Afrikaner tref ryk vaktaal in Nederland aan.
(Uit ‘Die Burger’)
Mnr M.J. Posthumus, assistent-staatsvertaler, wat deur die Minister van Verdediging na Nederland afgevaardig is om die nuutste ontwikkelinge op die gebied van die krygstaal en ander vakterminologie te bestudeer, gee in die November-uitgawe van die maandblad Zuid-Afrika die volgende beskouinge oor sy onderzoek in Nederland:
'N besoeker aan 'n vreemde land moet wel oppas, dat hy nie indrukke met gevolgtrekkings gaan verwar nie. Indrukke storm onkeerbaar op 'n mens af, maar gevolgtrekkings moet stadig by die hek uitgetel word. Ook moet jy versigtig wees om geen land sonder meer 'n ‘vreemde’ land te noem nie. Nederland is wel vir my 'n ‘ander’ land, maar ek het tog van die eerste dag af tuis gevoel. Daarvoor moet ek die Afrikaners in Nederland dankbaar wees, maar eweseer die talle Nederlanders met wie ek aan huis en op kantoor in aanraking gekom het.
My opdrag was om in Nederland en België alle vakliteratuur, woordeboeke en woordelyste te versamel wat maar enigsins van nut kan wees vir die opbou van 'n Afrikaanse vakterminologieGa naar voetnoot1) op elke gebied. Dat daar hierby van die krygstaal uitgegaan is, hoef geen verwondering te wek nie, want die krygswetenskap behels alle wetenskappe en kundighede.Ga naar voetnoot2)
Oral het dit my opgeval hoeveel belangstelling daar vir die taalversorging van tegniese werke bestaan. In dié opsig doen die Centrale Taalkommissie voor de Techniek, die Vlaamse Ingenieursvereniging en die Interprovinciale Commissie voor de Eenmaking der Nederlandse Terminologie in het Technisch Onderwys (Antwerpe) goeie werk. Maar ook staats- en partikuliere liggame dra die saak op die hart.
Op die gebied van die ouere, gevestigde wetenskap en tegniek bestaan daar in Nederland 'n ryk vaktaal, waarmee die Nederlander, tussen hakies, weliswaar nie altyd self heeltemal tevrede is nie, maar wat nietemin 'n skat uitmaak wat die Afrikaner nog in groot mate deur eie inspanning moet verwerf en ook vinnig besig is om te verwerf.
Op die gebied van die allernuutste tegniek staan die Nederlander egter min of meer eweseer op homself aangewese as die Afrikaner.Ga naar voetnoot3) Aanvanklik is die name vir nuwe tegniese begrippe taamlik klakkeloos oorgeneem, maar oral is 'n gesonde reaksie hierteen te bespeur. In Suid-Afrika word veel hieraan gewerk, sodat die moontlikheid - selfs die wenslikheid - van samewerking groot is.Ga naar voetnoot4)
In die tegniese en wetenskaplike taal behoort die verskil tussen Nederlands en Afrikaans uit die aard van die saak nog heel wat kleiner te wees as in die literatuur- en algemene omgangstaal. Onderlinge verstaanbaarheid is 'n oorweging van groot betekenis vir twee verwante tale waarvan geeneen eintlik 'n wêreldtaal is nie!
Ten slotte wil ek nog een indruk weergee. Ek het letterlik honderde Nederlandse tegniese boeke deurgeblaai (soms ook deurgelees). En ek het opgelet na die jaartal van verskyning. Daar is geen ou boeke onder hulle nie. Die grootste gros dra jaartalle van 1940 tot 1948. Daaruit is net een gevolgtrekking moontlik: 'n werkywer wat die hoogste agting afdwing. Want byna al hierdie boeke is in besettingstyd, hongerwinter en skaarstetyd geskrywe...
Ek het baie in Nederland geleer.Ga naar voetnoot5)