Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1930
(1930)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 302]
| |
In Verband met die Kort-Verhaal in Sowjet-RuslandI.ONS lewe so verbasend snel, en noodsaaklikerwys so erg na binne - miskien moet ek eerder sê na buite, dat maar weinige weet wat Rusland in die afgelope jare beleef het. Skrywer hiervan kan helaas ook nie met gesag oor die teenswoordige stand van Russiese kultuurlewe skrywe nie. Maar ná die lektuur van sekere nu-RussieseGa naar voetnoot1) literatuur en enkele oriënterende dinge oor die nuwe strewe, is hy van een ding seker: dat tenminste versigtigheid van oordeel oor die nuwe Russiese lewensindeling ons pas, totdat nog ander bronne ons bereik het as louter Reuter-vooroordeel en sensasieGa naar voetnoot2), en tot tyd en wyl 'n rewolusionêre tydperk van sy onvermydelike geweldenarye en oorywerige en gevaarlike propaganda en menslike dwalinge ontdaan, tot ons sal spreek in sy wesenlike waarde. En voor ons klaar staan met veroordeling laat ons aan die moontlikheid van 'n ander oortuiging dink, soos dié van Maximis Tyrius: ‘Hier siehst du nun den Passionsweg, den du Untergang nennst, der du nach dem Wege derer urteilst, die schon auf ihm fortgegangen sind; ich aber Rettung, da ich nach der Folge derer urteile, die da kommen werden.’Ga naar voetnoot3) Die kille, uiterlike, politieke feite is maklik op te teken: Onder die ou regiem, grenselose despotisme en afskuwelike kapitalisme, tergende exploïtering van besitloosheid, onkunde, en gruwelike onderdrukking van menslike waarde, ... naas en bo die onvermydelike verset van nihilisme onder die intellektuele, en die opkoms van sosiaal-demokrasie en kommunisme in die 19de eeu; die voorlopige vernietiging na 1881 (moord van Tsaar) van nihilistiese terrorisme. Die breuk in die sosiaal-demokratiese party in 1903, waarby Lenin die leier word van ‘Bolsjewisme’, d.w.s. die ‘meerderheids’-groep wat hul nie kon verenig met die bourgeoisie-beweging in sosialisme nie. Die verbasende groei van Bolsjewisme in ons eeu. Die wêreldoorlog. Die val van Tsarisme in Februarie 1917, waarna die te soetsappige burgerlik-sosiale regering van Kerenski die teuels in hande neem. Die val van sy regering in die Oktober- | |
[pagina 303]
| |
rewolusie, waardeur Lenin die Sowjet-Republiek stig as diktatuur van die proletariaat, met 'n raad van volkskommissarisse onder sy leiding (en dié van Trotski). Die magtige, welsprekende idealis en praktikus tot sy laaste dag.Ga naar voetnoot1) Die operasies van die Rooi Leër wat alle teenrewolusie vernietig het. Die magtige verspreiding van 'n verlossingsideaal na binne en na buite, volksverligting, kennis wat mag is.Ga naar voetnoot2) Die instandhouding, teen alle voorspellings in, van die Sowjet-Radevergaderinge....
Maar wat lê daar nie alles verborge onder die kille feite nie: Laten wij denken aan de groote dagen,
Waaraan wij deelen met ons kleine leed, -
Laten wij denke' aan hen, die zijn verslagen,
En aan den strijd, dien elk dier dooden streed,
En aan wat al die duizende' oogen zagen,
Toen 's werelds lot over hen henen schreed;
Laten wij denke' aan hen, die ondergingen
Voor het geluk van later stervelingen.
Laten wij denken aan de donkere scharen,
Die uit het troebel leven opgewoeld,
Omhoog op 's levens bloedbeloopen baren,
Eén oogenblik iets groots hebben gevoeld -
En uit de hel die zij ontstegen waren,
In grondeloozer hel zijn weggespoeld;
Laten wij denke' aan de blinde benden,
Die strede' en stierven als eeuwig ongekenden.
Laten wij denken aan de groote tijden,
Waaraan wij bouwen met ons klein bestaan;
Laten wij denke' aan 't doel waarheen zij leiden,
Al kunnen wij nog niet hun doel verstaan...
Vele veroordeel alles uit Sowjet-Rusland; weinig beoefen die voorsigtigheid van oordeel waarvan ek gepraat het; maar baie min by ons probeer selfs om aan die doel te dink. Maar wie daarvan bewus is dat hy op die kentering der tyden geboren is - - - in onze oogen nog de ondergangen
van de oude werelden die verbleeken,
onze lippen geplooid ten nieuwen groet,
en in ons hart een tweedracht van verlangen
naar droomen van weleer, die wij verloren,
naar de nieuwe, wier bloesems openbreken - - -
| |
[pagina 304]
| |
moet uitroep met die ‘verlore kameraad’ in die ontroerende verse van Henriëtte Roland Holst in ‘Gebroken Kleuren’: .....O 'k benijd hem die zonder
de menschen kan leven, die staat
op zichzelf als een boom in een veld,
maar ik kan zoo niet: mijn aard gaat
naar de stem die zich paart aan mijn stem,
naar de hand die mijn hand grijpt,
grijpt en bemoedigend vasthoudt,
naar heel het zich kruisend gebeur
en de zachte gemeenschap der menschen...
Maar dit kan ons hier alleen te doen wees om met enkele gebrekkige suggesties die weg te berei vir 'n nader kennismaking met die kuns van Sowjet-Rusland. Dit is ons alleen te doen om die nuwe skoonheid daarvan, om 'n nuwe inspirasie òpligtende uit die wêreld-woele, wat ook tot ons kuste kom, en waarvan die rillinge soms ook deur ons dieptes gaan... skoonheid van 'n nuwe drang onder die verwarde en wilde web van ons tyd, skoonheid van broederskap en troos van gemeensaamheid aan almal, behalwe wie voor 't schril geluid der tijden
hun ziel gegrendeld hebben als een deur...
Besonder belangryk lyk my die versameling kort-verhale van 'n aantal hedendaagse Russiese skrywers uit die land waar dit alles (en nog so veel meer) plaasgevind het, uit die land van Tsjechow, Koeprin en Gorki. ‘Ons stam almal af van Gogol se Mantel’, het Dostojewski gesê; inderdaad word aangeneem dat as ons die onder invloed van Byron ontstane romantiek van Poesjkin (1799-1837) ter sy laat, dan is die werk van Nikolaas Gogol (1809-1852) seker toonaangewend vir die latere eg-Russiese werk, waarby die gedagte ‘dode siele’, maar tewens die so karakteristieke diep-psigologiese deurdringing in die lewe van misdeeldes, en die sosiale deernis, skering en inslag is. Kenmerkend van die Russiese verhaal het gebly die strewe na interpretasie van die lewe deur realistiese voorstelling, waarin die kunstenaar, voor alles kunstenaar, tog sy verantwoordelikheidsbesef teenoor die lewe toon en dikwels ook, selfs in die moderne uitbeelding van die gruwelikste menslike ellende en waansin, die simboliese krag van opwaartse strewe na goddelikheid en lig... Vir die gewone leser wat b.v. by Tsjechow dikwels tevergeefs vra: ‘Wat is nou die betekenis van die storie?’ (al vra hy nooit om die ‘betekenis’) by 'n vioolsolo of by die aanblik van 'n berglandskap op 'n skildery of in die natuur nie!) bly dit natuurlik altyd moeilik om hierdie simboliese strewe na 'n begrip van die betekenis van die lewe, van God en die mensheid, uit 'n stuk realisme vir homself te vind. Ons is in die Weste so gewend daaraan om die ‘betekenis’ op die oppervlakte te vind. Veral in ons jong litteratuur. In laasgenoemde is dit dikwels moeiliker om van die opgedronge moraal weg te kom en die lewensuitbeelding te sien, as wat dit in Russiese kuns is om van die bepaalde lewensuitbeelding weg te kom en die ‘moraal’ te sien... | |
[pagina 305]
| |
Dit moet ons in gedagte hou, ook by die lektuur van hierdie aangekondigde bundel - al sal die nuwe ideologiese strewe veel minder die tiepies-Russiese soeke na God, en veel meer politiek, klassebewus in diens van die proletariese staat wees. Daar àl hierdie skrywers vir ons waarskynlik nog onbekendes is sal ek maar nie al die moeilike name noem nie. Hul almal het die verskrikkinge van hul tyd deurworstel; en hoewel geeneen nog veertig jaar is nie, het hul reeds die gekonsentreerde lewenswaan en lewenswaarheid van eene deurgegaan - verskrikkinge van tronkstraf onder die ou regiem in die Krim en elders, helse lewensontgogeling in burgerkryg en wêreldoorlog, in Siberië en Mongolië, op bandiete-jag aan die Don, in doodsvalleie van moord en spionasie, tyfus en kolera, in hongersnood en verkluiming, in sielsverskeurdheid en skrikverbysteringe... En, wonderlik hoe kunsgenade mense beskore is wie van alle skoolse leiding verstoke is. Die verklaring is die wonder self..., anders hoe sal ons die kuns moet beskou van 'n Ilja Ehrenburg (1891), vroeg in 'n bierbrouery gestop, na 'n paar jaar van die skool geja, twee jaar later (1908) opgesluit, daarna in die lewe... die wreed-vormende kragte van die lewe, toe agt jaar 'n swerweling in Wes-Europa, toe deur die verskrikkinge van 1917, steeds in gevaar, dan in die gevangenis, in allerlei betrekkinge daarna... Waar het die man so leer skrywe; waar die tyd gekry? Die aantekeninge oor hom noem 'n tiental romans (in baie tale vertaal), 'n groot aantal essays en kort-verhale, lieriese gedigte, ens., of neem as voorbeeld die veelgeprese Wladimir Majakowski. As seun van 'n Kaukasus-bosbeampte, sit hy reeds op sy veertiende jaar in die tronk. Of Fjodor Gladkow, seun van 'n ‘bywoner’, wat reeds op sy agste jaar kennismaak met die skrynende leed van die lewe: honger, arbeid, vervolging; maar wat so tussendeur tog leer lees en skrywe het, en in hierdie agste jaar van sy kommervolle bestaan met 'n novelle die aandag trek van niemand minder as Gorki nie! Sy roman ‘Sement’ word as een van die getrouste skilderinge van die nuwe Sowjet-lewe geroem, en het sy naam baie bekend gemaak in die Weste. Die skrywersdrang sit hierdie eenvoudige proletariër-jeug in die bloed. Hul ras-pessimisme is deur die vreeslike lewenservaringe verdiep, maar ook op nuwe wyse gelouter; en hulle wat as volksgroep, soos weinig ander, die lewe in sy naakste ontgogeling leer ken het, is seker die geroepe middel waardeur Rusland tot ons kan spreek van ‘dood, haat, honger, hoop, angs, vertwyfeling, geluk, en opstanding’. Dis 'n dokument van 'n tiental jare wat 'n duisendjaar uitgedelg het. Die gewilde lot van Rusland. Tevergeefs? - - - F.E.J. MALHERBE. |
|