Nieuw Letterkundig Magazijn. Jaargang 16(1998)– [tijdschrift] Nieuw Letterkundig Magazijn– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Voleindiging Verworwe voleindiging wek 'n nuwe gemis met gevolg dat die lewe nooit kant en klaar afgerond is, soms hunker jy terug na 'n skerper besef van tekort vertroud uit die byna vergete tydperk van word. Solank jy nog sekere spierweefsels kan beweeg wil iets, in omsigtige terme kunstig verklee, getuig van doelmatigheid, doen dus krampagtig mee: afsluiting word in die reël sonder opset gepleeg. Elisabeth Eybers Vorige Volgende