Tirade. Jaargang 1 (nrs. 1-12)(1957)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Kwatryne Besitloosheid verlos mens van verlies: as jy op lange laas genoeg gely't los jy wat onherkrygbaar is en kies van leegheid die verworve sorgloosheid. * Waar hý noukeurig aankruip knars die oes voor die onwrikb're ywer van die vraat wat àl wat groen en glinsterend is verwoes en slegs 'n vaal uitwerpsel agterlaat. * Weerskant wink neonseine langs die straat; as die verkeerslig wip van geel na groen wys God Sy ondeurgrondelike gelaat en, werend opgehef, Sy wit handskoen. ELISABETH EYBERS Vorige Volgende