Hart van ‘Diets Suhl Afrika’
Die homselfbesturende volk moes 'n stad hê wat die setel van sy regering sou wees. Om die rede is Pretoria gastig. Pretoria as stad is die bekroning van die groot trek. Pretoria is die sinnebeeld van 'n vry Suid Afrika.
En hiermee kom ek aan Pretoria as kultuurstad. Deur alle eeue heen het 'n hoefstad die leiding gehad in die kultuur van die Nasie. Rome het in die begin van ons jaartelling sy stempel gedruk op die hele Wes Europa. En vandag as ons van Londen praat, praat ons van Engeland.
Sê ons Parijs, dan sien ons in die gees Frankrijk. In die toekoms hoop ek sal Pretoria meer en meer die hart van Diets Suid Afrika wees.
Deur die eeue was dit by alle kultuurvolke 'n kultuurliewende groep wat die stu-krag was, veral deur sy voorbeeld, deur sy opdragte aan kunstenaars en die beoefening van goeie maniere. In die verlede was dit in Europa die vors met sy hof, wat as beskermers van die kuns en kultuur opgetree het en waardeur ons sekere goeie maniere nog as hoflikheid aardui. In deze tijd kan iedere Afrikaner, Hollander en Vlaming, deur sy persoonlike smaak te ontwikkel, deur aan argitekte, beeldhouwers, kunsskilders, kunssmede, ens. 'n kans te gee vir die verfraaiing van sy huis, deur wellevendheid te beoefen, deur sy taal suiwer te hou, ens. meewerk aan die verryking van ons kultuur.