Spektator. Jaargang 4(1974-1975)– [tijdschrift] Spektator. Tijdschrift voor Neerlandistiek– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 464] [p. 464] [Gedichten van Fanie Olivier] die seremoniemeester (vir breyten) ek het gedroom ek het gedroom van 'n kind se geboorte iewers onder 'n bosveldboom of'n besembos met die sekelmaan wit oor die berge onderkant die stil swart stroom ek het gedroom ek weet wie's die vader van hierdie kind en sy naam was haat nee, nie vader nie, maar ding wat met beloftes warm drif haar kon verlei en, in die steek, gelaat het: sy hare skif seile van ou skepe sy oë swart spikkels op die oop groen veld daar was 'n vroedvrou seker van haar handel goed voorberei gewapen tot die tande die oudste in haar vak wat fluit-fluit in kon grawe om die kind wat vassit uit te laat. haar naam - haar naam was ook geweld. en daarom: oor hy wat die vader was en sy wat die kind wou los en die kind het ek die moeder hoor skree iewers onder 'n bosveldboom 'n neonlig of 'n besembos (hoor hoor hoe skree die moeder) vol verlange dat die pyn moet verbygaan en die kind se mond teen haar bors kan pas dat sy 'n man kan soek wat oor haar borste èn die kind se kop sal vryf te lank te lank sit sy gevange in hierdie kwashiokorlyf. my oë was te leeg en te vol toe sy baar. hoe sal sy hom dan teen die koue weer hoe hom beskerm teen die seer hoe wakkerbly om teen die aasvoëls uit die naaste boom die strandjutwolf die slang se gly te keer? ek het gedroom. Fanie Olivier [pagina 465] [p. 465] swaels oor bangladesh (the rich get richer: Matt. 25:30) winter het vanjaar te vroeg geval lê soos rys oor die alpe gestrooi (hoe trek die huistoegaan nie aan die herfserige vlerke nie!) die bamboesdun bene die driehoek wat die skouers maak wanneer die vere selfs te swaar word vir die oë om te dra soek verniet na iets om uit die koue droogte op te pik. maar wees getroos: want Brahma, Gautama Boedha, Mohammed en ander rederye saljulle liefderyk verpak in kiste witter as sneeu om anderkant die bruin riviere 'n warm onderdak op droogfontein te hê en skottels roosblare op die geil landskap verby die berge wat nou nog oorstroom en oopgekraak die speel belet in daardie liglig lug waar hy virjulle tot barstensvol by hom soos pêrels in 'n lentekroon wil lê. Fanie Olivier Vorige Volgende