| |
| |
| |
Breyten Breytenbach
Zeven gedichten
dans oor die niet
'n paar uur voor die oorlog begin
is die hemel bo die stadjie 'n onpeilbare blou
onder spreiligte speel kinders netbal,
in 'n systraat word 'n keel klappers kalerig afgevuur snoer van rotjes
om die verdoemenis te tart met 'n grynslag,
die berge is reeds onsigbaar
toegevou in die duisternis,
die wit serp van die sneeulinie sjerp
waar engele met afgeremde vlerke neer moet stryk
om swartvoet te kry van die kou
'n paar uur voor die oorlog begin
het die reisigers op die stasie hol gesigte,
die hart sink in die skoene
soos wanneer jy met verwagting nes 'n swangerskap
die roltrap betree wat opeens nie meer beweeg nie,
op die platform vra 'n plooikop tannie vyf keer vrouw
aan vyf verskillende persone of die Barcelona trein
wel hierlangs verbykom, en knoop dan met niemand
'n gesprek aan oor die onbetroubaarheid
en die yl-yl klagtes uit die donker berg,
'n jong moeder hou haar suigeling se hand styf vas,
'n man met 'n dik bril blaai aandagtig
in 'n tydskrif, die blaaie blink
van vet-getette meisies met broekies
styf oor die skaamspleet geswel,
die wintervoëls is reeds bome toe,
| |
| |
'n paar uur voor die oorlog begin
eet die politici en die generaals,
breek winde op, en vee met gestyselde servette boeren
die vet van hul kenne. in Afrika sterf
kinders van die honger, in Israël speel oorlewendes
van vroeër oorloë op pensklaviere om die kleuters accordeons
te vermaak terwyl bejaardes die splete
van hulle huise toeplak om die gif te hou
uit die gaskamers van hulle geheuens.
in Arabië lê soldate in die sand
en wag met vingers om die snellers, trekker
hulle is kanonkos, die dood kom soos 'n sjampanjeprop
getrek uit die bottel van die longe,
hul ly we probeer die onthutste lê-lê
van skielike leweloosheid aanleer
'n paar uur voor die vernietiging begin
dreun nagklubs op ritme van
‘die bal van die laatste dae’, priesters se vingers
loop oor gebedeboeke se afsmeking
soos ruspes oor oneetbare koolblare,
in hotelkamers steun gewoonte-agente sleur-reizigers
op soek na die laaste ontwykende orgasme,
in kroeë ontleed werppyltjiegooiers die geopolitiek
ons regeer die planeet, ons is nie diere nie.
ons word gebore met die herinnering aan die dood.
ons lewe met die verbeelding van die dood
as die eggo van 'n belofte in die are.
ons gee 'n afgemete ontploffing aan ons drome en idiome
en lees die eggolalie as eggofoto's
van plastiekfetusse op televisieskerms.
ons beplan vernietiging tot in die fynste feniel foncem
soos skeppers van vooruitgang
van aangesig tot brandgesig
| |
| |
maande weke dae vooruit, en die maan van bloed.
en dan tot in die swart teug van die finale moment
wanneer ons haat en ontreddering
soos 'n buil oor die wêreld bars
in die naam van regverdigheid en van liefde
15 Januarie 1991 (in die trein tussen G. en Barcelona)
| |
| |
| |
Gedig as afskeid 'n vriend
vir A.J.C.
Dis verby: gisteraand het ons jou tot oor die grens
vergesel. In hierdie seisoen is die berge blou en bruin
van warm wind wat die keel streel
maar wanneer die trekganse kom
sal wit briewe die hoë passe verstik.
Dorpies het gekantel in die sterwende son.
In die ander gebied het ons vir laas
in 'n huis waar duiwe met swart vlerke slaap
die brood gebreek en die wyn geskink
om te drink op die weggaan en die weersiens
en die drank - dronkejongelingskap is tog net 'n droom.
Dankie vir die grenslose vertroue van jou kuier,
vir al die kere wat jy gelag het,
vir die kos wat jy gekook het,
vir die nagmaal van gedeelde gesels
onder die olyfboom toe ons die bitter kelk
kon ledig om te huil en te sing
oor al die standbeelde van ons jeug
se drome wat op losse skroewe te staan
moes kom. Dankie vir die vuurmaakhout
gekap as herinneringe vir later in die kouer tye.
Dankie, vriend, vir die lied en die leed.
Toe: Cerberus, die middernagtelike trein
vol sorgelose rugsak-kinders, 'n hand by die venster,
'n skuiwende perron - jou eerste skof
deur tonnels van die nag altyd dieper
terug na daardie Suidland van ons geboorte
onder verre sterre waar ek
ook nie as 'n happie aan die helhond
| |
| |
Met ons rit huiswaarts het die maan
'n ligblou stof van donkerte gesif oor die wentelpad
hoog bo inhamme en kape waar vuurvlieënde liggies
van ou buiteposte teen seerower en barbaar
vaak oor vissers en vakansiegangers se slape -
Port Bou, Colera, Figueras, en die nag.
Sal ons mekaar ooit weer sien?
In die huis was daar muskiete
in jou leë kamer... Wanneer 'n ander tog
aan die skoorstene suig en hierdie gedig
reeds verbleik sal ek nog dié somer
se wyn gaan tap uit die vat
en by die vuurherd navraag doen in die mymerende vlamme.
24.8.91
| |
| |
| |
Die gedig as vooruitgang
Hier die is 'n doop-gedig geskrywe
aan die hand van 'n koerantberig
die vyftiende Junie neëntien een-en-neëntig
'n Man (B) het 'n moord beken.
In die loop van September vyf-en-tagtig
het hy in Londen 'n sesjarige knaap
(B) wat op straat met sy maters gespeel het
ontvoer na 'n woonstel. Daar
is die seun bedwelm, gestroop
en deur sewe of agt mans gesodomieter
totdat hy op die vloer laat lê is vir dood
Toe B die liggaampie na Essex ry
het die kind begin roer. Hy het
dit in 'n kombers versmoor
en langs Crooked Lane naby 'n abdy
in die fetus-posisie gemoffel
Hierdie bewegende hand dra 'n ring
en bewe nie behalwe by die voort-bring
van 'n knoop woorde. Buite die ruite is
'n kring wind, 'n snoer wolke.
| |
| |
| |
'n wind stilte waai
Hoekom skrywe jy altyd oor die dood?
Omdat ek 'n maat soek wat die moeite loon
Om voor te sterwe. (Daigu)
'n wind stilte waai om die huis
die vrou sê sy sit krummels uit
op die balkon vir die mossies
en later is alles opgevreet
maar jy het nooit 'n voël gesien nie
wolke strooi 'n vlug skadu's voor die son
jou suster se stukkende stem
kom oor 'n afstand van baie jare:
dat die binneste ook weer kan genees’
die stad se klokke galm opeens
hoe skryf mens 'n afwesigheid vas in die vers?
my vader is oorlede vandag
Saterdag die neënde Desember 1989
Johannes Stephanus Breytenbach
ek breek my woorde soos krummels op
vir ontvlugting of begrip
wit vriessuiker oor die blare in die park
onverwags 'n snik in die bors opgeskrik
soos 'n voëltjie gewek uit die winterslaap
hy was tog so 'n trotse man
nooit 'n oorlas gewees al die jare
verrinneweerde grys liggaam
in 'n saai vol ou grys gedoofde ligte lywe
| |
| |
eers gister het hy mooi besef
van die kouevuur-been wat afgesit is
en vanoggend nog was hy kwaai ontsteld
want die tande en bril was kwyt
en toe het hy die kop weggedraai van die lig en gesug
en toe is hy dood en nou wag die aarde
oplaas 'n verlede oopgeruk
so oud soos klokke wat sing vir die dood
ek ry op my pa se skouers
onder die koepel van 'n soel nag zwoele
mooi loop my haan my luiperd
my pronkende ligwaaier oor die kuif van die berg:
en nou pluk ons die sterre
| |
| |
| |
die gedig as wysheid
luister: dit is die som van my lewe:
ek het in alle kontreie gereis streken
waar pieke spieëls is vir die afwesige
en skaduwees is onbekend daar
maar slegs fluisteringe onder die sooie
en waar voëls as bevrore sugte
en waar sprinkane by konings
en deur gesneuwelde stede waar besoedelde vlae
om die roet uit hul neuse te snuit
en in lande waar hees demokrate heers
en elders waar kommuniste sop eet
en oral het alles in die oë geritsel
soos maaiers in die lees, luister: maden
met 'n horisontale skaampoortjie nie
want anders sou sy haar lag nie kon hou
maar veral: oral was daar vlieë
| |
| |
| |
coitus eruptus
ek dink aan jou by die oopgaan en die toemaak
van hierdie reëls wat leef
en fatsoen aan my onderwete moes gee
onthou: die sagte lippe en die harde tong
van ons dieppraat, 'n binnenslyfse gemompel
jou vreugdekreune 'n dowe muur
wat wit klagtrane na my uvula bring
onthou: die swaard en die maan
die kompasroos van ons verduisterde liggaam
brok in die haan se snikke
maar wie het die oë uitgepluk?
onthou ook: om liefde saam te begaan
was om in 'n vrugteboom te klim
as eerste botseltjies toe-oog knoppen
en in 'n donker voorhuis met blinkblinde hande
terwyl voëls die somer se vleise verorber
dis die rooi tong en dis die wit oog
dis vuur en mes in die handkyk
onthou: hy wat stinkvinger speel
vrot weg tot aan die kieste
onthou jy nog: ek het stemme gehoor:
‘ek weet nie wat ek kom soek nie
maar ek het dit nie gekry nie,’
‘elke kind het 'n wortel,’
| |
| |
die bewuslê is gedig as kragveld
hierdie is nou 'n vreemde land
waarbinne gegewens en genomens opduik
om vermom of vernietig te skroei,
ek verstaan tog nie meer die aksent
verskuif haastige wolke om blou te kom bou
waar reënboog 'n duik bloei in die see
uit die berg spuit wit watervalle
dit was my liefde: toe my tong
in jou steek was die swaard in die water
teen die son se brandglas het gevleueldes
die kykers uitgepik: doop 'n vinger
in die swart vokaal: lewe is die stuiproer
van 'n orgasme onthou, ek dink aan jou
by ooprol en styfruk van hierdie snoere
| |
| |
| |
Herinneringe van die haas
wat ek nog onthou is die dreun
van militêre vragmotors die nag
op straat die nag in op straat
hoe die klank van ratte en suiers zuigers
terugkaats en as die enjins luier motoren
nee alle gode en voorvaders
agter geslote luike slaap 'n straat
mense oop-oë nêrens kier 'n lig
die gode is kermende voorvaders wat kiem-
mense met wolmusse en roetbesmeerde wange
hier en daar oopgeklopte deure
die doef van geweerkolwe in rugkruise
dan die dowwer doef van menselywe
in die staalbak bibberend gehurk
soos hase toegespits op onsigbaarheid
oop-oë betrap in die spies lig
van militêre vragmotors in die nag oopgeklowe
op straat die nag in op straat
van nêrens die grens oor na nêrens
nee alles wat die menseheugenis
mag opdiep aan goed of god en vashoubede
agter hortjies slaap 'n straat mense
oop-oë, soos hase wegkruip
agter slaap as die enjins luier
ook onthou ek in jou opgekrulde lyf
die hortende asemstote en doef-doef slape
die klipklop van jou hart in die nag
noten: Adriaan van Dis
|
|