pluralisme?’ waarin hy op hoogs interessante wyse die apartheid teen integrasie opweeg. En wat is sy gevolgtrekkings?
‘Geen gelijkschakeling dus, maar oprichting van instellingen waarin de van elkaar afwijkende ethnische, culturele, confessionele groepen een apart raam vinden dat hun bestaanszekerheid en levensmogelijkheden verschaft.’
‘Dus geen integratie, wél segregatie, wél apartheid...’
Voortgaande sê prof. Lamberty:
‘Die “integrasie” kan een groter euvel zyn dan de “segregatie”, wanneer zij niet door alle betrokken partijen word aanvaard, wanneer zij niet door vrije keuze, maar door dwang moet worden verwezenlijkt’.
Gelykaardige konklusies as dié van prof. Lamberty word bereik deur die bekende Britse politieke kommentator Peregrine Worsthorne in 'n studie gepubliseer in die Londense Sunday Telegraph en lateraan herdruk in die Amerikaanse weekblad ‘Life’.
Eienaardig dat alle venyn van die V.N. vir Suid-Afrika, Suid-Rhodesië en Portugal bewaar word. Vir Suid-Afrika as gevolg van Apartheid; vir Suid-Rhodesië as gevolg van sy beleid van rasse-vennootskap wat, soos vryelik te kenne gegee word, eventueel moet lei tot 'n Swart meerderheidsregering en vir Portugal hoewel hy 'n beleid van rasse-integrasie volg.
Nou, as ons aldrie ewe venynig om selfs diametries-teenoorgestelde politiek vervolgd word, dan is die gevolgtrekking onvermydelik: ons werklike sonde is dat ons blank is!
In die Londen Times van 24 September 1963 het 'n besondere interessante skrywe verskyn van 'n ervare Afrika kenner, mev. Elspeth Huxley. Sy het geskryf na aanleiding van 'n pleidooi ten gunste van multi-rasialisme. Ek gee 'n vrye vertaling van gedeeltes van haar betoog:
‘Helaas multi-rasialisme is dood. Daar is geen hoop op herlewing nie en daar kan geen verdeling van mag wees nie, slegs in totale inpalming daarvan. Indien die blankes hulle houvas sou verslap dan sal die swarte meerderheid dit aangryp soos in Kenia - as swartes, as Afrikaanse rasialiste...
‘Om by die blankes van Suid-Afrika aan te dring om hulle politieke mag met die swartes te deel, is om hulle te vra om rasseselfmoord te pleeg’.
Ons in Suid-Afrika let noodwendig noukeurig op die verklaarde doelstellings van leidende swart organisasies soos byvoorbeeld die Pan-Afrikaniste. Op die PAFMESCA-konferensie in Addis Abeba in Februarie 1962, waar etlike Afrika-state amptelik verteenwoordig was, het die leier van die Ethiopiese afvaardiging ondermeer gesê dat Afrika nog nooit enige behoefte gehad het aan die sogenaamde beskawende missie van die Europese koloniseerders nie, ‘want ons vasteland was die tuiste van die vroegste beskawings in die menslike geskiedenis’.
Voortgaande het hy gesê dat daar in Afrika geen plek was vir ‘imperialistiese konsepte van multi-rasiale of inter-rasiale partnership nie, want hierdie konsepte is blote camouflage sonder enige eerlike doel’.
En dit was Leballo, die leider van Poqo, die Suid-Afrikaanse tak van die Pan-Afrikaniste, wat ondermeer aan sy volgelinge gesê het: ‘Kap die eerste blanke wat jy teenkom in drie stukke. Lek dan die bloed van jou kapmes om verder moed te verkry’.
Miskien is dit nou vir u ook meer duidelik waarom my regering die multi-rasialisme as oplossing verwerp - waarom hy daarvan oortuig is dat ons ons politieke mag nie met die swartman kan deel sonder dit alles te verloor nie!
Sekerlik ontstaan die vraag: Wat dink die Batoe van aparte ontwikkeling of aparte vryheid? Alle tekens dui daarop dat 'n groot meerderheid van die Bantoevolke akkoord is met die beleid. Hoofdminister Kaizer Matanzima zal het beskryf as ‘die enigste praktiese beleid vir die skikking van rassebetrekkinge in die land’.
Laat ons ook getuienis van buite inroep - byvoorbeeld van die heer Matthews Phiri van Malawi, voorheen in die Kabinet van Welensky in die Federasie van Rhodesië en Nyasaland. Na 'n onlangse besoek aan my land om sy seun te bring vir mediese behandeling wat hy nie tuis kon verkry nie, verklaar die heer Phiri ondermeer (Vrye vertaling).
‘My besoek aan Suid-Afrika was heel aangenaam. Dit het my oë geopen. Nooit het ek 'n land gevind waar meer vir sy nie-blankes gedoen word as Suid-Afrika nie.
Hoewel daar steeds twee kante aan elke saak is, glo ek dat die beleid van selfregering eerlik en groothartig uitgevoer word.’
Onlangs het André Demedts, na 'n uitgebreide besoek aan my land, gewag gemaak van ‘de stelselmatige haatcampagne tegen Zuid-Afrika’. U weet almal van hierdie haatkampanje, maar ek glo nie u kan ooit 'n getroue denkbeeld vorm van die gewetenloosheid en redeloosheid van hierdie kampanje nie.
Nou wonder u stellig hoe en waarom ons hierdie woeste storms van vervloeking so lank kan trotseer. Ek glo niet dit kan toegeskryf word aan 'n oormaat van óf koppigheid óf heldemoed nie. Die verklaring is doodeenvoudig:
(1) | Dit is ons voortbestaan - ons voortbestaan as nasie en persone - wat op die spel is. |
| |
(2) | Die ongegrondheid, dikwels valsheid van die aanvalle op ons. |
Wat vir ons onverklaarbaar is, is dat die Weste maar nie kan of wil besef nie dat die kampanje teen ons in Moskou en Peking ge-orkestreer word - dat dit onafskeidelik deel vorm van die Koue Oorlog. Wat vir ons nog meer onverklaarbaar is, is die skynbare bereidwilligheid by sommige Westerse kringe om Suid-Afrika, die Weste se getrouste vriend en bondgenoot, sy enigste beproefde vriend en stamverwant op die Afrikaanse Vasteland - voor die wolwe te gooi.
Byna. 70 jaar gelede het die Suid-Afrikaanse Republiek op die vooraand van die Tweede Vryheidsoorlog teen Engeland 'n uiteensettting van die aanleiding tot die aanstaande worstelstryd gepubliseer en daarin verklaar:
‘Wij leggen met vertrouwen onze zaak open voor de gehele wereld. Hetzij wij overwinnen, hetzij wij sterven, de Vrijheid zal in Zuid-Afrika rijzen als de zon uit de morgenwolken’.
Met eweveel beslistheid sê Suid-Afrika vandag aan die wêreld dat hetsy ons oorwin, hetsy ons sal sterwe, die blanke Afrikaanse volk sal staan teen alle magte vir ons reg dat die erwe van ons vaders, vir ons kinders sal erwe bly, en totdat die internasionale aanvaarding van Suid-Afrika se pluralistiese staatkunde die wêreld sal oorvloei, soos wat lig na elke nag die wêreld vul.