De Nieuwe Stem. Jaargang 3
(1948)– [tijdschrift] Nieuwe Stem, De– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 445]
| |
G.A. Watermeyer
| |
[pagina 446]
| |
Kraai:
‘Wee as die skubbe van die haat
die weekvlies om die hart verdring;
laat elkeen wat hier donker lêGa naar eind6.
die sleepsel van sy lydingGa naar eind7. bring.’
Wilde-Kanarie:
‘Ek kelk die sonlig in my keel
en rym die rondebessie ryp;
met kinderhand het hy, het hy
die fluite uit ons bors gegryp.’
Valk:
‘Die speerpunt van die wind was ek,
geel ster wat in die daglig skiet;
sy nyd het my getref, en so
laat bondel in die riet.’
Elandbul:
‘My skouer en my skof rond bò
die trots van elke horingdier,
maar wie sal nou die kleiner tropGa naar eind8.
al windop na die kuile stuur?’
Olifanttrop:
‘Ons wat die sterkstes is gaan stil
verby die koedoe en die kelkiewynGa naar eind9.:
maar dreun die oerwoud oop, en stort
die stamme in ons pyn.’
Duif:
‘Hy het my swaar van Hom laat gaan
omdat my oë van Hom was;
maar watter boodskap spartel ek
hier áfkopGa naar eind10. aan die gras?’
Koor:
‘Om wie se honger sterwe ons
vir watter welp of swanger maat?
Dit is die tyding, dit die klag
dat hy ons wond, en só verlaat.’
Kraai:
‘Een het ons aan die lig gegee
en aan die duisternis beloof,
maar elke klou wat slaan, moet snel
met die genade kloof.’
| |
[pagina 447]
| |
Koor:
‘Moet snel met die genade kloof,
die seningGa naar eind11. met die been verbreek;
maar hy het hom in marteldood
en massamoord op ons gewreek.’
Kraai:
‘Jy skuil jou in die steiler trots
van die wat weet en minder weet;
jy swyg, maar sal getuies hoor
van die wat in die nanag vreet.’
Luiperd:
‘Ek is die drinker van die bloed,
die ding wat donker loop,
maar ruk alleen vir eie dors
die polsing van die slagaar oop.’
Krokodil:
‘Die stilte van die kuil is ek,
die stootgolf van die vloed,
maar weinig water weet hoe rooi
die borrel van die bloed.’
LuislangGa naar eind12.:
‘Ek span die sirkel van die son
en anker met die halwemaan;
ek gryp, maar lê in vrede tot
die harslagGa naar eind13. en die huid vergaan.’
Rooimeerkat:
‘Ek, die geringste van die kring
wat sonder ritsel gaan,
het nooit met ronde buik die tand
in tortelbors geslaan.’
Kraai:
‘Die vleiwind en die vlaktewind
styg met die asem van die dood;
waar skuil die asers van die blou,
die asers van die rondepoot?’
Hiëna:
‘Ek grinnik teen die môregrou
en gryp wat ander laat;
uit gaping van sy gorrelGa naar eind14. knal
die gekkelag van haat.’
| |
[pagina 448]
| |
Aasvoël:
‘Ek wentel met planeet en ster
en stort met elke dood,
maar stort die droë tak yerby
en lê, gekruisig in sy lood.’
Kraai:
‘Hy wat sy horing bo die kimme stoot,
Sy vleuels met die wolke sprei
en in die donder hoef, het ons geleer
om in die vlakte rein te bly.’
Koor:
‘Om in die vlakte rein te bly
en helder teen die hangGa naar eind15. te leef;
maar wie sal hierdie graskol kropGa naar eind16.
waaròm die trae brommer beef?’
Lewende Duikerlam:
‘Reeds spalk my lippé van die dors
maar as ek aan my moeder stoot,
dan breek daar bitter teen my tong
die donker druppels van die dood.’
Kraai:
‘Met hierdie snawel het ek self
Elia in die grot gevoed;
vereffen jy jou skuld, o mens!
met moordslag en met lammerbloed?’
Koor:
‘Met moordslag en met lammerbloed,
ons hyg verskeurde longe uit
en roggel, roggel van die dors
hier teen die silwer stroomgeluid.’
Kraai:
‘Toe ons op Grootbevel van Hom
in pare by die ark indraai,
was dit Sy wil dat hierdie mens
ons kwistig teen die grond sou maai?’
Koor:
‘Was dit Sy wil, was dit Sy wens?
ons daag jou wat die heerser was;
die peulboomGa naar eind17. sidder in sy stam
en bitter buig die gras.’
| |
[pagina 449]
| |
Maanhaarleeu:
‘Ek is die tand wat skeur.’
MambaGa naar eind18.:
‘En ek, die tand wat dood.’
Saam:
‘Laat ons die klopping van sy hart
aan hierdie sterre bloot.’
Kraai:
‘Jy het die sening van die wet
tot staalklou in jou hand verdraai;
maar wee wanneer die dooie drif
hom snouend uit sy kronkels swaai.’
Jagter:
‘Bo die trompette van die wind
hoor ek die vlakte kreun,
en teen my skene skuim en styg
dít wat nie uit die wolke reën.’
Koor:
‘Dit wat nie uit die wolke reën
maar van jou hande drup,
wat jy gebreek het uit ons bors
gestort het oor ons lip.’
Kraai:
‘Jy staan gehoringGa naar eind19. in die haat,
omvleuel van die dood;
stort neer op hom! stort neer! en lê
die halsbeen en die heupbeen bloot...’
Die buffelhoring bo die ster
breek teen die Weste bloed,
die buffels van die vlakte bulk
en snuif die sand met klammer snoet.
Om rondebeen en ribbebeen
lê kronkels van die mamba swart;
klou aan die skedel kras die kraai:
Hoof vir 'n hoof! Hart vir 'n hart!
|
|