maar wat weeg dit op teen die feit dat party kunstenaars, wat al hulle meesterstukke ten toon gestel het, alles verloor het. Enkele skilderstukke alleen was verassureer, want die premiums moes deur die besitters self betaal word; laasgenoemdes het hulle egter grotendeels in baie moeilike lewensomstandighede bevind, en wat beteken finansiële vergoeding vir 'n kunstenaar, as hy van die erfenis wat hy vir sy nageslag wou nalaat, beroof is!
Die tentoonstellings in die Glaspaleis van München het 'n baie belangrike rol gespeel in die geskiedenis en opbloei van die Duitse kuns. Hier, in die sentrum van die ou kultuursetel van Suid-Duitsland, is alles vergader wat deur die publiek vol eerbied beskou is, as die jaarlikse produkte van groot kunstenaars, en die tentoonstellings-lokaal self is na sy voltooiing bestempel as 'n tegniese meesterstuk van die eerste rang.
Die saal is 1851, in die regering van die Beierse koning, Max II, na aanleiding van 'n kunswedstryd, heeltemal in glas en yster opgetrek. Die gebou het 'n hoogte van 23 meters gehad, en het 'n oppervlakte van 11,000 vierkante meters beslaan. As ons die destydse omstandighede in aanmerking neem, dan is dit verbasend dat die gebou in die kort tydperk van 8 maande kon voltooi word, vir die yster raamwerk is 1½ Miljoen kilogram yster gebruik.
By geleentheid van die Algemene Duitse Nywerheids-tentoonstelling in 1854, wat in verband gestaan het met die eerste algemene Duitse kuns-tentoonstelling, is die Glaspaleis geopen; dit was een van die episodes waarin die Duits-nasionale idee verwesenlik geword is, en wat vir die unifikasie in 1871 die weg op geestelik gebied gebaan het.
Die eerste groot tentoonstelling het egter alreeds 'n tragiese gebeurtenis as gevolg gehad: deur voorwerpe wat van ander oorde na die tentoonstelling gestuur is, het cholera-kieme ingesluip. 'n Verskriklike epidemie was die gevolg wat die sluiting van die tentoonstelling genoodsaak het.
Reeds spoedig het die Glaspaleis internasionale betekenis gekry. Die helder verligte vertrekke, en hoofsaaklik die geweldige groot en ruim tentoonstellingslokale, het die gebou besonder geskik gemaak vir groot internasionale kunstentoonstellinge. Die eerste van hierdie het in 1869 plaasgevind, maar eers in die tagtiger jare, toe die belangstelling en aktiwiteite op gebied van kuns in München sy hoogtepunt bereik het, het die Glaspaleis so beroemd geword dat dit die doelwit van elke vooruit-strewende kunstenaar geword het. Wanneer 'n kunstenaar eers toegelaat was tot die Glaspaleis, kon hy die skone vooruitsig koester, dat die deure tot die groot internasionale kunstenaarskringe weldra vir hom sou oopstaan.
In die Glaspaleis kon 'n mens die meesterstukke vind van die beroemde Franse Akademiese Skool, van die Spaanse ‘Historienmaler’, van die Belgiese en Hollandse ‘Freilichtmaler’, asook van die Engelse, Skotte, en ander groepe van kunstenaars. Hier was die bitter stryd gevoer vir vryer uiting van kuns-