s.v. petersen
suiderkruis
Vra nie na my herkoms nie, wie my pa
se vader was en wie sy moeder nie,
dis noord in my, en oos en wes - die drie:
in die voorsaat was ek die Noorderling,
van gedaante een uit die Môre-land.
So is ek in die hierheen ingebring,
die kiem van my wese vergoed geplant
in hierdie suidehoek van Afrika.
Ek was oor baie grense ver van huis,
Göteborg het ek geken, Uppsala...
In ekwatorlande het ek hoor sing
duister, voorvaderlik 'n melodie;
maar die heimwee het my terug gedwing
eindelik, tuis onder die Suiderkruis.
(Uit: Suiderkruis, 1965.)
Noorderling, Môre-land = Petersen, zoals zijn naam laat vermoeden, is van gedeeltelijk Skandinaafse, gedeeltelijk Maleise afkomst.