsigtelike en die onsigbare saam, sy puntgawe snawel doen eer aan sy naam, wyl sy uitrusting invloed vertoon van Islaam lyk sy lewensaanvaarding op dié van 'n Vlaam, vasberade en ywerig bewys hy sy faam, wat iedereen, binne hoorafstand vernaam, soos lysters en lystrekkers, ook sou betaam. [pagina 229] [p. 229] Droomryk vir P. Die versigtige voete, meehinkende been wat my terughou en tart kan na middernag geen inperking bewerk of teëstand verleen: gevrywaar van aftakeling tot ek ontwaak vereenselwig ek my met 'n lopende saak, wonderbaarlik begeef ek my weer oral heen aan die hand van 'n gids wat sy uiterste doen om my straks met die volgende dag te versoen. [pagina 230] [p. 230] Ontkoming Samerottende dae en nagte wanneer niks as 'n flentertjie trots hom belet om verklarings en klagte na willekeur uit te kots het verdwyn en hy kan weer getuig van 'n neiging om skrynend te juig soos 'n drenkeling uitgestrek op 'n onherbergsame rots met skerp kraterskulpies bedek wat venynig sy bloedsomloop wek tot 'n tintelende aandrif om meer koraalriwwe te trotseer. Vorige Volgende