Pretoria herdacht de Guldensporenslag
Hoewel ietwat laat geven wij toch nog een verslag van de herdenking van de Guldensporenslag in Pretoria.
‘Op Donderdag 11 Julie het een honderdtal persone, vir die grootste deel Afrikaners by mekaar gekom, om die “Slag der Guldensporen” te herdenk. Prof. Dr. G.v.N. Viljoen het die verrigtinge gelei, wat geopen is met die kragtige samesing van die Vlaamse Leeuw. Dit het 'n mooie, waardige herdenking geword. Die Sangkoor van die Afrikaanse Musiekklub het passende Afrikaanse liedere laat klink, wat in harmonie was met die. voordragte, wat Mnr. H. Dryepondt van Vlaamse strydliedere gegee het.
Die Feesredenaar was 'n besoeker uit die Kongo, Dr. K. Delahaye, wat in 1953 meegehelp het om die afdeling te laat herleef.
Die spreker het die nadruk gele op die gelykenis tussen Guldensporenslag in Vlaanderen en die slag by Bloedrivier in Natal. Albei krygsverrigtinge het by 'n waterstroom plaats gevind en terwyl Vlaandere in 1302 die Nederlandse stam beveilig het teen onmiddellike verbastering, het in 1838 die Afrikaanse Boere die Dietse stam in Suid Afrika teen uitroeiing beveilig. Noor-Nederland het, gerugsteun deur Vlaandere, deur die eeue heen rustig kon werk aan die uitbouing van die Nederlandse Kultuur. Die Afrikaner het nou na 'n lange stryd die geleentheid om taal en volk suiwer te hou. Maar Suid-Nederland-Vlaandere moes in die loop van sy geskiedenis altoos en nog steeds teen opdringende verbastering veg. Die korte tydjie van eenheid tussen Noord- en Suid-Nederland het baie gou tot 'n einde gekom deur vreemde inmenging en Vlaanderen moes weer stry vir sy Nederlandse aard en taal. Die Vlaminge ver wag baie begrip en morele steun in hul Nederlandse kulturele stryd van die jong triomferende Afrikanervolk, wat ons zal begryp, omdat die Afrikaners 'n totaal gelyksoortige stryd gevcer het.
Met die samesing van “Die Stem” is die fees besluit’.
K.V.