Tirade. Jaargang 1 (nrs. 1-12)(1957)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Elisabeth Eybers Drie Gedigte Familiegroep Vyf stuks op die perron dig bymekaar, kringvormig, mikrokosmies - 'n klein kol binne die mensemaling saamgestol totdat die trein sy stoomdekreet verklaar. Twee vroegvolwasse dogters lag en praat. Hul blikke flikker skrams terwyl bul styf die vader flankdek. Ligte skalksheid dryf soos 'n dun damp om hande en gelaat. Moeder en seun is swygsaam en bedag op donker voorgevoelens. Sy verleen aan die toneel haar afgetrokke seën. Sy kop geknak teen haar skraal skouer, wag hy met besorgde oë en sagte mond. Drie dreuning tonnel opwaarts uit die grond. Beroep Jou huls van vastigheid om my gegiet skraag my tot iets omskrewe en solied wat in jou onteenwoordigheid weer dreig om tot gedaanteloosheid weg te syg. Die Vreemdeling in die vlermuismantel wag en fluister soet formules in die nag en lok my om ontydig te ontsnap langs slingerpaadjies deur die savart landskap. Wees jy my digte wapening en sluit die skuiwergate van my vloeibaarheid! Kwatryn Pyn, onverbiddelike bedgenoot, jou gloeiende omhelsing seng my skoot: wat kan diè vonke-losing nog verwek as af en toe 'n lewensvreemde loot? Vorige Volgende