Kommentaar oor die artikel van drs FR Kat, ‘Monument van voorbije baasskap’ in tydskrif Neerlandia, Jaargang 103, no 4, Des 1999
1. Vir die Afrikaner is die Voortrekkermonument beslis nie in die eerste plek 'n simbool van Afrikanermacht nie, maar 'n simbool om die Voortrekkers se ongelooflike opofferings te gedenk. Dit gaan nie net oor hul oorwinning by Bloedrivier nie. Die artikel se titel is dus misleidend en beledigend.
2. Afrikaners het geen beswaar teen die feit dat alle inheemse tale op 'n gelyke voet gestel is nie. Hulle maak wel ernstig beswaar teen die verengelsingsproses wat die Suid-Afrikaanse regering ten koste van die inheemse tale aan die gang gesit het. Veral die Afrikaanssprekende bevolking maak hierteen beswaar en wel al sedert die 19de eeuse pogings om die bevolking te verengels. Afrikaners is bedag daarop om vreemde taalinvloede op hulle taal of te weer, hoewel dit nie beteken dat hulle, soos enige ander taal, wel sekere woorde van ander tale opgeneem het nie.
3. Die Afrikaners van die eerste helfte van die 19de eeu en ook later was bekend vir hulle godsdienstigheid, maar soos baie algemeen onder die pioniersgemeenskappe van die wéreld so laat as in die 19de en selfs vroeë 20ste eeu, was hulle geneig om die Bybel op vele punte té letterlik te vertolk. Kat se opmerking dat Barrow die Arikanerboere gekritiseer het oor hulle onmenslike behandeling van die nie-blanke bevolking is egter niks nuuts nie: Barrow was 'n bekende ‘Boerehater’ en het vergeet dat die rassevooroordeel van die Afrikaners nie net beperk was tot die Afrikaanstaliges nie, maar beslis ook die Engelssprekendes kan dit ten laste gelé word. Rassediskriminasie was 'n wéreldverskynsel nog tot in die 19de en 20ste eeue. Hierdie perspektief behoort deur die skrywer gestel te word en nie net die Afrikaner daarvoor uitsonder nie.
4. Die voorstelling by die Voortrekkermonument van Dingane (korrekte spelling) as 'n koelbloedige moordenaar (indien dit wel so uitgebeeld word) gaan nie te ver nie. Wat anders moet 'n mens iemand noem wat opdrag gegee het dat eers 60 blankes en 30 gekleurde bediendes vermoor word en daarna in die volgende dae voortgegaan het en 'n verdere 400 tot 500 mense laat vermoor het? Die kultuurskok-storie van Kat is algemene kennis onder historici, maar nog geen regverdiging vir moord nie, veral nie nadat die Voortrekkers pertinent te kenne gegee het dat hulle oor grond wil onderhandel nie. Retief het ongetwyfeld gefouteer deur nie behoedsaam genoeg te wees nie en onbewustelik bygedra tot Dingane se ou vrees vir blanke besetting van sy land.
5. Swart kapteins het altyd byna sonder uitsondering tydens besoeke van blankes aan hulle woonplekke in die binneland, die blanke besoekers versock om aan hulle hul vuurwapens en hantering van hulle perde te demonstreer. Dingane was geen uitsondering nie en Retief het hoogs waarskynlik dit nie uit sy eie gedoen soos Kat te kenne wil gee nie. Die koning kon dus nie -- soos Kat beweer -- daardeur ‘zwaar beledigd’ gevoel het nie. Dit het hom wel laat beset dat die Afrikanerboere 'n formidabele vyand kon wees en moontlik het dit Dingane se moordplanne versterk.
6. Die ooreenkoms tussen Dingane en Retief was nie so vaag soos die skrywer wil voorgee nie. Dit beskryf wel breedweg die grense van die grond wat Dingane aan die Boere sou afstaan. Dis wel te betwyfel of Dingane enige waarde aan die akte van grondafstand geheg of die betekenis van só 'n westerse gebruik ten volle gesnap het. Trouens, vir 10 maande het die dokument by Retief se lyk/geraamte in sy leertas op Kwa Matiwane in die son gelé blykbaar sonder dat die Zulu daarin belang gestel of 'n poging aangewend het om dit te verwyder.
7. Die insinuasie van Kat dat Retief se manne die aand voor die ondertekenincy van die grondakte in 'n verbode gebied in Dingane se kraal beweeg het en dit dan 'n ‘doodsonde’ in die oë van die Zulu sou wees, berus op onbevestigde getuienis en kan nie bewys word nie. Nog minder kan die bewering dat hulle op pad was na Dingane se harem aanvaar word (of verstaan ek die skrywer verkeerd). Oor laasgenoemde bestaan daar geen stawende getuienis nie en dis ook nie vir my duidelik of die skrywer wil insinueer dat die Boere Dingane se vroue wou gaan molesteer nie.
8. Dis nie duidelik hoekom die monument nou juis die mite van die Afrikaners koester nie. Wat presies beskou hy as 'n mite hier? Die sk-rywer is blykbaar vyandiger teenoor die monument en die Afrikaner as wat baie swart inwoners daarteenoor staan. Daarmee sit hy die tradisie van John Barrow voort! Die historikus, en dit weet ons almal, moet so ver moontlik bronne raadpleeg wat die verskillende perspektie~ve refiekteer, maar wat ook al sy gevolgtrekking in bogenoemde geval, moet hy ruimte laat vir 'n ander interpretasie deur smnig te werk te gaan met etikettering.
Jan Visagie
Stellenbosch
Enkele bronne oor aspekte van die Groot Trek
• | T Cameron (redakteur): ‘Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika in woord en beeld’ (Kaapstad en Pretoria, 1986) |
• | HJ Van Aswegen: ‘Geskiedenis van Suid-Afrika tot 1854’. (Pretoria en Kaapstad, 1989) |
• | AE Cubbin: ‘The death of Piet Retief from the English and Zulu point of view’ (ongepubliseerde referaat, Groot Trek 150konferensie, Universiteit Potchefstroom, 1988) |