Uit de Zuidafrikaanse bladen
Persoonlijke boodschap
‘Die Burger’ van 20 Dec. 1949 schrijft:
Des te treffender omdat dit onverwags gekom het, was die deel van die verrigtinge op Geloftedag, 16 Desember 1949, waar boodskappe uit die buiteland oorgebring is. Dit het gekom van die regeringe van Groot-Brittanje en Australië, van Afrikaners in Argentinië en van Vlaminge in België, van die Protestantse kerke in Duitsland en van die volk van Nederland. Net soos by die hoegsteenlegging van die Voortrekkermonument jhr. Beelaerts van Blokland die enigste persoonlike gesant van 'n buitelandse regering was, was nou by die inwyding Nederland die enigste land wat deur 'n persoonlike afvaardiging verteenwoordig was. Hierdie feit kenskets die besondere verhouding tussen Suid-Afrika en die land wat die moederland van ons volksplanting was, en die besondere verhouding tussen die Afrikanerdom en die volk wat in oorwegende mate ons stamverwanta is, die Nederlanders.
Die Nederlandse verteenwoordiging in 1938 en in 1949 was uniek omdat, onder al die volke in die wêreld, daar één is wat aan ons verbonde is soos geen ander nie. Wat ook al mag gebeur om verbygaande verwydering te bring, daar groei gras oor; maar wat bly, is die sielsverbondenheid wat dieper as alle staatkundige of ekonomiese verhoudinge gaan, omdat dit in die geheimsinnige dieptes van die bloed gewortel is. Hierdie gevoel het ons volksdigter Totius vir altyd verwoord in die versreëls:
'n Fyn mistieke eenheidsband
verbind Oranje, Nederland
en Afrika, deur alles heen.
Hoe ver die golwe ons al omspoel,
die diepe hart sar altyd voel -
Dit is die gevoel wat die woordvoerder van die Nederlandse afvaardiging by die inwyding van ons volksmonument, oudminister Van der Leeuw, in sy boodskap vasgelê het:
Ons Nederlanders voel ons blywend met u verbonde, in vreugde en in rou.... Ons wil en ons kan u nie mis nie, en ons hoop dat ons die onsekere toekoms eendragtig tegemoet sar gaan.
Toe die spreker in sy boodskap hom ook van Afrikaans bedien, het hy met die daad die hulde aan ons taal gebring wat hy in woorde betuig het. En toe hy die hoop uitspreek dat die Afrikaners trots is op Nederlands, soos die Nederlanders trots is op die Afrikaanse taal en letterkunde, was hy die tolk van die beste wat daar in albei volke leef. Solank albei vashou aan wat wedersyds hul beste is, en meeleef met wat mekaar se harte die diepste beweeg, sar hulle aan mekaar gee, en vir mekaar wees, wat die Skepper met 'n gemeenskaplike afstamming bedoel het.
Die volgende boodskap is van die Vlaamse volk ontvang: ‘Bewus van die bloed en gees wat Vlaandere en Suid-Afrika saamsnoer soos lote van die een Nederlandse stam, verenig die strydende Vlaandere hom by hierdie geleentheid met die afstammelinge van die boere wat, voortgedryf deur die taaiste lewenswil en die kragtigste vryheidslus die Groot Trek gewaag het om in die verre onbekende gebiede 'n nuwe vaderland te wen.
‘Ook Vlaandere buig hom vandag diep oor die nagedagtenis van Suid-Afrika se helde en spreek die hoop uit dat die reusagtige Voortrekkermonument die poort mag word waardeur die Suid-Afrikaanse volk na die volledige vryheid sal opruk.’
Uit ‘Die Burger’ 4 Jan. 1950: