Rodenbach-herdenking in Pretoria
Van de heer Verhoef, bestuurslid van de Afdeling van hef A.N.V. in Pretoria, ontvingen wij een verslag over de aldaar gevierde herdenking van de Vlaamse letterkundige Rodenbach, die op zeer jeugdige leefijd - 23 jaar - in 1879 stierf.
Om de echte Zuidaf rikaanse sfeer, waarin het eeuwfeest van de geboorte van deze Vlaamse dichter ginds werd herdacht te behouden, lieten wij het in het Zuidafrikaans gestelde verslag ongewijzigd.
Op 14 November 1956 het ons in Pretoria herdenk, dat Albrecht Rodenbach 100 jaar gelede op 27 Oktober 1856 in Roeselare gehore is. Die feesaand het plaasgevind in die Langenhoven-Hoërskool en ongeveer 120 Afrikaners, Hollanders en Vlaminge het dit bygewoon. Die hoof van die skool, Dr. S.C.H. Rautenbach, het die feessaal van die skool welwillend beskikbaar gestel. 'n Koor van 60 seuns en dogters, leerlinge van die skool, het vir die geleentheid Nederlandse strydliedere ingestudeer. Twee fraai opgemaakte blomstukke het die verhoog versier, terwyl op die agtergrond die Leenvlag gehang het met regs die Transvaalse vierkleur en links die Oranjevlag.
Die Voorsitter van die A.N.V., Dr. Rautenbach, het in sy openingswoord gesê dat ons in Afrika meer behoor te weet van die kulturele voormanna van ons Stam in Europa, soos hulle in Europa meer behoor te weet van ons hier. Voral baie van sy skoolkinders het gewonder wie Rodenbach sou wees, aangesien hulle vir Rautenbach ken! Ons weet met ons verstand dat Vlaminge, Hollanders en Afrikaners stamgenote is, maar dit is goed as ons dit ook met ons hart leer verstaan. Hierna het hy dr. G.A.F. Jaspers, wat die herdenkingsrede sou hou, aan die woord gestel.