Ons Erfdeel. Jaargang 7
(1963-1964)– [tijdschrift] Ons Erfdeel– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 6]
| |
[pagina 7]
| |
CommendatioGa naar eind*
| |
[pagina 8]
| |
die probleem algemeen menslik is, verteenwoordig die persone in 'n groot mate die byna spreekwoordelike hardkoppigheid van die Vlaminge uit dié geweste. In sy latere werke verminder die landskapskildering en word die aandag in hoofsaak op die mens toegespits, waarin hy hom openbaar as die fyn ontleder en gevoelvolle uitbeelder van die menslike siel.
Oor die algemeen word die novelle ‘Het Leven en de Dood in den Ast’ erken as die hoogtepunt in die werk van Stijn Streuvels en as een van die merkwaardigste novelles in die Nederlandse letterkunde. Die oes op sy arbeid is groot, maar nog groter is die invloed wat dit uitgeoefen het op die ontwikkeling van sowel die Vlaamse as die Noord-Nederlandse prosa. En deur sy liefde vir die boer het sy ‘De Vlaschaard’ en ‘De Oogst’ intieme aanklank gevind by die Afrjkaner, en selfs C.M. van den Heever se werke weerspieël opmerklike verwantskap met die van Stijn Streuvels. Daar is seker weinig studente van Afrikaans en Nederlands in Suid-Afrika wat nie waarderend kennis gemaak het met Stijn Streuvels se werke nie.
Hierdie reus onder die Dietse prosaïste, wat in Desember 1962 vereer is met die ‘Prijs der Nederlandse Letteren’, die hoogste erkenning op literêre gebied in Nederland en België, het sy talente in eenvoudige opregtheid gebruik en daarmee 'n goddelike grootsheid in die letterkunde geskep, waarvoor ons aan hom hulde bring. Dit gebeur selde dat 'n skrywer van sy jong jare af tot in sy gryse ouderdom indieselfde mate aanvaar, bewonder en geëer word in al die Dietse taalgebiede, dus ook in Suid-Afrika; daarom voorwaar 'n groot onderskeiding vir hierdie Vlaamse geesgenoot van ons.
En nou, hooggeëerde Stijn Streuvels, dat u nie in persoon kon teenwoordig wees nie, betreur ons, maar in die gees ontvang u vandag hulde vir 'n geestelike nalatenskap waarvoor die Afrikanervolk altyd dankbaar sal wees. Ons is daar bewus van dat u wars is van baie feesbetoon om eie persoon, maar ons wil tog ook daarby in dankbare herinnering bring die droewige dae in ons volksbestaan aan die begin van hierdie eeu toe u tydens die Anglo-Boereoorlog uself te Avelgem ingespan het om aan die Afrikaners hulp te verskaf. Dit is daarom gepas dat die Alma Mater van ons land se universiteite op hierdie dag, al is dit reeds in u drie-en-neëntigste lewensjaar, ook u destydse gebaar van vriendskap enigsins terugbetaal met 'n innige ‘Dankie’ van ons volk, waarvan hierdie sertifikaat die simbool is.
Mag u nou, met u behouwe lewenslus, die aandskemering van u lewe blymoediglik deurbring in die klein kringetje waar u so besonder gelukkig is en waar u die teerste liefde en sorg ontvang, en laat hierdie aandskemering vir u en vir huile wat u liefhet nog baie lank uitgestrek word en soos die verlengde skaduwee van die sierlike sipres in die stille awendmeer weerkaatsing vind van sy volle glorie. |
|