Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929(1929)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 167] [p. 167] In Memoriam A.G. Visser. Te kort die aanhef van jou digtersang, Te swaar die slag om swyend te verduur; Ons wou die spranke van jou digtervuur Vir jare nog so gretiglik opvang. So nodig was jy vir ons volksbelang, So onontbeerlik vir ons jong kultuur, Ons voel in hierdie droewe skeidingsuur Jou eerste lied was ook jou swanesang. Maar vir Jou doel het jy genoeg gesing, Jou kragte aan 'n edel taal bestee; 'n Boodskap het jy aan jou volk gebring, Jou veelbeminde taal 'n lied gegee Wat tot ons diepste wese binnedring - Omfloers met rose van herinnering. I.D. DU PLESSIS. Kaapstad, 1929. Vorige Volgende