afstand die Kaffers afgeloer en afgeluister het. Op sulke plekke het ons die kunstenaar in sy volle krag en lewer hy bladsye wat gelyk staan met sy beste werk. In realisme lê sy krag en hy het die slag om met 'n paar woorde te tower. Hier is hy onwillekeurig uiters geestig. Neem maar die volgende brokstukke waarin die lof van die bier besing word:
‘Jy is somar nog dom, Booia, ek meen die lekker soos wat jy dink is nie die ding nie, die dagga ook, hy smaak baie sleg, maar jy wil vir hom hê, ek meen die kaffer hy wil doodgaan agter hom, hy roep die lekker binnekant by die lyf.’
En effens verder:
‘Hy loop, Booia, o ja, ek meen hy loop by die kop! Maar soos hy binnekant die kop is, hy bly nie allenig nie. Hy sê vir die moeilikheid gee pad hierso, en hy baklei met die bangeit, ek meen hy maak die kaffer sterk, hy maak hom malkop, ek meen hy sal somar enige dinge doen; en agterna hy roep die vaak, laat jou kop kan rus.’
Ongelukkig kon ek hier nie die beste voorbeeld kies nie, want daarin kom 'n paar groot woorde voor. In die boek self gee hulle vir die leser wat die Kaffer ken geen aanstoot nie. Ek vrees egter dat die arme skrywer van seker kant weer aangeval sal word om die naturalistiese trekke in sy werk. Oneg sou dit egter gewees het as dit meer gekuis was. Ons moet mos die Naturel neem soos hy is, of hom laat staan.
Dis wonderlik hoe geleerdheid, emansipasie, onsedelikheid, godsdiens en dranksug mekaar in hierdie boek afwissel. Bier, maar ook ‘kafferblits’, ‘tiermelk’, ‘perskebrandewyn’ en selfs ‘lemoenbrandewyn’ is verantwoordelik vir byna alles wat in die boek gebeur. Die beste dele is juis die beskrywing van die ‘teameetings’ en hulle onvermydelike uitvloeisel: die gerusie en gevegte. Dis hier waar die skrywer in ons letterkunde kop en skouers bokant ons ander prosaskrywers staan. In hierdie boek kom dit veral uit in die skepping van Ou-Rooi, 'n outa wat in ons letterkunde gaan leef. Hy is uiters verslaaf aan die drank en nou wil die moroetie hom as diaken hê. Hy het baie besware, maar dit geld sy krukkige knie en nie sy dranksug nie. Sy ou meid, wat uiters trots voel dat haar ou diaken gaan word, waarsku hom: ‘Jy moenie so aanhou proe-proe nie.’ En tog is die versoeking die dag wanneer hy voorgestel moet word so groot dat die ‘kafferblits’ hom baie gou in 'n doodslaap het. Alles word in die werk gestel om hom voor die diens tot sy positiewe te bring, maar tevergeeefs.
‘Wees nou verstandig en kom met ons saam,’ sê sy ou maat en nie lank nie of die ‘roerlose beeld met star starende oë begloei deur wanhoopsgedagtes’ sê:
‘Wag eers, ou-broer!... Wag eers! Sê vir my: what is a noun?’