Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde. Jaargang 59
(1940)– [tijdschrift] Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 306]
| |
De Spaansche Brabander vs 12 en 'n stukkie Antwerpse geskiedenisGa naar voetnoot1).Jerolimo besing Antwerpen soos volg: O Kaserlaycke stadt! Antwerpen groot en rayck,
Ick gheloof nau, dat de son beschaynt uwes gelayck
In abondancy van sleyck, in schoonheyt van landouwen,
In Karcken triumphant, in devote Kloosters, en modeste ghebouwen,
In muragie masieft, vol alles, van rekreatie geboomt,
In kayen en in hoyen, woor langskens dat hem stroomt
De large revier, het water van den Schelde,
En supporteert tot over Meyr. Datte kick ou eenskens vertelde
Mayn avontuurkens met de dochterkens inde baar,
Betteken en Mayken, met haer nicht schoon Klaar,
Die over straat trip trap, en met sulcken ghetepel ‘gaat,
Damen her jugeert, en estimeert voor 't stooltje van de Lepel ‘straat.
En vande Venus-buurtGa naar voetnoot2):
(vs 5-17)
Oor die juiste betekenis van die hier kursief gedrukte woorde is nog geen ooreenstemming bereik nie. In 1892 verklaar T. Terwey met: stroomt tot in zeeGa naar voetnoot3). G.A. Nauta gee in die Tijdschrift v. Ned. Taal en Letterkunde, jg. XVII (1898) p. 84, die volgende uiteensetting. Die bedoeling is, sê hy, dat die rivier nog verder gaan dan Antwerpen, dus deurstroom tot anderkant A. Eintlik beteken supporteeren ‘staande hou’, beweer hy, maar vir 'n rivier om hom staande te hou is dit nodig dat hy vloei: dus hem supporteeren = deurgaan, deurstroom. Sy beswaar teen 'n verklaring soos dié van | |
[pagina 307]
| |
Terwey, is dat die woordjie ‘over’ nie tot sy reg kom daarin nie. Nauta stel dus die volgende voor: ‘Meyr’ word met 'n hoofletter geskryf; dis heelwaarskynlik 'n eienaam. Besmoontlik het ons dan hier te doen met die naam van een van die baie mondinge van die Schelde, of van 'n onderdeel van so'n monding, of van 'n plek aan die oewer geleë. Op ou kaarte, vertel hy, word inderdaad 'n plekkie Mare, Mere, aangetref in Beveland by Rilland en Fort Bath, en op nuwere kaarte heet dit Maire. Ons sou dus kan verklaar: stroom tot verby Mere. Nauta het egter ook nog 'n tweede hipotese: die moontlikheid bestaan dat met Meyr bedoel word die watervlakte tussen Vlissingen en Vlaanderen, wat om sy uitgestrektheid ook mere genoem is. C.G.N. de Vooys annoteer in 1908: stroomt tot den overkant van de zee (komische overdrijving!)?Ga naar voetnoot1). In sy beoordeling van de Vooys se uitgawe, maak K. Poll in De Nieuwe Taalgids II (1908) p. 261, die opmerking: ‘Bl. 16, vs. 12 is Meyr zeer waarschijnlik de naam van het bekende plein te Antwerpen, de Place de Meir’. Hy verwys ter vergelyking ewewel na Nauta se artikel in die Ts. v.N.T. en L. 1918 bring J. Prinsen se verklaring: zich voortspoedt tot ver in zeeGa naar voetnoot2). F.A. Stoett annoteer in 1919: eig. houdt zich staande, stroomt door tot over Meyr(?)Ga naar voetnoot3). By die 3de druk van Terwey se uitgawe in 1920, verander de Vooys sy noot tot: stroomt tot voorbij de Meyr (een bekend plein in Antwerpen). Vgl. Nauta in Ts. N.T. en L. XVII, 84Ga naar voetnoot4). | |
[pagina 308]
| |
Dan verklaar J.A.N. Knuttel in 1923 die woord Meyr met: een pleinGa naar voetnoot1). In sy verkorte uitgawe van die Sp. Brab. sê W.L.D.v. den Brink in 1924: Meyr: plein in A., waarop nog in de 18e. Eeuw een herberg ‘De Beer’ (= Baar vs 13)Ga naar voetnoot2). Stoett verander egter in 1934 by die 2de druk van sy uitgawe niks aan sy vroeëre annotasie nie, maar voeg daarby: (Tijdschr. XVII, 84)Ga naar voetnoot3). De Vooys, Knuttel en v.d. Brink het dus in dieselfde rigting gaan dink as Poll, egter sonder dat ander opvattings, soos dié van Nauta, ongeldig geword het. Die waarskynlikheid dat met ‘Meyr’ die bekende plein in Antwerpen bedoel word, het dus by 'n vermoede gebly, en in die jongste wetenskaplike uitgawe, dié van Stoett in 1934, word dit nie eens genoem nie. Tog lei die aanwysing van Poll m.i. tot die enigste oortuigende verklaring. In die uitgebreide studie oor Antwerpen van Mertens en TorfsGa naar voetnoot4), kan ons die hele geskiedenis van die Meir volg. Dit blyk dat dit oorspronklik 'n stuk grond was buite die stadsmureGa naar voetnoot5); die poort waardeur, en die brug waaroor ‘de Meir’ bereik kon word, het geheet ‘de Meirepoort’ en ‘de Meirebrug’, en brug, poort, en Meir het deur die 4de uitbreiding van die stad in die begin van die 15de eeu deel van die binnestad gewordGa naar voetnoot6). Daarna ontwikkel die Meir tot die hoofplein in Antwerpen. Daarnatoe stroom die volk as daar iets aan die hand is. In 1567 tydens die godsdienstroebele is dit die plek waar die Kalviniste hulle opstelGa naar voetnoot7), en gedurende | |
[pagina 309]
| |
die 80-jarige oorlog is dit die uitgesogte plek vir betoginge, glorieryke intogte, opvoerings van toneelstukke, ens. ens. ens.Ga naar voetnoot1). En van dié tyd tot vandag toe nog leef die Meir mee in die geskiedenis van Antwerpen. Waar die Meir so beroemd was en juis in die laaste decennia van die 16de eeu vermaardheid geniet het, lyk dit my nie moontlik dat Jerolimo iets anders bedoel as net hierdie plein nie. Hy is besig met 'n beskrywing van sy stad: hy noem kerke, kloosters en statige geboue, stadsmure, kaaie en hawehoofde. Raadpleeg ons nou planne en kaarte uit die middel en tweede helfte van die 16de eeu, dan merk ons dat vername bouwerke uit dié tyd, soos die O.L. Vrouwekerk, die Lievevrouwebroedersklooster en die nuwe Beurs, in die onmiddellike nabyheid van die Meir geleë was, terwyl die belangrike landingsplekke aan die een kant, die versterkte stadswalle aan die ander kant, maar iets verder verwyder wasGa naar voetnoot2). Jerolimo noem 'n herberg ‘de baar’, ongetwyfeld dieselfde wat by Mertens en Torfs ‘de Beer’ heet, en wat op die Meir self gestaan hetGa naar voetnoot3). Hy noem die Lepelstraat en die Venusbuurt, vandag nog in die omgewing van die Meir geleë. Dit is die natuurlikste ding van die wêreld dat hy in dieselfde asem ook die trotse hoofplein van Antwerpen vermeld. Maar hiermee is slegs die woord verklaar, die betekenis van ‘supporteert tot over Meyr’ nognie verduidelik nie. Want | |
[pagina 310]
| |
die Schelde vloei nie langs of oor die plein nie. Wat vind ons nou egter by beskrywers van die Schelde by Antwerpen? Dat die styging en daling van die rivier by eb en vloed een van die merkwaardigste skouspele vertoon, en dat die rivierwater deur middel van gragte deur die stad gelei word. In die ‘opschrift’ by 'n kaart van Antwerpen wat in 1565 gedruk is na 'n houtsneeplaat van Virgilius Bononiensis, word vermeld: ‘Men telt er...... 62 binnenmuersche Bruggen over Grachten en Ruien liggende, die het water der Rivier in die Stad brengen; ...... en 8 Vlieten, door welke de schepen binnen de vesting komen’Ga naar voetnoot1). Guicciardini skryf in 1567: ‘..... de Schelde.... daer seer groote breedde ende diepte van water is/ soo dat allerley seer groote schepen uyt der Zee stoutelijck tot de Havene/ Kaye oft Krane connen comen/ jae soo vast daer by/ dat men van de kaye aen de schepen can reyckẽ met der Hant: de welcke op de ghecassyde plaetse ontladen worden op 't drooghe/ ende in het wassen des vloedts can het schip selve lichtelijck tot daer toe dryven: welck soo grooten gherief is/ ghelijck wel vervaerne schippers die bycants de gantsche wereldt deur ter Zee zijn gheweest/ vastelijck segghen/ als in eenighe andere Havene ghevonden mach worden. De breedde van dese vloedt is voor de stadt meer dan vijfhondert Antwerpsche ellen groot/ eñ de diepte ontrent tweeentwintich: welcke breedde eñ diepte eenen lustighen ende heerlijcken schijn geven/ besonder alst volle Zeevloedt is/ want dan wordt het water ghemeynlijck twaelf voeten hoogher’Ga naar voetnoot2). Oor die gragte lees ons: ‘De stadtmueren hebben rontom seer wyde eñ diepe grachten/ vol van water/ eensdeels comẽde uyt den grondt/ door levende aderen/ maer besonderlijck uyt | |
[pagina 311]
| |
den vloedt: want men brenght in dese grachten soo veel waters als men begeert/ met twee seer schoone ende bequame meulenen/ d'een staende aen Sint Janspoorte/ ende d'ander by de Nieuwstadt: met de welcke men treckt ende doet comen soo veel waters als men wilt in de selve grachten der stadt’Ga naar voetnoot1). En: ‘Antwerpen heeft acht principale boesemẽ/ vlieten of grachten comende uyt de Schelde/ waer door allerley schepen/ groote ende cleyne met goedt gheladen inde stadt gebracht worden. De grootste van allen is lest ghemaeckt in die Nieuwstadt/ met een wyde ende gerieffelijcke Havene aen 't Oosters Huys: welcke vliet soo groot eñ wijdt is/ dat daer meer dan hondert groote schepen gemackelijck connen havenen ende ligghen’Ga naar voetnoot2). As een van die besondere sienswaardighede van die stad noem G. dan nog 'n keer: ‘De Havene van de stadt op een schoon ende groot Rivier/ vol schepen van allerley vracht: De verscheyden Vlieten herwaerts ende derwaerts de waren ende coopmans goeden aenbrenghende tot aen de huysen toe’Ga naar voetnoot3). Die eerste woorde van ons moderne Baedeker oor die Schelde-oewers is: Die Schelde (l'Escaut) steht bis weit über Antwerpen hinaus unter der Einwirkung von Ebbe und Flut, deren Unterschied hier im Durchschnitt 4,20 m beträgt. Die Breite des Stromes gegenüber der Stadt schwankt zwischen 310 und 560 m; seine Tiefe gestattet Seeschiffen bis zu 8 m Tiefgang auch bei Ebbe die Zufahrt’Ga naar voetnoot4). In 'n vroeëre uitgawe haal Baedeker die ou spreuk aan: Bisque die refluo me flumine Scaldis honorat. Nou blyk dit uit die reeds genoemde plan van die stad, dat in die tweede helfte van die 16de eeu daar nie alleen langs die Meir verby, so'n grag geloop het nie, maar ook een dwarsoor die plein. Die S. Jansvliet nl. het uit die rivier gekom en hom gestrek tot die S. Jansbrug by die S. Jans- | |
[pagina 312]
| |
poort, waar die watermeul, wat Guicciardini vermeld, ook gestaan het. Vanhier het die vliet gevoer tot die Kammerpoortbrug, en verder onder die Wildezeebrug deur, na die Meirbrug by die Meirpoort. By hierdie punt, dus by die Meir, het hy hom in twee gesplits. Een tak het, byna parallel aan die Schelde, na die sg. Nieuwe Stad gegaan, die ander het dwarsoor die Meir gereik tot by die stadswal aan die ander kant, waar dit in die ringvaart gevloei hetGa naar voetnoot1). Die S. Jansvliet was reeds in die middeleeue 'n baie belangrike toegangsweg tot die stad. Mertens en Torfs skryf: ‘Wyders treffen wy.... het bewys aen, dat de schepen oudtyds vry diep de stad invoeren. Trouwens, degene die S. Jansvliet inkwamen, konden tot aen de Kammerpoort, dat is tot in het hart der stad opvaren’Ga naar voetnoot2). En: ‘Onder de vlieten bekleedde S. Jansvliet, wegens hare breedte, uitgestrektheid en gerieflykheid, de eerste plaets’Ga naar voetnoot3). Met die verskillende uitbreidinge van die stad is hierdie grag toe telkens verleng - by die Meir in twee verskillende rigtings - na die nuwe omwallinge. Die uiters gemaklike toegang van skepe, veral tot die binnestad, wat moontlik gemaak is deur die gedraginge van ‘de large revier, het water van de Schelde’, was dus altyd die roem van Antwerpen. Is daar iets wat ons belet om in Jerolimo se woorde een selfde lof te hoor weerklink? Tog seker nie. Dit kom hier alleen nog [maar aan op die juiste interpretasie van die werkwoord ‘supporteren’, waarvan die betekenis, presies soos deur Bredero bedoel, egter moeilik vas te stel is. Die 16de- en 17de-eeuse Nederlandse en Franse woordeboeke, sowel verklarend as vertalend, wat ek geraad- | |
[pagina 313]
| |
pleeg het, behandel die ww. òf heeltemal nie, òf hulle gee die gewone betekenisse: ondersteun, onderstut, skraag, dra; verdra, duld, ly, en dergelikeGa naar voetnoot1). Wanneer ons nou ‘supporteren’ as refleksief gebruik beskou, dan kom ons tot 'n interpretasie: die Schelde ondersteun homself, dra homself, langs kaaie en hoofde tot verby die Meir. En dit kom feitlik op dieselfde neer as Nauta se uitleg: hou hom staande, dus: gaan deur, stroom deur. Dit is egter moontlik dat die, oorspronklik transitiewe, ww. hier intransitief gebruik is, soos ook die werkwoorde ‘voer’ en ‘lei’ in dieselfde verband intransitief gebruik kan word: dit kanaal voert naar de binnenstad; de weg leidt tot over de grens. Dit bly ewewel die vraag of ‘supporteren’ hier refleksief dan wel intransitief is. Maar mag daar ook al geen absolute sekerheid te verkry wees oor die nuance van betekenis nie, die hoofgedagte word duidelik genoeg uitgedruk, nl. dat die water van die Schelde tot anderkant die Meirplein reik.
'n Interessante aspek lewer nog die indeling van Jerolimo se beskrywing. Immers die volgorde waarin hy die dinge noem kom presies ooreen met dié waarin hulle waargeneem kon word by die aankoms per boot te Antwerpen. Eers het die reisiger deur die landelike omgewing gevaar. In die verte voor hom was die torings en spitse van die groot geboue, wat al duideliker geword het namate die boot naderby gekom het, totdat ook die massiewe omwalling met sy beplantingGa naar voetnoot2) sigbaar was, en die boot langs die kaaie en hawehoofde gegly het tot in die binnestad. Op die Meir kon die reisiger ontskeep en sy vertier soek in die herberge op die plein. Is dit 'n herinneringsbeeld van Bredero? Den Haag marie bax-botha |
|