| |
| |
| |
J.H. PIERNEEF:
FOTO ALAN YATES, PRETORIA.
| |
| |
J.H. PIERNEEF.
FOTO. ALAN YATES. PRETORIA
| |
| |
| |
Die Nuwe Brandwag
Tydskrif vir Kuns en Lettere
DEEL 2. No. 2. PRETORIA. MEI 1930
| |
Die Transvaalse Volkslied.
(Die spelling op versoek van die skrywer onveranderd.)
TOE President T.F. Burgers in 1872 aan die bewind van sake gekom 't, was dit reeds twintig jaar gelede, dat die onafhankelikheid van die Suid-Afrikaanse Republiek deur Engeland erken was. Vryheid was daar dus wel bereik, maar deurdat die inwendige orde van sake deur 'n ekonomiese druk
CATHARINA VAN REES (Kopiereg).
veel te wense oor gelaat 't, werd die eenheid, so noodsakelik in 'n Republikeinse Staat, nie altyd so gesien as wat gewens was. Daar was ook geen volkslied, waarin die volksideaal, gebore in die volksiel, besing werd. 'n Volkslied het nog steeds ontbreek. Daar was wel in die loop van die twintig jaar poginge gemaak, om 'n volkslied te vervaardig, en daar het ook inderdaad 'n stuk of wat volksliedere tot stand gekom, maar dit het geen van alle ingang gevind nie, en is ter syde gelê, om vergeet te word.
Die eerste van hierdie volksliedere was die ‘Vlaggelied’, wat Ds. Dirk van der Hoff, die eerste Transvaalse predikant, in 1857 vervaardig het en op 6 Januarie van daardie jaar te Potchefstroom uitgespreek het, toe die Vierkleur vir die eerste
| |
| |
keer gehys werd, en M.W. Pretorius vir die eerste keer as Staats President ingesweer werd. Ds. van der Hoff was die hoofsamesteller van die vierkleur, en het met die inswering van die President die godsdienstige verrigtinge, daaraan verbonde, in die Ned. Hervormde Kerk van Potchefstroom, gelei. By die hysing van die Vierkleur het hy ewe eens die godsdiensoefening gelei. Op 23 Februarie en 9 Maart is die Vierkleur te Pretoria en te Rustenburg gehys, en ook daar het Ds. van der Hoff telkens die godsdienstige verrigtinge met die geleenthede gelei, en ieder keer werd, soos in Potchefstroom die ‘Vlaggelied’ uitgespreek. Toe die Vierkleur op 15 Maart 1858 te Schoemansdal gehys werd, kon Ds. van der Hoff nie aanwesig wees nie, en die Kommandant Generaal Stephanus Schoeman het daar toe Ds. van der Hoff se ‘Vlaggelied’ uitgespreek. As kuriositeit wil ons hier vermeld, dat die Vierkleur, wat op Rustenburg gehys is, enigsinds anders gelyk het. Die outoriteite kon daar glad g'n rooi doek kry nie, om met die samestelling van 'n vlag te gebruik,
PRES. BURGERS AS STUDENT.
en het hulle toe maar met bruin doek behelp. Ook 'n teken van die moeilike dae, waarin die land verkeer 't.
Hierdie vlaggelied kan die eerste Transvaalse volkslied genoem word. Dit was die bedoeling van die staatshoofde van daardie dae dat dit as 'n volkslied gebruik moes word. Deur die afwesigheid selfs van 'n drukpers en 'n koerant het dit nie bekend geraak nie. Na die oprigting van die Staatskoerant is dit daarin gepubliseer. Maar ook toe kon dit geen ingang vind nie. Dit was die allerbeste van die reeks van tersyde gelegde en vergete volksliedere. Die voortrekkers ideaal van vryheid hoor ons daar in, as ook die begeerte om 'n eie seehawe te besit, met eie skepe, en 'n eie handel oorsee. Was dit 'n profesie vir die toekoms? Die inhoud van hierdie ‘Vlaggelied’ was as volg:
| |
| |
Vivat de vlag! Vivat de vlag!
Door vrijheid hier geplant!
Waai rond door Zuid'lijk Afrika
Van Oost- tot Westerstrand.
Waai onbezoedeld schoon en rein
Vertoon u aan den volk'ren oog
God zij met u - God zij met u,
En met het volk, dat u verkoos,
Tot aan den jongsten dag!
So as reeds gesê het die moeilike omstandighede van daardie sware dae gemaak dat dit in die vergeetboek geraak 't.
Op 20 November 1866 het iemand anders, wat sig as J.L.... f onderteken 't, 'n nuwe volkslied gemaak, en dit in De Transvaal Argus van 22 November gepubliseer. Met sekerheid kan ons nie sê nie, wie die J.L.... f was nie, maar vermoedelik was dit die berugte Wesleyaanse sendeling Joseph Ludorf, 'n negrofiel, wat sig 'n paar jaar later as bestoker van die Republiek sou ontpop, en met 'n onvriendelike gesindheid teenoor President Pretorius. Dit verwonder ons dan ook nie, dat hierdie volkslied gemaak werd op die wysie van God Save the Queen! Dit is eintlik ook g'n volkslied nie, maar 'n verheerliking van President Pretorius. As Ludorf werkelik die digter was, het hy Pretorius op daardie moment stellig nodig gehad. Dit het as volg gelui:
Van klein en groot bemind
Gevoel 't steeds gansch en rein
In arbeid, moeit' en pijn,
‘Lieveling des Volks te zijn’,
Bouw dan uw sterkste schans
In 't hart des vrijen mans,
| |
| |
En staan wij hand in hand
Doorstroom' uw levensbloed
Godsvrugt met regt gepaard,
Handel, - des lands welvaart,
Kunst, - die der eere waard,
God geev' u trouw en rein
In arbeid, moeit' en pijn
‘Vader des Volks te zijn’,
Geen wonder, dat hierdie lied nooit verder gekom het nie, dan die publikasie in De Transvaal Argus. In November 1871 moes Pretorius, die ‘lieveling des volks’, als Staats President bedank, mede deurdat hy in 'n strik geval het, wat Ludorf help span het, en die Volksraad hom feitelik 'n mosie van wantroue gegee het. Burgers was die volgende President. Aan hom is nog nooit reg gedoen nie. Hy had baie ideale; sy volk wou hy dien en groot maak. In 1875 is hy vol ideale naar Europa, om daar steun te kry vir die Republiek. Ook wou hy 'n volkslied mee bring, om sy nasie mee te inspireer. Hy het die hulp van verskillende digters en toonkunstenaars ingeroep, maar hulle werk kon hom nie bevredig nie. Twee van die volksliedere is met musiek in druk uitgegee, een van die Amsterdamse predikant Ds. J.J.L. ten Kate en die ander van Adelheid Horch. Die musiek van altwee was deur die bekende toonkunstenaar Richard Hol gekomponeer. President Burgers was daar erkentelik voor, maar het dit nie as volksliedere kon aanneem nie. Ter herinnering en ter bewaring druk ons altwee die liedere hier af. Die een van ten Kate:
Land onzer Vadren! Gij Land waar wij leven,
Waar ons een moeder den welkomstkus bood!
Duizende kudden doorgrazen nu dreven,
Goud en juweelen doorvonklen nu schoot.
Prachtige bergen, verrukkende dalen,
Afrika's Eden! Heil bloeiend Transvalen!
| |
| |
Land onzer Liefde! Gij Land waar wij leden,
Zwoegden en streden voor 't heiligste goed:
Tot onze kluister in 't stof lag vertreden,
't Heiligdom rees in 't cement van ons bloed!
Blijv' U de zonne des vredes bestralen,
Altaar der Vrijheid! Heil, moedig Transvalen!
Land onzer Welvaart! Gij Land waar wij werken,
U onze tijd, onze vlijt, onze kracht!
Laat ons door d' arbeid uw jonkheid versterken!
Kennis is zegen, en eendracht is macht.
Moog elke deugd van den Burger U stalen,
Volk des Vooruitgangs! Heil nijver Transvalen!
Land onzer Hope! Gij Land waar w'eens rusten,
Rijz' uit onze asch U een kroost onzer waard!
't Zwaai uw banier tot aan d'uiterste kusten,
't Handhaav' Uw rang bij de volken der aard!
Bloei, Republiek! dat alle eeuwen 't herhalen,
Land der Belofte! Heil, roemrijk Transvalen!
Die volkslied deur Adelheid Horch het as volg gelui:
Wij zingen hier als vrije zonen,
Aan Afrika's gezegend strand,
Een lied in blijde vreugdetonen,
Voor 't lief en dierbaar Vaderland;
Waar we als één volk aan toe behooren,
En zelf ons eigen Hoofd verkoren,
Dat ons bestuurt met vaste hand.
Wees gezegend nu en immer,
Schoon en heerlijk Vaderland,
Door ons zelf met moed veroverd
Snoert ge om ons een liefdeband;
Vrijgemaakt van elken dwang,
Minnen we U ons leven lang!
| |
| |
Wij bukken niet voor vreemde machten,
Wij buigen voor geen dwinglandij,
Naar vrijheid is ons heilig trachten,
Naar recht en eenheid streven wij;
Dit groote doel ontgloeit ons harte,
Wij zijn vereend in vreugd en smarte:
Eén land, één volk, als broedren vrij!
Vrede dale er uit den Hoogen
Op U neder dierbaar oord,
In uw rijke schoone dreven
Bloei de welvaart ongestoord;
Trouw vereend door éénen band,
Blijve Volk en Vaderland!
Wij willen U ons leven wijden,
De frissche krachten onzer jeugd,
Voor Uwe welvaart werken, strijden,
Uw roem en eer zijn onze vreugd.
God! maak' dit land eens groot en machtig,
Ons steeds getrouw, ons lied steeds krachtig:
Voor Vrijheid, Vaderland en Deugd!
Zingen wij dan, vrije burgers.
Eén van ziel en één van zin,
't Schoon en heerlijk lied der Vrijheid,
't Lied van trouw en broedermin,
't klinke tot aan 't verste strand:
Oor die digterlike waarde van hierdie twee liedere sal ons nie twis nie. President Burgers was self te fyn aangelê met 'n te fyne smaak om dit as ‘volksliedere’ te kon geniet. Maar - en dit is die grote waarde daarvan - daar spreek liefde uit vir Transvaal en die Transvalers. Holland was altyd die vriend van die Voortrekkers, die vriend van die Transvalers, die vriend in dae toe dit amper iets kompromiterends was om 'n vriend te wees. Waar het die eerste Transvaalse predikante en onderwysers en amptenare vandaan gekom? Was dit nie uit Holland nie? In dae toe die Suid-Afrikaanse predikant ‘geenen lust had in dezelve’.
| |
| |
As die Transvaler trou aan sigself en aan sy verlede wil wees, trou aan die ideale, waarvoor ‘goed en bloed’ geoffer is, dan kan hy nie anders nie, hy moet in sy hart 'n plek draag van erkentelikheid vir wat Holland vir ons gevoel en gedoen het.
President Burgers het die twee aangebode volksliedere met erkentelikheid ontvang, maar nie als volksliedere nie om hier te sing. Daarvoor het hy 'n ander lied uit Holland mee gebring, gedig en getoonset deur 'n edele Hollandse vrou, van wie die hart ook warm geklop het en altyd warm sou bly klop in haar lewe vir ons volk. Dit was Catharina van Rees. Die totstandkoming van die volkslied, deur haar vervaardig, is merkwaardig genoeg, om hier vermeld te word.
Burgers het in die jare 1853-1858 aan die Uniwersiteit van Utrecht gestudeer. Hy het biesonder veel van musiek gehou, en het self op smaakvolle wyse fluit gespeel. Deur die musiek het hy in die jare met Catharina van Rees kennis gemaak. Sy had 'n Opera Comique gemaak, wat in een van die private Utrechtse patriesiese woninge, waar Burgers 'n bekende was, opgevoer sou word. Hy het sodoende met Catharina van Rees kennis gemaak, en aangebied om in die orkes op die fluit te speel, wat dankbaar aangeneem werd. Toe die opvoering van die ‘Debutants’ - so was die naam van die opera, virby was, het Burgers en Catharina van Rees vir die res van sy verblyf in Holland mekaar nie weer gesien nie, dog sy het met belangstelling sy loopbaan in Suid-Afrika gevolg.
Op 13 September 1875, toe Catharina van Rees in Bonn gewoon het, verskyn President Burgers onverwags by haar, ‘dezelfde vroolijke, hartelijke vriend van vroeger. Na eenig heen en weer spreken zeide hij lachend: En nu moet je een Lied maken voor mijn volk, wil je? Richard Holl en tal van andere Hollandsche Componisten hebben mij hun proeven gezonden, maar die kan ik voor mijn volk niet gebruiken. Je kunt mij echter helpen, wil je? Ik moet nu van avond naar Berlijn, blijf er twee dagen en kom dan 't Lied halen’. Sy het eers beswaar gemaak. Van haar vroegste jeug af het sy die geskiedenis van die Boere met belangstelling gevolg, en deur haar vader as ook deur 'n tante van haar wat in die Kaap gewoon het, en die eienares was van Grote Schuur, het sy baie omtrent Suid-Afrika gehoor. Maar 'n volkslied vir die Boere, en dit in twee dae tyds! Sy wou beswaar maak, maar die Boere President is weg naar Berlijn, en sou die Volkslied kom haal! President Burgers was op 14 Oktober weer bij Catharina van Rees te Bonn. Sy het hom die Volkslied oorhandig. In ongeveer ses uur het sy dit gemaak. Nie alleen die woorde het sy aan die President oorhandig nie, maar ook die toonsetting. Ons druk hier 'n portret af van die Volkslied in die handskrif van Catharina van Rees, so as sy die woorde aan President Burgers gegee
| |
| |
DIE TRANSVAALSE VOLKSLIED
(Kopiereg.)
| |
| |
J.H. PIERNEEF:
BOSVELD.
In die besit van Mevr. D.v.d. Merwe.
| |
| |
het. Ook die toonsetting, in haar eie handskrif, is nog voorhande. Sy het President Burgers twee volksliedere oorhandig om uit te kies.
President Burgers was daar baie ingenome mee, want dit was die beste van al die volksliedere deur hom ontvang. Hy het dit saam gebring naar Transvaal, en dit het ingeslaan so as geen volkslied voor of na die tyd nog in Suid-Afrika nie. Spoedig was dit vry algemeen bekend. In die Republiek se dae is dit in die skole geleer en in die Boere huise gesing en in die Driejarige Oorlog was dit oor gans Europa bekend. Dit was die Boerelied by uitnemendheid!
In die sitting van die Transvaalse volksraad op 27 Mei 1876 is 'n brief voorgelê van Kapitein F.C. Tromp - wat nie verwar moet word nie met Theod. Tromp, die Privaat Sekretaris van President Burgers, - van die volgende inhoud:
‘Ik vereer mij U Ed. Achtb. hierbij aan te bieden, namens den heer W.P. van Hengel te Amsterdam, het door hem vervaardigde vlaggenlied.
Het moge een bewijs te meer zijn der ingenomenheid die bij velen in Nederland bestaat voor de Zuid-Afrikaansche Republiek, en die het mijn hoop en streven is, dat door uitbreiding van bestaande en schepping van nieuwe handels- en andere belangen voortdurend zal toenemen’.
Die heer Tromp was met 'n belangrike opdrag uit Holland naar Transvaal gestuur, en die Volksraad wou dan ook nie anders dan die ‘vlaggelied’ met dank aanvaar, en die volgende voorstel van die volksraadslede D.P. Taljaard en S.T. Prinsloo is met akklamasie aangeneem:
‘De Volksraad heeft met genoegen ontvangen het vlaggelied, vervaardigd door den heer W.P. van Hengel en op muziek gezet door den heer J.W. Berner. De Volksraad draagt den Voorzitter op die heren den dank toe te brengen voor hunne belangstelling en verklaart dat lied te zijn het vlaggelied van de Zuid-Afrikaansche Republiek’ met opdragt aan de Regeering om het te laten afdrukken ‘en het voor het publiek verkrijgbaar te stellen tegen een geringen prijs.’
Dit was maar skoorvoetend, dat die Volksraad hierdie lied aangeneem het. Hulle wou die Nederlandse afgevaardigde nie voor die hoof stoot met 'n afwysing nie. Maar dit mog in geen geval die plek inneem nie van die Volkslied van Catharina van Rees. Eers 'n halfjaar na genoemde Volksraadsbesluit is dit in die Staats Koerant gepubliseer:
| |
| |
O! Vaderland, waar zooveel bloed
Vergoten werd voor haar bevrijding;
Transvaalers, die door heldenmoed
Een Republiek kreeg door bestrijding,
Hoe heerlijk waait ook nu de vlag
Ons met zijn rijke kleuren tegen,
Waar ieder fier op wezen mag
Getuigend van verwonnen zegen.
O Vierkleur blijf nog jaren wappren!
Gij zijt ons dierbaarder dan goud,
Want gij getuigt van onze dappren,
Geliefd symbool voor jong en oud!
Uw Rood, zij blijve 't liefdesteeken;
Uw Wit, de onschuld van den Staat;
Uw Blaauw, de trouw zoo vaak gebleken,
Uw Groen, de jeugd die nooit vergaat.
Dat wij met trots die vlag waardeeren,
Die zooveel schoons in zich bevat,
En welke wij bij anderen eeren
Zij blijve ons een dierbre schat.
God hoede haar voor de verdrukking,
Van welken aard die wezen mag,
En waar zij waait blijft die verrukking
Als toen men haar ontplooijen zag.
Die Volkslied van Catharina van Rees het sigself gehandhaaf, en 'n plek verower in die hart van die Transvaalse Volk. Dit is jammer dat mens soms uitgawes tege kom, waarin Richard Hol as die komponis genoem word, so as nog kort gelede in 'n uitgawe wat in Suid-Afrika verskyn 't. Catharina van Rees was die digteres sowel as die komponiste.
S.P. ENGELBRECHT.
|
|