Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929
(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 302]
| |
Vondel se Beskouings oor Poësie en Taal.VONDEL is 'n verheerliker van kuns oor die algemeen, maar is besonder geesdriftig waar dit sy eie kuns, poësie, geld. Uit sy werk blyk dit keer op keer en waar die uitsprake ook in 'n mooi vorm gegiet is, besit hulle dubbele waarde. Hier word hulle kronologies nagegaan. Die beginjare is vir Vondel nog 'n tyd van onsekerheid, van proewe, sou 'n mens dit kan noem. Hier en daar, soos reeds in die reie van Pascha en in die stuk self, vind 'n mens 'n sprankie poësie, maar die lering het in die meeste ander gedigte die skoonheid versmoor. Heerlik bloei dit egter in die twintiger jare op en skitterend kon hy in 1626 al getuig: Maer ghy, ó negental! ó Myterberghgodinnen!
Die 'snachts niet min as daeghs gaet waeren door mijn' sinnen:
Om wie ick 't leven lieve, en sonder welcke ick niet
De majesteyt der sonne aanschou als met verdriet;
En droef en eensaem wensch in duysternis te stronckelen:...Ga naar voetnoot1)
By die verheerliking van P.C. Hooft, die dros van Muiden, kom hy vanself by poësie te lande en dan klink dit: Soo is dan Poësy een' Pallas sonder schild
En helm; daer dommekracht haer plomp geweer op spilt.
Heel anders bloncktghe, doen voor lastertongen veyligh
U Ennius verhief, en schatte uw' dichters heyligh....Ga naar voetnoot2)
Toe is digters soos Euripides en Homeros geëer. Maar poësie is blywend, want ...... het maetgedicht der overleên
Verduurt Aegyptsche naeld, goud, koper, stael en yser.Ga naar voetnoot3)
Onder sulke omstandighede het hy vir poësie vryheid opgeëis, want Poëten draeven noode in voorgeschreve percken.Ga naar voetnoot4)
Vir Vondel was die huwelik van P.C. Hooft wat destyds as ‘hooft der Hollantsche poëten’Ga naar voetnoot5) beskou is, 'n uitstekende geleentheid om Hooft en sy gemeenskaplike liefde te verheerlik en ook om met sy opvattings voor die dag te kom. Hy kon nie anders as getuig nie, maar laat ook duidelik uitkom watter waarde hy aan poësie heg. | |
[pagina *31]
| |
G. MOERDYK.
NED. H. OP G. KERK BLOEMHOF, Tvl. | |
[pagina 303]
| |
Is dit vreemd dat so'n geïnspireerde en hoogskatter van poësie nie stil kon bly nie wanneer ds. Trigland uit die hoogte ... bulckt: de Poësy die bid den Duyvel aen,
Den naerelycken Droes.Ga naar voetnoot6)?
Dit moes hom met heilige verontwaardiging vervul en hy moes dit aan die man wat hy om sy optrede verfoei het, op die skerpste wyse sê: Dat's recht, Trigland, dat's recht. Verbrand die boose prye:
Se stinckt, tot in den baerd van uw' Theologye...Ga naar voetnoot7)
Vir hom is ‘de Poësie, het Goddelyckst van al’Ga naar voetnoot8) en daarom prys hy die ‘goude lettereeuw’Ga naar voetnoot9). Hierbo is al gesiteer hoedat poësie bedags en snags sy aandag in beslag neem. In 'n ander mooi gedig van hom, Olyftack aan Gustaaf Adolf, getuig hy weer en net op so 'n gelukkige wyse: Al d'ope lucht is mijn
en verder ...... mijn blyde geest vaart speulen
Daar draaiboom sluit nocht heck.Ga naar voetnoot10)
So was dit inderdaad: die ongemete heelal word die gebied waarop hy hom beweeg en dan word hy nie deur tyd aan bande gelê nie. Wanneer 'n mens in sy gekruide gedigte sien, hoe hy sy teenstanders op 'n uiters hardhandige wyse aanval en afmaak, sou 'n mens geneig wees om aan te neem dat Vondel dieselfde metode sou volg met beoordelaars van sy poësie. Maar dis nie die geval nie, met dié voorbehoud egter dat dit kritiek moes wees van die kunsgehalte. Dan het hy geluister, al het hy dit soms nodig geag om op die troebelheid van die toetsbron te wys. Hy het die jong digter aangeraai om sy werk, nadat dit voltooi is ‘een goede wijl’ te laat rus. Daarna moet dit verskeie kere, ‘ja zevenwerf’, wanneer die digter helder is, hersien word en dan laet het gedicht van eenen Aristarchus, ja verscheide keurmeesteren keuren. Deze zullen uitmonsteren al wat misstaet, zoo wel dat de Kunst, als de zeden betreft...... Joocken uwe ooren naer eenen vleier, die elck naer den mont spreeckt, ghy bedrieght niemant dan u zelven. Haetghe den openhartigen bestraffer, die geene gebreken verschoont, zoo blijftghe daer in steecken. Zulcke eigenzinnigen, of eer | |
[pagina 304]
| |
kranckzinnigen, zijn niet te raden, randen menighmael in hun razende kortse al raeskallende de geneesmeesters aen, en leeren wie men schuwen moet.Ga naar voetnoot1) Sy uitspraak is hier duidelik, maar hy het soms ook 'n protes laat hoor teen kritikasters. Hy kon nie verdra dat poësie, wat hy so hoogstel, deur onkundige beoordelaars, wat nie met die grondbeginsels van die kuns vertroud is nie, aangeval word nie, maar sy besware word op 'n waardige wyse ge-uit: Ick moet by deze gelegenheid ter loop aanroeren, dat luiden, van geen geringe geleertheid, en wetenschap, zich luttel met poëzye bemoeiende, by wylen al te naeuwe en strenge keurmeesters zijn, over deze kunst, en niet wel begrijpen, hoe die te teer en te edel zy, om zulck een harde proef uit te staen, zonder een groot deel van haere aertigheid en luister te verliezen. Men moet haer inwilligen een voegelijck misbruick, of liever een noodige vryheid...Ga naar voetnoot2) Die verset is blykbaar gerig aan die beoordelaars wat in kunssake meer die verstand as die gevoel wil laat spreek en daarom poësie met 'n ondigterlike maatstaf, 'n puur wetenskaplike, wil meet. Wie tog het in daardie dae so goed soos Vondel besef dat allerhande beperkende reëls en wetjies die kunstenaar verhinder om hoë vlugte te neem?
Vondel self het aan die kritiek hoë eise gestel. So herinner hy elders aan 'n uitspraak van Montaigne: dat dichten lichter valt dan van gedichten te oordelen, en men de Poëzy afmeet met eene zekere korte maete van onderwijs en kunste, maer de goede, beste en goddelijcke Poëzy hooger draeft dan de regels, en de reden: dat elck een, die haere schoonheit bespiegelt, de Poëzy niet meer ziet dan het weerlicht en flickeren des bilxems, aengezien zy ons oordeel niet te wercke stelt, maer dat verruckt, en wechruckt.Ga naar voetnoot3) Van groot waarde vir die verstaan van Vondel se opvattings, sowel as die gebruike van sy tyd, is die prosa-inleiding tot die eerste versameling van sy gedigte wat hy ‘aen eijnen afwezenden Vrient (Unger 1642-45) rig.
Hy sê dat kuns ‘langk’ is. Niemand word met die kuns gebore nie, wèl met die ‘treck tot de kunst’. ‘Men klimt, al hijgende en zweetende, van langer hant, de steilte van Parnas op.’ ‘Oeffeninge en wackerheit’ slyp die vernuf en struikel leer opmerk. Al die werk word ook nie in 'n goeie stemming gedig nie; daarom wens hy dat 'n deel van sy ‘groene en onrijpe vaarzen’ nie herdruk sal word nie. Toe hy verneem dat 'n uitgewer ‘op het sterck aanhouden eeniger Maecenaten en beminderen der Nederduitsche Poëzye’ gewillig is om sy verspreide gedigte te herdruk sal hy ‘moeten | |
[pagina 305]
| |
gedoogen, dat men voor kunst mede opveile eenige rijmen, en regels, nutter gescheurt, en verworpen.’
Hy som dan op wat hy geskrywe het en al word net die toneelstukke by die naam genoem, is Hierusalem Verwoest die eerste een wat in aanmerking kom. Sy hekeldigte noem hy blykbaar ‘Saterdichten’. Hy maak verskoning vir baie van die groen werk, ‘hy ontschuldige het naar het saizoen, waar in die vrucht gewassen is, of boete zijnen lust met het beste uit te picken....’ Die vertalings erken hy nie as syne alleen nie, omdat ander meegehelp het. Dan sê hy beslis: Onderwint zich iemant voortaan noch iet anders van 't verleden, op mijnen naem, buiten mijn kennis en bestemminge, te drucken; men houde het niet voor mijn, maar voor een anders werck.... Ick verworp ook al wat, onder boven gemelde gedichten niet begrepen, oit door my ontijdigh voortgebrocht, en op papier gekrabbelt, van mijnen vrient Pers, of iemant anders uitgegeven, den dagh onwaardigh, en den nacht der vergetenisse toegedoemt zy. Dit bewys in alle geval dat hy vir sy werk besliste eise gestel het en dat hy terdeë selfkritiek moes toegepas het, maar dit getuig ook van sy beskeidenheid. By die groter publiek het sy naam toe, in 1644, al 'n seker markwaarde gehad.
Klassiek is die digter se opvatting van ‘dicht’ en ‘ondicht’ nl. prosa en poësie: ...... behalve dat dicht en ondicht, of vaers en onvaers onderling verschillen, gelijck trompetklanck en bloote stem, en het vaers een stem, door een drieboghtige trompet kragtigh uitgewrongen, gelijck is.Ga naar voetnoot1) Hier kla hy in verband met vertalings uit Latyn in Nederlands by die vermaarde geleerde en digter Konstantyn Huygens tegelykertyd sy nood oor ‘d' ongelijckheit der beide talen, en heuren ongelìjcken aert en eigenschappen’. Baie moes verlore gaan, selfs ‘bloemen en geuren van welsprekentheit.’ Beter sou dit gewees het om die Hofswaan van Augustus ‘in rijm en op maet’ te laat sing het, maar dan sou hy meer van sy vere moet gelaat het, ‘ïndien men zijnen geest door benaeutheit van voeten en rijm bestont te prangen en te knijpen, en uit verlegenheit te rucken, te plucken, en ter noot doorgaens met geleende pluimen van rijm en noodige stopwoorden te decken.’ Om sy siel beter te kan uitbeeld het hy dit in prosa gedoen.
Dié uitspraak het meer waarde as 'n mens bedink dat dit geüit is deur iemand wat seker maklik kon rym.
Vondel se beskeidenheid kom baie uit waar hy van sy vertaalwerk praat. Een staaltjie is al aangestip. Hy was erkentlik, daarom het hy die name van | |
[pagina 306]
| |
sy deurlugtige helpers dankbaar genoem,Ga naar voetnoot1) maar 'n mens voel tegelykertyd dat dit ook sy sug om die naam van een of ander outoriteit aan so'n werk vas te koppel, bevredig het.
Hyself het baie waarde aan vertalings as vooroefening vir die gebruik van sy moedertaal geheg. Hy raai jong Nederlandse digters aan om eers vertaalwerk te onderneem.Ga naar voetnoot2)
Hy het juis, om sy hoë eise, gevoel met watter moeilikhede 'n vertaler te doen het: Rijm en maet, waer aen de vertolcker gebonden staet, verhindert oock menighmael, dat de vertaelder niet zoo wel en volmaecktelijck naspreeckt, 't geen zoo wel en heerlijck voorgesproken word; en yet van d'eene tael in d'ander, door eenen engen hals te gieten, gaet zonder plengen niet te werck...Ga naar voetnoot3) Vondel was 'n warm taalman. Soos bekend was hy, P.C. Hooft, Laurens Reaal, Antonis du HubertGa naar voetnoot4) en ander ywerige studente van die moedertaal. Sy puristiese neigings kom goed uit by die lof wat hy het vir Wessel van Boetselen se vertaling van 'n deel van Du Bartas.Ga naar voetnoot5) Hy loop 'n skynbare omweg om die ‘onduytsche Pleyters’ die swyge op te lê, want ‘ghy hebt uw tael vergeten.’ Hulle kan dan eers ‘in 't Hof’ kekkel as hulle hul ‘moeders tong’ gaan haal het. Die vertaler het daarin geslaag om die ‘Phoenix der Poeten’ ‘in plat en suyver duyts’ oor te sit. So moet gepraat word, dan kan 'n landsman dit verstaan; ...... ontleent geen vreemde stof,
D'uytheemsche Walen schout, en maket niet soo grof.
Dit was in 1622.
In die ‘Voorrede’ van Palamedes het hy dit ook oor die spellingkwessie. Hy konstateer dat daar nog vryheid gelaat word en daarom het hy maar oor die algemeen ‘den gemeenen sleur’ gevolg. Hy wys op die pogings in Frankryk om die spelling te hervorm ‘en juyst schryven gelijck men spreekt’. In Holland sal egter nuwe letters van die alfabet nodig wees.
(Word vervolg.) M.S.B. KRITZINGER. |
|