Zuid-Afrika
Amerikaanse sendeling in die Bresse vir S.A. by die V.V.O.
Uitgereik deur die Inligtingskantoor Ambassade van die Unie van Suid-Afrika, 15 Gallierslaan, Brussel.
‘Die V.V.O. sal nuttiger wees as hy sy pogings om 'n oplossing vir die Suid-Afrikaanse rassevraagstuk te vind, laat vaar en liewer 'n paar miljoen dollar aan die Unie-regering gee en hom op draagkragtige wyse help in sy edele poging om die lewenstandaard van Suid-Afrika se nie-blanke bevolking te verhoog’. So lui 'n brief wat deur 'n Amerikaanse sendeling in die Unie aan die adres van die Verenigde State se afgevaardigde by die V.V.O., Warren Austin, gerig is. Die briefskrywer, eerw. J Lucas, moderator van die ‘African Gospel Church’, spreek die hoop uit dat die Amerikaanse regering die Unie-regering sal steun en hom sal help in sy stryd teen die Kommunisme in Zuid-Afrika.
Die brief, wat vol lofbetuigings is vir wat in die Unie gedoen word ter bevordering van die nieblankes se welsyn en skerp kritiek uitoefen op die houding wat die V.V.O. inneem, is in verskeie oorsese blaaie opgeneem en is met toestemming van eerw. Lucas vrygestel.
Dit lui als volg:
‘Geagte mnr Austin, - As 'n Amerikaanse burger wat in die Unie van Suid-Afrika woonagtig is neem ek die geleentheid te baat om aan U te skryf. Dit blyk dat sommige van die afgevaardigdes by die V.V.O. menings vorm oor die komplekse rassevraagstukke van hierdie land en tot slotsomme geraak wat min of meer op ongegronde propaganda gebaseer is.
Ek is sedert 1922 verbonde aan sendelingwerk in die Unie van Suid-Afrika en is sedert 1935 in hierdie land woonagtig daarom spreek ek met eerstehandse kennis omtrent hierdie land se kosmopolitaanse bevolking.
Suid-Afrika het die grootste en moeilikste rassevraagstuk van alle lande. Soos u weet is daar 'n baie groot aantal Indiërs. Daar is ook baie Kleurlinge (ons noem hulle Mulatto's in Amerika). Daar is omtrent 8.500.000 naturelle in Suid-Afrika. In getalle oortref hulle die blankes met omtrept drie teen een.
Dit is moeilik vir mense wat buitekant die Unie lewe om 'n korrekte mening te vorm oor die rassenvraagstuk wat die Regering en die blanke bevolking van hierdie land probeer oplos in die beste belange van almal wat daarin betrokke is.
Baie dinge is onder die aandag van die V.V.O.-komitee gebring wat grootliks oordrewe is en in baie gevalle onwaar is. As 'n Amerikaanse burger, as 'n sendeling wat die beste belange van alle volke op die hart dra, en as iemand wat vir regverdigheid staan, kan ek getuig dat die Unie van Suid-Afrika baie groothartig is in die behandeling van al sy nie-blanke rasse. Wat die naturelle betref, bestee hierdie land jaarliks oneindig meer aan hulle as wat hy in regstreekse inkomste uit hulle kry.
Laat my toe om te herhaal dat wat getalle betref die naturelle die blanke bevolking met drie teen een oortref.
Alles word in die werk gestel om die naturelle, Kleurlinge en Indiërs te onderrig. Miljoene ponde word jaarliks aan hierdie edele werk bestee. Die gesondheidsprobleem word op 'n baie doeltreffende en bekwame wyse aangepak. Baie hospitale is vir die naturelle gebou. Naturelle-klinieke en apteke is ook opgerig. Baie sending-klinieke word deur die Regering gesubsidieer. Ons het 'n naturelle-kliniek op een van ons sendelingsstasies in die noordelyke Transvaal wat deur die Departement van Naturellesake gebou is en deur die Regering gesubsidieer word.
Tyd en ruimte laat my toe om slegs een van baie konkrete voorbeelde aan te haal van wat ek persoonlik gesien het. Die geval het onlangs voorgekom in 'n sendingstasie wat omtrent nege myl van 'n klein dorpie geleë is. Een van ons skooldogters wat huisvlytklasse in ons skool bywoon, wat deur die Regering gesubsidieer word, het longontsteking opgedoen. Die skoolhoof, wat ook in beheer is van die kliniek, het gevoel dat sy nie die geval hanteer nie, omdat die kind te siek was. Sv het een van die distriksgeneeshere gebel en gevra om na die kind te kom kyk. Hy het geen tyd verlore laat gaan om te reageer op die oproep nie. Hy het die siekte gediagnoseer as dubbele longontsteking en aanbeveel dat die kind hospitaal toe geneem word.
Die volgende dag het die ambulans ('n uitstekende voertuig) gekom en die kind is na die Elim-hospitaal geneem. Dit is 'n baie groot en goed toegeruste hospitaal wat deur die Regering gebou is en gesubsidieer word. Vir die gebruik van die ambulans is niks gevra nie. Die kind het uitstekende mediese behandeling ontvang en het herstel. Sy is weer terug op skool. Daar is ook niks gevra vir haar behandeling in dip hospital nie. Waar kan 'n mens 'n beter voorbeeld van christelike altruïsme kry? Ek sou baie meer voorbeelde kon aanhaal.
Ek dink dit vergelyk baie goed met wat ons vir ons Amerikaanse Rooihuide doen. Ek wonder of ons so baie doen vir hulle?
Bykomstig tot die groot naturellereserves, het die Unie van Suid-Afrika byna tweemilioen morge (naastenby viermieljoen acre) waardevolle landbougrond van blankes aangekoop. Hierdie gronde word opsy gesit as trustplase vir naturelle
Alles wordt in die werk gestel om die naturelle te leer hoe om die grond te bewerk, gronderosie te voorkom, en die maksimum hoeveelheid voedsel te produseer. Ek ken persoonlik baie van hierdie trustplase. Hulle is baie waardevolle plase. Op hierdie tydstip is die Regering besig om met party boere in die noordelike Transvaal wat ek persoonlik ken te onderhandel om