Zuid-Afrika
Afrikaans Studente-Toneel van Stellenbosch
Onder de Hollands-sprekendes in Suid-Afrika, met hulle stryd om die behoud en vooruitgang van eie taal en kultuur, neem in die laaste jare die verlange na Nederland meer en meer toe.
Die vraag na Nederlandse boeke word groter en daarbij die verlange dat Nederland kennis sal neem van die Afr. boek. Die Afrikaanse Toneel bloei op; verskeie eg Nederlandse stukke is in Afrikaans vertaal, maar ook die oorspronkelike toneelkuns vertoon 'n gesonde selfs 'n verbasende groeikrag.
Daarom het die ‘Afrikaanse Studente-Toneel van Stellenbosch’ wat beskik oor prima toneelkragte (die toneel sit die Afrikaner in die bloed net soos die Fransman) en wat reeds verskeie goeie vertonings gegee het, besluit om in sy vacansie na Nederland en Vlaandere te gaan. Hulle wil aan die Dietse stamverwante 'n proeve van Afrikaanse toneelkuns kom aanbied.
Hiervoor is gekies:
a. ‘'n Liefde aan die Kaap onder van der Stel’. Histories toneelspel in drie bedrywe deur Dr. Henri Cronje.
b. ‘Ousus’ die fyn suiwer litterair en psychologiese stuk van Advokaat H.A. Fagan.
c. ‘Die laaste van die Takhare’, deur C.L. Langenhoven.
Die reis na Nederland word gemaak met die Italiaanse Boot tot Marseille en dan oor land voortgesit en daarom sal die eerste opvoerings in Brussel en Antwerpen gegee word.
Gedurende Januariemaand en tot aan die 15e Febr. is die Geselskap daagliks beskikbaar.
Hulle bring hulle eie dekors en kostuums saam.
Die Geselskap word gevorm deur die dames Josefine Ballot, Sibs Botha, Adrienne Gerieke en Mizzi Krige; en die here Lod. F. Spies, Koos Gericke, Pieter Conradie en Otto van Schalkwijk.
Die artistieke leier is die bekende Nederlandse Toneelspeler Anton Verheyen.