Spektator. Jaargang 2(1972-1973)– [tijdschrift] Spektator. Tijdschrift voor Neerlandistiek– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 403] [p. 403] aanhoudende beweging: as ek sê: die grond in my fyntuin is vrugbaar vir berge, dan beteken dit: dat berge so glasfyn, so hoog daar aard en dat jou plek ook dáár is: sjerpa met 'n vlag rooi oorwinning, dat ek jou somerskemeringe só wil sien as ek beweer dat die surrealisme die bevryding van die beeld is dan openbaar ek volstrekte kennis, 'n aanvoeling vir die ondergrondse wat rugbaar word: dit wat 'n begrip soos 'n berg kan dra met 'n sjerpa met 'n vlag rooi besinning ai mens, kontakverslaafde, kom versóék snags my vrylyf tussen die tamaties en die kool; ai, dat 'n korrekte houding nou so moes verrot! tot 'n berg met 'n vlag rooi versinsels! Breyten Breytenbach Vorige Volgende