Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932
(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 50]
| |
Oor Boeke.Dr. W.J. Leyds: Derde verzameling (correspondentie 1900).
| |
[pagina 51]
| |
tion of London. All through his work matters of high politics are sandwiched between items of information such as are found in small print in the Littlehampton local paper, and when reading about events which made and destroyed empires,
Dr. W.J. Leyds (links) en prof. dr. S.P. Engelbrecht, in 1920 in Den Haag afgeneem.
we always expect to turn the next page and learn that at X on the evening Sunday, March 1, 1881, a calf was born with two heads and six legs. To our disappointment Dr. Theal never actually mentions the six-legged calf, but he comes perilously near it. On the other hand, you cannot possibly think of the six-legged calf in connection with Dr. Leyds: you can only think of politics, the morals of imperialism, and the meaning of civilization. The difference throws an interesting light upon the relative value of impartiality in history. Dr. Leyds is certainly not an impartial historian. He was himself a prominent actor in the struggle between | |
[pagina 52]
| |
Boer and Briton, and his books have the very definite purpose of showing that the Boer was right and the Briton most damnably wrong. On the other hand, Dr. Theal is really impartial; whether he is telling the story of the subjection of the Bantu by the European, or the struggle between the Transvaal and the British Empire, or of the flood which completely destroyed some gardens in the village of Heidelberg in December, 1875, he records, baldly and at considerable length, every fact, large or small, which he has been able to gather. The effect is curious. You may disagree absolutely with the view of Dr. Leyds and the object of his books, but you must at least admit that he gives you the material for understanding the significance of the events dealt with by him. You look back, and in the light of history Majuba and the dynamite, economic imperialism and the flooded gardens of Heidelberg, fall into their proper places and assume their right proportions in the sight of God. But Dr. Theal looks at history with the eye not of God, but of the editor of a local paper, and the reader is left with no understanding of the great tides which swept white and black humanity this way and that in South Africa, but with a confused vision of a welter of unmeaning facts.’ In 1919 het dr. Leyds 'n seleksie uit sy omvangryke briefwisseling gedurende die jaar 1899, wat vir Transvaal so belangryk was, gepubliseer. Hy het daarin ook 'n lys opgeneem van sy reise as Gesant vanaf 7 Januarie tot 11 Oktober, toe die Oorlog uitgebreek het, asook 'n hele reeks van belangryke bylae. In 1930 het 'n ‘Twede Verzameling Correspondentie 1899-1900’ in drie dele verskyn. Dit eindig met die koms van die Boere-Deputasie - Fisher, Wessels en Wolmarans - in Europa, en bevat ook weer allerbelangrykste bylae. Hierdie briewe bevat die onweerlegbare bewyse dat dr. Leyds alles in sy vermoë gedoen het om die Oorlog van 1899-1902 te keer. Herhaaldelik het hy die Regering in Pretoria gewaarsku om nie op intervensie van enige Europese moondheid te reken nie, en dit is dan ook alleen òf kwaadwilliges òf derderangse historici wat ná die publikasie van hierdie briewe nog kan beweer dat dr. Leyds nie met alle mag teen die Oorlog gewerk het nie. In 1931 het die ‘Derde Verzameling’ die lig gesien. Dit bestaan uit twee dele van 539 bladsye tesame, met die nodige bylae, en bevat, net soos die vorige versamelinge, 'n noukeurige opgawe van dr. Leyds se reise in die bepaalde periode wat die tyd omvat vanaf die aankoms van die genoemde Deputasie tot aan die aankoms van president Kruger in Europa. Ons leer hierin hoe dr. Leyds met byna bomenslike krag vir die saak van die Boere gewerk het, en hoe hy alles keurig georganiseer het. Die briewe laat ons sien watter flagrante, onherstelbare fout die Boere-Deputasie by hulle aankoms op 13 April 1900 in Milaan gemaak het toe hulle die raad van dr. Leyds om eers na die Duitse Keiser te gaan in die wind geslaan het en na die opgeblase dr. Hendrik P.N. Muller geluister het om eers na Holland en Amerika te gaan, en eers na hulle terugkoms daarvandaan na Duitsland, waar hulle natuurlik voor 'n geslote keiserlike paleis gekom het. Die Keiser was ydel, en hy was in sy trots gekrenk toe die Deputasie eers in Holland en toe in Amerika gaan hulp soek het en daarna eers na hom gegaan het. Dr. Leyds se raad om eers na Berlyn te gaan was ooreenkomstig 'n wenk van niemand minder as die Tsaar van Rusland, en dr. Abraham Kuyper het onafhanklik van dr. Leyds dieselfde raad gegee. Dr. Hendrik Muller het egter as 'n ydele bemoeial sig meermale met dinge besiggehou wat hom niks aangegaan het nie, waardeur hy die Boeresaak onnodig skade gedoen het. Weemoedig is dit om in hierdie ‘Verzameling’ die briewe van die heer A.D.W. Wolmarans te lees, waaruit blyk hoe | |
[pagina 53]
| |
hy, toe die kanse van die Boere hoe langer hoe slegter geword het, op eie houtjie die protektoraat oor die Republieke aan Rusland en Frankryk wou aanbied om tog maar nie in Engelse hande te val nie. Dit laat ons dink hoe onse Vadere in die Tagtigjarige Oorlog gesê het: ‘Liever Turks dan Paaps.’ Hierdie briewe is lewendig en onderhoudend. Mens vergeet soms dat dit briewe is. Iedere opgevoede Afrikaner behoort daar kennis van te neem. Dit ontroer en leer ons die groot betekenis van ons stryd van dertig jaar gelede sien. Dit leer ons om manne as dr. Leyds in ere te hou. Hy was een van die fondamentlêers van ons volksgebou. Van harte hoop ons dat dit hom gegee mag word om nog 'n vierde versameling te publiseer. Eenmaal sal die volle lig val op die hoë betekenis van dr. Leyds vir ons land wanneer daardie veelbewoë periode van ons volksgeskiedenis aan 'n streng historiese ondersoek onderworpe sal word. Die materiaal daarvoor is voorhande in die Leyds-argief wat onlangs in die Uniegebou geplaas is. Hierdie argief is die monument van dr. Leyds in ons midde en sal eenmaal spreek tot die hart van ons volk.
S.P. ENGELBRECHT. | |
Jacobus Revius, Overysselsche sangen en dichten. Uitgegeven, ‘The difference throws an interesting met ongedrukte gedichten vermeerderd en van verklarende aanteekeningen voorzien door Dr. W.A.P. Smit. Het epos der Godsgeschiedenis. U.M. Holland, Amsterdam, 1930.Revius bly een van die interessante figure in die Nederlandse letterkunde. Sy ten onregte so lank vergete poësie bied een van die seldsame voorbeelde van 'n Calvinis wat deur sy geloof tot die skepping van suiwere kuns gekom het, 'n kuns wat vandag nog niks van sy ontroerende krag verloor het nie. T'en zijn de Joden niet, Heer Jesu, die u cruysten,
Noch die verradelijck u togen voort gericht,
Noch die versmadelijck u spogen int gesicht,
Noch die u knevelden, en stieten u vol puysten,
T'n sijn de crijchsluy niet die met haer felle vuysten
Den rietstock hebben of den hamer opgelicht,
Of het vervloecte hout op Golgotha gesticht,
Of over uwen rock tsaem dobbelden en tuyschten:
Ick bent, ô Heer, ick bent die u dit heb gedaen,
Ick ben den swaren boom die u had overlaen,
Ick ben de taeye streng daermee ghy ginct gebonden,
De nagel, en de speer, de geessel die u sloech,
De bloet-bedropen croon die uwen schedel droech:
Want dit is al geschiedt, eylaes! om mijne sonden.
Hierdie klag van die digter vir wie die sondeskuld 'n felle realiteit is, staan, wat innigheid en direktheid van gevoel, intensiteit van persoonlike geloofsbelewing betref, nog onoortroffe in die Nederlandse geestelike poësie. Bilderdijk se meer individualistiese bekentenis in sy ontroerende gebed: ‘Genadig God, die in mijn boezem leest’, miskien wel die waaragtigste gedig van hierdie ‘Weltschmerz’-lyer, is in sommige opsigte daaraan verwant. Maar hierdie Calvinis Revius, vir wie die heilsfeite van sonde en verlossing 'n ontsaglike, verpletterende realiteit is, en wat in sy poësie tot 'n mistieke belewing van sy positiewe geloof kom, is tegelykertyd 'n skoonheidsoeker wat gedrenk is met die Renaissance-skoonheid wat so weelderig om hom opbloei, en hy stort sy religieuse lewe uit in daardie Renaissance-vorme. | |
[pagina 54]
| |
Wat 'n fyn spel van teeenstellinge, watter flonkering van beelde in 'n gedig soos ‘Lijffende Siele’, hoe pragtig is die beeld uitgewerk in ‘Gods Besluyt’, wat 'n grootsheid van siening, watter volheid en swaarheid van orrelmusiek in ‘Scheppinge’. 'n Strofe soos die volgende uit ‘Morgengebet’ toon die digter se gevoelige oor vir woordmusiek: In 't Oosten claer, laet blosen
De dageraet
De liefelijcke rosen
Van haer gelaet.
En orals, veral in sy lewendige, frisse vertellinge van Bybelverhale en in sy passie-sonnette, word ons getref deur die gesiene, die beeldende krag van sy woord. Hierdie digter is ontroer deur die skoonheid van die wêreldlike lied van digters soos Hooft, en hy het sommige van daardie liedere vergeestelik op 'n wyse wat toon dat hy hulle deurvoel het en nie slegs 'n modevorm aangewend het vir godsdienstige doeleindes nie. As suiwer kunstenaar staan hy dan ook ver bo sy geesgenoot Da Costa, met sy Oosterse gloed en retoriek. Ons het in Revius die seldsaame versmelting van Calvinistiese geloof en Renaissance-skoonheidsdrang. Dat die Nederlandse Goue Een in Heiman Dullaert 'n tweede voorbeeld hiervan besit, is een van die vele blyke van die rykdom van hierdie bloeiperiode. Dit alles maak Revius tot een van die beste, sy dit dan nie grootste, digters van hierdie een. Revius was tydens sy lewe nie baie populêr nie. Sy gedigte is tydens sy lewe en tot nou nie herdruk nie. Die onvermoeide Van Vloten het ook hom weer ontdek en in 1863 ‘Het leven en de uitgelezen zangen en dichten van Jacobus Revius’ uitgegee, wat die sinds lank vergete digter weer onder die aandag gebring het. Eers in 1926 het 'n tweede bloemlesing verskyn van die hand van C. Stapelkamp. Hierdie uitgawe oortref dié van Van Vloten in die noukeurigheid van die teks en in die aantekeninge. In 1928 het die Christen-digter W.A.P. Smit, Verwey se eerste promovendus, die doktorstitel verwerf met sy verdienstelike proefskrif ‘De dichter Revius’. Hy was daardeur die aangewese man om eindelik die nuwe volledige uitgawe van die ‘Overysselsche Sangen en Dichten’ te besorg. Die voor ons liggende werk is die eerste deel hiervan. Dit bevat ‘Het Epos der Godsgeschiedenis’. In hierdie benaming staan Revius onder invloed van die Hugenoot-digter Du Bartas. 'n Epos is dit nie: dis 'n bundel los gedigte waardeur egter 'n eenheidskonsepsie loop: hierin ‘wordt heel Gods heilsgeschiedenis bezongen en overdacht; het paradijs, de zondeval, Noach, de tien geboden, de profeten - Christus' geboorte, Zijn lijden en sterven, de opkomst en strijd van Zijn kerk, de ondergang der wereld. In de twee laatste verzen “Eeuwich vier” en “Eeuwich leven” wordt alles opgenomen in de oneindigheid.’ Smit het by sy uitgawe sorgvuldig gebruik gemaak van die oorspronklike drukke en van die deur Revius self gekorrigeerde eksemplaar van sy werk. Die verklarende aantekeninge sal die leser baie hulp bied. Smit gee self as sy strewe aan om ‘een uitgave samen te stellen, die bruikbaar (is) ook voor den ontwikkelden leek’. Waar daar in Nederland menige leser sal wees wat na hierdie gedigte sal gryp om troos en krag te put uit die godsdienstige ontroering van 'n geesgenoot, is hy in hierdie strewe ten volle geregverdig. Die lysie ‘Enkele eigenaardigheden van de taal der 17de eeuw’ maak egter wel 'n enigsins naïewe indruk. Die uitgewers het hierdie welkome en verdienstelike uitgawe 'n smaakvolle, gedistingeerde uiterlik gegee.
G. DEKKER. | |
[pagina 55]
| |
Biessies in die wind. Deur Regina Neser. Nasionale Pers, Bpk., Kaapstad.Dit lyk of die kortverhaal al meer beoefenaars in Afrikaans vind, want kortkort verskyn daar 'n bundel. Ongelukkig bly die meeste van hierdie brokstukkies maar net bloot verhale sonder dat 'n ruimer lewe daardeur sigbaar word, sonder dat dit groter algemeenmenslike vergesigte open en 'n simboliese kern vertoon. Dit is ook die geval met die meeste verhale in hierdie bundel met sy digterlikklinkende naam. Ons waardeer seker daarin die skryfster se opregtheid en direktheid van gevoel, haar warm medelyde met haar medemens; sy besit 'n verdienstelike opmerkingsgawe en is soms baie suiwer in die meedeling van wat sy innerlik belewe het. Maar ons voel tog dat haar kuns te veel konsentrasie kortkom In die kortverhaal verwag ons, miskien meer as elders, lewensverhewiging. Ons kry 'n brokstuk uit die groot lewensbeweging afgesny, en dit moet die skrywer van die kortverhaal vir ons belig en deurskyn met sy intuïtiewe deurdringingsvermoë, dit moet verteenwoordigend word van 'n bepaalde lewensaspek. 'n Kortverhaal, so het iemand dit gekarakteriseer, is in die epiek wat die sonnet in die liriek is: dit moet afgerond wees in al sy onderdele en binne 'n klein bestek intuïtief-onthullend werk. Hierdie skryfster se verhale gaan nie diep genoeg nie; sy bly te maklik staan by die louter meedeling self sonder om 'n ryker agtergrond daaraan te gee. Sy moet nog meer fynheid van aanvoeling in haar werk dra en meer suggereer as beskrywe. Sy kan ook nog baie onsuiwerhede uit haar werk lig as sy meer harmonie wil bring tussen wat sy waarneem en die wyse waarop dit in woorde gekristalliseer word. Niksseggende uitdrukkinge soos: ‘onbeskryflike smart’, ‘onuitsprekelike foltering’, ‘onvergeetlike sug’ (almal op bls. 133) moet darem so langsamerhand die wyk neem uit ons letterkunde. Die skryfster besef tog ook seker self as sy nou weer daarna kyk, dat 'n grootman nie met 'n twaalfjarige kind as volg sal gesels nie: ‘Nou vaarwel, kindjie. Jou koms was soos 'n sonnestraal in my gryse lewe. Jou vriendskap op 'n oomblik toe ek die laaste greintjie van my weerstandsvermoë voel ontglip het, het my gered. Deur jou ongekunstelde, spontane deelneming op 'n oomblik toe my onverduurbare verlange na my kind en my maagskap my byna oorweldig het, het jy onwetend my las verlig’ (bls. 135). Die skryfster laat ook te veel van haar verhale verdun tot deursigtige patos - iets waarvoor ons Afrikaanse skrywers so lief is, omdat die minder ontwikkelde deel van die volk dit toejuig. In die toekoms sal ons ons moet toelê op die verstrakking van die emosie om ons werk so te versober tot ware dramatiek, waarin iets van sielegrootheid opgevang is. Regina Ueser se werk is nie onverdienstelik nie, maar sy sal meer diepte daaraan moet gee. Ons besef dit baie duidelik as ons een of twee van Top Naeff se kortverhale ná hare lees.
C.M. VAN DEN HEEVER. | |
Adamastor: Poems by Roy Campbell. Faber en Faber, Ltd., London.Roy Campbell is 'n tipiese romantiese digter. Hy is die swerwer wat soek na 'n verre goue vreugde; hy is ontevrede | |
[pagina 56]
| |
met sy nugter medemense en is vervuld van 'n onstilbare verlange na dinge wat hierdie wêreld nooit kan gee nie. Sy poësie is nou verwant aan dié van Shelley, maar hy het nie Shelley se menseliefde, sy etiese ideale nie. Hy is verbitter teen die huigelagtigheid van die ‘brutish herds’ op die aarde, en hy wens dat hy die vermoë gehad het ‘to sting these rotted wastes into a flower’. Net soos Shelley, voel hy dat daar 'n Kaïnsteken op sy voorhoof staan en dat hy gedoem is tot rustelose swerftogte, alleen vergesel deur die musiek van sy siel. Hy is uitgewerp uit die tempel van die vrede, sy eie familie begryp hom nie: ‘His humble kindred sicken to behold,
This monstrous changeling whom they schooled in vain,
Who brings no increase to their hoard of gold...’
Maar in die ruwe onherbergsaamheid van dié wêreld, wat aan romantiese dromers nouliks plek gun vir die holte van hul voet, is daar darem een geliefde wese, wat hom trou bly, waar ander hom verlaat en bespot, iemand wat sy ‘bewoë’ lewe tot kalmte laat verrustig: ‘Sweet sister, through all earthly treasons true,
My life has been the enemy of slumber:
Bleak are the waves that lash it, but for you
And your clear faith, I am a locked lagoon
That circles with its jagged reef of thunder
The calm blue mirror of the stars and moon.’
Ons verneem al dadelik in hierdie reëls iets van die geluid van waarlik groot poësie, en vir die Suid-Afrikaanse digkuns - in die ruimste betekenis van die woord - is dit jammer dat 'n digter soos Campbell, oorhoop soos hy is met homself, na elders gegaan het en nie die hele Afrikaanse gees in hom opgeneem het nie, om so kuns te lewer wat die kleur van ons lewe in die verre Suide het. In die Afrikaanse poësie is grootsheid van plastiek en geluid byna heeltemal afwesig. Jan Celliers het met sy ‘Die Vlakte’ 'n pragtige begin aangedui, en dit het inderdaad gelyk of daar in die komende Afrikaanse poësie sou opbloei iets van die geweldigheid van ons aandhemel, van ons sterrenagte, van die wydsheid van ons vlaktes en die pers-blou oneindigheid van ons berge. Maar die Afrikaanse liriek het eerder in die rigting van 'n vernouing geloop, met 'n toespitsing van die aandag op die kleinhuislike, die minutieuse in die daaglikse lewe, en van die ruimte-liewende trekker se gevoel vir oneindigheid en grenseloosheid het daar maar min in ons poësie agtergebly. Campbell hou van die geweldige, die visionêre, die grootse, en daar gaan 'n sterk dinamiese krag deur sy poësie. Hy ontleen ook by voorkeur sy beelde aan die primitiewe lewe, waar die oerkragtige instinkte nog werk, waar daar uitbrekende geweld en majesteit is. So is die digter nie vir hom 'n bleek Musekind wat, met 'n harp op die sy, gevoelig na die maan opkyk nie, maar hy vergelyk hom met 'n kragtige stier wat eensaam en groots onder die ander in die woud sy pad deurveg. Sy digterlike siening is van so'n aard dat dit gedurig in geweldigheid toeneem, en omdat poësie 'n verhoogde werksaamheid van die gees is, 'n openbaring van die oneindige vir dié mens wat hom reikhalsend ophef uit die stof, daarom sien ons hoe daar 'n emosionele verfyning in sy werk intree, hoe dieper sy gees hom weggrawe in sy onderwerpe. Hy het as digter die neiging om heeltemal op te gaan in sy onderwerp, hom so intens daarmee te vereenselwig dat hy visionêr sien, die dinge dan groots en ontsagwekkend verhewig. In die gedig ‘Rounding the Cape’ merk ons | |
[pagina 57]
| |
duidelik hoe sy siening gaandeweg aan diepte win tot dit heeltemal verinnig word tot visionêre deurskouing. ‘Farewell, teriffic shade! though I go free
Still of the powers of darkness art thou Lord:
I watch the phantom sinking in the sea
Of all that I have hated or adored.’
‘The prow glides smoothly on through seas quiescent:
But where the last point sinks into the deep,
The land lies dark beneath the rising crescent,
And Night, the Negro, murmers in his sleep.’
Net soos Shelley, het hy ook 'n besonder voorliefde vir die personifikasie en wil hy ook met planete en wêrelde speel soos 'n goddelike kind. Ons merk dit duidelik in die meesterlike gedig ‘The Albatross’, wat, om sy stoutheid van siening, sy ongemeen oorspronklike beeldspraak en verrassende vergesigte, seker 'n besondere plek in die Engelse letterkunde verdien. Net soos in ‘The Flaming Terrapin’, het ons ook weer hier sy hewige plastiese kleure: ‘Striped with the fiery colours of the sky,
Tigered with war-paint, ramping as they rolled,
The green waves charged the sunrise letting fly
Their porpoises like boomerangs of gold.’
En verder: ‘Towering for up amid the red starsockets,
I saw deep down, in vast flotillas shoaled,
The phosphorescent whales, like bursting rockets,
Bore through the gloom their long ravines of gold.’
Hierdie neiging om gedagtes en sieninge in die vorm van beeldspraak mee te deel, gee soms aanleiding dat Campbell te newelagtig word; dat woorde te veel sy innerlike bedoeling bedek; dat sy gedig in vaagheid voortswerwe. Maar dan is daar weer gedigte van so'n deurskynende suiwerheid, gemaak uit die ontstoflike lieflikheid van 'n verreinde droom soos ‘Mass at Dawn’: ‘I dropped my sails and dried my dripping scines,
Where the white quay is chequered by cool planes
In whose great branches, always out of sight,
The nightingales are singing day and night.
Though all was grey beneath the moon's grey beam,
My boat in her new paint shone like a bride,
And silver in my baskets shone the bream:
My arms were tired and I was heavy-eyed,
But when with food and drink at morning light,
The Children met me at the water-side,
Never was wine so red or bread so white.’
Ongelukkig is dit dat Campbell so onewewigtig is - die doem van almal wat werklik geniale aanleg het. Naas poësie van sterk verbeeldingsdrif en groot taalvermoë kry ons aan die einde van die bundeltjie 'n reeks lawwe ‘Satirical Fragments’. Dit laat ons dink aan Kloos se berugte ‘Scheldsonnetten’, wat sonder skoonheid of waarde is. Campbell gaan soos 'n reus met 'n minderwaardigheidskompleks te kere; hy dans soos 'n lomp olifant rond in sy woede om 'n mier dood te trap, wat toevallig in sy gesigsveld gekom het. Laat hom wegswewe van die terrein van die politiek, laat hom die ‘taakhaar’ en sieklik-kleinsielige ‘Durban-born’-mens ver- | |
[pagina 58]
| |
geet, hoe hulle hom ook al irriteer, en laat hy maar net die groot geluid van bo-tydelike lewe in sy poësie opvang, woon in die sfeer van harmonie, bo alle kleingeestigheid verhewe, dan kan hy werklik sing, groot digter wat hy in aanleg is: ‘There is no sea so wide, no waste so steril,
But holds a rapture for the sons of strife:
There shines upon the topmost peak of peril
A throne for spirits that abound in life:
There is no joy like theirs who fight alone,
Whom lust or gluttony have never tied,
Who in their purity have built a throne,
And in their solitude a tower of pride.’
C.M. VAN DEN HEEVER. | |
Loutervure. Deur D.F. Malherbe. Nasionale Pers, Beperk, Bloemfontein, Kaapstad, 1931.In sy ‘Vergeet nie’ in 1913 het Malherbe reeds vir ons iets van die kern van sy latere werk gegee. Hy voel hom nie aangetrokke tot die eindelose sielkundige ontrafeling nie, maar hy hou van die duidelik gekonsipieerde roman, met bepaalde grondlyne, wat geleidelik wegsmelt in 'n groot vorm-bepalende ontwikkelingslyn. Die konsepsie is nie gebaseer op die enkelvoudige lyn soos dié van Van Bruggen nie, maar hy hou van 'n paar karakters, wie se sielelewens net so voldoende aangedui word dat hulle skerp afgeëts staan teen 'n dieper natuuragtergrond, en teen daardie agtergrond bly die verhaalontwikkeling sigbaar - 'n ontwikkeling van wat meestal dramaties beeldend is. Die inhoud van ‘Vergeet nie’ is in hooftrekke romanties, en daardie drang na die romantiese bly later nog gedurig Malherbe se realisme kleur. Hy gee feitlik nooit die werklikheid weer soos Van Bruggen nie, in al sy holtes en skaduweekante gesien, maar hy probeer die werklikheid op te hef, te stileer tot nuwe skoonheidsgedaante. In sy hele stylintensie openbaar hy hom as die ideaaldigterlike tipe kunstenaar. Ons moet dit in die oog hou as ons na al sy romans kyk, en nie te maklik oordeel omdat hy nie die lewe ‘betrap’ soos ons dit wil hê nie. In sy ‘Die Meulenaar’ van dertien jaar later sien ons dat sy talent tot volkome rypheid gekom het. Die onsuiwerhede wat daar in ‘Vergeet nie’ is, is nou afwesig, en sy styl het tot groter krag versober. Ook blyk dit dat hy hom makliker beweeg in die atmosfeer: sy geliefde Bolandse wêreld. Dit is weer sy styl, sy innerlike aanskouingsvorm wat die werklikheid adel. Die verhaal self stroom heeltemal in die ruim agtergrond op wat met groot liefde en plastiese besonderhede veraanskoulik word. Dit bly dan ook deurgaans gestileerde lewensbeweging wat hy ons gee en nie realisme van die laer orde nie. Die boek se slot veral is treffend omdat dit die skrywer se behoefte aantoon om sy hele verhaal kernagtig-simbolies af te rond, dit aan die einde plotseling 'n vergesig te laat open wat die hele werk se eenheidsbedoeling openbaar. Ook ‘Hans-die-Skipper’ is uit dieselfde sfeer ontstaan, en hier tref die eenheidstoon ons nog meer as in die ander werk: die skrywer se behoefte aan die verfynde werklikheidsvorm dra die gebeurtenisse op 'n hoër plan, laat hulle uitstyg bokant naturalistiese bykomstighede. In ‘Loutervure’ is daar 'n groter toespitsing van die aandag op die realistiese besonderhede, selfs 'n toenemende poging om dieper in die sielelewens van die karakters in te dring en om die daaglikse atmosfeer te suggereer. Dit is miskien die grootste fout van hierdie boek. Die skrywer is nie tuis in die daaglikse realiteit nie, maar hy kyk daardeur heen na die droomgestalte, en neem alleen daaruit wat nodig is om sy innerlike gedagte vorm te gee. Die skrywer gee vir ons in hierdie verhaal die innerlike stryd weer van 'n jong Afrikaans-sprekende advokaat wat ná sy studie in Holland hom in 'n taamlik groot | |
[pagina 59]
| |
dorp kom vestig. Hier word hy vennoot van Myburgh, 'n egte draadsitter wat sy eie taal in die steek laat net terwille van sy sogenaamde besigheidsbeginsel. Die skrywer behandel dan 'n belangrike kant van ons kultuurstryd. Hier en daar skemer die propaganda miskien te duidelik deur, voel ons dat die skrywer nie objektief teenoor sy stof staan nie; nogtans is hierdie deel baie belangwekkend en vorm dit saam met Hendrik se godsdienstige stryd, wat weer aan die liefde vir sy vrou vasgewewe is, die agtergrond van die boek. Die dorpslewe en plaaslewe beweeg in hierdie roman langs mekaar: ons het die geheim van Piet Vaalplaas, Hendrik se vader, wat sy huis laat afbrand deur die hond-getroue Niek, met die doel om deur middel van die assuransiegeld sy seun in Holland deur die studie te help. Hierdie gedeelte - die waardige man se daad van oneerlikheid - is miskien nie goed genoeg gemotiveer nie. So ook voel ons dat Hendrik se bekering, ná die onverwagte dood van sy kindjie, wel voldoende beskrywe is, maar die smartgevoel is nie oortuigend genoeg gesuggereer nie. Ons voel tog bietjie dat die roman op sy belangrike keerpunte te weinig diepgang het. Die skrywer het hierdie keer vlotter as gewoonlik gewerk, en hy het dit waarskynlik gedoen omdat die natuuragtergrond, waarop hy in sy twee beste romans sterk gesteun het, hier net in versplinterde vorm voorkom, nie die grootse relief-vorm waarteen die karakters oprys nie, soos ons dit b.v. kry by Styn Streuvels. Die karakters se sielkundige uitbeelding het die vernaamste geword, en dié is nie so diep en omvattend, so indringend en intuïtiefdeurlewe, dat dit die boek se innerlike oor die inspirasielose gedeeltes heendra nie. ‘Die Meulenaar’ maak die indruk asof dit, met sy grootse natuuragtergrond, sy ruisende meulwater, as 'n duidelike eenheid in die skrywer se gees gestaan het toe hy dit geskrywe het, maar ‘Loutervure’, alhoewel die verhaallyne duidelik is, is tog te deursigtig as geheel, nie gedra deur 'n lank volgehoue aanskouing nie.
Dit wat die totaalindruk betref. Tog bevat hierdie werk seker uitmuntende gedeeltes, soos ons van Malherbe kan verwag, iemand wat in sy styl so'n vaste vormvermoë besit. Ons dink hier, b.v., aan die toneel waar Hans Vaalplaas, gekwel deur sy verkeerde daad, vroeg in die môre opstaan en oor die werfeensaamheid dwaal: ‘Waar sy kaal voete krakend die swaar ryp van die ster-skone winternag breek, en die koue sy verhitte hoof omvat, voel hy verligting van sy smart. Soos 'n slaapwandelaar dwaal hy af in die tuin, langsaam, voet vir voet. Teen die ou peerboom wat van kindsdae af vir hom 'n vreugde was, en waar hy later soveel leesen peinswerk verrig het as sy digte skaduwee die somerhitte verslind en sy lower lewe van tortelgesang - teen die ou peerboom, nou half blaarloos en styf van die nanagkoue, waar die geheim van 'n misdaad beseël is en waarheen hy werktuiglik gedwaal het, gaan hy afgemat en rillend sit, terwyl sy verstand al meer en meer vervaag in die dofheid van 'n ysige droom....’ (bls. 143). ‘Loutervure’ het vir die Afrikaner met sy kultuurstryd op hierdie ontwikkelingstadium van ons volk 'n besonder boodskap - 'n boodskap van iemand wat so'n bewoë deel van die stryd aktief meegelewe het. Die boek begin en eindig met die besielende boodskap wat Dingaansfees bring. Maar ek meen stellig dat Malherbe, as digter met 'n fyn aanvoelingsvermoë, vir ons 'n sterker kunswerk sou gegee het as hy hom bly beweeg het in 'n sfeer waar sy gees volkome tuis is - sy gees wat so geneig is om die dinge in hul verdiepte skoonheidslig te sien, en dat die uitgebeelde gestaltes dan in hierdie lig, hierdie allesdeurdringende atmosfeer, sou gelewe het: in die geheel van sy ideële, digterlike aanskouingsvolheid. C.M. VAN DEN HEEVER. | |
[pagina 60]
| |
Die kortverhaal in Skandinawie. Versamel en vertaal deur C.G.S. de Villiers. (Serie: ‘Die Kortverhaal’, II.) J.H. de Bussy, Pretoria, 1931.Hierdie werk is die twede deel van ‘Die Kortverhaal’ onder redaksie van M.L. du Toit. Die versamelaar en vertaler is die bekende vertaler van ‘Rosmersholm’, ons Afrikaanse kenner van moderne Skandinawiese tale en literatuur. Die werk is dan ook 'n welkome aanvulling van die ‘Skandinawiese Vertellinge’ van Bouman en De Villiers. Die versamelaar verontskuldig hom in die inleiding dat hy geen Yslandse verhale ingesluit het nie, daar hy hierdie taal nie magtig is nie. Finse verhale, wat om dieselfde rede nie opgeneem is nie, sou niemand natuurlik met billikheid in hierdie versameling kon verlang nie. Oor die manier waarop hy sy taak opgevat het, sê hy verder: ‘Maar selfs wanneer hy (die versamelaar) hom tot Deense, Sweedse en Noorweegse kortverhale beperk, is dit tog onmoontlik om 'n verteenwoordigende versameling te gee en hy het dit dus raadsaam geag om 'n paar meesterstukke uit elk van die drie literature te vertaal om vir die leser as inleiding tot die Skandinawiese kortverhaal te dien.’ Dit was, m.i., 'n verstandige besluit. Daardeur was dit moontlik om die versameling alleen geskikte stukke van die allerbeste gehalte te laat bevat. Baie lesers sal dit egter waardeer as hy by 'n volgende uitgawe die aantekeninge oor die verteenwoordigde skrywers wil uitbrei tot 'n algemene oorsig oor die kortverhaal in die drie betrokke lande. Vertaling is moeilik! Om 'n goeie vertaling te maak van literêre werke is besonder moeilik! 'n Kleine nuanse van woord of wending, van ritme of kwaliteit van klanke, kan so ontsaglik veel beteken! Daarby lewer die vertaling van 'n versameling kort stukke soos hierdie nog sy eienaardige moeilikhede op, deur die groot verskeidenheid van onderwerpe wat behandel word, en deurdat die materiële en geestesinhoud dikwels enigsins vreemd is vir die Afrikaanse leser. Prof. De Villiers het hom dan ook nie altyd onberispelik gekwyt van die moeilike vertaaltaak wat hy hom gestel het nie. Die bundel open al met 'n lelike sin: ‘Die man van wie hier gaan vertel word, was die invloedrykste in die gemeente.’ Dikwels is die keus van woord of uitdrukking nie fyn, nie raak genoeg nie, soms selfs hinderlik, soos in ‘Hy sê geen woord nie, alhoewel hy graag 'n handel wil maak’ (bls. 46); ‘die rosebloesende Provence’ (bls. 65); ‘dit kom te voorskyn in elke rustig wisselende uitdrukking’ (bls. 90); ‘'n uitvaardiging’ (bls. 110); ens. 'n Aantaal onnoukeurighede, soos die gebruik van ‘meer’ eenmaal en tweemaal ‘see’ op bls. 55, en hinderlike interpunksie hier en daar, laat ons ook voel dat hier nog 'n grondige hersiening, sonder die teks van die oorspronklike daarnaas, nodig was. Hierdie stoornisse is egter betreklike kleinighede wat maklik by 'n volgende druk | |
[pagina 61]
| |
verbeter kan word, al bly dit jammer dat dit nie by die eerste al gedoen is nie. En daarteenoor staan menige mooi sin, met pragtige ritmiese gang en fyn weergegewe gevoelskakering wat ons onwillekeurig meesleep en in die gees van die verhale laat inleef. Laat my ook dit met 'n paar staaltjies illustreer: ‘Maar hoe meer die voorraad sak in die ysterkiste, hoe groter en vertroubaarder slotte en grendels skaf hulle aan en hoe meer skree en basuin hulle voor vreemde skippers en koopmanne die rykdomme van die stad uit.
Hulle bestel dus hulle skure en paksolders vol heerlike wyne en systowwe en allerhande duur ware uit die binne- en buiteland en rig pragtige winkels in met verguldsel en geslepe glas, dat dit skyn en flikker in die strate’ (blss. 22-23). ‘Daar sit 'n moeder by haar kindjie, sy was so bedroef, so bang dat dit sou doodgaan. Dit was so bleek, die ogies het toegeval, dit haal so saggies asem, soms egter heel diep, asof dit sug; en moeder kyk dan met nog groter verdriet na die arme sieltjie’ (bls. 53).
‘Dat dit nou werklik die Provence was! 'n Kleierige laeveld met kolle modderige sand en oneindige vlaktes van klipgrys gruis; sulke bleekbruin velde sonder 'n grashalmpie, bleekbruin hoogtes, bleekbruin heuwels en stofwit paaie, en hier en daar by die wit huise groepe swart bome, volkome swart bossies en bome. Oor dit alles 'n witterige, van lig sidderende lug, wat alles nog bleker maak, nog dorrer en moeër helder, geen skimpGa naar voetnoot1) van weelderige, versadigde geluid nie; louter hongeanders mooi passasie. rige songepynigde kleure; geen geluid in die lug nie, geen sens wat deur die gras maai nie, geen wa, wat krakend die pad langs kom nie; en die stad aan albei kante: as 't ware van stilte gebou met al die middagswyende strate, al die doofstomme huise, met elke hortjie, elke blinding gesluit, gesluit elkeen van hulle; huise wat nie kon hoor of sien nie’ (blss. 60-61).
Dis vertalinge soos hierdie wat 'n cachet aan die hele boek gee, en deurdat die werk as geheel beskou byna van dieselfde gehalte is, het prof. De Villiers so uitstekend daarin geslaag om die uitgekose stukkies Skandinawiese literatuur in Afrikaans te laat leef, ook vir ons wat nie bekend is met die moderne Skandinawiese tale nie. Ek verwelkom hierdie uitgawe dan ook as 'n verryking van die Afrikaanse literatuur.
Hoe ryk en roerend is die genot nie, hoe weelderig die verskeidenheid van genre en inhoud, in hierdie klein bestek! Tussen die tot Selma Lagerlöf toe, gly ons byna onmerkbaar van die geëmosioneerde intellektualisme van Jonas Lie met die superieure glimlag, na die stille stemmingsverhaal van Knut Hamsun, en vandaar na die miniatuurtjies van Hamsun en Strindberg, om eers aan die end, wanneer die boek noodgedwonge opsy gelê moet word, te besef hoe groot die verskeidenheid van | |
[pagina 62]
| |
geestelike voedsel was wat ons hier verslind het. Wat 'n rykdom van eersterangstof het die student van styl en metode ook nie hier tot sy beskikking nie! Die sober uitbeelding met treffende rangskikking van Björnson; die liefdevolle verwyl by détails van Jonas Lie; die breër-opgesette skildering van Jacobsen; die sorgvuldig voorbereide, maar tog verrassende klimaks by die meeste, dog soms met die suggestie daarvan al wat vroeër, soos in ‘Verwelkte Blare’ van Kielland; maar dan ook weer 'n styging wat nie sterker is as die uitspoel op 'n breë strand van 'n trae brander by kalme see nie, soos in die eerste skets van Knut Hamsun, die stuk van Pontoppidan en die miniatuurtjies van Strindberg. Maar waarom meer hieroor uitwei? Elke leser wat vatbaar is vir literêre skoonheid sal nie alleen voorbygaande genot beleef nie, maar ook blywende geestesverryking deelagtig word deur die lees van sulke sketse soos ‘'n Hoenderkop’ en ‘Die Storie van 'n Moeder’ - om maar twee te noem uit 'n versameling waarvan elke stuk sy eie bekoring het. Die bundeltjie beveel ek ten sterkste aan by almal wat Afrikaans lees; prof. De Villiers verdien ons warme dank daarvoor dat hy hierdie Skandinawiese meesterstukkies lewendig oorgeplant het in ons Afrikaanse tuin.
J.J. LE ROUX. Johannesburg, November 1931. |